Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

Los die speelgoed-wapens, vra veldtog

2009-11-16 22:37

’n Man hou ’n speelgoedrewolwer vas wat in ’n Johannesburgse speelgoedwinkel verkoop word. Foto: Bongiwe Gumede

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sanri van Wyk

Speelgoedvuurwapens lyk al hoe meer soos die ware Jakob.

In so ’n mate dat dit toenemend in rooftogte gebruik word.

Die organisasie Gunfree South Africa (GFSA) het handelaars wat speelgoedvuurwapens aanhou daarom gevra om dit van winkelrakke te verwyder.

“Ons vra kinders om hierdie speelgoed in te gee en ons vra ouers om dit nie as Kersgeskenke te koop nie,” sê me. Natalie Jaynes, Wes-Kaapse direkteur van GFSA.

As deel van ’n spesiale veld- tog met die oog op speelgoedverkope wat oor Kersfees toeneem, het GFSA al sowat 5 000 speelgoedvuurwapens ingesamel, sê Jaynes.

“Ons glo in ’n land soos Suid-Afrika wat deur misdaad getraumatiseer word, is dit noodsaaklik om vreedsame speletjies aan te moedig. Ons wil die boodskap aan kinders oordra dat vuurwapens nie pret is nie.

“Ouers dra teenstrydige boodskappe aan kinders oor as hulle vir hulle sê om weg te bly van regte vuurwapens, maar dan vir hulle speelgoedwapens gee om mee te speel.

“Wanneer ’n ouer ’n speelding aan ’n kind gee, neem die kind aan die ouer keur die speelding goed.”
Jaynes sê kinders “oefen” situasies. “Deur te speel oefen hulle om volwassenes te wees deur goed te gebruik wat volwassenes gebruik. Wil ons regtig hê hulle moet geweld oefen?”

Tot dusver, sê Jaynes, is Pick n Pay die enigste handelaar wat die veldtog steun.

Me. Tamra Veley, ’n woordvoerder van Pick n Pay, sê dié winkels verkoop net watergewere omdat dit nie vir vuurwapens aangesien kan word nie en “onskuldige pret” is.

Sy sê Pick n Pay het jare gelede besluit om nie speelgoed aan te hou wat vir vuurwapens aangesien kan word nie

Lewer kommentaar op dié storie


Fanus 11/17/2009 7:07:50 AM
SPEELGOED VUURWAPENS laat kinders glo aggressief optree en maak hulle geweldadig ! AS dit so is MAAK SPEELGOED MOTORTJIES hulle dan jaagduiwels ??? Of KONDOME maak hulle "LUS EN ONVERANTWOORDELIK" ? Wonder maar net wat se stront nog uitgedink gaan word ! GESEENDE KERSFEES AAN ALMAL
Isak Venter 11/17/2009 7:22:55 AM
In die eerste plek dink ek nie dat die verkoop van die tiepe speelgoed geweld aanmoedig nie. Jy speel mos "Cowboys en Crooks" teen jou vyhand nie, jy speel dit met jou maatjies. Jy voel ook nie na die speletjie soos n verloorder of minderwaardig soos dit kan gebeur met kontaksport nie. Kinders vind plesier in die speelgoed en dit koester nie haat nie. Volgende is dat poppe verban moet word want dit moedig ongewensde swangerskappe aan! Die klomp vaal tannies moet n lewe kry en begin koerant lees, dan sal hulle eerder goed kry wat belangriker is as om kinder se lewens te wil versuur. Gaan lees hoe brutaal mense in hul huise uitgemoor en verkrag word, gaan lees hoe mense met stomp voorwerpe deurboor en opgehang word, gaan lees hoe mense oopgesny en hul ingewande uitgeruk word, dan vertel hulle my hoe ek my en my gesin moet beskerm?
RR 11/17/2009 7:36:37 AM
Ek ondersteun die veldtog 100% Maar wat van alcohol? Hoeveel kinders word mishandel deur die misbruik daarvan?
JJ 11/17/2009 7:40:59 AM
Ai, laat dit my terug dink toe ek nog ‘n kind was…!

Waar ons in die strate kon speel totdat die straat ligte aangekom het, “cowboys & Indians” speel, vrugte steel!!

Nou mag ons arme kinders nie eers met speelgoed gewere speel nie, dis enige seun se beste speelding, wat… moet hulle nou begin pop speel??

Julle vat enige klein seun se beste speelding weg, net omdat Suid-Afrika se “crime” so hoog is!

Bring eerder die doodstraf terug en los ons kinders om kinders te wees!!

