Johannesburg

Maandag

Sprinkles early. More clouds than sun. Mild.

12°C
26°C

7 day forecasts

Rowers se planne loop skeef

2009-10-23 02:31

Hilda Fourie

’n Oorlog in die kleine het gister in die ooste van Pretoria uitgebreek nadat ’n groot bende rowers ’n bank en ’n juwelierswinkel terselfdertyd beroof het.

Wat dié rowers nie in ag geneem het nie, was dat drie polisiemanne, wat van diens af was, sowat 50 m van waar hulle by Menlyn Retail Park toegeslaan het, gesit en koffie drink het.

Sers. Os Redelinghuys van die Pretoria-honde-eenheid het in sy private voertuig gespring en een groep rowers agternagesit.

Insp. Leon Myburgh van die Brooklyn-polisiekantoor wat saam met insp. Deon Rheeder (vingerafdrukke) agtergebly het, het die polisie op sy handradio gekontak.

Buiten vir die verdagte wat Redelinghuys ’n paar honderd meter van Menlyn Retail Park gewond het, het polisielede van verskeie eenhede ’n verdere sewe verdagtes vasgetrek.

Polisielede van onder meer die Brooklyn-, die Lyttelton-, die Garsfontein- en die Villieria-polisiekantoor, die blitspatrollie, die snelreaksie-eenheid, die diplomatieke eenheid, die lugvleuel en die Pretoria-, Noord-Oosrand- en die Bronkhorstspruit-honde-eenheid het na die toneel opgeruk en die wêreld gefynkam op soek na verdagtes.

Sr.supt. Andrew Lesch, hoof van sigbare polisiëring by die Brooklyn-polisiekantoor, het gesê twee groepe gewapende rowers het omstreeks 09:00 op Nedbank en die Eastern Pearl-juwelierswinkel toegeslaan.

’n Klein bedrag geld is by die bank en verskeie juwele is by die juwelierswinkel geroof.

Redelinghuys, wat saam met Myburgh en Rheeder by Café Bugatti was, het gesien hoe veiligheidswagte rondskarrel. Die skote het oomblikke later geklap.

Die rowers het ’n Fidelity-veiligheidswag gewond toe hulle by die winkelsentrum se uitgang in Garsfonteinweg probeer uitvlug het. Van dié rowers het toe uit hul motor gespring en in ’n taxi geklim, terwyl die res weggejaag het. Dié taxi is later naby die Pretoria-Oos-hospitaal van die pad gedwing en drie mans is aangekeer.

Terwyl Redelinghuys in die rigting van die skietery gery het, het vyf verdagtes in ’n Toyota Corolla in die teenoorgestelde rigting – in die parkeerterrein – verby hom gejaag.

“Ek het gedink dit is hulle, want hulle het gejaag en vreeslik rondgekyk,” het Redelinghuys gesê.

“Ek het ’n u-draai gemaak en hulle agternagesit.”

Die verdagtes het in Loislaan by die winkelsentrum uitgery, regs in Garsfonteinweg gedraai en in die eenrigtingstraat opgery.

Sowat 50 m verder het hulle stilgehou en uitgespring. By die verkeerslig het hulle ’n motor probeer kaap, maar die motoris het weggejaag, al het hulle ’n skoot op hom geskiet.

Twee van die mans het na bewering in ’n mangat op die perseel van die Menlyn Park-winkelsentrum geklim.

Redelinghuys het gesien hoe ’n ander man met sy vuurwapen in sy hand in die rigting van die hoofweg om ’n gebou in Eersteweg hardloop.

Hy het ’n paar keer op die man geskree waarna die man twee skote op hom geskiet het. Hy het teruggeskiet en die man getref. Die man het aanhou weghardloop.

Hy het die man om die gebou agtervolg en hom in ’n kamer gekry waar hy drie veiligheidswagte as gyselaar gehou het. Toe Redelinghuys en sers. Pierre Bekker, ’n reservis van die Garsfontein-polisiekantoor, die deur afskop, het hy sy wapen neergesit en homself oorgegee.

Volgens Lesch is nog vier verdagtes op verskeie ander plekke vasgetrek.

Twee vuurwapens en ’n klein bedrag kontant is ook teruggekry.

Lesch het die gemeenskap bedank vir die inligting oor die rigtings waarin die verdagtes gevlug het. Dít het die polisie gehelp om hulle te arresteer.

Die veiligheidswag is in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal.

Die gewonde roofverdagte word ook in ’n hospitaal behandel, maar dit is nie bekend wat sy toestand is nie.

Vyf tonele

* ’n Onbekende aantal rowers slaan toe op die Nedbank by die Menlyn Retail Park en vlug met ’n klein hoeveelheid kontant.

* Terselfdertyd beroof vier gewapende rowers – van wie een buite gestaan het – die Eastern Pearl-juwelierswinkel net ’n paar meter van Nedbank af.

Volgens me. Juanita du Plessis, ’n personeellid, het die rowers ingeloop en gevra dat die kaste met juwele oopgesluit word. Hulle het binne twee minute met hul buit gevlug.

* Die rowers skiet en wond ’n Fidelity-veiligheidswag by die uitgang van Menlyn Retail Park.

* ’n Verlate Toyota Corolla staan in Garsfonteinweg naby die ingang na die Menlyn Park-winkelsentrum. Rowers het dié motor tot stilstand gebring en weggehardloop.

* ’n Verdagte word by ’n gebou in Eersteweg geskiet en gearresteer.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 15-28°C Sprinkles early. More clouds than sun. Warm.
Dbn: 12-26°C Sprinkles early. More clouds than sun. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant CA (SA)

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R650,000-700,000 Per Annum

Regional Sales Manager - Corporate

Western Cape
West Coast Personnel
R18,000-20,000 Per Month Basic Salary Plus Comm

Facilities Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 149,899.00

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2008
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!