Johannesburg

Sondag

Tstorms late. Morning clouds. Mild.

14°C
26°C

7 day forecasts

2 van polisie wat vrou glo verkrag steeds op hul pos

2009-11-05 22:06

Magdel Fourie

Terwyl die Oos-Randse ma wat na bewering verlede naweek deur twee polisielede in uniform verkrag is die polisie wil dagvaar, is die betrokke polisielede steeds op hul pos.

Die regsfirma De Meyer & De Vries se prokureurs is al besig met die saak van mev. Martie Olivier (29), wat glo verlede Sondagoggend herhaaldelik verkrag is nadat twee beamptes haar en haar man, mnr. Sarel Olivier, in Kempton Park voorgekeer het.

“Ons vorder goed met die saak en sal heel waarskynlik hof toe gaan vir verhoor,” het me. Lesley Steyn, ’n prokureur by De Meyer & De Vries, gesê.

Beeld se beriggewing oor die verkragting het verlede week wye reaksie uitgelok, met talle lesers wat ingebel en aanbiedinge om regshulp wat ingestroom het.

Me. Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het ook gesê talle van hul lede vra hulle om die Oliviers te help.

AfriForum het onder meer ook ’n prokureur gekry wat ingestem het om namens die Oliviers die polisie te dagvaar. Die egpaar hét toe al De Meyer & De Vries se dienste bekom.

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het sedertdien die dossier by die polisie oorgeneem, het supt. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens mnr. Moses Dlamini, OKD-woordvoerder, is niemand nog hangende die ondersoek geskors nie. “Die saak word wel as ’n hoëprofielsaak beskou en kry goeie aandag. Die ondersoek is goed op dreef.”

Mnr. Olivier het gister gesê hy en sy vrou kry intensiewe sielkundige hulp.

’n Neurochirurg het intussen ook harsingskudding en meegaande verswakte konsentrasievermoë by mev. Olivier gediag­noseer.
Sy het vroeër aan Beeld gesê een polisielid het haar kop teen die instrumentpaneel gestamp.

Omdat die egpaar nie ’n mediese fonds het nie, is dit vir hulle moeilik om die mediese en psigiatriese hulp te bekostig.

“Sy is definitief herhaaldelik verkrag, maar verwerk dit nog glad nie. Uitgebreide psigiatriese terapie is ’n noodsaaklikheid,” het Steyn gesê.

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Karen 11/6/2009 8:07:09 AM
Hoe erg is dit? Ek het groot geword met 'n familie wat almal polisie manne was en my swaer is nogsteeds een! Hierdie polisie manne wat mev Olivier verkrag het moet gehang word! Hulle le 'n eed af "Protect & serve" wat het van dit geword? Waar is die polisiemanne van die ou dae! Manne wat trots was om die uniform te dra? Hierdie mans wat hulle polisie noem gee die ander Polisie beamptes wat nog die reguit pad loop ook 'n slegte naam! Ek sal nie weer stop as die polisie, verkeer of metro my van die pad af wil trek nie want mens gaan nie weet of hulle jou gaan verkrag of leed aan doen nie, hulle sal maar geduld agter my moet aanry tot by die naaste polisie stasie! Ek bid vir mev Olivier dat sy hierdeur sal kom sonder letsels en dat die Here haar die krag sal gee om sterk te wees! Cele moet ingryp en die beamptes moet in die tronk gestop word en nie verder werk nie want hulle is 'n gevaar vir die samelewing! Sup Opperman moet ophou verskonings soek en iets aan die situasie doen, wat as dit met sy vrou of dogter gebeur het? Daar moet iets gedoen word!!!@
Boela 11/6/2009 8:18:42 AM
Wat word daar so gesukel vat DNS toetse wys die VARKE uit en sit hulle in die gay deel van die tronk sodat hulle die selde behandeling kan ontvang as die regering nie die galg wil terug bring nie maak hulle lewe so n hel dat hulle dit self doen HANG DIE GEMORS
Nicholas 11/6/2009 8:41:06 AM
Is iemand werklik verbaas hieroor? Ek neem aan dat as die polisie manne wit was, Cosatu en Malema inc. lankal 'n hofgebou of iets anders sou afbrand en staak en toi-toi (en dit in die Britse media laat publiseer). Verkragting en moord is mos nie die hoogste tipe van mense regte skending in Suid Afrika nie!
J Keyter 11/6/2009 8:46:35 AM
Belaglik!!! Ek voel lus en brand self daai polisie stasie af. Hoe kan daai gemors nog daar aan diens wees? Hoe laat ons so iets toe? Verkrag voort manne, daars geen vervolging nie. Moor en roof sommer terwyl jy besig is - hier word geen verantwoording gedoen in die reenboognasie nie.