Anti-Anti 11/17/2009 8:15:48 AM
Ek kan nie glo dat kwansuis geleerde mense sulke snert kan kwyt raak nie. Geleerdes, drank is die grootste probleem in die wereld wat aggresie veroorsaak of jy nou 'n "baseball bat", vuurwapen of motor bestuur. Maar om speelgoed wapens te teiken is 'n patetiese goed beplande aksie, wetend of onwetend deur diesulkes wat klein kindertjies al begin te indoktreneer (breinspoel)om nie wapens te koop nie, en wat gaan lei tot 'n wapenlose samelewing wat deur die loop van die geweer regeer gaan word. Drink kinders dan vanaf 2 jarige ouderdom dat drank nou die grootste bydraende faktor tot geweld is of wat??? GFSA julle patetiese aanslag ruik na 'n rot, kon julle aan niks beter dink nie?? Konsentreer en help eerder waar dit saak maak, drank, drank en nogmaals drank. Verskoon asb my driftigheid mede leser maar mense wat heeldag snert sit en uitdink i.p.v. omgee daar waar dit werklik saak maak, het verskuilde agendas. Ek gee julle hierdie brief daarvoor. Hoe bitter graag sou ek nie die geraamstes uit hierdie mense se kaste wou haal nie.
Leon de Bruyn 11/17/2009 8:32:23 AM
Hierdie gefrustreerde rykmanshuisvroutjies wat hulself "Gun-free SA" noem het alewig die kat aan die knaters beet.
Met AL hul pogings om die land vry van wapens te maak, hoeveel AK47's is al deur oud-MK lede ingehandig? NIKS!
Hoeveel R4 en R5 gewere wat die polisie "verloor" het, is al teruggegee / ingehandig? En wat spesifiek doen Sup. "Bangpraat" Bothma daaraan? (dis nou te sê as hy nie jan publiek op tv dreig nie).
Gun-free SA se enigste (bedekte) doel is om die wetsgehoorsame landsburgers te ontwapen sodat anargie kan heers.
Terloops, die nuutste polisie statistieke wys dat dubbel soveel mense doodgemaak word met messe as met handwapens/gewere! Wat is Gun-free SA se volgende strategie? Die verbanning van alle messe? en dan vurke, lepels, naelknippers ........??
Johannes 11/17/2009 8:44:34 AM
As 'n kind teen sy/haar tienerjare steeds nie die verskil tussen regte geweld en 'n speletjie ken nie, en dus mense aanhou met regte wapens, dink ek nie die skuld kan op die speelgoedgewere gepak word nie. Op hul opvoeding, miskien?

Vervlaks, maak plan met julle prioriteite.
missinglink 11/17/2009 8:48:04 AM
Leer jou kind reg v/d begin af oor wapens en jy het nie probleme nie.Volgende gaan sy se verban alle messe in die huis want skoolkinders steek mekaar daarmee-ouers gee teenstrydige boodskappe aan kinders deur te se moet mekaar nie steek(met messe....!!!)nie maar dan gee hul hul messe om vleis mee te sny in die huis...........WORD WAKKER en ruik die rooklose kruit. My laaitie speel sy gat af met "gunne"-hy maak hul self as ek nie koop nie.Hy weet hy bly weg van die kluis af,as ek en vroulief wapens skoonmaak sit hy daar maar hy raak nie tensy ons hom wys nie. Hy is al so dat as sy ma(Polisie beampte) by die huis kom en haar wapen afhaal kak hy haar uit dat dit dadelik in die kluis gesit moet word want wapens mag nie rondle nie(1 of 2 probleme al veroorsaak as sy lang dag gehad het en nog besig is om uit te trek!)

GFSA-moet nie wapens blameer vir jul eie gebrekkige opvoeding van jul kinders nie. GUNS DON'T KILL PEOPLE-PEOPLE KILL PEOPLE!

Hannelie 11/17/2009 9:02:01 AM
Dit is verspot. My seuntjie speel elke naweek cowboys and crooks met sy maatjies en ek glo regtig nie dat dit hulle meer agressief maak nie. Wat van Playstation, Wii, Tv, Xbox en al die ander "agressiewe" speletjies wat die kinders toegang tot het? My kind kan baie eerder buite rondhardloop en met sy geweertjies speel as om die heeldag met vierkantige oe voor n game of TV te sit. Ek wonder as hulle tampax van die rakke afhaal of my periods sal stop........
DD 11/17/2009 9:04:12 AM
Sjoe.. vandag praat almal die waarheid..
N 11/17/2009 9:19:20 AM
Ek persoonlik dink dat GFSA is 'n vertraagde konsep en 'n totale mors van energie. Die mense wat dit dryf is soos 'n klomp honde wat agter hulle sterte aan hardloop.

