Johannesburg

Saterdag

A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm.

14°C
27°C

7 day forecasts

‘Nié my man se skieters’

2009-09-27 22:13

Vermoor: dr. Paul Meyer (38)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marietie Louw-Carstens

Die weduwee van die vermoorde wildveearts van Limpopo sê die drie mans wat onlangs hier ontsnap het, is nié die mans wat hulle aangeval en haar man doodgeskiet het nie.

Me. Marilise Meyer (32) moes die verdagtes gaan uitken nadat die polisie hulle vasgetrek het.

“Ek het hoeveel keer aan die polisie gesê dit is nie die mans wat ons oorval het nie, maar hulle het nie na my geluister nie.”

Volgens haar is die polisie se ondersoek na die moord op haar man, dr. Paul Meyer (38), “pateties”.

Drie van die vier verdagtes het verlede naweek uit die selle van die Gravelotte-polisiekantoor in Limpopo ontsnap.

“Die polisie het my nie eens self laat weet van die ontsnapping nie. Ek het dit deur vriende en in die media gehoor,” het me. Meyer gesê.

Mnre. Eddie Chauke (31), Marcy Nasser (30) en Rogero Thambale (29), al drie van Mosambiek, het verlede Sondagaand na bewering die tralies van hul sel deurgesaag.

Mnr. Alex Babunda (31), die vierde verdagte, is steeds in aanhouding. Al vier die mans is kort ná die moord op dr. Meyer in hegtenis geneem en is borgtog geweier in die landdroshof in Phalaborwa.

Hoewel me. Meyer volhou dis nie die mans wat hulle aangeval het nie, hou die polisie voet by stuk hy het die regte verdagtes vasgetrek.

Dr. Meyer is in Februarie koelbloedig in die Selati-natuurreservaat doodgeskiet toe hy, sy vrou, hul babaseun, Paul Wouter (toe ses weke), en vriende deur ’n groep gewapende mans oorval is.

Die Meyer-egpaar is glo in een van dr. Meyer se 4x4-voertuie gedruk met twee van die aanvallers voorin. Vriende van die Meyers en Paul Wouter is glo in nog ’n 4x4-bakkie van dr. Meyer geprop met nog twee aanvallers.

Kort voordat hulle by die hoofhek van die reservaat sou uitry, wou dr. Meyer glo probeer om ’n pistool by een van die aanvallers af te neem. Hy is geskiet en sy lyk is uit die bakkie gegooi.

Supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gister gesê hy weet nie of die drie ontsnaptes al aangekeer is of nie.

Volgens die jongste misdaadstatistieke het die moordsyfer in Limpopo sedert 1 April verlede jaar tot Maart vanjaar met 7,9% gestyg.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-27°C Sunny. Mild. Jhb: 16-28°C Showers early. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 14-27°C A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm. Pta: 13-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. PE: 18-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Regional Sales Manager - Corporate

Western Cape
West Coast Personnel
R18,000-20,000 Per Month Basic Salary Plus Comm

Facilities Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Senior C# Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2009
R 146,900.00

TATA

Indigo SW 1.4 DLX Estate Dsl
2006
R 74,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2009
R 154,899.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!