Johannesburg

Sondag

Tstorms late. Morning clouds. Mild.

14°C
26°C

7 day forecasts

Vir niks op straat vermoor

2009-12-09 23:10

Mev. Tanya de Bruin dreig om haar eie lewe te neem nadat haar man voor haar doodgeskiet is.Foto: alet pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Virginia Keppler

Mnr. Petrus de Bruin (45) is in Pretoria vir niks op straat doodgeskiet.

Al wat hy by hom gehad het, was ’n kospakkie wat hy en sy vrou by sy bejaarde ma gaan haal het omdat hulle nie iets gehad het om die aand te eet nie.

Toe die gewapende rower hom en sy vrou, Tanya (40), eergisteraand in Wespark voorkeer, het hy net ’n paar sigarette, ’n stukkie vleis, twee tamaties, ’n ui en twee aartappels by hom gehad.

“Petrus het dadelik gesê: ‘Wag bra, hierso’, en het afgebuk om die kospakkie en sy sigarette op die grond neer te sit, toe die man hom skiet,” het mev. De Bruin gister huilend vertel.

“Die rower het my eers op die grond vasgetrap en Petrus bo-oor my in die kop geskiet.”

Die rower het sonder die kospakkie gevlug.

Mnr. De Bruin is kort daarna in die Steve Biko-hospitaal dood.

Die De Bruins van Hermanstad was op pad na hul woning toe hulle naby die hoek van Kerkstraat en Transoranjeweg oorval is. Hulle het die kos by mev. Kotie de Bruin (80) gaan vra omdat hulle niks gehad het om te eet nie.

Wagte van die ADT-veiligheidsmaatskappy was eerste op die toneel, gevolg deur die polisie en toe die ambulans.

Mev. Angelique Els (28) het gesê dokters het byna ’n uur lank gespook om haar oom se lewe te red.

“Die verpleegsters het later gehuil,” het sy gesê.

Mev. De Bruin het gesê haar man se moordenaar wou nie die kos hê nie.

“Hy wou Petrus doodskiet.”

Sy het gesê dit is nie die eerste keer dat hulle in dié omgewing deur rowers aangeval is nie.

“’n Paar maande gelede is ons ook byna beroof. Een rower het bo-op Petrus se rug gespring. Gelukkig het ’n veiligheidswag dit gesien en ons kom help.

“Die rowers het toe weggehardloop.”

Mev. De Bruin het gesê sy was heeltemal afhanklik van haar man en sal nie sonder hom kan voortgaan nie. Sy het huilend vertel dat sy oorweeg om selfmoord te pleeg.

Mev. Alida Oberholster (50), mnr. De Bruyn se suster, het gesê sy dood is vir hul hele familie ’n groot skok.

“My ma is 80 jaar oud en is erg geskok. Petrus was haar jongste seun,” het Oberholster gesê.

Die egpaar was afhanklik van mnr. De Bruin, ’n epilepsie-lyer, se R1 000 per maand ongeskiktheidstoelae. Hulle het in ’n enkelkamer by die Pams’ House-sorgsentrum gewoon.

Die egpaar se seun, Petrus jr. (18), is ook getraumatiseerd. Hy is tans by ’n vriendin en haar familie in Valhalla in Centurion.

Oberholster het gesê Petrus was ’n baie goeie mens wat altyd met die laaste bietjie wat hy gehad het ander mense gehelp het.

“Al was hy hóé arm, sou hy jou sy laaste R2 gegee het om jou te help,” het sy gesê.

“Nou moet ons ’n begrafnis reël wat ons meer as R4 000 gaan kos en daar is nie geld nie,” het sy hartseer gesê.

Kapt. Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval.

