Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

Ma (79) stap 4 km vir hulp

2010-02-08 00:39

Carla van Niekerk

’n Bejaarde ma moes gister sowat 4 km ver stap om te gaan hulp soek nadat sy gehoor het hoe gewapende rowers haar seun op hul plaaswerf doodskiet.

Mnr. Fanie Venter (60), ’n oujongkêrel wat saam met me. Hannetjie Venter (79), sy ma, op hul plaas sowat 25 km van Bethal af gebly het, is gister omstreeks 08:30 deur rowers buite sy huis oorval.

Mnr. Sakkie Pretorius, ’n jare lange familievriend, sê Venter en sy ma was op verskillende plekke op die werf besig toe mev. Venter die booswigte sien.

“Daar was blykbaar drie van hulle. Sy het vir hom (Venter) geskree, maar hy het haar seker nie gehoor nie. Die een het haar mond toegedruk.”

Een het Venter, wat altyd ’n wapen aan hom dra vir veiligheid, onkant betrap en hom in die kop geskiet.

Mev. Venter het blykbaar nie gesien hoe haar seun geskiet word nie, maar die skoot gehoor.

“Toe sy daar kom, sê een vir haar hy slaap net. Sy kon sien hy is dood met al die bloed.”

Pretorius vertel die rowers het mev. Venter toe met ’n wapen teen haar kop gedwing om die kluis vir hulle oop te sluit.

“Sy het vir hulle gevra: ‘Hoekom skiet julle my nie ook nie?’ ”

Die rowers het die haelgeweer in die kluis gevat, geld en die ma se handsak, sê Pretorius.

Mnr. Francois van Dijk, ’n buurman wat grond by Venter huur, vertel die rowers het die selfone ook gesteel. Mev. Venter kan nie motor bestuur nie het toe sowat 4 km ver saam met hul hond tot by Van Dijk se huis gestap om hulp te ontbied.

“Sy was so 10:00 hier. Sy het al die pad gestap. Dit is baie traumaties vir haar.”

Van Dijk het dadelik die polisie in kennis gestel en die bure gevra om vir die rowers uit te kyk. “Maar dit was te laat. Hulle was met ’n voertuig daar en al lankal weg.”

Van Dijk sê dit blyk dat die rowers nie enigiets anders uit die huis gesteel het nie. “Die huis was nie eens omgekrap of beskadig nie. Dit lyk of hulle daar was vir wapens.”

Volgens Pretorius het die rowers mev. Venter “rondgeruk”, maar sy is nie beseer nie.

Hy meen die booswigte het toegang tot die omheinde erf verkry deur “die slotte en kettings te knip”.

Venter laat sy ma, drie broers en ’n suster, wat in Australië bly, agter.

“Hy sou jou altyd help waar hy kan. Ek het hom goed geken. Ons was in 1980 reeds vriende,” sê Pretorius.

- Beeld

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Gert sê... "Kill the Boer", Kom begin by my asb. sn@tkop Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Teller

Gauteng
First National Bank

SALES OPERATIONS MANAGER

Western Cape - Cape Town
Media24

SQL Tech Team Leader

Western Cape - Cape Town
Media24

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EAGLE CANYON GOLF ESTATE

Single Residential - House R 16 900 000

HELDERKRUIN

Single Residential - House R 8 400 000

STONE RIDGE COUNTRY ESTATE

Single Residential - House R 2 960 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!