Indien hulle in die belaglike onmoontlike taak sou slaag om wel 'n vuurwapen vrye land te skep sal die kriminele ons met messe aanval. Dan sal die sotlike klomp van voor af begin totdat ons almal net met vurke mag eet. Dan kies die kriminele weer 'n ander speletjie een slaan ons almal met hammers dood.

Word tog asb wakker mense. Misdaad ontstaan omdat ons vuurwapens in ons land het nie, dit is daar agv 'n sosiale probleem. Hou nou asb op om almal se tyd te mors en wend julle energie aan om iets kontruktiefs te doen. Gaan voed die mense op en hou tog net op om ons almal se tyd te mors
idioot 11/17/2009 9:32:03 AM
"Gun-free SA" moet liewers die onwettige wapens opspoor waarmee die meeste misdaad in SA gepleeg word.Statistiek sal nooit bekend gemaak word oor die persentasie misdaad wat met onwettige wapens gepleeg word nie. Kry julle gatte van die stoele af en doen iets positief omtrent dit. Los die arme kinders wat onskuldig speel uit. Ek het met wapens grootgeword en het nog nooit daarmee misdaad gepleeg nie. Opvoeding speel 'n baie groot rol.
DJ Krummelpap 11/17/2009 10:06:16 AM
Om hierdie artikel en veldtog absolute snert te noem, is om dit uiters ligtelik te stel! Watse rubbish gaan 1 of ander organisasie volgende uitdink? Verban rekenaar speletjies want dit moedig kamtig geweld aan? Verban rugby want dit kan tot beserings lei? Verban rockmusiek want dis te hard? Verban die polisie want hulle skiet op kriminele? Verban vleis want party mense is vegetariërs? Verban sout want dit stoot jou bloeddruk op? Verban sg. GunFree SA want hulle is 'n klomp loutere moroon-idiote!Ek speel my lewe lank rekenaar speletjies, en het baie met speelgoedwapens gespeel, toe ek kleiner was. Ek is geen krimineel nie! In teendeel...Ek wens ek kan die aap innie hande kry wat met hierdie veldtog vorendag gekom het, ek wil net so biekie sin in sy kop in praat. Ek dink GFSA like net om nonsens te praat; die hele konsep van die organisasie/dit wat hulle naam beteken, is in elk geval nonsens... Die engels vir nonsens klink soveel meer bekrywend; non-sensical, dit maak geen sin nie!
Tina 11/17/2009 10:16:01 AM
Volgende gaan die spul sotte seker te velde trek teen paint-ball gewere. Dit laat my nou sommer lus voel om die Antie n blou blerts op die agterent te peper.
FJ 11/17/2009 10:19:02 AM
Ek wou mos se dis hierdie 4 jariges met hulle speelgewere wat al die misdaad in die land veroorsaak!
JJ 11/17/2009 10:26:22 AM
Gaan kyk na die slagting op ons paaie. Ons moet onmiddelik ophou om vir ons kinders speelgoed karretjies te koop.....
aspatat 11/17/2009 10:31:47 AM
Ag asb ANC word wakker dan sit en dink julle alewig sulke strond uit....ek se weereens ontwapening van die witman indirek net jammer dat wit mense nou weer die korrupte spul gaan glo ek glo niks wat uit daai bedrieers se monde kom nie hulle wil al ons geld vat deur daai simpel tax ding nou lees ek weer mens moet n sekere gedeelte van jou inkomste spaar(let wel jy word gedwing) net om hulle weer ryk te maak wens net wit mense kan agterkom wat hulle alles beplan...alles deur een of ander soet storie nou moet mens dit glo ag asb....
Cowboy 11/17/2009 11:16:52 AM
Wat 'n klomp snert! Geweldadige kinders word nie geskep deur speelgoed gewere nie maar afwesige ouers en 'n gebrek aan dissipline in huishoudings en skole! As speelgoed gewere geweld veroorsaak hoekom kom dit nou eers tot uiting - almal het as kinders met speelgoed gewere gespeel maar nog nooit was die geweldadige misdaad so hoog soos nou nie! Hou op om die fout orals te soek behalwe waar dit regtig is. Dit raak nou al verby belaglik - wat van sigaret lekkers en poppe - ek kan net sien hoe tiner swangerskappe gaan afneem as ons poppe verbied!
Chris Myburgh 11/17/2009 11:18:25 AM
Ok. Gaan die liewe ouens nou begin om pangas en byle ook as ongewens te begin verklaar. Hoe hoe vinniger hulle met so 'n aksie begin hoe beter. Kom asseblief by GFSA
KD 11/17/2009 11:51:18 AM
Aan al hierdie aggresiewe geweldagige pro-gun ondersteuners: genugtig dis Kersfees, tyd van vrede. Seker kan julle dit oorweeg om die jaar eerder 'n boek vir julle seuns te koop as sulke gemors realistiese gewere en wapens in hierdie geweld geteisterde land van ons.(met sulke speelgoed speel niemand cowboys & crooks nie) Miskien kan ons regtig eerder ons kinders leer lees, maar nou ja , dit is moeilik as ouers dit ook nie doen nie. Onthou, julle kinders na-aap wel ouers se gedrag, of dit nou is as ons aggresief te bestuur of ons optrede teenoor ons medemens is.Dankie ook aan Pick n Pay wat die projek al jare ondersteun!
