Johannesburg

Maandag

Sprinkles early. More clouds than sun. Mild.

12°C
26°C

7 day forecasts

‘Julle wittes het mos baie geld,’ moet siek vrou hoor

2009-12-18 23:00

Sonja van Buul

“Daar is regtig ’n probleem met julle wit mense. Julle wil hê alles moet vir julle gedoen word.”

Dit het ’n verpleër van saal 21 in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal volgens mev. Cheryl Lindeque (54) van Vanderbijlpark gesê nadat sy heeldag lank rondgestuur is toe sy probeer het om opgeneem te word.

“Dit maak nie saak of ek wit of swart is nie, help my net asseblief,” het sy glo gesmeek.

Volgens Lindeque het sy ses jaar gelede ’n vierledige hartvat­omleidingsoperasie ondergaan en is sy ’n diabeet.

“Sowat vier maande gelede moes ek noodgedwonge ’n staatspasiënt word nadat my man, Johan (58), sy werk as ambagsman verloor het,” het sy gesê.

Lindeque is van die Kopanong-hospitaal in Vereeniging na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gestuur omdat sy glo slegs by dié hospitaal die medisyne kan kry wat sy dringend nodig het.

Die Charlotte Maxeke-hospitaal het haar weggewys en sy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal. Hier het ’n dokter gesê die siek vrou moet dringend deur die ongevalle-afdeling opgeneem word.

“Ek is met ’n opnamebrief ure lank van bakboord na stuurboord gestuur omdat ek glo nie die regte vorms het nie, maar niemand weet wat aangaan nie en wou my nie help nie. ’n Kennisgewing het ook gelees saal 21 is vol,” het Lindeque gesê.

“Dis die probleem met julle wit mense. Alles moet in julle skoot val,” het ’n ongevalle-suster glo óók hier aan haar gesê toe Lindeque weer daar om hulp gaan vra het.

’n Dokter het haar ’n rukkie oor die huilende vrou ontferm en Lindeque het haar gesmeek om medisyne voor te skryf.

“Ek kan jou nie help nie, want ek sal my werk verloor, maar hier sal jy doodgaan,” het dié volgens Lindeque gesê.

Sy is hierna vir die sesde keer terug na saal 21 toe, waar sy deur ’n verpleër toegesnou is om self medisyne te kry.

“Gaan koop self jou medisyne. Julle wittes het mos almal geld,” het hy glo gesê. Dit is toe dat ook hy haar toegesnou het dat wit mense wil hê dat alles vir hulle gedoen moet word.

Lindeque is onverrigter sake daar weg en is verlede week deur haar seun, Jean (26), na ’n dokter in Pietersburg geneem waar sy nou private behandeling vir hartversaking ontvang.

Beeld het die Gautengse gesondheidsdepartement drie weke gelede per e-pos van die beweerde voorval ingelig en kommentaar gevra. Talle oproepe is daarna na die woordvoerder gemaak, mnr. Mandla Sidu, wat gister uiteindelik gesê het hy kan nie kommentaar lewer nie omdat hy die laaste tyd self siek was.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 15-28°C Sprinkles early. More clouds than sun. Warm.
Dbn: 12-26°C Sprinkles early. More clouds than sun. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Senior .Net Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Product Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 149,899.00

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2008
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!