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

yolande 12/10/2009 7:40:21 AM
My hart gaan uit na die mense , dis wreed om te sien hoe mens se geliefdes van jou af weg gevat word deur kriminele wat al lankal in die tronk moes gewees het. Bring die doodstraf terug , HOEVEEL en hoe lank moet ons jul smeek mnr Zuma..... eers as ons almal uitgemoor is ....??
Fred 12/10/2009 7:44:04 AM
Hang die bliksems!! Of moet ons dit begin doen? Ons is nou heeltemal gatvol vir hierdie gemors in die land!
piet 12/10/2009 7:48:35 AM
Ek is seker die polisie "ondersoek" die voorval ja. Net soos die duisende ander voorvalle wat "ondersoek" word en nooit opgelos word nie.
avr 12/10/2009 7:50:41 AM
Ag nee regtig wat nou nog! Hierdie dinge maak my bitter hartseer en nog moeiliker om trots suid - afrikaans te wees. Dood geskiet vir absoluut niks! Hierdie geweld ruk nou erg hande uit. Wat nou van die arme vrou wat agter gelaat word, hierdie misdadigers is niks anders as diere nie, enige iemand wat iemand net so kan skiet is nie n mens nie!
MF 12/10/2009 7:56:15 AM
dit is altyd vir my baie sleg om van sulke voorvalle te hoor,ek wens ons kan bietjie in die koerant hoor wat het nou na die "ondersoekke"gebeur ons hoor net die voorval word ondersoek en dit is waar die hele storie doodloop mens hoor nie dat die b......s gevang is nie,hoekom moet hule in elke geval net! gevang word wat van n oog vir n oog?
Chantel 12/10/2009 7:59:18 AM
As Suid Afrikaners vermoor word op so manier moet Jacob Zuma geld skenk want dis sy nasie wat ons wil uitmoor en hy is die president bring die DOODSTRAF TERUG ek dink hy weet as die doodstraf meot in tree bly net kwart van sy nasie oor
Boerseun 12/10/2009 7:59:18 AM
Dis die tipe ding wat my 'n voorstaander van 'n Boer republiek maak.
Magrie 12/10/2009 7:59:55 AM
Dis baie eenvoudig - bring die doodstraf terug!
ShawnT 12/10/2009 8:04:33 AM
Hoekom?Hoekom?Hoekom? Dis die simpelste vraag wat ek so mee worstel...AS die boef dan iets wou he, kon dit geregverdid word..maar net skiet vir geen rede, maak nie sin nie...Ek hoop die moordenaar gaan ook nie Kersfees met sy familie deel nie..Ek hoop hy word vrek geskiet of hy kry net n pyn in sy gat...Mev.de Bruin, my innige meegevoel vergesel u en u seun..Dit is nie n maklike paadjie nie en ek kan nie met alle eerlikheid se dat ek weet hoe jy voel nie....Alhoewel ek ook al my "Fair share" van familielede op sulke onsinnige wyse verllor het...Die omstandighede van ons is anders...Nogmaals sterkte en vertrou op God...Daar is n gesegde wat lui: " God gaan jou nie tot hier bring en jou nie verder deur dra nie"..Hy sal..Ek weet.
Pierrie 12/10/2009 8:05:18 AM
Ek lees hierdie met 'n seer hart, dit is absoluut skokkend wat met ons land aangaan. Ek is bereid om 'n geldjie vir hulle te skenk en eks seker meeste van julle wat hierdie lees sal net so voel. Dis Kersfees en hierdie familie het totaal en al alles verloor. Stuur asb vir my hulle bank besonderhede sodat ek hulle Kersfees 'n bietjie beter kan maak.
Betsy 12/10/2009 8:05:50 AM
Al wat ek kan sê is Vader help ons en neem U beheer oor, oor hierdie land van ons....ons is in U hande Vader....
Johan 12/10/2009 8:06:02 AM
Ek dink regtig dat almal wat nie lid van die ANC is nie, nou daadwerklik iets moet doen aan die moordsituasie in hierdie land. Al die opposisiepartye en Afriforum sal dit 'n gesamentlik poging MOET maak. Sleep die regering na een of ander hof toe. Daar is baie tipes howe hier wat so 'n regsgeding teen die regering kan hanteer. As dit nie help nie, sleep hulle na die hof in Den Haag toe. Ek is bereid om 'n finansiële bydrae te maak daartoe. Maak al die moordberigte in die media bymekaar om die klagstaat op te stel. IETS moet nou gedoen word, moes al lankal gedoen gewees het!
Francois 12/10/2009 8:07:09 AM
...en Bheki Cele se rampokkers het seker vlae gesoek terwyl dit gebeur het !
Francois 12/10/2009 8:07:12 AM
...en Bheki Cele se rampokkers het seker vlae gesoek terwyl dit gebeur het !
MNartie Neethling 12/10/2009 8:09:18 AM
