Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

Dis leuens, sê briesende Vusi Pikoli

2009-11-17 22:38

Mnr. Vusi Pikoli. “Watter bose mens versin so ’n storie?” Foto: Lauren Mulligan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marga Ley

Adv. Vusi Pikoli, gewese hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het “bedekte beweegredes” gehad om mnr. Jackie Selebi te vervolg.

Selebi het Pikoli gekonfronteer omdat sy vrou miljoene rande se aandele verniet gekry het van ’n maatskappy waarin die Kebble-mynmagnate ’n aandeel gehad het, het adv. Jaap Cilliers SC, vir die oudpolisiehoof, gister in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer.

Kort daarna het Pikoli ’n saak teen mnr. Roger Kebble nek omgedraai, het Cilliers in Selebi se korrupsieverhoor gesê.

’n Woedende en ontstelde Pikoli het gesê “net ’n bose mens kan sulke stories versin”.
 
Volgens Cilliers het Selebi Pikoli gekonfronteer en het Pikoli emosioneel erken sy vrou is sy “Achilleshiel”.

Pikoli het woedend gereageer: “Ek hoop jy sal ophou om hierdie leuens te herhaal. Jy kan dit ’n duisend keer sê en ek is hier om vir jou te sê dit is nie so nie. Ek stel dit aan jou, advokaat, dat die beskuldigde dit nooit, nooit aan my genoem het nie.”

Cilliers het ook beweer die NVG wou Selebi so graag vervolg dat hulle bereid was om ooreenkomste met moordenaars en allerlei misdadigers te sluit om teen Selebi te getuig.

Pikoli: “Dit was pynlike besluite wat ons geweet het sterk kritiek teen ons gaan ontlok. Maar as ’n land met misdaadsyfers so hoog soos ons s’n kan ons nie ’n nasionale polisiekommissaris hê wat na bewering met misdaad te doen het en by misdaad betrek word nie.

“Ons moet misdadigers teen misdadigers gebruik. Om die top-man te kon vervolg wat mense in die land moes beskerm en ’n eed daaroor geneem het, was dit reg om die ooreenkomste aan te gaan.”

Pikoli het in sy hoofgetuienis vertel hoe die NVG gesukkel het om inligting oor hul Bad Guys-ondersoek, waarin Selebi genoem is, uit die polisie te kry.

Onmiddellik nadat hulle die eerste keer bewerings gehoor het dat Selebi omkoopgeld aanvaar het, het hy dit aan die minister van justisie en die destydse president, mnr. Thabo Mbeki, genoem.

Daarna het Mbeki kommunikasie tussen hulle laat vloei deur self as middelman op te tree of mnre. Mosiuoa Lekota en Ngconde Balfour te betrek.

“Die president het gesê ek moet die saak met Selebi self bespreek en ek het. Hy het my oortuig dat hy nie geld aanvaar het nie. Ek was so verlig. Ek het gesê: ‘Ek glo jou Jackie,’ en ek het gehuil. Hy het ook gehuil,” het Pikoli getuig.

Selebi het hom ook twee DVD-opnames gewys van onderhoude deur komm. Mulangi Mphego, destyds hoof van die polisie se inligtingsdiens, waarin mnr. Glenn Agliotti ontken het dat hy Selebi omgekoop het.

Agliotti het intussen getuig hy het sowat R1,2 miljoen in omkoopgeld aan Selebi gegee.

Mnr. Jurgen Kögl, ’n sakeman, het getuig hy het gehoor geld het van die Kebbles se maatskappy JCI na Selebi gevloei.  

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Rita van der Baan sê... Aai, miskien moet daar meer sulke bevorderings van onopgeleides wees! Maak ons kans om weer die land oor te vat soveel makliker. Sy sal nog besig wees om die stof van haar pips af te vee, dan sit 'n bekwame (wit/ kleuriling/indiër) sersant haar stoel vol. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-25°C Drizzle. More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-33°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 21-29°C Sprinkles late. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Department Head - Treasury

Gauteng
Bridgena Barnard Personnel Group

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2007
R 159,950.00

AUDI

A3 Sportback 2.0 TDi Ambition Dsl 5-dr
2009
R 269,000.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2000
R 55,860.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SENDERWOOD

Single Residential - House R 10 000 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 6 150 000

CONSTANTIA

Single Residential - House R 30 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!