ALMAL wat sit en niks doen - die deler is so goed soos die steler. Van Cele tot elkeen wat hier lees. As ons nie vinnig rugraat groei nie sal ons vroue en kinders die prys betaal.
rean 11/6/2009 9:04:52 AM
Dit is die manier hoe jy revenge vir dinge van die verlede. Dit is die manier in Afrika hoe jy wys jy is in beheer. Jou lae ik hits jou ook aan om selfrespek te verloor...of jammer dit het jy ook nooit gehad nie. Omdat jy niks is nie en niks wil wees nie, wil jy ander afdwing to jou vlak. Omdat jy nooit belang gestel het om n sukses te wees nie, nie net finansieel nie maar ook as mens, sal jou jaloesie teenoor die wat sukses het, jou oordonder, en jy sal die barbaar wees wat Afrika jou gemaak het!!
Glock 11/6/2009 9:24:19 AM
Waar is groot bek malema nou ? of steun hy sulke gedrag van sulke diere ?
dudess 11/6/2009 9:47:36 AM
Ja en waar is rasis Malema se bek nou ? Tjoepstil....... want dis 'n blanke vrou wat verkrag en aangerand is. What's new pussycat, what's new.......
Debbie 11/6/2009 9:47:41 AM
Dit is 'n siek land van ons. Ek kan julle nou 'n R 1 mil wed dat absoluut NIKS gaan aan die diere gedoen word nie. Mev Olivier gaan vir die res van haar lewe letsels oorhê en hulle sit en lag, want hulle weet die regering gaan dit uit die hof uitgooi - OF hulle gaan tronkstraf kry waarvan hulle 3 maande in die tronk is........
vivian 11/6/2009 9:51:03 AM
ek stem saam met nicholas, maar ek voel die hang pal moet definitiek terug gebring word. die polisie dink hulle is above the law. sit hulle in n tronksel met n klomp gays sodat hulle ook kan voel wat die arme mev olivier voel. ek het glad nie meer faith in die saps nie!!!!!!
CBR 11/6/2009 9:54:03 AM
@Glock- wel Malema sê ons het die grond by hulle gesteel(landbou.com), so hierdie tipe van optrede is seker maar vir hom ook 'n geregverdigde gevolg van die swaarkry van die verlede.
Johan 11/6/2009 10:07:26 AM
Ek stem saam dat 'n mens nie meer kan stop as die polisie of metro 'n mens wil aftrek nie, maar doen jy dit nie staan jy die kans om op geskiet te word. Het enige iemand 'n idee wat 'n mens moet doen in so situasie? Is daar al enige iets in die media gese oor dit?
EVO 11/6/2009 10:26:26 AM
Die varke saam met Malema en sy volgelinge moet weggevat waar uit die samelewing . Hierdie mense het geen respek vir hulle self hoe sal hulle respek toon aan ander mense . Zuma en al sy ministers is maar lekker bang vir die gespuis solank hulle lekker kan lewe en die volstruis manier kan gebruik druk jou kop eerder in n slang put .........
L 11/6/2009 10:28:40 AM
 In sekere groepe is seks met vroue elke man se reg waar en wanneer dit hom pas. Dit is dan ook hierdie mans se manier om hulle meerderwaardigheid en senioriteit te beklemtoon. Maar verkragting is ook die manier waarop sielsieke mense hulle eie gewaande meerderwaardigheid en senioriteit wil bevestig. In albei gevalle is dit die beklemtoning van die aanvaller se "mag" oor die slagoffer wat uitgeoefen word. Vir hierdie redes sal die aanvallers/verkragters nie uit die poste of die samelewing verwyder word solank as wat hulle seniors van dieselfde etniese geloof as hulle (die aanvallers) is nie. Volgens hierdie groepe is verkragting nie 'n oortreding nie en is dit die man se reg. Dit is van hierdie persepsies wat ons ontslae moet raak. Hoe? Opleiding, opvoeding? Dit sal geslagte neem. Korttermyn - bring die doodstraf terug vir halsmisdrywe.
wit vrou in afrika 11/6/2009 10:42:15 AM