Ek voel vanoggend die haat in my opbou aangaande hierdie vieslike "snot" van die aarde. Een vertroosting is die gedagte aan die ANDER KANT gaan hierdie "snot" van die aarde met sy mismaakte "snot gees" in die "snotpot" van die HEL spartel om verlos te word om voort te gaan met sy "snot" dade. Hierdie mismaakte "snot"-gees gaan nie meer 'n geleentheid he om 'n keuse te kan maak tussen "snot" en liefde nie. Hierdie gaan sy "snot hel" wees tot in ewigheid.
(Geen debatte aangaande my aanmerking met christele nie asb)
Martien
emma 12/10/2009 8:14:03 AM
Nog 'n onsinnige moord,mens wil amper sê "whatever"Maar dink bietjie verder.Ons oom het 'n wrede plaasaanval oorleef.Ons swaer is 2 jaar later ook in 'n plaasaanval voor sy vrou doodgeskiet.Dieselfde familie,dieselfde trauma.Mense lees van so aanval en vergeet dadelik daarvan,want dis so algemeen dat ons afgestomp raak.Ons leef egter met die nagevolge saam,die ligaamlike en emosionele letsels wat so 'n daad los,vir jare daarna.Raak vir 'n oomblik stil as jy weer so berig lees en dink aan die familie wat agterbly.Want die tragiese van ons pragtige land is-jy is dalk volgende.
AnnelizeR 12/10/2009 8:15:19 AM
Dit is ongelooflik tragies! My hart is seer vir hierdie vrou en haar familie wat agterbly. Kommissaris Cele, moenie bekommerde wees oor 'n ou landsvlaggie nie. Bekommer jou oor die sinnelose moorde en doen iets daaraan! Baie sterkte aan hierdie familie.
gerda 12/10/2009 8:20:02 AM
ag ons harte gaan so uit na sy vroutjie seun en familie!!!! Mag die Here julle styf vas hou in die dae ons bid vir julle. Mens voel om op straat te staan en te skree waar gaan dit eindig??? Maar wie gaan dit hoor en iets daaraan doen??? ons kan net vertroosting by Jesus kry.
solly 12/10/2009 8:24:59 AM
Kom ons kyk hoe skree Cele en trawante nou oor die moord.
Betsy 12/10/2009 8:31:32 AM
Ag Here...wat kan ons sê....U is die enigste een wat ons kan help en beskerm....Vee hierdie skuim van die aarde weg...Vader ons ...al die onskuldige mense is in U hande....beskerm ons Vader, want niemand anders sal nie....
alex 12/10/2009 8:35:37 AM
Nog n bewys dat jou lewe niks werd is in SA nie.Dit maak mens naar om te weet n moord word gepleeg op n onskuldige man sonder om te blik of te bloos.Dit kom voor of dit n groter oortreding is om n pakkie sigarette te koop as om iemand te vermoor in SA.Daar is meer wette teen rook as teen onwettige vuurwapens en drug misbruik.Nog n bewys dat ons ook in n wettelose Afika staat verval het.Ek kry die buitelandse besoekers aan SA in 2010 met die sokker wereldbeker jammer.Ek dink die koerante gaan te min plek he om oor al die voorvalle te berig.Dis jammer dat so mooi land so ten gronde moet gaan.
Boetman B 12/10/2009 8:36:52 AM
Onlangs die 4 de Katolieke priester en nou n onskuldige arm man. Cele voel seker trots op die land wat hy help skep het.Hy moet hom eerder besig hou met bekamping van misdaad as om hom so te aanmatig om die ou vlag te onteer. Ek skaam my vir die walglike land wat die nuwe Suid Afrika heet, (en sy nasionale simbole)
Gatvol vir rassisme en onsinnige dade 12/10/2009 8:40:33 AM
Baie sterkte mevrou, daar is baie mense wat vir jul bid vir krag en sterkte. Moet asb nie iets onbesonne aanvang nie!! Julle ANC gespuis is natuurlik elke dag heerlik tevrede oor al die moorde en verkragtings op die "boere" en ander ongelukkiges. Jul tyd sal egter kom...
Ek is bereid om te help bydra vir Mev. Tanya de Bruin se verblyf en maandelikse uitgawes. Wie kan nog help?
Ninè 12/10/2009 8:48:58 AM
Betsy saam met jou bid ek;"Here o my God stuur vir ons n leier. Stuur vir ons n Joshia, n Moses, asseblief onse Vader stuur vir ons iemand om ons van al hierdie wrede misdaad te kom verlos" Amen
A N Other 12/10/2009 8:49:27 AM
As dit 'n swarte was en daar was nie geld vir 'n begrafnis nie, sou al wat ANC lid is geld gegee het en hy sou 'n "hero" begrafnis gehad het. EN die staat sou nog vir hulle gesorg het ook. En nou? Wie gaan wat doen? Waar is Solidariteit en Euguene Terre blanche? Help hierdie vrou en stig vir haar 'n fonds om ten minste haar man te kan begrawe. Suid-Afrika STINK!!!!
Faaq 12/10/2009 8:52:18 AM
