Johannesburg

Maandag

Showers late. Broken clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

‘Laat haar eerder werk by dieretuin’

2010-02-09 00:12

Cézanne Visser (32) stap saam met haar regsverteenwoordiger, adv. Johann Engelbrecht SC (regs), en haar stiefpa, prof. Johann Lemmer (links), buite die hof. Foto: theana calitz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jeanne-Marié Versluis

’n Kriminoloog het gister aan die hof voorgestel dat Cézanne Visser (32), wat seksmisdade gepleeg het, nie tronk toe gaan nie, maar korrektiewe toesig opgelê word en by die dieretuin werk.

Visser, ’n voormalige advokaat, het die intellek en psigiese vermoë om “die dwaasheid van haar optrede in te sien”. Sy kan haar in die gemeenskap rehabiliteer sonder om eers ’n termyn in die tronk te sit, het dr. Eon Sonnekus, forensiese kriminoloog, namens Visser in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

Die staat kruisondervra Sonnekus vandag.

Sonnekus het ’n maksimum van drie jaar korrektiewe toesig vir Visser voorgestel en huisarres vir dié tydperk.

Hy het voorgestel sy werk 60 uur per week. Visser, van Pretoria, het ’n administratiewe pos by Safari Cargo Systems in Kempton Park.

Nog ’n voorstel is dat sy agt uur per maand gemeenskapsdiens by die dieretuin verrig.

Waarnemende regter Chris Eksteen wou weet: “Wat het die diere te doen met voorvalle van seksuele molestering van kinders?”

Sonnekus het geantwoord hy het Visser gevra oor haar belangstellings. Sy hou van diere.

Visser is verlede jaar aan ’n reeks seksmisdade met kinderhuismeisies en jong vroue skuldig bevind.

Sy moet op 11 aanklagte gevonnis word.

Sonnekus het getuig Visser is nie ’n bedreiging vir die samelewing nie. Sy het nooit haar borgtogvoorwaardes verbreek nie en in teenstelling met Dirk Prinsloo (haar destydse minnaar en medebeskuldigde) nie landuit gevlug nie.

Sy is “eintlik in ’n groot mate ’n gebroke vrou wat lewenslank sal moet poog om haar aansien en menswaardigheid te herwin”.

Volgens hom blyk dit Visser het steeds “seksologiese probleme”.

“Hierdie skade is deur Prinsloo in haar verhoudingslewe veroorsaak.”

Sonnekus het gesê ’n groot mate van rehabilitasie en hervorming het reeds in haar lewe plaasgevind.

Volgens Sonnekus het die “groot ouderdomsverskil” tussen Visser en Prinsloo (40) van sowat agt jaar dit ook moontlik vir hom gemaak om haar te “oorheers”. Prinsloo se “reeds sterk wilsformasie” het ook ’n voorsprong van agt jaar op haar gehad.

“Prinsloo se funksionering as die Gautengse voorsitter van die sogenaamde Onafhanklike Balie was ook sprekend van sy wilsterkte.”

Visser het “onvoldoende verhoudings” met die teenoorgestelde geslag gehad.

Sy het nie met mans in haar portuurgroep gesosialiseer nie.

Haar seksuele gedrag is later deur Prinsloo “opgewek”.

Sonnekus het getuig Visser het reeds voor haar verhouding met Prinsloo aan erge depressie gely. Depressie kan ’n versteuring van die denkproses veroorsaak.

Sy het ook ’n emosionele wanbalans gehad.

Visser het ’n “wilsafwyking” gedemonstreer tydens haar verhouding met Prinsloo. Iemand met ’n verswakte wil het ’n sterker vatbaarheid vir die navolging van ’n voorbeeld wat aan hom of haar gestel word.

Sonnekus het getuig dit is “vreemd” dat Prinsloo se naam digby die private dele van drie agtereenvolgende vroue, Visser inkluis, getatoeëer is. Ook dat al drie vroue borsoperasies ondergaan het.

Volgens hom “het ons hier te doen met ’n gedragspatroon van Prinsloo”.

Sonnekus het getuig volgens Visser het sy tans ’n platoniese verhouding met ’n man. “Sy ervaar wel seksuele aversie en het deurlopende behandeling daarvoor nodig, wat nie in die gevangenis beskikbaar is nie.”

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 15-28°C Widely scattered tstorms. Morning clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Showers late. Broken clouds. Mild. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Java Developers

Western Cape
CME Recruitment
R250,000-300,000 Per AnnumNegotiable Market Related Negotiable

Associate Editor, Edgars Club magazine

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

SUBARU

Forester 2.5 X AWD MY09
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Spirit 5-dr
2006
R 115,990.00

CHEVROLET

Lumina 5.7 SS MY05
2005
R 189,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!