Johannesburg

Maandag

Afternoon clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Dis Oorlog as Caster verbied sou word

2009-09-12 01:16

Dit sal “die derde wêreldoorlog” wees as die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sou besluit om Caster Semenya uit atletiek te diskwalifiseer indien sy wel hermafrodities (tweeslagtig) is.

So het ’n omgekrapte mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, gistermiddag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê. Atletiek Suid-Afrika (ASA) is nie op die mediakonferensie verteenwoordig nie.

Haar menseregte word geskend en Suid-Afrika sal so ’n besluit op die “hoogste vlak” beveg. Die regering is teleurgesteld met die “onprofessionele wyse” waarop die sage deur die IAAF hanteer word.

Stofile is ook ongelukkig omdat inligting oor die ondersoeke wat die IAAF na Semen-ya laat doen het, aan die media laat uitlek is.

Stofile het gesê hy het met “skok en afsku” kennis geneem van berigte in Australiese koerante waarin beweer is Semenya is hermafrodities.

Die IAAF se optrede is oneties, het Stofile gesê.

Die regering het daarom ’n internasionale regsfirma opdrag gegee om te kyk hoe Semenya se belange beskerm kan word.

Pres. Jacob Zuma het by ’n afsonderlike geleentheid in die Wes-Kaap gevra “wat (het) van die privilegie tussen dokter en pasiënt geword” (berigte op bl.?2).

Stofile het gesê die 18-jarige Semenya en haar familie word verneder deur al die bewe-rings wat gemaak word.

“Nie een van hulle verdien dit nie, want hulle het niks verkeerd gedoen nie.”

Semenya het nou dringend professionele bystand en advies nodig sodat sy met haar lewe en haar studies (aan die Universiteit van Pretoria) kan voortgaan, het die minister gesê.

“In my oë is sy nog ’n kind wat net die lewe wil geniet,” het Stofile gesê.

Dit is kommerwekkend dat die stories oor Semenya in die media uitlek terwyl diegene wat naby aan die saak is, maak of hulle niks weet nie, het hy gesê.

“Die fundamentele vraag is: Waarna het die IAAF in hul toetse gesoek?

“Hoekom het hulle nie van haar toestemming gekry om haar te toets nie?” wou Stofile weet.

Hy wil weet wie toestemming gegee het dat die toetse gedoen word.

Die vraag is nie of Semenya ’n hermafrodiet is of nie. Dit maak ook nie saak of sy ’n baarmoeder het of nie, het Stofile gesê.

Die minister wou ook weet waar is die bewyse dat iemand wat ’n hermafrodiet is, noodwendig ’n beter atleet as ander vroue-atlete is.

Stofile het gesê die regering wag nog op die IAAF se reaksie op die regering se versoek vir ’n ontmoeting.

Wat is ’n hermafrodiet?

* ’n Hermafrodiet is iemand wat eierstokke én testikels het. Die eksterne geslagsorgane is gewoonlik ook ’n kombinasie van manlik en vroulik en dis ’n baie seldsame toestand, sê dr. Ross Tucker, ’n sportwetenskaplike van die Instituut vir Sportwetenskap in Kaapstad, in sy blog.

* The Daily Telegraph het berig Caster Semenya het inwendige testikels, maar nie ’n baarmoeder of eierstokke nie. Dit is dus verkeerd om te sê sy is ’n hermafrodiet, sê Tucker.

* Volgens hom is dit onmoontlik dat Semenya eksterne manlike geslagsorgane het omdat dit vir enige beampte ooglopend sou wees.

* Sy het waarskynlik eerder dubbelsinnige geslagsdele, wat daarop sou dui dat sy ’n pseudohermafrodiet is.– Retha Grobbelaar

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-31°C Sunny. Warm. Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 14-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-26°C A few showers. More sun than clouds. Mild. PE: 19-27°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Account Manager - Application Solutions

Gauteng - Johannesburg
MC²

Financial Manager (Only South African Citizens)

Gauteng - Pretoria
Network Finance Menlyn
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Sioftware Applications Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

CLS 500 7-sp Touchshift
2005
R 439,990.00

AUDI

TT Coupe 2.0 TFSi S-Tronic
2008
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2009
R 165,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Bestel AL jou UNISA-handboeke!

Fantastiese Besparings

Kry al die UNISA-handboeke wat jy benodig vir jou studies afgelewer by jou voordeur!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!