Ek verseker die regering as daar iets met my familie gebeur sal daar lyk oral opgetel word soos ek wraak sal neem. Die sal ook almal onskuldiges wees.
Suster V 12/10/2009 8:54:44 AM
Soos gewoonlik is die Polisie besig om die saak te ondersoek, sou die bliksems!!! gevang word vat dit 'n jaar of twee voordat hulle gevonnis gaan word. Daar na gaan hulle lekker in die Tronk sit en ons Boere moet vir hulle sorg daar waar hulle in die Tronk sit. Want hulle kry mos skool opvoeding, hulle kan leer vir Prokereurs, Dokters net wat hulle wil om ons Belasting geld se onkostes. En ons "Poepole" buit met skyt en betaal aan belasting terwyl hulle lekker kan roof, dood maak en net wat hulle wil. Ons land is klaar in sy "M*&R" in. DIE DOOD STRAF SAL BAIE VINNIG MOET TERUG KOM.
Genocide Suid Afrika 12/10/2009 8:58:16 AM
Van die 5.2miljoen blankes is minder as seker 2miljoen oor in SA. 2miljoen is na die buiteland. Die ander 1miljoen is alreeds uitgemoor. Is dit beleid van die regering om die getal af te bring na onder 100duisend? Dit lyk so. En niemand in die wêreld sal help nie? Moet die Christen-dom so bedreig word?
Ronel 12/10/2009 8:58:43 AM
Eerstens wil ek net se aan die familie wat agter gelaat is, wees sterk, die Here sal julle vertroos in die donker tyd!
Oor wat gebeur het wil ek nie eers 'n opinie lig nie! Ek is so geskok ek voel naar... Wat gaan van ons word! Wanneer gaan iemand opstaan en vir ons regte veg? Nou wil die polisie dinge nog erger maak deur vrouens met kinders wat steel nie tronk toe te stuur nie... Ag ek gee op, dink dit is tyd om my moederland waarvoor ek so lief is te verlaat, terwille van my kinders se toekoms, of gaan ons wag tot so iets met ons familie gebeur?
Kobus 12/10/2009 9:02:56 AM
Dik boeppens polisie amptenare kan op onskuldige dames toeslaan en `n klein ou landsvlag blatant steel, waar is die bl#k$em& nou? Onskuldige blankes word gemoor, kom Julius Malema rek jou grootb%k, wie is nou rasisties? My hart gaan uit na die families, ons bid vir julle, staan sterk Tanya daar is baie mense wat jou dra.
Ernest 12/10/2009 9:13:32 AM
Die vlaggie is mos nou "verwyder" deur die twee mees senior polisie lede in die land.Uitstekend vir statistieke want nou is n "misdaad' opgelos. Behalwe vir Botswana wat deur De Beers se diamante beheer en bestuur word, kan ons nou maar net sowel by die res van Afrika inval. Moord, doodslag en totale wan orde en agter uitgaan as die daaglikse norm met die paar rykes wat die "volk" beheer deur aanhoudende oorlog aan te huts. Hoe lank moet ons dit nog vat? Kyk na beeld materiaal van die ontslape Idi Amin, en na die oe van Julius Malema. Comrade JZ het mos klaar bevestig comrade JL sal n goeie leier vir die ANC wees. Mev du Bruin sterkte en moet a.s.b nie die gewetenlose vark, wat tien teen een ook in n stadium n bul doodgemaak het met sy kaal hande, die genot gee van nog n lewe nie. Dit sal dit te maklik maak vir die direkte nasaad van satan wat u man sy reg op lewe ontneem het.
Chris 12/10/2009 9:14:24 AM
Dit is mos hoe demokrasie werk net regte vir die kriminele en moordenaars.Hoeveel wit mense moet nou nog vermoor word in ons stede en plase voor dat ons weer as n volk sal op staan en se dit is nou genoeg.Hier is n sieklike man wat net n bietjie kos wou gaan haal om vir hom en sy vrou se maag te voed en dan word hy vermoor nie eers vir die kos nie.Die moordenaar skiet net want dit is die mag wat demokrasie en die ou NP veraaiers vir hom gegee het. Ek sit in Irak en ek is kwaad daar word meer mense op n daagliklse basis vermoor as hier met al die bom ontplofings in die land.Moordenaars satan kinders diewe julle sal nie die wit volk nie oorwin nie. Is daar n fonds wat ek n geldtjie kan inbetaal om vir Tanya te help in haar droewigste tyd
heide 12/10/2009 9:15:45 AM