Skaf vir jou 'n onwettige vuurwapen aan en skiet om dood te skiet as jy dink jou lewe is in gevaar. Dit is mos hul beleid. Jy gaan nêrens kom met klagtes indien nie en daar sal altyd 'n skuiwergat wees vir hulle om nie reg en geregtigheid te laat geskied nie. So..... verloof jou om die reg in eie hande te neem. "Two wrongs doesn't make a right" maar ten minste het hulle dan gekry waarvoor hulle gesoek het. Ek wonder maar net, waar's die ou polisiemag, mans wat op operasionele gebied gewerk het? Julle het mos toe jul eie besighede begin ens toe die onbekwame gespuis in jul poste aangestel is. Wil julle nie 'n bietjie afleiding hê nie, julle ken mos al die ins-and-outs en niemand sal dit eers weet nie. Ek weet julle het nog kontak met mekaar.......
Joe 11/6/2009 10:48:11 AM
Hierdie is 'n afskuwelike misdaad, maar hoe verskil dit van die ander afskuwelikhede wat ons elke dag van lees?Suid-Afrika is in 'n toestand van anargie. Dit gaan NIE verbeter nie, al 'versoen' ons (blankes) met ons medeburgers tot ons blou is!! Dis nie jou versoening, jou 'hand-uitreik' gebaar wat hulle soek nie; hulle soek jou lewe.Met meer as 50 moorde per dag, ELKE LIEWE DAG, bevind jy as Suid-Afrikaner jouself in 'n oorlog wat dié volskaalse oorloë in Irak en Afghanistan na kinderkranspartytjies laat lyk. Wees eerlik met jouself, en erken dat geen burger, geen politieke party, geen regering die antwoord op ons probleme het nie.Ons staan voor die grootste uitdaging in ons bestaan as volk! En as ek so na die toestand van my mede-volksgenote kyk, twyfel ek sterk oor ons vermoeë beskik om hierdie een ook te oorkom.
2de wit vrou in Afrika 11/6/2009 11:04:55 AM
.Die eerlike persoon en blanke moet net gebuk gaan en alles is rassisme en Apartheid se skuld! Een DING is verseker met die Apartheid dae was dinge nie so woes nie. Mense kan se wat hul wil!!!!!!!!! EK SAL BESLIS NIE STOP NIE, DAN MOET HUL MY SKIET!
Marlene 11/6/2009 11:08:11 AM
'n Vrou is verkrag, dit is die ergste wat met 'n vrou kan gebeur en ek is seker die letsels gaan ver altyd bly. Die mense wat jy moet vertrou (polisie) het hierdie daad gepleeg en daar was al sulke gevalle maar mense bly gewoonlik stil omrede hulle bang is. Mev Steyn, knap gedaan dat jy vir jouself en ander vroue opstaan! Malema en ander rasiste moet nou uitkom en vir vrouens opstaan, of hulle nou wit, swart of gekleurd it. Doen die regte ding en veg vir wat reg is en los rasisme hier uit.
Elzette 11/6/2009 11:27:52 AM
Dit is pateties dat hul nog op hul pos is as die nou ienand anders was het hulle al lankal met hul gat in die tronk gesit.
Stuur die gemors tronk toe dat hul verkrag kan word. wat gaan deur hul koppe om dit te doen hulle is varke. Vrou hou jou kop hoog hulle gaan KAK
Dudess 11/6/2009 11:37:17 AM
Punt is, die doodstraf gaan nie terugkom nie, dit weet ons almal. 'n Oog vir 'n oog.......
Charl 11/6/2009 11:53:12 AM
Op hulle pos omdat hulle swart is, waar is klein  malema nou, die vark. Dan word die Reits 4 afgemaak as gemors. In SA kan net wittes verkeerd wees. Die swartes het dit nie in hulle om eerstens te erken en dan stappe te neem om reg te kom nie. Afrika veg jy met Afrika taal. Skiet die bliksems, uniform of nie as jy een op jou erf kry. Praat later, kan se elkegavl goed dat hy onder die invloed van drank, dwelms of 'n krimenele rekord het.
GvR 11/6/2009 11:54:44 AM