Woweee 11/17/2009 12:25:45 PM
Wanneer ek bg artikel lees kon daar twee punte na vore. 1. Die misdadigers daar buite gebruik die wapens om te roof en indien hulle wel doodgeskiet word is dit maande se ondersoeke teen die polisielid wat dit gedoen het en moes geweet het dit was 'n speelding. Dit is ons belastingbetalers se geld wat gebruik word om die polisieman onskuldig te bewys. 2. Dit is jammer dat ons kinders hierby ingesleep moet word. Ek sou as GFSA die ding van die anderkant af benader het. Kry 'n wet (ons is goed met nuwe wette) wat sorg dat die vervaardigers nie prototipes vervaardig wat net soos die werklike ding lyk nie. Soek die probleem by die oorsaak en nie die gebruiker nie. Deur te sê ons kinders moet ophou met pistole speel is belaglik maar ons as ouers van die "nuwe" SA moet besef ons leef nie meer in die tye toe dit normaal was om so groot te word en te weet niks slegs sou daarvan kom nie. Geweld het hand uitgeruk en nie almal van ons leef volgens die Christelike norme en standaarde wat jou medemens lewe gun nie. Bly julle op die Kaapse vlakte waar geweld aan die orde van die dag is? Miskien mis ons almal die punt. Ons kom almal uit verskillende agtergronde en opvoedings. Hoeveel meer moet sekeres van ons doen en prysgee om van hierdie land 'n beter plek te maak.? Ek sal nie my kind se pistool ingee nie want ek sal hom die regte opvoeding gee maar wat gaan jy Mnr en Mev wat hier bo so tekere gaan doen as jou kind/vrou/iemand wat jy ken deur so 'n kind wat nie die regte opvoeding rondom wapens gekry het nie doodgeskiet word.?? Terug dink aan hierdie artikel en tog wonder as ons ingestem het of dit 'n verskil sou gemaak het.? Vra maar net?
Adrie 11/17/2009 12:42:03 PM
Die waarheid is dat ek (as dit nou regtig n moet is om beroof te word) veel eerder met n speelgoedgeweer beroof wil word as met n regte ene.
Theo 11/17/2009 12:55:39 PM
Dink julle werklik die probleem in die land is speelgoedwapens? Nee, dit is die morele agteruitgang in Suid-Afrika. Daarom beleef ons daagliks eskalerende geweld, kriminaliteit, korrupsie en minagting van die reg op elke gebied. Ons leef in ’n tyd waar meer en meer kinders weinig of geen morele opvoeding van hul ouers ontvang nie. Julle sal baie meer bereik deur hulle respek vir lewe en ander waardes te leer!
Manta 11/17/2009 1:01:33 PM
Ek stem,maar verban dan ook messe,ketties,swaarde,geweldadige TV programme,pyl en boê ens,ens, en sluit alle kinders in hulle kamers toe sonder toue
@KD 11/17/2009 1:05:18 PM
KD, word wakker. Jy's besig om mense se reaksie volgens jou eie eng verwysingsraamwerk te etiketteer. Hoe durf jy mense as "geweldadig" beskryf? Jy ken nie een van hierdie mense nie. Aggressief? Wel wanneer my kultuur bedreig word, moet ek net op my hande sit en mooi woordjies preek? Hierdie is deel van `n kollektiewe veldtog teen my kultuur, my sport, my vrye tydsbesteding en MY KEUSEVRYHEID. Ek het grootgeword met speelgoedgewere, is op 6 my eie windbuks gegee. Ek het op skool provinsiale kleure in skyfskiet behaal. Ek is nie `n misdadiger nie, en het nog nooit iemand leed aangedoen nie. In teendeel, die rol van my ouers en die dissipline waaraan ek blootgestel is het my as mens gevorm. En ja, ek lees baie. Ek het drie universiteitsgrade. Dalk moet jy jou kalender `n slag lees.
Julius 11/17/2009 1:24:30 PM
Absolute snert, maar komende van GFSA seker te verwagte.
Johan 11/17/2009 1:34:42 PM
Om te sê my kind gaan 'n moordenaar word omdat hy met 'n speelgoed geweer speel is net so veregaande as om te sê my kind gaan 'n boer word omdat ek hom dwing om sy groete te eet. Ek het "Cops en Robbers"gespeel vandat ek kon loop en tot vandag nog nooit iemand met geweld oordonder nie. Watse nonsens is dit nie die nie. Verban eerder drank en sigarette uit alle winkels en maak die 'n beter wereld!!!!!
Tony 11/17/2009 2:04:50 PM
Ja nee. My oupa het gesê: Geleerdheid dryf jou na raaserny. Die persoon wat hierdie twk uitdink moet sy kop laat lees en die kinders los om kinders te wees.
Gaan jy ook die gewelddadige rekenaar speletjies en die TV programme verban? Want sien, die ouers is by die werk en die kinders moet hulself besig hou.