EK IS N JONG KLEURLING DAME EN EK VOEL VERSKRIKLIK SEER OOR DIE ARME VROU WAT NIE NET HAAR ENIGSTE INKOMSTE MAAR OOK HAAR LEWENSMAAT VERLOOR HET.EK LEES ELKE DAG BEELD AANLYN ASOOK AL DIE KOMMENTAAR,EN WEET WAT,DIT GAAN NET OOR WIT EN SWART,SWART EN WIT,ONS KLEURLINGE WORD OOK SELF VERMOOR,VERKRAG,VERTRAP VAN DIE OU BEDELING AF,SELFS NOU IN DIE NUWE BEDELING IS ONS NIKS,MAAR EK HET NOG NOOIT EEN KEER GEHOOR N KLEURLING STAAN OP OM SY MENING TE GEE OF SY STEM TE LIG NIE,AS GEKLEURDES HET ONS OOK MAAR NET GEVOELENS,ONS BLOED IS DIESELFED KLEUR AS ENIGE IEMAND ANDERS EN ONS HARTE SIT OOK OP DIESELFDE PLEK AS ENIGE IEMAND ANDERS,OM TERUG TE KOM NA BOGENOEMDE KWESSIE STEM EK VOLKOME SAAM DAT DIE DOODSTRAF MOET TERUG KOM,OF APARTHEID,ALHOEWEL ONS OOK MAAR BAIE SWAAR GEKRY HET IN DIE APARTHEID HET ONS TEN MINSTE RUSTIG GESLAAP,VOLOP KOS GEHAD,ONS WAS TEVREDE MET ONS SALARISSE EN NIEMAND HET NODIG GEHAD OM TE TOI-TOI VIR VERHOGING NIE OF OM TE ROOF VIR KOS NIE,DIE EINSTE MENSE WAT HUIL OOR APARTHEID HET NIE IN SULKE HAGLIKE OMSTANDIGHEDE SOOS NOU GELEWE NIE EN HULLE HET HULLE OP HULLE PLEKKE GEHOU.NOU IS DIE WILDE DIERE VRY OM GOD TE KAN SPEEL EN TE BESLUIT WIE MAG LEWE EN WIE NIE.EK DINK DIT WAS DIE ENIGSTE GEDIERTE WAT NIE IN DIE ARK WAS MET DIE VLOEDE NIE,MAAR HET SAAM MET DIE VLOEDWATERS GEKOM.
Spokie 12/10/2009 9:21:18 AM
Bring die doodstraf terug.
gatvol 12/10/2009 9:23:41 AM
Wane gaan die blerrie "regeerders" van hierdie land iets doen.Ek sien groot akkies vir 2010.EN eks n reservis wat nounet besluit het dat ek sal my nie beskikbaar stel vir 2010 nie.Ek staak nou my gratis dienslewering aan die staat.Klaar.
Raak betrokke 12/10/2009 9:24:38 AM
Ek lees met afgryse die berig.Wat se dit van ons land dat so iets op n besige sypaadjie kan gebeur.Waar is on polisie se voet patrollies?As oud lid van die SAP weet ek dat sigbare voetpatrollies wat al die "peety crimes" soos urineer in die publiek,rommelstrooi,leeg leery in ons parke ens bekamp n geweldige invloed het op ernstige misdaad want die gemors wat hierdie gruwel dade pleeg is die skuim wat ons omgewing besoedel.Waneer ek n kaptein van die plaaslike polisie stasie aan die slaap in die aanklag kantoor om 05h00 in die aanklag kantoor vind,en die senior lede van die stasie aan my vra wat wil ek he hulle daarom trent moet doen dan weet ek dat ek geen ander keuse het as om self te begin om my en my mede burger te beskerm deur betrokke te raak by buurtwag aktiwiteite ens.Daardie skurke het iewers heen "verdwyn na hulle lafhartige daad,hoe kan niemand weet waar hulle heen is nie.Word wakker SA ,ons sal moet begin iets doen en betrokke raak.Skryf briewe aan die koerante en die regering.Nie net aan ons eie afrikaanse koerante nie maar aan die ander ook.Onthou net ons hoogwaardige regerings amptenare het nie die vermoe en die wil om "ons "koerante te lees nie of vir ons om te gee nie,ons maak net eenvoudig nie saak vir hulle nie.
Jakes 12/10/2009 9:27:40 AM
Ek twyfel baie keer dat ek die regte besluit gemaak het om hier na Australie te trek. Berigte soos die help om alle twyfel uit die weg te ruim. Ek mis baie dinge in Suid Afrika, maar weet dat ek nooit ooit weer my vrou en kinders aan sulke barbaarse geweld sal kan blootstel nie. Ek bid baie vir my familie en vriende wat nog in RSA woon. Ek voel skaam as ek telkens vir Aussies moet vertel wat werklik in RSA aangaan. Sterkte vir julle almal.
Susan van Staden 12/10/2009 9:29:04 AM
Jammer dat 94.7 se xmas wishes tot 'n einde loop, sou graag wou he dat hierdie mense gehelp kan word, dit is baie hartseer en dit so voor die kersgety?
Elaine 12/10/2009 9:29:27 AM
Ek is so geraak deur die woorde van Heide dat ek ook graag net vir haar wil se dat ek die pipperelle koors wil kry elke keer as ek die woord apartheid hoor, maar sal liewer ook wil he dat dit weer so moet wees. Vir Tanya de Bruin wil ek net se , dit moet verskriklik wees wat jy moes aanskou, maar moenie so n onbesonne daad aanvang nie, want weet jy, die Here se genade is onbeskryflik groot. Hy sal jou dra in hierdie tyd en Hy sal voorsien. Seenwense aan jou.
BASIE 12/10/2009 9:30:43 AM
Hang die bliksems, of gee hulle vir die familie om te mors !!!!!
Kierietjie 12/10/2009 9:36:30 AM
My innige spyt aan Mev de Bruyn. Beeld moet asseblief die bankdetails publiseer, dat ons hopelik vir meer as net 'n begrafnis kan betaal. Hopelik sal ons genoeg kan insamel, sodat Mev de Bruyn weer rede het om te hoop, en om te glo dat daar nog baie goeie mense is.

