Johannesburg

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Meisie (5) soos hond aan tafel vasgemaak gevind

2009-11-25 01:46

Magdel Fourie

Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het mnr. Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Colt 2000i LWB Hi-Line
2001
R 59,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 134,990.00

CHEVROLET

Aveo 1.6 LT
2009
R 145,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

NINAPARK

Single Residential R4,920,000

MONTANA PARK

Single Residential R4,590,000

DURBAN NORTH

Single Residential R4,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!