Wag ek het 'n plan: Die persone gaan elke vakansie vir alle rasse, kleure en geure se kinders dwars oor die land gratis al die kinders in die land besig hou met "opvoedkundige programme" en van hul ou klein mensies maak! Stupid fools
Ys Koud 11/17/2009 2:12:03 PM
KD, waarvan praat jy, en met wie praat jy nou eindlik??? Jy en GFSA is binne 'n stik donker kamer opsoek na 'n swart kat wat nie daar is nie. Skakel net die lig aan.
Ignatiusvk 11/17/2009 2:32:59 PM
GFSA sal julle asb vir pick & pay ook vra om al hulle XBOX, PS2, PS3 ens. speletjies en so ook die konsole van hulle rakke af te verwyder. Daar is baie speletjies wat met gewere te doen het. Vra hull sommer ook om messe,vurke,potte,panne te verwyder. Kan hulle nie sommer hulle deure toe maak nie. Net nou is hulle kos ook vol gif en kan my doodmaak. Skrik wakker. Dit is nie wapens wat mense dood maak nie. Dit is kriminele. GFSA kanseleer asb julle gewapende reaksie wat julle huise oppas. Gee vir hulle baseball bats dan sal julle dalk veiliger voel. Verwyder wapens van die kriminele en los wettige vuurwapen eienaars uit wat die wet gehoorsaam
Rinus 11/17/2009 2:50:01 PM
As speelgeweertjies geweld aanmoedig, dan moedig 'n kaal Barbie pop seksuele misdrywe aan. Hierdie veldtog is nou TWAK! Ek het met die goed gespeel - hel ek het skyfskiet gedoen op hoerskool en ek dink ek's ok.
Hierdie is nou 'n goeie voorbeeld van die ware probleem wegsteek.
Geweld het niks met speelgoed uit te waai nie.
CorrieB 11/17/2009 3:07:05 PM
Jaaaaaa Swaer....Hoe op aarde kan jy so aanhou redeneer terwyl by verre die meeste moordslagoffers die "gun-free" ongewapendes is. Hoe werk sulke mense se koppies? of werk dit nie? Is hulle koppe SO diep in hulle eie g*tte opgetrek dat hulle net snert kan uitdink? Nee aarde! sowat van 'n verwronge sin van realiteit het ek nog nooit teegekom nie. Hierdie anties is so deurmekaar, mens sou kon dink dat hulle idee van 'n "erotiese klimaks" bestaan uit so 'n droe kramp in die potternjos wat skielik oorslaan in sooibrand....
Thomas 11/17/2009 3:10:36 PM
Snaaks dat elke jaar voor Kersfees die internasionale geborge voorstaanders van ontwapende slagoffers, GFSA, die publiek probeer oorreed met hul ideologiese, komunistiese propagande dat speelgoed wapens lei tot misdaad. As jy lank genoeg, aanhoudend genoeg lieg, raak dit die met tyd die "waarheid". Dit het Stalin gepropageer. Ons moet wakker word in SA en sien wat aan gaan sowel as ons regte begin beskerm. Geluk aan die wat wel dit doen op die forums soos die. Indien ons nie ons vryheid van reg tot keuse beskerm nie, verdien ons dit nie. So sal ek voorts niks weer by Pick en Pay koop nie. Twaalf jaar gelede het 'n baie groot bier maatskappy geld aan GFSA geskenk. Ek het ook so nooit weer hul produkte gekoop nie en het alles met bek en tande vertel daarvan. Ek en elke persoon in SA het 'n verantwoordelikheid om slegs ons kinders groot te maak volgens Geloofs beginsels. My keuse van speelgoed het niks te doen met GFSA. Inteendeel, ek het die laaste 12 my lewe gewei daaraan om so veel as moontlik speelgoed wapens sowel as regte wapens te koop as verjaardag en Kers geskenke vir beide seuns en dogters. Sommiges is reeds gesienne mense in die gemeenskap en het nog nooit geweldadig opgetree of 'n misdaad gepleeg nie. Dit in teenstelling met die ANC geborgde misdaad veldtog van werkskepping en beveiliging van kriminele werks plekke deur die geheel ontwapenings veldtog van wapen eienaars in SA. GFSA se beleid weerspieel slegs een ding. SA is in 'n oorlog vasgevang wat om en by 58 mense per dag se lewens eis. Dit is meer mense as wat daagliks in Irak sterf.
Johann S 11/17/2009 3:10:48 PM
Goeie Genugtig: Kom ons verban - alle kinder - poppe, karretjies, swaarde, messe, gewere, belde, klere, army mannetjies, maskers, super hero kostuums, rekenaar tv video speletjies asook plastiek diere net vir ingeval die perde oor iemand wil harloop of die leeus mense opeet. Moet asseblief nie die monsters en ander snert vergeet nie. Los asseblief tog nie potlode en inkleur kryt, hulle gaan natuurlik guns en karre teken so miskien moet ons dan hulle hande afkap maar weet nie met wat nie want grawe, byle, pangas, sekels ens sal ook verban wees. Wat 'n wonderlike wereld, lyk my daar gaan niks oor wees nie, net ons in die tuin van eden met ons adams pakkies, oeps dit gaan weer swangeskappe veroorsaak. Miskien sal hulle oorweeg om die mensdom totaal uit te wis dan is daar nike euwels oor nie!
KD 11/17/2009 3:20:38 PM
Beste Naamloos(@KD), dink jy werklik jy is nie aggresief met jou persoonlike aanval nie. Gaan soek gerus die definisie hiervan op in jou woordeboek. Dis die wonderlike ding van 'n blog soos die, elke persoon DURF sy eie opinie vreesloos lig. Ek was terloops self die slagoffer van 'n gewapende roof in my eie huis, in die afgelope jaar. Dank die Here daar was nie 'n wapen in my huis wat hulle kon steel of teen my gebruik het nie. Dit het my net meer anti-wapen gemaak.
GFSA bedonnerd 11/17/2009 3:31:59 PM
Ek stem saam dat GFSA beslis die kat aan die bal beet het.Julle leef in 'n droomwêreld. Bly liewers doenig in julle upper class en Sandton paleise met die gewapende reaksiemagte (wat ek aanvaar seker nie vuurwapens dra nie maar vuvuzelos!) en sip aan julle G&T. Ek aanvaar ook julle klomp verveelde vroue kry nie meer genoeg bevrediging uit brugspeel nie. Dalk moet julle eerder strip poker probeer! Hier in ons "real world" is daar regtig nog steeds iets soos misdaadigers - met MOERSE rêrige êrige gunne - wat op mense skiet!

