Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

‘4 mans verwoes my gesin in ’n sekonde

2010-02-07 23:33

Dr. Duncan Prinsloo (regs) en mnr. Herman de Jager bring hulde aan hul familielede wat in twee plaasaanvalle vermoor is. Foto: lisa hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hilda Fourie

“ ’n Wonderlike gesin is in een sekonde verwoes toe vier mans in ons kamer ingebars en sonder om ’n woord te sê, my vrou langs my doodgeskiet het.”

Só het ’n emosionele dr. Duncan Prinsloo eergister by Fort Schanskop in Pretoria tydens ’n gedenkdiens vir slagoffers van plaasaanvalle vertel van die nag toe hy en sy vrou deel van Suid-Afrika se misdaadstatistieke geword het.

Rowers het hulle op hul plaas by Vaalbank buite Bronkhorstspruit aangeval.

Dieselfde koeël wat sy vrou, Laetitia (54), se dood veroorsaak het, het Prinsloo (62) in die rug getref en hom verlam gelaat.

Mev. Prinsloo is een van sowat 2 000 mense wat sedert 1994 in plaasaanvalle dood is.

“Ek loof God dat ek vandag voor julle kan staan, al is dit wankelrig,” het Prinsloo, wat sukkel-sukkel met ’n kierie oor die weg kom, gesê.

“As dit nie was vir die genade van die Here wat jou moed gee om voort te gaan nie, sou ’n mens maklik ná só ’n voorval gaan lê.”

Volgens Prinsloo strek die implikasies van wat met hom en sy gesin gebeur het veel verder as dat hy sukkel om te loop.

Benewens die emosionele skade wat sy jongste dogter opgedoen het toe sy dié nag haar ma dood in haar bed en haar pa verlam op die vloer gekry het, is hy ook nie meer die hardwerkende, gesonde veearts met ’n praktyk wat veral boere bedien het nie.

Sowat 45 mense wat op sy plaas woon en in sy praktyk werk, word ook deur moontlike werkloosheid in die gesig gestaar omdat hy nie meer sy werk ten volle kan doen nie.

Prinsloo beoog om sy plaas te verkoop omdat hy dit nie meer kan behartig nie.

Verder leef Prinsloo in sy huis op die plaas wat hy wil verkoop soos ’n gevangene omdat dit soos ’n tronk lyk.

“As jy in die nag buite toe gaan, is die vrees in jou. Jy kan nie deur slaap nie, want as jy ’n geluid hoor, is jy wakker.”

Prinsloo het gesê as hy ooit weer ’n onbekende man in sy huis kry wat hom bedreig, sal hy skiet. “Daar word van my verwag om daardie tyd van die oggend vir ’n inbreker te vra wat hy in my huis soek.

“Die antwoord wat ek sal kry, is hoogs waarskynlik ’n koeël,” het Prinsloo gesê.

Mnr. Herman de Jager, wie se pa, Piet (65), in September 2003 op sy plaas Laatsgevonden in Levubu doodgeskiet is, het by dieselfde geleentheid gesê hy hoop dat hy eendag die mans wat sy pa vermoor het, kan vergewe sodat hy ook vergewe kan word vir die haat wat hy in hom dra.


- Beeld

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Rita van der Baan sê... Aai, miskien moet daar meer sulke bevorderings van onopgeleides wees! Maak ons kans om weer die land oor te vat soveel makliker. Sy sal nog besig wees om die stof van haar pips af te vee, dan sit 'n bekwame (wit/ kleuriling/indiër) sersant haar stoel vol. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-25°C Drizzle. More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-33°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 21-29°C Sprinkles late. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Department Head - Treasury

Gauteng
Bridgena Barnard Personnel Group

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2007
R 159,950.00

AUDI

A3 Sportback 2.0 TDi Ambition Dsl 5-dr
2009
R 269,000.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2000
R 55,860.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SENDERWOOD

Single Residential - House R 10 000 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 6 150 000

CONSTANTIA

Single Residential - House R 30 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!