Johannesburg

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Oorlogheld doodgeslaan

2009-11-13 22:30

Me. Val Stander (links) word deur haar dogter, me. Anita Botha, ondersteun buite haar vriend, kol. Piet Swemmer, se huis nadat hy vermoor is. Foto: Cornél van Heerden

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hilda Fourie

Hy het twee oorloë oorleef, maar nie ’n moorddadige aanval met ’n hamer nie.

’n Oud-kolonel wat ’n veg-vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse Oorlog was, is eergisteraand in sy huis in Waterkloofrif, Pretoria, vermoedelik met ’n hamer doodgeslaan.

Kol. (afgetree) Piet Swemmer (89) se vriendin van die afgelope 14 jaar, me. Val Stander (71), en sy buurvrou, me. Martie Kotzé (76), het gisteroggend op sy lyk in die eetkamer afgekom. Hulle kon hom sedert die vorige aand nie in die hande kry nie.

“Ek wil nie eens dink aan wat hy moes deurmaak nie,” het Stander gesê.

“Hoekom kon hulle nie net alles vat nie? Hoekom moes hulle hom doodmaak? Hoekom moes hulle dít aan ’n man van sy ouderdom doen?

“Ek wens so hulle wil ophou om ons ou mense dood te maak. Dit is vernederend.”

Swemmer, wat onder sy kamerade bekend gestaan het as die “Silver Fox”, het Stander eergistermiddag gebel en vertel van bier wat uit sy motorhuis gesteel is.

Sy het hom omstreeks 19:00 teruggebel, maar hy het nie die huistelefoon geantwoord nie en sy selfoon was afgeskakel.
Toe sy hom ná vele oproepe nie in die hande kon kry nie, het sy Kotzé gebel.

Kotzé het gesien die motorhuisdeur is oop, die ligte aan en Swemmer se Mercedes-Benz is weg.

Sy het die ADT-veiligheidsmaatskappy gebel.

Hulle is na die huis, maar kon glo niks fout sien nie. Volgens Stander het hulle nie die “baie bloed” in die losstaande motorhuis gesien nie.

Kotzé het ADT gisteroggend weer gebel en wéér het hulle niks gesien nie, het Stander gesê. Stander, wat ’n spaarsleutel het, is omstreeks 09:00 na die huis. “Ek het gesien die huis is deurmekaar. Dis toe dat ek hom in die eetkamer sien lê.

“Sy hande en voete was vasgebind. Hy is oral oor sy liggaam geslaan.”

Dit is onbekend hoe die moordenaar in Swemmer se huis ingekom het. Hy is klaarblyklik in die motorhuis oorval en na die huis geneem, waar hy dood is.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê Swemmer se motor is gisteroggend omstreeks 11:30 in Hammanskraal, noord van Pretoria, opgemerk. Lede van die Temba-polisiekantoor het die motor van die pad getrek en ’n 25-jarige man in hegtenis geneem. ’n Saak van moord en huisroof word teen hom ondersoek.

Terwyl die polisie op die moordtoneel besig was, het hulle inbrekers sowat 500 m daarvandaan opgemerk wat besig was om by ’n ander huis in die straat in te breek. Die polisie het dit net-net nie reggekry om hulle te vang nie.

Me. Liesel Swart, woordvoerder van ADT, het gesê hulle is besig om die gebeure by die Swemmer-huis te ondersoek.

Swemmer het nie kinders nie. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Fraud Investigator

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Accounts Manager - Printing

KwaZulu Natal - Durban
Bridgena Barnard Personnel Group

SEnior C# Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 332,000.00

TOYOTA

RunX RSi 5-dr
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!