Ek was self 13 jaar in die SAPD ( 11 jaar terug verlaat ). Dit is baie duidelik dat daar geen ordentlike keuring meer is nie. In my tyd moes jy 'n ligaamlike en fisiese toets deurgaan , maar as ek so na 90 % van die vroulike polisie lede kyk sal nie een van hulle eers 20m kan draf of oor 'n klien heining kan klim nie. Daar is geen netheid te bespeer in enige Polisie kantoor of meestal van hulle lede nie. Ek voel baie jammer vir die 20 % lede wat hulle gatte moet afwerk om die 80 % onbehoppendus se salarisse te regverdig. Die meeste mense besef nie eers hoe treurig gaan dit by die polisiekantore in swart woongebiede nie. Daardie arme mense kry baie swaar en mors meestel nie hul tyd om enige iets te rapporteer nie. Hulle word meestal afgejak of weggejaag.
sa sa sa sa 11/6/2009 12:29:04 PM
Hoekom word dit nie uitgedui dat dit SWART polisie manne was wat n WIT vrou verkrag het nie, die is 'n rasistiese haat daad,swart teen wit.punt. Dit word duidelik gemaak dat dit 4 WIT seuns van reitz was. Die was SWART polisie manne teenoor n WIT vrou. Ek bid vir julle en sterkte! Die hand van bo sal vir jul sorg!
Dremafreytal 11/6/2009 12:47:43 PM
Welkom is Suid - Afrika. Ek lag al klaar lekker oor wat volgende jaar gaan gebeur met die 2010. Buitelanders is baie naief oor SA. Ek is tans die enigste wit vrou in n kantoor. Elke dag word ek geviktimiseer.
Dit gaan nie beter gaan met ons wit afrikaner volk, totdat ons nie leer om saam te staan nie.
Eleen 11/6/2009 1:02:44 PM
Malema rek `n biekie jou groot bek vir een verkragte wit vrou Jy sal n` hero wees You can do it!!!
Danie Bruwer 11/6/2009 1:09:57 PM
Tik, tik, tik, tik..... die tydbom is verseker besig om af te tik. Die dag wanneer dit ontplof sal daadie twee helsems hulself uit hulle broeke hardloop.
Julle twee barbare kan julle voorvadergeeste bedank dat dit nie my vrou was nie!!!
Teen die tyd sou julle verseker nie meer die aarde bewandel het op soek na julle volgende prooi nie.
helene 11/6/2009 1:23:04 PM
Dis afgryslik en absurd! Waar gaan ons land heen? Wat moet ons nou nog deurmaak? As blanke Suid-Afrikaners het ons elke dag n doodsvonnis wat oor ons koppe hang en die arme onderdruktes kom met moord weg!
Maruis 11/6/2009 1:25:25 PM
Die Reitz studente se grap vidio het die wereld aan die brand gesteek oor die uitbuiting van die arme skoonmakers en hul "DIGNITY" tot die universiteit is byna gesloop. WAT NOU VAN HIERDIE ARME WEERBARE MOEDER en VROU EK WET die hele ANC REGERING en MALEMA sal hiervan niks se nie.
Rickey 11/6/2009 1:55:06 PM
Waar is ons manne, wanneer gaan julle besluit dit is nou genoeg, ons sal moet saam staan en veg om suid afrika terug te kry. Waar is ons helde van ouds of het ons manne slap geraak met die jare.
Wie sal bereid wees om Generaal te wees om ons uit hierdie gemors te lei.
Ons soek weer 'n "slag van bloedrivier" sodat ons 'n nuwe Boere Monument kan bou. Manne en vroue as ons saam staan kan ons die meerderheid vernietig.....Wat sê julle manne of gaan ons maar kyk hoe alles rondom ons inmekaar tuimel.
Ons vrouens sal by julle staan verseker....
TARINA 11/6/2009 2:15:59 PM
DIT IS SIEK-EK STEM SAAM AL HIERDIE MENSE, AS DIE DOODSTRAF TERUG GEBRING WORD SAL DIE "GROOT KOPPE" SIEN, WIE DIE VARKE IN HIERDIE REENBOOG NASIE VAN ONS IS. DIT IS HOEKOM HIERDIE REENBOOG NASIE VAN ONS IS, SOOS DIT IS.......
Eddie 11/6/2009 2:19:20 PM
Ek wonder net Mnr Malema en Vavi wat het hulle te se oor die saak?Gaan hulle nou ook die polisie laat toe maak oor die saak soos met die caster sage.

