Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

Skoolhoof laat hond glo weggooi

2010-02-09 00:56

Mnr. Mishack Matlou, ’n inspekteur by die Tshwane-DBV, met die boerboel wat hy gister in bosse naby die Kutlwano Primary School in Brits gekry het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Virginia Keppler

Die Brits-polisiekantoor ondersoek ’n klag van dieremishandeling nadat ’n skoolhoof agt skoolseuns glo beveel het om ’n uitgeteerde boerboel wat in ’n klaskamer gaan skuil het in ’n bos te gaan weggooi.

Die Tshwane-Dierebeskermingsvereniging (DBV) het die hond later van kant gemaak om hom uit sy lyding te verlos.

Die hond het glo skuiling in ’n klaskamer by die Kutlwano Primary School in Brits gaan soek.

Mnr. Mishack Matlou, ’n inspekteur by die DBV, was gister aan diens in Ga-Rankuwa, noordwes van Pretoria, toe ’n onderwyser van die skool hom gebel en van die “siek hond” vertel het.

Toe hy daar kom, het ’n onderwyser hom meegedeel dat die hoof die skoolseuns beveel het om die hond van die skoolterrein te verwyder. Die seuns het die hond na ’n veld naby die skool gedra, het Matlou in ’n verklaring gesê.

Matlou is saam met die seuns na die veld waar hulle na die hond gesoek het, maar hulle kon hom nie opspoor nie.

Die seuns is later terug skool toe. Matlou het teruggekeer na die veld waar hy weer na die hond gesoek het totdat hy hom opgespoor het.

Hy het met die dier na die DBV in Pretoria gejaag. ’n Veearts het bevind die hond is erg uitgeteer, vuil en oortrek van vullis en vlooie.

Die hond was erg uitgeteer, het ’n wond agter een van sy bene gehad en kon nie behoorlik staan nie.

Dr. Riana Rosslee, die veearts, het gesê die hond moes van kant gemaak word om sy lyding te beëindig.

“Leerlinge moet geleer word hoe om diere met vriendelikheid te behandel. Die verdagte moes ’n voorbeeld vir die leerlinge gestel het,” het Matlou gesê.

Mnr. Rick Allan, besturende direkteur van die Tshwane-DBV, het gesê hulle sal die saak tot in die hof volg. Dié soort dieremishandeling kan nie geduld word nie, het hy gesê.

’n Polisiewoordvoerder het gesê niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-33°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-28°C Light rain. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Department Head - Treasury

Gauteng
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Atos 1.1 Prime GLS 5-dr MY07
2008
R 74,990.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2008
R 229,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!