Johannesburg

Woensdag

Morning clouds. Mild.

11°C
25°C

7 day forecasts

'Versteurde' seun vermoor oupa glo

2009-11-17 11:06

Fanie van Rooyen

’n 15-jarige “versteurde” seun van Pretoria-Tuine het gistermiddag na bewering sy oupa (65) met ’n broodmes doodgesteek.

Die polisie en familie van die beweerde aanvaller en slagoffer het gisteraand verskillende weergawes gehad oor die moord en het dit onderskeidelik as ’n ongeluk en ’n struwe- ling beskryf.

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gisteraand gesê die seun het omstreeks 15:00 ’n woordewisseling met sy oupa in sy oupa se kamer gehad. “Die seun het ’n mes uit die kombuis gaan haal en toe na sy oupa se kamer teruggekeer en hom in die bors gesteek. Ons weet nog nie wat was die motief nie. Dit is nog ’n deurmekaarspul.”

Ná die voorval het die seun volgens De Bruin van die toneel gevlug. Hy is omstreeks 17:30 deur die polisie in ’n straat in dié buurt langs die pad aangekeer.

De Bruin het gesê ’n saak van moord is teen die kind aanhangig gemaak. Die verdagte word in ’n plek van veiligheid aangehou en sal na verwagting môre in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Nie die aanvaller of sy oupa se naam mag bekend gemaak word nie aangesien minderjarige verdagtes wetlik nie geïdentifiseer mag word nie.

De Bruin het gister beweer dat die seun ’n “probleemkind” is wat al in die Weskoppies- (sielkundige) hospitaal opgeneem is en vermoedelik tans op medikasie is.

’n Oom van die verdagte en ook seun van die slagoffer wat ten tyde van die voorval in die huis was, het egter die seun gister as “verstandelik gestrem” beskryf en gesê die voorval was ’n ongeluk.

“Die seun en sy oupa het in die kamer gespeel en toe was daar ’n ongeluk,” het die oom gesê.

Die slagoffer is nie op slag dood nie, maar het op die toneel beswyk. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2005
R 143,664.00

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr MY06
2008
R 64,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.8 Lux
1998
R 38,760.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BROADACRES

Single Residential R3,950,000

BROOKLANDS LIFESTYLE ESTATE

Single Residential R1,820,000

LANGEBAAN

Single Residential R3,500,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!