Wat ons kommentaar betref, ek stel voor ons hou ons kommentaar standaard, want by elke dag se moorde, kan ons dit net copy en paste. Verdere kommentaar is so oorbodig, tensy dit waaragtige aksie insluit. Waaragtige aksie sou ook wees om op te ruk, en langs Mev de Bruyn by die graf te gaan staan.
Rianda 12/10/2009 9:37:23 AM
Ek wil graag 'n finansiele bydrae maak vir hierdie arme mense, hoe en waar kan ek dit doen? Ek het ook nie baie geld nie, maar ek dink as elke goedhartige mens net 'n klein bedraggie betaal, maak dit darem die las vir hulle bietjie ligter.
Willem 12/10/2009 9:38:58 AM
Dis baie tragies. Wanneer gaan mense besef dis die kleur van jou hart en nie die kleur van jou vel wat jou 'n beter mens maak. hanteer ander rasse met respek sodat hulle jou met respek kan hanteer. en as hulle nie doen nie was jy ten minste die beter een.
Roenel 12/10/2009 9:43:04 AM
@Heide, dis presies wat my swart kollegas se, hulle sou verkies dat die ou regering terug kom, toe het hulle werk, blyplek, kos en geld gehad, nou word alles van hulle gesteel en weggevat.
Werner 12/10/2009 9:43:59 AM
VOLKSMOORD
Rudolf 12/10/2009 9:45:56 AM
As gekyk word na Sec 184 2(b) van die grond wet moet die Regering mense vergoed, wanneer daar misdaad met hulle gebeur. En daar word n verlies gelei deur die slagoffer, maar niemand vra lyk my daarvoor nie. Of dalk is hulle nie bewus daarvan nie. Dink net as almal begin eise teen die regering in sit hoe vinnig gaan hulle dan misdaad begin vas vat, Want dan voel hulle dit aan eie bodem(hulle sakke).
Danie 12/10/2009 9:55:51 AM
Sulke tipe moorde gaan gepaard met "gangsters".As dit in die koerant is, word die gangster "bevorder"of word n lid van een of ander misdaad groep.
MF 12/10/2009 10:04:06 AM
Een ding is waar ons as n nasie kan nie veel aan al die geweld en onwetighede doen nie want die regering en al sy trawante luister nie,maar ons kan wel iets doen om ons self en ons mense beter te beskerm,Heide en dit is julle kleurling mense ook,ek is ook moeg om van die kaap se vlakte se moorde ens te hoor mens wat die regte paatjie loop voel dieselfde ons verskil nie.My vraag is net as n hond 1 uur in die oggend blaf wat doen ons?ons se gelukkig is dit nie by my nie hoekom/want ons is net bekommerd oor ons self as jy alleen staan is jy nutteloos want hulle kom 3 tot 6 op n slag,kom ons probeer mekaar groet en omgee kyk na mekaar ons sit tog oor mekaar en langs mekaar in die kerk dit help nie ons skryf ons gevelens in die koerant nie kom ons bewys dit teen oor mekaar in ons samelewing dit is tog waar die stront begin in sekere "lokasies"vang die gemeenskap die kwaad doeners en sort hulle self uit en bel dan die "polisie"om die goed te verwyder hoekom kan ons ook nie?DINK bietjie daar aan.Dit sal veel lekkerder wees as om van al die hartseer in die koerant te lees,dan sal dit begin beter gaan.
Olaf Johansen 12/10/2009 10:14:06 AM
Cele- "Die misdaad is buite orde!!"
nico 12/10/2009 10:22:37 AM
Die Here slaap of sluimer nooit,Hy sal hierdie klomp barbare een of ander tyd uitwis,sowaar as ek leef!Ek kan nie glo dat hierdie gemors n onskuldige man vermoor, nie eers vir n bietjie kos nie.CELE SE MOND IS GROOT OOR MISDAAD MAAR WAT DOEN HY OMTRENT DIT.EK WIL N DUIDELIKE GROOTLETTER WAARSKUWING RIG AAN CELE---MOENIE ONS VERDER TART NIE JULLE ANC EN DIE SOGENAAMDE KORRUPTE POLISIE MAG GAAN SLEG 2de KOM. ONS RAAK NOU GATVOL!!!!!!!!!!!!!!
Anti misdaad mobilisasie 12/10/2009 10:22:57 AM
Aan alle kommentaar skrywers hierbo en die wat nog gaan kommentaar lewer: Ek kan nie beskryf hoe gefrusstreed ek is oor die daaglikse kommentr oor al die moord/verkragting/roof gevalle, nie. My punt is, ons sal waaragtig op praktiese wyse moet begin aksie neem teen hierdie geweld in SA, en onsself meer hoorbaar maak by die wat MOET hoor. Kom asb. met uitvoerbare voorstelle vorendag! Ekself is glad nie kundig op die gebied nie, maar dink bv. aan iets soos om DAAGLIKS elke dag se moord/v/groof berigte (in engels vertaal natuurlik) deur te kry/ aan te stuur na buitelandse koerante of daar waar aansoek vir asiel gedoen was. (Kundiges moet hier help met die hoe, en ons moet aanhou tot hulle so moeg raak vir ons, en net eenvoudig MOET kennis neem)Iemand kan dalk 'n hele koerant saamstel wat net uit uitknipsels van geweld bestaan en dit weekliks/maandeliks na die president se kantoor stuur,en aanhou daarmee totdat hy kennis neem. Wat van met die hulp of onder leiding van Solidariteit/Agriforum MAANDELIKSE VREEDSAME NIE RASSIGE toi-toi/optogte voor polisie stasies. Met WYE pers dekking. Die idee is dat die regering eenvoudig die boodskap MOET kry dat dinge NIE so kan aangaan nie. Kom mense, kom met haalbare voorstelle, en kundiges op die gebied, neem leiding asb. Wil net noem dat ek 'n christen is wat verseker glo in gebed, maar die bybel leer ons van bid EN werk. En ons stry verseker nie TEEN God as ons teen moord/v/roof stry nie!
Leana 12/10/2009 10:32:59 AM
Dis eenvoudig, BRING DIE DOODSTAF TERUG. Want die rower of wat mens hulle noem weet niks gaan aan hulle gedoen word nie. Hulle kom letterlik weg met MOORD.
ShawnT 12/10/2009 10:33:33 AM
MF jy praat asog dit net sekere etniese groepe (naise) is wat wel moor,roof,verkrag,steel,bedrog pleeg en en en... Ou maat moenie kleur koopel aan die ernstige probleem tussen mense nie...Dit is omdat almal net wil stereotipeer wat dinge nie vanself sal regkom nie..Ek het baie gese en gaan dit weer se: Enige slymbol,maak nie saak watter kleur , moet gestenig word. Die probleem moet met wortel en al uitgeruk word. Natuurlik, is die swartmense en die bruinmense in die meerderheid. In die gemeenskappe , soos die Kaapse Vlaktes, waar drabk hoogty vier, gebeur die tipe goed baie...Die swartes is die meeste en daarom moor en verkrag hulle ook meer as die ander nasies...Jy moet my mooi verstaan, ek praat dit nie goed nie...Moet net nie kleur daaraan koppel nie.
JD 12/10/2009 10:36:46 AM
Mev ek voel jou pyn, my hart bloei so vir jou. Beeld Help,kry hulle bank detail en plaas dit op die web, ons vra ontsaglik mooi,ons wil bitter graag help!
Weereens Mev ek wil jou help!!! Ek Smeek ons Vader om jou te help, jou pyn weg te neem. Liewe Jesus asb gaan saam met die dame en haar gesin,gee haar n uitkoms aan die pyn wat aan haar gedoen is, dra haar op U hande asb, vergeet van my gebedjie aan U van my kwale, Maar help eerder die Dame, sy het U hulp meer nodig as ek.
Dankie God. Amen.

