Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

‘Dit was net bloed’ in Vaal-aanval

2010-01-26 01:50

Me. Sophie Jonas, ’n plaaswerker, was die bloedkolle op die mat uit. Foto: nicolize van der walt

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nicolize van der Walt

 Stilfontein. – ’n Vrou is gisteroggend net ná middernag in haar huis op die oewer van die Vaalrivier met ’n panga aangeval en vir dood gelos.

Mev. Theresa Eksteen (51) was teen druktyd in ’n stabiele, maar ernstige toestand.

Sy word in die hoësorgeenheid van ’n plaaslike private hospitaal verpleeg.

Eksteen is gister geopereer en penne is onder meer in haar beseerde hand geplaas.

Volgens haar familie ly sy steeds aan erge skok en verduur sy heelwat pyn.

“Ons vermoed dit was ’n wraakaanval deur ’n werknemer wat in Desember afgedank is. Hy het haar wang tot op die been van die kaak oopgeslaan, sy is oor die kop geslaan, haar hande is stukkend gekap en haar pinkie byna af.

“My kind het ongelooflik baie bloed verloor.

“Iemand is in hegtenis geneem, maar ons weet nog nie wie dit is nie,” het mev. Hilda Hodges, Eksteen se ma wat ’n paar meter verder op dieselfde rivierhoewe bly, gister gesê.

“Sy het hier aan ons deur geklop. Sy kon nie praat nie en kon skaars staan.

“Dit was net bloed wat gestroom het,” het Hodges, wat self agt jaar gelede die slagoffer van ’n plaasaanval in die Magaliesburg-omgewing was, gesê.

Hodges se man, Norman, het by die bure gaan hulp soek.

“In ’n oogwink was hier boere wat ons kom bystaan het.

“Hulle het die polisie en ambulans gereël,” het mev. Hodges gesê.

Volgens haar man het die polisie bevestig die wapen wat in die aanval gebruik is, is in die verdagte se besit gekry.

In Eksteen se huis was die bed, beddegoed, gordyne en matte in haar kamer en in ’n groot deel van die kombuis deurtrek van bloed. “Dis soos sy na die voordeur toe gestrompel het om hulp te gaan soek. Dis wreed. Maar die Here is goed vir ons. Ons kry baie krag van Bo. Sy sal orraait wees...”

By Beeld se besoek het van die bure en werkers ingespring om die huis op te ruim en die bloed af te was. Eksteen se man, Joe, werk glo in Zimbabwe waar hulle selfoontorings oprig en sal na verwagting vanaand by die huis wees om sy vrou by te staan. Die egpaar het twee volwasse kinders en een kleinkind.

Kapt. Msisithela Selima, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het bevestig ’n verdagte is in hegtenis geneem. “Die ondersoek duur voort. Dit lyk of die verdagte vandag (gister) sekere uitwysings aan die polisie wil doen. Dit is onduidelik wat alles geroof is.”

- Beeld

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Gert sê... "Kill the Boer", Kom begin by my asb. sn@tkop Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Teller

Gauteng
First National Bank

SALES OPERATIONS MANAGER

Western Cape - Cape Town
Media24

SQL Tech Team Leader

Western Cape - Cape Town
Media24

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CENTURION GOLF ESTATE

Single Residential - House R 6 200 000

UMHLANGA

Single Residential - House R 10 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 9 625 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!