En KD, op watter planeet bly jy? Waar kom jy daaraan dat Prick & Pray die veldtog ondersteun. Hou op melkpoeier snuif (veral die P&P brand) Ek was vanoggend by 'n &P tak waat stapels plastiek gewere en pistooltjies op die rakke is!
Ys Koud 11/17/2009 3:44:38 PM
KD, Was dit nie dalk 'n water geweer waarvoor jy geskrik het nie??? As jy wakker word is jy dalk sopnat. Ek se weer, skakel net die lig aan.
willempie@KD 11/17/2009 4:12:56 PM
jy is besig om snert te praat 'Dank die Here daar was nie 'n wapen in my huis wat hulle kon steel of teen my gebruik het nie.' Hulle het nie jou wapen nodig gehad om teen jou te gebruik nie - hulle was dan gewapen 'Ek was terloops self die slagoffer van 'n gewapende roof in my eie huis, in die afgelope jaar.'
Anton 11/17/2009 4:14:29 PM
Ai KD, Ek dink nie hulle het jou met n speelgoed geweertjie aangehou nie en die krimineel was seker nie 5 of 6 nie. Weereens soos baie hier gese het, het ek met my speelgoed geweertjie groot geword op 6 my windbuks gekry en teen 10 my .22. Ek het nog nooit iemand geskiet nie. My kinders speel met speelgoed geweertjies hulle is 3 en al verstaan hulle nog nie wat dood is nie weet hulle gewere maak dood. Wat n beter plek om te leer wapens is gevaarlik? GFSA almal hier bo wil nou ook by julle weet hoekom is julle GFSA en wapens vrye SA nie, Want dan kan P&P hulle deure toemaak want van gif to donnerse yande stokkies gaan van hulle rakke moet af. En wat van SABC en DSTV end die video winkels of die Bioskope, moet hulle deure toe of gaan ons nou weer staat word waar die staat bepaal wat ek mag lees of kyk of koop? KD, GFSA meeste van ons is geraak deur misdaad. die feit dat jy nie wapens in jou huis het nie, was nie die rede hoekom jy nie geskiet is nie. En P&P groei n paar dit is nie hoe die gewwertjie lyk wat die kind laat besluit of hy gaan Cowboys en crooks speel nie. n water geweer is immers beter want nou kan n mens mik en raak skiet - so waar maak dit nou sin dat dit beter is omdat dit nie soos n regte geweer lyk nie. Shit ouens kom ons hou op kak praat op die blogs en doen iets omtrent die situasie van die land. Die helfte van die ANC kan in elkgeval nie lees nie, kom ons voeg daad by woord en staan op en se genoeg is genoeg!!!!
HC 11/17/2009 4:39:06 PM
Bedaar, manne, bedaar! BAIE DANKIE AAN GFSA. Danksy julle is die hele SA ontwapen. Geen AK47's en ander Oosblok-wapens kom meer die land binne nie. ALLE onwettige vuurwapens - uit die rykmansbuurte en uit die krotbuurte -is reeds by die polisie ingehandig. Diegene wat misdade met hierdie wapens gepleeg het, het hulle reeds aan die polisie oorgegee.

