Johannesburg

Vrydag

Morning clouds. Mild.

15°C
25°C

7 day forecasts

IAAF wil met Caster praat

2009-09-10 01:14

Wilhelm de Swardt

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) wil dringend praat met Caster Semenya, Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800 m vir vroue, maar word skynbaar deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) verhinder.

Die IAAF het gister bevestig hy het die uitslae van die geslagstoetse op Semenya ontvang.

Dit sal eers openbaar gemaak word nadat ander deskundiges dit ook bestudeer het en Semenya daaroor ingelig is.

Mnr. Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, het gisteraand uit Lausanne, Switserland, gesê omdat dit so ’n sensitiewe aangeleentheid is, moet die toetse weer deur deskundiges nagegaan word.

Die toetse is by verlede maand se Wêreld-atletiekbyeenkoms in Duitsland gedoen.

“Ons kan nie bekostig om enige foute te maak nie, veral omdat ons reeds met die internasionale menseregtehof gedreig word en omdat dit nou in Suid-Afrika ’n politieke aangeleentheid geword het.”

Volgens Davies val versoeke van die IAAF aan ASA om met haar in verbinding te tree tot dusver op dowe ore.

“ASA se optrede kan ernstige gevolge vir Semenya inhou as ons nie binnekort met haar self kan praat nie. In kort kom dit daarop neer dat sy nie wil saamwerk nie.

“As dit ’n dwelmverwante probleem was, sou sy al lankal geskors gewees het, maar hierdie is ’n unieke probleem waarvoor die IAAF se reëls nie voorsiening maak nie. Dit is vir ons belangrik om met haar oor die uitslae van die toetse te gesels,” het Davies gesê.

Hy het gesê daar is geen mediese toetse in Suid-Afrika op Semenya gedoen nie, ten spyte daarvan dat die IAAF dr. Harold Adams, die SA spandokter wat op die mediese paneel van die IAAF en ASA dien, opdrag gegee het om toe te sien dat dit gedoen word.

Beeld het verneem Semenya is wel in Pretoria voor die SA span se vertrek na die Wêreldbyeenkoms getoets, maar die uitslae is moontlik nie aan die IAAF deurgegee nie.

Davies het gesê Adams het “spoorloos” verdwyn.

Davies het ook gesê die manier waarop ASA Semenya se saak hanteer, kan in die volgende paar weke ’n yslike verleentheid word.

Volgens Davies het mnr. Leonard Chuene, president van ASA, die laaste paar weke soveel onwaarhede rondom die IAAF se hantering van Semenya se saak verkondig dat dit beslis vir hom ’n verleentheid gaan word wanneer die feite bekend gemaak word.

Chuene gaan dalk geen keuse hê as om te bedank as president van ASA nie, het hy gesê. Davies het gesê dit is jammer dat ASA toegelaat het dat politici by die saak betrokke raak sonder dat hulle al die feite tot hul beskikking het.

