Johannesburg

Maandag

Sprinkles early. More clouds than sun. Mild.

12°C
26°C

7 day forecasts

SA gesin verlaat hul Zim-plaas

2010-01-08 00:03

Sarel van der Walt

Die Suid-Afrikaanse egpaar vir wie plaasbesetters sedert verlede naweek dreig op hul Zimbabwiese plaas, het die plaas gistermiddag verlaat.

Mnr. Dolf du Toit (66), sy vrou, Alida (61), en hul seun, Rudolph (38), het gisteraand by vriende sowat 25km van hul plaas tuisgegaan ná ’n week van drama.

Mnr. Rudolph du Toit was vir meer as ’n dag in die Du Toits se plaashuis op hul plaas in die Nyazura-distrik, sowat halfpad tussen Harare en Mutari in die oostelike hooglande, vasgekeer.

Plaasbesetters het hom eers gistermiddag toegelaat om die huis te verlaat. Die plaasbesetters het ook die Du Toits se klere aan hulle oorhandig en hulle aangesê om die plaas te verlaat.

Die plaasbesetters het verlede Saterdagoggend vir die eerste keer by die plaas opgedaag en geëis dat hulle die plaas oorhandig aan die “ware eienaar” – ene brig. Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag.

Die Du Toit-egpaar is vroeër vandeesmaand deur van die plaasbesetters aangerand, maar nie ernstig beseer nie.

Mnr. Dolf du Toit het laat gistermiddag aan Beeld gesê hy en sy vrou was eergisteroggend dorp toe. “Toe ons terugkom, het ek my voorman raakgeloop. Hy het geskree ek moet ‘ry, ry, ry!’, want die plaasbesetters was by die plaashuis en Rudolph daarin vasgekeer.”

Die Du Toits is terug dorp toe om die polisie te vra om te kom help, maar dié wou nie. “Ons het toe ons ambassade in Harare gebel. Dié het ’n mnr. Simmins hierheen gestuur. Hy het alles in sy vermoë gedoen, maar eerstehands ons frustrasies met die polisie hier ervaar.

“Hy kon wel reël dat die polisiehoof in Mutare beveel dat die polisie saam met ons uitkom plaas toe.

“Rudolph was vanoggend (gisteroggend) nog in die huis vasgekeer en ons het gevra hy moet toegelaat word om uit te kom. Ons wou ook ons klere hê.

“Alida (mev. Du Toit) is toestemming gegee om in te gaan en die klere te gaan haal, maar ek kon nie, want ek was glo te cheeky,” het Du Toit vertel. “Rudolph is toegelaat om uit te kom. Hy is ’n bietjie getraumatiseer.”

Chiganze het later self by die plaas opgedaag. “Toe hy my beeste sien, het hy gesê hy belowe hy sal na na hulle omsien. Hy het ook onderneem dat hulle niks uit my twee huise of my werkwinkel sal dra nie en gesê ‘ons kan verder onderhandel’.”

Die besettings kom slegs enkele weke nadat Suid-Afrika en Zimbabwe ’n handelsooreenkoms onderteken het wat Suid-Afrikaanse boere die reg gee om op vergoeding aan te dring as hul grond onwettig oorgeneem word.

Mnr. Charles Taffs, visepresident van die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU), het vroeër in ’n verklaring gesê landwyd word 152 van die oorblywende 300 kommersiële plase in die land geteiken. Volgens hom is daar inligting dat mnr. Didymus Mutasa, ’n voormalige Zimbabwiese minister van grondsake, agter van die besettings sit.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