Geluk, GFSA, BAIE GELUK! Nou kan julle gerus die armoede-krisis help oplos. Wat dan van skenkings uit jul organiese tuintjies?
Ben 11/17/2009 4:40:05 PM
GFSA is die mees liberaalste idiote wat ek al gesien het.Hulle weet nie van beter nie.Ignoreer hulle,hulle het niks beters om te doen nie en dink elke dag snert uit. Kriminele is die probleem ,nie speelgoed geweertjies en regte wapens nie.Hulle bemagtig net die kriminele in die land want sodra jy speelgoed wapens en regte wapens gaan verban, dan wen die kriminele.Ek sien nie dat GFSA se veldog direk teen die kriminele gerig is nie , maar slegs teen die rereedskap wat hulle gebruik om hul dade uit te voer.Kom ons verban sommer alles kommuniste! Het julle al gesien wat n mes, klip of n pyp aan n mens kan doen?Idiote
ZAZA 11/17/2009 4:51:50 PM
ontspan manne, ja cowboys en crooks is nie vir sissies nie.
Basie Piek 11/17/2009 5:32:00 PM
Dit is nou regtig loutere snert, ek neem aan kleilat is ook uit?
Isak Venter 11/17/2009 5:47:56 PM
KD dalk sou jy nie n slagoffer gewees het indien jy n vuurwapen besit en reg gebruik het nie. Onthou PNP ondersteun nie die veldtog omdat hulle moreel so voel nie, hulle doen dit vir die advertensiewaarde, heeltemal verniet! Dalk moet ons maar al ons kersinkopies die jaar by ander winkels doen. Hulle moet immers betaal vir hulle advertensies.
BJL 11/17/2009 5:59:14 PM
Hierdie organisasie is duidelik die kluts kwyt. Instede daarvan dat hulle hulself inspan om ongelisensieerde wapens uit sirkulasie te haal, spandeer hulle hulle tyd aan snert soos hierdie en om wettige, wetsgehoorsame eienaars te ontwapen en weerloos te laat.