Jy weet Heide, ek verstaan jou punt baie goed, glo my. Maar ek gaan nou eerlik met jou moet wees.Ek lees Selde van Kleurlinge wat gemoor word,ek lees Nooit van WIT man wat net n swart persoon doodskiet vir geen rede, ek lees NOOIT van n Wit man wat n kleurling of Swart vrou Verkrag en sy moet vir hom se meneer.Ek Lees nooit van Helen Zille wat se, plaas moorde is nou maar so nie. Nee Apartheid was nie reg nie! Maar die punt is, blankes word oop en bloot, verkrag, gemoor en besteel, ja kleurlinge ook,maar ek kan jou WAARBORG dis nie eens n kwart so baie soos ons nie.
ShawnT 12/10/2009 10:38:05 AM
In watter provinsie bly jy, Heide?
Nico 12/10/2009 10:39:52 AM
Heide, jou siening dat hulle met die vloedwaters gekom het,en nie in die ark was nie, slaan jy die spyker op die kop.n Baie goeie uitdrukking.Ek moet darem ook noem dit is nie almal nie.Ek werk saam met swartes wat baie lojaal is .Sterkte en onthou ons en julle is dieselfde.Een nasie!!
JC 12/10/2009 10:48:46 AM
Dit is die "nuwe" Suid Afrika wat ons vir onsself geskep het. Dit is wat ons vir die res van die wereld wys hoe demokrasie nou eintlik werk.
Misdadigers loop vry in die strate rond en die konstitusie en die ANC beskerm hulle.Geen wet en orde en nog 'n groter onwilligheid om die gespuis vas te vat!!!!
Is dit wat ons wil promoveer met die 2010 sokker-geleentheid. Hoe durf ons nog mense na hierdie misdaad-hool nooi om miljarde in die gespuis in te pomp?
My simpatie met die familie.
Afrikaner 12/10/2009 10:52:11 AM
Ons kan weliswaar mor dat die doodstraf teruggebring moet word, maar die ANC sal nie so maak nie, omdat dit sy eie ondersteuners is wat die booswigte is. Daar is slegs 2 moontlikhede om van hierdie rassistiese geweld te ontsnap: 1: Emigreer. 2, vir diegene wat nie kan emigreer nie: bevry jouself van die ANC regime en die onafwendbare lot van alle Afrikalande. Beywer jou vir 'n eie tuisland vir blankes, met ander woorde. Apartheid was daar met 'n rede, mense, en dit was om hierdie soort ding te vermy. Misdaad, korrupsie, verval en geweld is die Azaniese probleem. Selfbeskikking is die oplossing.
Ek 12/10/2009 10:52:52 AM
Mense verander julle versoek. SE LIEWER "STEL IN DIE DOODSTRAF - geen konnektasie met die verlede - teenoor - bring die doodstraf terug - deel van die vorige regering - verkeerdë logika, hulle sal als wat enige konnektasie met die vorige regering het veroordeel NET OMDAT HULLE KAN!
heide 12/10/2009 10:55:07 AM
MF,EK STEM VOLKOME MET JOU SAAM ASOOK MET DIE MOORDE IN DIE KAAPSE VLAKTE,,EEN VERSKIL HULLE IS BESIG OM HULLESELF UIT TE ROEI WANT HULLE WIS MEKAAR UIT,EN DIE MOORDE IN DIE KAAPSE VLAKTE IS GEBASEER OP GANGSTERSKAP EN MEESTE IS DWELM VERWANT OMDAT HULLE BAKLEI OOR HEERSKAPPY EN MAG ONDER MEKAAR,DIT IS NIE RASSE VERWANT NIE,EN OOK HET EK GELEES VAN VERKRAGTINGS EN MOORD OP KLEIN KINDERS,WEEREENS,ONDER EIE NASIE,DIT IS DIE SPREEKWOORDELIKE OOG VIR N OOG,TAND VIR N TAND.AS JY EEN VAN MY FAMILIE LEDE SEER MAAK,GAAN EK JOU KRY WAAR DIT DIE SEERSTE MAAK EN WAAR JY DIT DIE MINSTE VERWAG,DIS HOE DAAI MENSE VAN DIE KAAP REDENEER,MAAR DEMMIT,NOOIT SONDER REDE NIE,MOORDE OP DIE KAAPSE VLAKTE IS OOK SELDE TOT NOOIT POLITIES GEBASEER OF AANGEWAKKER DEUR TOT POLITIEK NIE,OMDAT HULLE MAAR ALTYD MET DIE MINSTE TEVREDE MOES WEES IN DIE VERLEDE ASOOK NOU IN DIE HEDE.EK HET NOG NOOIT N KLEURLING BEDIENDE HET BYGEDRA TOT HAAR WERKGEWER SE MOORD NIE OF ROOF NIE,NOG NOOIT HET EK IN DIE MEDIA GELEES VAN N KLEURLING WAT N BLANKE VERMOOR OF VERKRAG HET NIE,EEN DING WAT EK WEET,N KLEURLING BEDIENDE SAL MISKIEN TWEE TAMATIES STEEL VIR VANAAND SE ETE OF N BLIK VIS WAT LANK IN HAAR WERKGEWER SE KAS STAAN,MAAR HEMEL,GEEONS DAREM DIE BENEFIT OF THE DOUBT.EK SE NIE HULLE IS ONSKULDIGE ENGELE NIE,MAAR JY LEES BAIE MIN IN DIE MEDIA VAN HULLE.OF HOE?BV."SITRUSBOER SKIET SWART SEUN DOOD,HET GEDINK IS BOBBEJAAN",EN MAN VERKRAG EN VERMOOR BEJAARDE DAME OP HAAR PLAAS.DINK BIETJIE DAARAAN.AS EK VERKEERD IS,ASB.WYS MY OP MY FOUTE,DIS OOK MAAR NET MY EERLIKE MENING.
pikswart 12/10/2009 10:57:19 AM
Heide my suster.....jy is klaarblyklik om die bos gely; hoe kan jy wil swaar kry en nog steeds 'n vol bord kos het en nie kla oor jou salaris nie? Sover dit my aangaan was daar maar nog altyd 'n grrot gaping tussen al die rasse groepe se salarisse, bruin het 4 keer minder as wit, indier 6 keer minder as wit en swart tot so ver as 10 keer minder as wit- jy moet jou kop laat lees, gatkruiper! Jammer aan die gesin wie ook nou sonder 'n liefde sit as gevolg van die vreeslike minagting van lewe, ons bid almal saam, en ons verlossing het al gekom-Jesus Christus!
Trud 12/10/2009 11:12:53 AM
Nou net gelees van die huishulp wat 2 kinders so mooi gered het, NOU dit!!! Enigemens met net n klein bietjie verstand, weet dit is teen blankes gemik.As dit nie onsinnige moord op blanke mans is nie, word blanke vrouens verkrag. Dit kan nie langer so aangaan nie.
Zak 12/10/2009 11:23:37 AM
Dankie Betsy, ek bid saam met jou.
Hendrik Jacobus (die 6e) de Bruin 12/10/2009 11:28:34 AM
Die trane rol onophoudelik vir my familie wat ek nie regtig ken nie. Ek is die oudste seun van Kokkie de Bruin (oorlede 29 Nov 2008). Ek wil net vir Kotie en Tanya se bel asb my ma in Jhb en ek sal kyk wat ek kan doen om te help. Wees sterk en vind troos in die Here - Beeld kan julle asb bankbesonderhede publiseer - ek ken my familie - trots, nederig en opofferend. Hulle sal nie vra vir hulp nie. Ek stem saam dat dit tyd is dat mens selfs net hegter bande in jou eie uitgebreide familie hernu om mekaar te onderskraag en te help. Ons het 'n volk van alleenlopers geword...
@pikswart 12/10/2009 11:30:03 AM
As ek so na jou gereelde kommentaar kyk kan ek maar net se Ag siestog, my hart bloei vir jou!
gerhard 12/10/2009 11:48:16 AM
Kom ons kyk hoe ons die mense kan help met die begrafniskoste. Ek gaan vir hulle n R1 000 gee. Kom ons probeer almal om n bydrae te lewer om hull te help in hierdie moeilike tyd.
Aus 12/10/2009 11:49:35 AM
Elke dag die gemors, elke dag openlik rasisme teen WIT mense (nou). Die regering doen dit nie altyd so openlik nie, maar doen dit tog ook.

