Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

Eerlikheid van nuwe vervolger betwyfel

2009-11-26 01:19

Pieter du Toit

Kaapstad. – Die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), adv. Menzi Simelane, se integriteit was al die onderwerp van ’n regeringsondersoek.

Pres. Jacob Zuma het gister aangekondig Simelane is die nuwe NDOV – enkele dae nadat die staat en Simelane se voorganger, adv. Vusi Pikoli, ’n skikkingsooreenkoms bereik het. Pikoli het daarvolgens ’n hof-aansoek teruggetrek waarmee hy sy afdanking sou beveg.

Simelane is daarvoor bekend dat hy hom vir ’n sterker rol vir die uitvoerende gesag in die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beywer en vir sy mening dat die NDOV aan die minister van justisie moet verslag doen.

Hy het tot onlangs as direkteur-generaal (DG) van justisie gedien en is verlede maand as een van vier adjunkdirekteurs van die NVG aangestel.

Die presidensie het in ’n verklaring gesê Simelane is aangestel ondanks ’n ondersoek wat die Staatsdienskommissie (SDK) in opdrag van die destydse pres. Kgalema Motlanthe gedoen het.

Dít het gevolg op Simelane se getuienis tydens die kommissie van ondersoek na Pikoli se geskiktheid vir die amp van NDOV.

Dr. Frene Ginwala, die kommissie se voorsitter, was toe skreiend in haar bevindings en het gesê Simelane se gedrag en getuienis “het veel te wens oorgelaat”.

Sy het onder meer gesê dit is “teenstrydig”, “onakkuraat en sonder enige gronde in feite of die wet”, “vals”, “sonder enige substansie”, “ver van die waarheid verwyder” en bes moontlik deur ’n persoonlike vete gemotiveer. Sy het bevind Simelane het nie begryp wat sy rol as DG in verhouding tot die NDOV en NVG was nie.

Motlanthe het die SDK in Desember verlede jaar gevra om ’n ondersoek na Simelane te doen “omdat sy eerlikheid in twyfel getrek word”.

Dié ondersoek is voltooi en mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, het besluit om geen verdere stappe teen Simelane te doen nie. Hoewel daar reeds berig is die SDK het aanbeveel Simelane moet aan ’n tugprosedure onderwerp word, is die verslag ondanks beloftes deur Radebe nog nie bekend gemaak nie.

Simelane was ook die skrywer van die omstrede brief waarin Pikoli beveel word om sy beplande vervolging van mnr. Jackie Selebi, destydse polisiehoof, te staak.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


Francois 11/26/2009 7:18:45 AM
Hoe dan anders ? Oneerlikheid en persoonlike gewin is deedae voorvereistes vir enige hoe pos in die regering...!
Hannes 11/26/2009 7:24:55 AM
Dit is 'n aanstelling so uit Mugabe se boek! Zimbabwe het kom ons.
Fred 11/26/2009 8:00:01 AM
Ek sal nooit verstaan hoe hulle koppe werk nie. Ek het probeer, maar nou gee ek op.
Jan 11/26/2009 8:17:24 AM
Skokkend! Ek kan nie glo dat dinge sover kan gaan dat hulle so 'n verdenklike persoon in so pos kan aanstel nie.
Nog 'n kader word ontplooi
Alida 11/26/2009 8:57:30 AM
Zuma sit maatjies in al die sleutel poste in, Mo Shaik by NIA, Langa as hoofregter, Simelane as NDOV, Bheki whatshisface as Polisie Kommissaris as ons ons oe uitvee is dit skaakmat.
Bossie 11/26/2009 9:41:54 AM
Ek het tot die besef gekom dat my skoonma en Mnr Zuma en sy comrades hul mode oopmaak, slaan my ore toe. Seker van al die snert wat hulle kwytraak. Maar wat anders verwag ons?? Ons is in Afrika waar lande regeer word asof ons 'n tradisionele stam is.. Viva democracy... V I V A!!!
Kosie 11/26/2009 9:43:27 AM
Dankie FW! Die spul korruptes het vir julle lekker ore aangesit in 92. Jy spandeer seker nounog die $$ wat julle ontvang het in New York! Julle het die land aan Satan en sy trawante gegee! Jou stuk vullus!
A N Other 11/26/2009 3:00:05 PM
Ja toe - dit was voor die hand liggend dat Zuma so 'n stupid ding sal doen. Hoe anders gaan hy seker maak dat hy kan voortgaan met sy skelm streke
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-33°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-28°C Light rain. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Department Head - Treasury

Gauteng
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Atos 1.1 Prime GLS 5-dr MY07
2008
R 74,990.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2008
R 229,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!