Hulle is irrelevant en kan na my mening gaan doppies blaas.
Rudie Thirion 11/17/2009 6:22:32 PM
Ai tog. As GFSA maar net hulle tyd, geld en energie op die regte maniere wou spandeer. En 'n klein bietjie ordentlike navorsing wou doen. Begin sommer julle navorsing hier: http://www.danishdemininggroup.dk/about-armed-violence-reduction/. Ons NRO werk die afgelope twee jaar aan 'n lootsprogram in Somaliland (nie dieselfde as Somalië nie) in "Armed Violence Reduction". Ons is oortuig daarvan dat dit nie die wapens is wat die probleem is nie, maar die mense. Daarom spandeer ons ons tyd en donateursgeld volgens ons oortuiging baie meer produktief en effeketief aan sake soos 'n holistiese gemeenskapsveiligheidsprogram, insluitende vuurwapenveiligheid, persoonlike konflikbetuur en gemeenskapspolisiëring. Dit is nog te vroeg vir 'n impakstudie, maar aanvanklike monitering dui daarop dat ons lootsprojek goeie reslutate lewer.

Wat meer is, geliefde GFSA, ander instansies soos Geneva Call, Small Arms Survey, UNDP en andere begin ook die lig sien en volg ons in navorsing en praktiese programme om gemeenskappe se veiligheid te verbeter deur eerder aan gedragsverandering te werk as om geld te mors op wapenvernietigingsprogramme. Die tyd van "hekse verbrand" is verby. En jy is reg KD, koop vir die kinders ook boeke sodat hulle kan leer lees. En dan volg jy hulle voorbeeld deur te gaan lees wat op bovermelde webblad staan. En as jy probleme het om die dokumentasie te verstaan, daar is ook 'n paar kort videogrepe.
Speelgoedgeweer 11/17/2009 9:43:45 PM
Ja, op elke sigaretboksie en drankbottel staan, nie vir kinders onder 18 - maar steeds drink hulle - het dit gehelp sodat die onder 18 jaar ophou drink of rook? Dink die GFSA dat as ek my kind van 'n geweer weghou dit hom gaan help om nie moord te pleeg nie. Miskien moet ons die gewere ook merk - nie vir kinders nie. Dalk sal hulle dit nie koop nie - wat 'n goeie grap. As 'n kind met 'n geweer wil speel en as hy een wil koop gaan hy en of hy 'n geweer het of nie gaan hy steeds moord pleeg. En asb hou tog die vloekwoorde uit.
Martisa 11/18/2009 8:33:17 AM
Watse snert raak die "geleerdes" kwyt. "Kinders wat aan geweld blootgestel is word krimineule" Nonsens, wat van die kinders wat in 'n liefdevolle familie groot geword het wat krimineele word? Hoe verklaar die geleerdes dit? Kom ins vat die Barbie pop, gaan die ook verban word, want die pop gee die indruk dat as jy nie slank is nie is jy nie mooi nie! watter indruk gee dit aan die kinders! Ek is jammer maar sodra die ouers die kinders leer wat reg en verkeerd is ongeag of hulle met speel gewere speel of nie weet die kinders wat is die verskil, so die wat wel na geweld en misdaat toe beweeg het dit gedoen deur 'n wetenlike besluit te maak!
Maritsa 11/18/2009 8:36:51 AM
Dit is nie die gewere wat mense dood maak nie. Dit is mense wat mense dood maak!
Jakkals 11/18/2009 9:17:51 AM
Meeste van ons ouers het 'n pistool of rewolver of 'n geweer. In plaas van om jou kinders 'n video te laat kyk en te sit en vrot voor 'n TV, vat hulle en gaan skietbaan toe. Leer jou kinders om 'n wapen te hanteer. Leer hulle respek vir 'n wapen. Laat hulle skyfskiet en blikkies skiet en spandeer gehaltetyd met jou kinders. Laat hulle die wapens uitmekaar haal en weer terugsit en leer hulle hoe om vinnig patrone te kan laai. Leer hulle raakskiet. Beoefen dit as sport en die dag as dit nodig sou word kan jou kind homself en jou verdedig.Asseblief die dogters is net so belangrik.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Gert sê... "Kill the Boer", Kom begin by my asb. sn@tkop Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Project Manager (Foschinidata)

Western Cape
The Foschini Group

Data Warehousing Consultant

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Retail Store Manager

Western Cape
Crabtree & Evelyn
R 10 000 p/m to R 12 000 p/m

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EAGLE CANYON GOLF ESTATE

Single Residential - House R 16 900 000

HELDERKRUIN

Single Residential - House R 8 400 000

STONE RIDGE COUNTRY ESTATE

Single Residential - House R 2 960 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!