Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

Aanvaller vas nadat man in rug geskiet is

2009-10-23 02:31

Marietie Louw-Carstens

“O God! Net nie dit nie.”

So het mnr. Jan Potgieter (55) eergistermiddag aan sy vrou geskreeu kort voordat hy tydens ’n aanval op ’n plaas in Limpopo met ’n .303-jaggeweer in die rug geskiet is.

Mev. Annalie Potgieter (49) het gister gesê sy het met haar pistool twee skote op haar man se vermeende moordenaar geskiet, maar gemis. “Ek het hom met die derde skoot getref,” het mev. Potgieter gesê.

Hy is skrams in die sy gewond. ’n Zimbabwiër (18) is sowat vier uur later op die walle van die Phalalarivier vasgetrek.

Supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê die man verskyn vandag in die Lephalale (Ellisras)-landdroshof.

Mev. Potgieter het gesê sy en haar man is eergisteroggend Lephalale toe om vir haar seun, mnr. Adrian Langley, ’n geskenk vir sy 29ste verjaardag gister te gaan koop.

Mev. Kathleen Langley (29) en haar twee jong kinders was alleen by die vakansierondawels op die Johannesberg-plaas, sowat 50 km van Lephalale.

Mnr. Potgieter was ’n opsigter by die rondawels.

Mev. Langley het gesê ’n tuinwerker wat by die rondawels werk het haar ná 12:00 oorval en met ’n lang mes gedreig.

“Hy het gesê hy soek R50 000 en ’n geweer, want hy en van sy vriende wil Johannesburg toe gaan. Ek het aan hom gesê ek het nie die kluis se sleutels of geld nie. Hy het gesê ek mors sy en my tyd en hy gaan my doodmaak,” het mev. Langley gesê. Die aanvaller het haar in die slaapkamer ingestamp en die vertrek deurgesoek.

Hy het op mnr. Langley se .303-jaggeweer onder die bed afgekom.

Mnr. Langley het kanker en doen tans net stukwerk. Mev. Langley het in ’n struweling probeer om die geweer by die aanvaller af te vat, maar hy het haar en Adeline-Megan (3) en Jan-Hendrik (2) in die badkamer ingeboender en toegesluit.

“Ons was baie bang...Hy het gesê hy gaan vir my skoon­ouers wag en as ons ’n geluid maak, gaan hy hulle doodskiet.”

Mev. Potgieter het gesê hulle het omstreeks 13:00 by die huis aangekom.

“My man is na die rondawels om vir die kleinkinders droë wors en lekkers te gee. Ek het hom hoor skreeu en het daarheen gehardloop.” Mnr. Potgieter en sy aanvaller het gestoei.

“Hy het geskreeu ek moet my vuurwapen gaan haal.”

Nadat sy die aanvaller gewond het, het sy in ’n bakkie na van haar bure gejaag omdat selfoonontvangs in die gebied baie swak is en hul landlyn nie werk nie. “Toe ek terugkom was my man dood. Ons was 28 jaar getroud...”

Mev. Langley het gesê dit is jammer niks sal haar skoonpa terugbring nie. “Ons lewens is vir altyd verander.”

Boere in die gebied wat in radioverbinding is het paaie na die Phalalarivier afgesper en selfs ’n private helikopter ingespan om die polisiehelikopter na die aanvaller te help soek.

Boere het ook die polisie se spoorsnyers gehelp. Mnr. Japie Spanio, TLU SA se veiligheidsvoorsitter, het gesê die goeie en blitsvinnige samewerking tussen die boere en die polisie wys “misdaad het nie ’n plek op plase in Limpopo nie”.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-33°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-28°C Light rain. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Teller

Gauteng
First National Bank

IT Project Manager (Foschinidata)

Western Cape
The Foschini Group

Data Warehousing Consultant

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Atos 1.1 Prime GLS 5-dr MY07
2008
R 74,990.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2008
R 229,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HILLCREST PARK

Single Residential - Cluster R 6 700 000

WOODMEAD

Multiple Unit - Cluster R 6 800 000

CANALS

Single Residential - House R 7 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!