Marius Muller 1/8/2010 8:09:38 AM
Gaan nou na ons howe toe en eis van die regering,dan sal ons sien of die regering hulle voorgenome beloftes nakom.Interresant is dit dat die ooreenkoms nog nie "gefinaliseer" is nie.Zimbabwe p*******e gaan nou plase vat want SA het mos gesê hulle sal betaal,dit lyk egter of die regering nou vertagings-taktiek gaan gebruik.Boere moet saamstaan met n klas-aksie en ons ander afrikanerkies beter hulle ondersteun,begin n beeld veldtog.
Piet 1/8/2010 8:22:53 AM
Die laaste paar boere moet uit Zim kom en maar in SA kom boer. Laat die barbare in zim vrek van die honger wie gee tog om.
Lisa: @ Piet 1/8/2010 9:00:11 AM
Ongelukkig bly hulle nie daar om te vrek van die honger nie, hulle stroom SA in om hier te kom steel en moor!
Jayk 1/8/2010 9:08:44 AM
Pres. Zuma. Die welwillendheid wat in 1994 in S.A tussen mense van alle rasse geheers het, is aangeval, beroof, gemartel en ernstig beseer. Wil U bekend staan as die leier wat welwillendheid die kopskoot toegedien het? U gaan dit o.a. regkry deur U lamlendige hantering van die Zim kwessie. Dit is S.A burgers hierdie. U is ook hulle President. Doen iets!
Nicky 1/8/2010 9:23:40 AM
en steeds word daar nie deur SA 'n poging aangewend om MUGABE op sy plek te sit nie .. nee hy moet gepaai word en daar moet eerder 'n beroep op ryk lande gedoen word om arme Zimbabwe (wat vir sy eie ondergang verantwoordelik is) te help, dit terwyl Mugabe die wittes en westerse nasies beledig as hy sy mond oopmaak .. neewat .. Distrik 6 en die afneem van "eiendom" van kleurlinge en ander gemeenskappe het wereldwyd reaksie uitgelok en na apartheid moes die mense hulle GROND TERUGKRY en vergoed word en 'n reuse issue is daarvan gemaak in SA maar dit is maar reg as WITTES in ZIMBABWE se plase en eiendom verniel en gesteel word ... waar is die human rights groups nou? .. apartheid was mos die vyand, omgekeerde apartheid en rassisme word wereldwyd aanvaar en aangeblaas ...
bossie 1/8/2010 10:06:53 AM
Maklik gese as gedoen , waar gaan boere wan zim af , julle het ook die probleeme .Zuma sal nie praat nie want julle gaan ook duur dit gaan waneer die sokker klaar is en julious malema kry sy sin . Dink aan julle boere wat dagliks vermoor wort .Geen hof saak sal saak maak nie, as die mense will vat sal hulle dit doen , en daar is geen keer an dit nie .
Nastassia 1/8/2010 11:07:16 AM
Daar is duisende meer mense wat teen Mugabe en sy mag is maar hulle staan nie op en veg vir hulle land nie, as hulle almal na daai plase toe gaan en die ander block om nie daardie boere wag te jaag nie sal hulle verseker wen maar nee wat dis te lekker om agteroor te sit en weet die Suid Afrikaanse Regering sal nie mind as hulle daar kom eet nie so kom ons help maar die klomp en vat wat ons kan kry by die boere en as alles klaar en verwoes is dan gaan bedel ons op die strate in SA by daai selfde boere wat ons weggejaag het. Zim sal nie reg kom nie wat die mense daar gebruik nie hulle common sence nie. Sodra die land heeltemal gevou het en daar nie meer 'n siel is om te beroof en besteel nie sal daai selfde lot op hul knee kom smeek vir wittes om te help.
@PIET 1/8/2010 12:57:43 PM
Piet, wat gaan dit help as hulle hier by ons kom boer as dit met ons ook gaan gebeur. Ek bedoel die tekens is reeds daar, dis net 'n kwessie van tyd dan gaan hulle ons boer ook van hul plase af dwing. Dis 'n baie hartseer storie maar dit is realiteit. Zuma luister nie na iemand as hy wit is nie....hulle sny hul eie kele af.
Elana 1/8/2010 1:10:56 PM
Dit is belaglik, daar is geen beheer in Zim nie, Dit lyk my Mugabe regeer SA ook want hy kan maak en breek soos hy wil, daar sal iets gedoen moet word by ons grensposte hul laat net meer en meer uitladers deur, ons land het nie meer werksgelleenthede nie en dit lei na MISDAAD kan hul dit nie verstaan nie???? AS ek een van die oorblywende boere in ZIM is maak ek seker ek verlaat die land ASAP!
Nicola 1/8/2010 2:14:58 PM
Ek ken die mense persoonlik en dit breek my hart om te weet hulle hou al so lank uit en dit nou alles verniet!! Bid asb vir Dolf en Alida.
Dries 1/8/2010 2:48:49 PM
Om vir 'n boer aan te raai om eerder van Zimbabwe na Suid Afrika te trek is net so dwaas as om iemand aan te raai om van Irak na Afganistan te trek vir veiligheid.
Johan 1/8/2010 6:56:32 PM
Dis tyd dat ons wit boere vir ons self voedsel moet produseer en die res van ons sogenaamde mede burgers los sodat hulle vrek van die honger.!! Die enigste rede hoekom hulle ons plase weg vat is nie dat dit hulle sin was nie maar omdat hulle niks besit nie en op so n manier wil hulle iets besit. n Voorbeeld is Botswana hoekom gaan dit so goed daar want hulle hoef nie te moor en plinder nie want dis hulle eie land en plase.!!
Abdulhalli Shittu 1/8/2010 9:40:58 PM
Ja, die feit dat die rasbehebte ANC regering nie rep of roer oor wat Mugabe aanvang nie moet tog sekerlik julle oe oopmaak - mense dis omdat hulle dieselfde beleid hier het en gaan toepas na die wereldbeker - as julle skrik, skrik tog net wakker asseblief!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 15-28°C Sprinkles early. More clouds than sun. Warm.
Dbn: 12-26°C Sprinkles early. More clouds than sun. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Systems Architect: Advanced STB Software

Gauteng - Johannesburg
MC²

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 149,899.00

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2008
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!