Ons het vol sirkel gekom, nou word ons net ook uitgemoor, verkrag, verdruk en besteel daarby.

Die huidige SA is veel erger as die apartheid SA, die woordtjie "demokrasie" vat nie al die verkeerde en lelike dinge weg nie, en die meerderheid regverdig nie dit wat boos is en bose dade nie.

Ek dink dit is verby tyd dat daar aksie geneem word.
ShawnT 12/10/2009 11:50:02 AM
Pikswart , ek verstaan nie jou argument wat gemik is op Heide nie? Ja,daar was n duidelike gaping tussen salarisse,,,Feit is , daar was n duidelike gaping tuseen alles.Jy tik haar vingers vir die een, twee sinnetjies wat sy dalk verkeerd kon he, maar jy prys nie die hele brief nie. Sy het ook gese dat haar mense rustiger geslaap het...Slaap jy rustig Pikswart? Is jy dalk een van die numwe elite korps(Lees: swart bevoordeeldes).Sy prat van lewe in haglike omstandighede...Laat ek jou n prentjie skilder: Woonbuurte se strate wat stink en oorloop van rioolwater en menslike ontlasting.Vullishope so groot so berge omdat daar geen diens is nie, moord en doodslag waar jy kyk, omdat mense se hoop daarmee heen is...Daar is nie werk nie werk nie, nou moor hulle om aan die lewe te bly en en en..... Het jy in sulke omstandighede gelewe Pikswart? Moet nou net nie n swart-regering-gatkruiper is nie.
Chris 12/10/2009 11:53:46 AM
Eerstens wil ek net aan jou hulde bring van die afstaan van jou geliefde dit is baie seer omdit te lees, ek bly in UK London nou al vir 7 jaar ek wil graag terug kom, maar so lank SA in die hande van roowers en skelms is sal ek hier bly, ek is te skaam om vir mense te se ek is van S A af thats a shame... Zuma what the hell are u doing ?? the police is more waried about old flags found on descks,.. wake up man BRING BACK THE DEATH PANALTY!!! elke dag moet ek lees hoe mense wat Suit Afrika gebou het vermoor word, ek dink regtig dat mense moet meer saam staan en die wet in uie hande neem as die polisie nie die mense kan vang nie ,, HANG THE BASTART
Ruan 12/10/2009 11:55:38 AM
EK HAAT HIERDIE LAND!
Hyla 12/10/2009 12:07:26 PM
My hart is seer vir hierdie mense (en al di ander wat deur geweld geraak word in SA) - ek sal ook graag n bydrae wil maak - asb, plaas die bankbesonderhede....
Abdulhalli Shittu 12/10/2009 12:10:14 PM
Die dag wat my vrou of kinders hier iets oorkom is die dag wat ek hierdie land se regering op sy kniee bring - moenie dink 1 man kan dit nie vermag nie - tegnologie is die wonderlikste ding op aarde.
heide 12/10/2009 12:13:41 PM
hoor hier pikswart,jy is n tipiese korrelkop wat  nie verstaan het wat ek se nie,maar dit gaan nie help ek redeneer met n klipkop soos jy nie,ek wil net se ek is tevrede want ek het darem nog n salaris,wat van die arme weduwee nou wat glad nie het nie en sy kla nie eers daaroor nie,en nog n ding,ek wens ek kon in n gat so diep weg kruip van mense soos jy.en as ek so kyk na jou wat elke keer reageer op my kommentaar wil ek net se tipies.
emma 12/10/2009 12:23:24 PM
GENOCIDE
ShawnT 12/10/2009 12:28:38 PM
Meneer UK...Jou Ingels is maar bra afgewater en die spelling...maar ja, ek het verstaan....Maar as ons iets daadwekliks gedoen wil he moet almal wat gekany is daarteen saamstaan en nie n sekere uitverkorene nasie nie....Dit kan dalk net weer rassisities afgemaak word?Ek stem vit Anti Misdaad Mobilisasie se idees....
JamesG 12/10/2009 12:37:25 PM
Die bliksems - Witmense skrik verdomp net wakker ASB !!!!!!Ons het nie wapens nie - hulle het ons doelbewus ontwapen om sodoende ons af te maai soos vliee. Die tyd om saam te staan is nou !!!nie more of oormore of 'n paar moorde verder nie - dit is nou - Is daar nog enige leier wat sal staan vir die Afrikanervolk daarbuite wat bereid sal wees om ons te lei in hierdie uiters kritieke hulpelose toestand waarin ons Afrikaners verkeer - Mag God ons behoed - Alla Magtig hierdie is nou verdomp genoeg - Kom slapgat Afrikaner nasie , skrik wakker uit julle winterslaap - gooi weg vir Mammon , gooi weg al jul blink goed - laat ons bymekaar kom soos een man en se genoeg is nou genoeg - ons gaan dit nie meer vat nie - reeenboognasie se agterent ,man!!!!!!
James G 12/10/2009 12:44:14 PM
Kom ons wys die bliksems ons is beter as hulle - Kom Afrikanervolk - laat ons die bankbesonderhede van die vrou in die hande kry en dan stort ons letterlik derduisende rande in daardie rekening sodat hierdie wit Afrikaner vrou - ja WIT met hoofletters !!!!! dat sy kan vooruit in die lewe - laat daar 'n stortvloed briewe op hierdie redaksie neer reen - kom wit Afrikaners - die tyd het nou aangebreek om saam te staan - AS GOD SAAM MET ONS IS , WIE KAN TEEN ONS WEES !!!!!!
Jan Els 12/10/2009 12:46:15 PM
Waar is die groot verraaier FW de Klerk nou?
Anri 12/10/2009 12:47:35 PM
Ek is bai jammer maar as jy n voorige keer daar aangeval is en jy weet dat daar dalk iemand is wat jou dood soek is dit jou eie skuld as jy iets oor kom deur wee daar te loop. Almal weet dat ons land is nie veilig nie maar tog kry jy daai een superman wat dink niks kan met hom gebeur nie, dis bai sad maar leer uit jou vorige foute, my hart gan uit vir die dame en ek glo nie enige iemand moet daar deur gaan nie maar my vader hoeveel keer moet jy aangeval word voordat jy besef dat dit eintlik gevaarlik is om da te loop??
annamari 12/10/2009 1:16:30 PM
ai, terwyl almal mekaar aanvat, is daar 'n vroutjie wat haar eie lewe wil neem - kan iemand haar nie asseblief help met berading nie ?? baie dankie aan almal wat bereid is om te help, dit sal tenminste hulle onmiddellike nood verlig, daar is tog baie goeie mense wat help. Met die bittere hartseer kan ons net medelye betoon, dis verskriklik tragies !!

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 16-27°C Tstorms late. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-26°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-27°C Tstorms early. Morning clouds. Mild. PE: 20-29°C More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Lead Software Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Datastage Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions
R30,000-40,000 Per Month Cost To Company

Sharepoint Developer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions
R25,000-35,000 Per Month Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
1999
R 32,900.00

FIAT

STRADA 1.7 TD EL AC PU SC
2007
R 119,000.00

BMW

320d Start E90 Dsl AT
2007
R 289,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!