Ongeag die uitslae sal Semenya die goue medalje behou wat sy in Berlyn gewen het, asook die $60?000 (sowat R450?000) vir haar eerste plek.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Etienne 9/10/2009 9:57:38 AM
Ek dink nie Mnr.Davies verstaan hoe dit in Afrika werk nie.
Mnr. Leonard Chuene sou geen onwaarhede verkondig nie, die media het hom net verkeerd aangehaal. Verder het ASA niks verkeerd gedoen nie, dit is mos IAAF wat dit nie kan vat dat 'n swart vrou van SA presteer nie, sulke rassiste! So aangesien daar geen fout by ASA is nie sal Chuene nooit hoef te bedank nie, maar kan hy eerder 'n GROOT meriete bonus te wagte wees vir sy eerbare optrede teen die onregverdige rassiste.
CDS 9/10/2009 10:34:46 AM
ek weet dit was sarkasties....
Dis 'n man, of dit nou wit of swart was.
Helena 9/10/2009 10:50:44 AM
Dis skielik oorverdowend stil (dankie tog daarvoor) vanaf Chuene, Malema en Winnie se kant. Wonder of enigeen van hulle haar geldelik ondersteun het om vir haar ma te gaan kuier? Waarskynlik nie, ek hoop Caster se oë het oopgegaan en sy sien hoe sy as politieke speelbal misbruik is.
Michael 9/10/2009 11:53:21 AM
As Caster 'n wit "meisie" was, hoe sou ASA dit hanteer het?. ASA probeer met hul boelie taktiek die IAAF intimideer om nie die toetse bekend te maak nie of dalk daaror te lieg - dit werk dalk binne plaaslike sisteme, maar nie in die ope buitewêreld nie. Welkom by die realiteit ASA en ANC.
Alida 9/10/2009 12:07:56 PM
Ditsem Etienne, jy slaan die spyker op die kop. Ek kan dalk net byvoeg, dat weens die feit dat ons horlosies hier in Suid - Afrika in Afrika tyd tik, en die feit dat daar plek plek nie sein is nie, en die feit dat die poskantoor mense staak, en die koerier dienste nie met die paaie (ek bedoel slaggate) kan ry nie, en die treine nie meer orals loop nie, en telkom kabels soms gesteel is, daar 'n moontlikheid bestaan dat Caster nog nie die boodskap gekry het nie.
Maria 9/10/2009 12:28:59 PM
Ek het ook by my werk al die opmerkings gehoor dat dit skynbaar 'n rassistiese voorval is omdat die wereld nie dit kan vat dat 'n vrou van Afrika wen nie - maar die arme oningeligtes het dieselfde tyd nie eers geweet van Khotso se silwer medalje in die verspring op dieselfde byeenkoms nie . Dan praat ons nie eers van al die talle Afrika atlete wat oor die jare presteer het nie . My eie dogter het vir jare in landloop teen kinders van alle rasse gehardloop & nooit het ek die behoefte gehad om te wonder oor enige van daardie talentvolle jong kinders se geslag nie .
4x4 9/10/2009 12:38:40 PM
Die wereld daar buite en IAAF is nie verlee oor ASA en Semenya nie.Dit is Semenya wat gaan groot geld verloor deur Chuene se onnosele optrede.Hy Cheune het nog niks goed vir ASA beteken nie.Kan nie wag dat hy gefire word nie.
Thys 9/10/2009 1:08:50 PM
IAAF het reels en dit geld vir die hele wereld nie net vir SA en ASA. As sy n wit atleet was sou daar ook so n lawaai gewees het oor als. So kom Suid Afrikaaners en los maar die rasisme kaart en werk saam met IAAF en los die misverstand op dat die "Dame" kan voort gaan om te kompeteer en geld te verdien. Is ons al so ras bewus dat ons nou al die res van die wereld beskuldig van rasisme.
Nazgul 9/10/2009 1:38:26 PM
Etienne, LOL, sou dit nie beter kon sê nie!

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Paplepel sê... Dit was dalk vreeslik silly van haar, maar wie van julle is ook maar lekker naief? Druk die hysbak se op/afgaan knoppie meer as 1 keer as dit nie gou genoeg kom nie? Stuur emails aan wat belowe dat n mooi prentjie sal verskyn as jy dit na 20 van jou vriende stuur? Sit jou naam by n email petisie lys minwetend dat hierdie lyste vertak in duisende verskillende kombinasies wat nooit weer ge-"merge" word en eintlik net email server spasie mors? En wie van julle bestel daai irriterende baba-wat-giggel ringtones ten duurste as jul eintlik net n klankgreep gratis van die internet kan aflaai en op die selfoon laai? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-28°C Sunny. Warm. Jhb: 17-27°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sprinkles early. More sun than clouds. Warm. PE: 19-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Materials Controller

Free State
Master Career Consulting

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-340,000 Per Annum Cost To Company

Financial Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R260,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 169,990.00

AUDI

A4 1.8T 140kW Multitronic
2005
R 159,000.00

NISSAN

Livina 1.6 Acenta 5-dr
2009
R 135,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WATERKLOOF

Single Residential - House R 13 200 000

CEDAR LAKES

Single Residential - Estate R 3 500 000

BANTRY BAY

Single Residential - House R 19 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Alle Lego op Uitverkoping

Pret vir die Hele Gesin!

Besoek die kalahari.net Speelgoedwinkel en kry LEGO-speelgoed + opvoedkundige speelgoed volgens ouderdom, tema, kategorie en meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!