Nee Hulle sal nie dit was n wit vrou wat verkrag is en nou sit hulle iewers tjoep stil en se niks nie of hulle toi toi nie oor dit nie. Julle albei is pateties hoekom is julle bekke nie nou oop nie oor die saak nie???
Ek hoop julle kyk oor julle skouers julle albei.
Lynne 11/6/2009 2:31:56 PM
@ L Thought I would burst your bubble. Education is not going to stop these thugs from doing what they please. They have had 15 years+ to further their education, and what happens? They still do as they please. We are living in the 21st century - not the dark ages. It is time that these kind of people are forcibly removed form society!!! . So. L, educate if you please; but lets all stand together with petitions and the like, to have this so called "law inforcement agencies" cleansed once and for all, or God help us. Most of the readers are correct in saying that women, and even men and families cannot afford to stop for authoroties anymore;you never know if that person wearing that uniform, is just a criminal in disguise.
George 11/6/2009 2:45:26 PM
Die Polisie is al so op hol met die baie siviele eise ,hulle R5 masjien gewere wat in transito rooftogte gebruik word ,hulle regstelende aksie ,hulle voormalige Polisie Kommisaris Selebe .hulle eie geledere wat betrokke is by huis rowe,korrupsie,verkragtings,wonder wat is hulle aandeel is in plaas aanvalle ,dit sal ook seker ook nog bekend word,die pligsversuim om sy land se burgers te beskerm,want hulle bestuur is in sy maai in,dat daar nog n handvol goeie Polisie manne is is nie betwyfel nie,maar jy kan nie misdadigers opdons en jou eie Polisie Mag gelyk nie.So dis n verloor saak,Stel nog hekwagte en tee girls aan as jou seniors ,stel nog mense aan wat jou Kommisaris is en nie een dag opgelei is en streetwise is om misdaad te ondersoek te beveg nie,en die resultaat is dus ?aan al die minderheid hardwerkende Polisie manne ,dankie vir julle en jammer julle bestuur het julle in die steek gelaat ,hou aan met aansoeke om bevordering ,goed sal altyd oor kwaad heers.
Madness 11/6/2009 2:52:22 PM
Maar die arme jafel wat 'n CD gespeel het waarop Nelson Mandela 'n "Arabiese ongelowige" genoem word is dieselfde dag gearresteer, het die volgende werks dag in die hof verskyn, en is reeds afgedank. Suid Afrika is net so siek soos die res van Afrika. Maar wat anders kan ons verwag. Dit word nie verniet "die donker kontinent" genoem nie. "When Africa moves in, civilization moves out!"
heidi 11/6/2009 3:00:41 PM
dit was baie verkeerd van daai 2 polisie manne laat hulle gaan boet vir hul dade daai vrou sit nou met pyn en hartseer hulle moet uit die polisie want hulle hoort nie daar nie.
Garvol 11/6/2009 3:17:57 PM
Vergeet die publiek so maklik ,mens kan nie net gearresteer word nie en as daar n vermoede bestaan jy het as polisieman n kriminele oortreding begaan dan maak jy soos jou vorige nasionale Kommisaris Selebe, jy kry vir jou lyfwagte wat ook polisie manne is en jy gaan meld by die hof aan,dit is hoe dit werk ?Wat goed is vir die een is goed vir almal jy volg jou leier se voorbeeld.
Te veel onnodige te vinnige regstellende aksie het plaasgevind en nou betaal wat eens n trotse mag was die prys,Waar is al die gatkruipers nou ?N handjie vol eerbare polisie manne wat geroepe gevoel was en nog steeds die werk onder moeilike omstandighede doen sonder bevordering of bevorderings moontlikhede ,sterkte vir julle en dankie vir julle werk ,die damwal breek ek is bevrees julle is te min om dit te keer,Cowboys is aan die orde van die dag,manne wat julle verlaat het oor julle dubbel standaarde en julle skynheiligheid lekker julle regte polisie manne word wardeer in die Midde Ooste .
John 11/6/2009 4:18:21 PM
Wat is nou eintlik die punt? Ek verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie.
Tol Hurter 11/6/2009 4:49:57 PM
Ek wil nie n lang storie van dit maak nie.
Maar enige gemors wat dit waag om my vrou te verkrag sal nie leef om dit weer te doen nie.
Ek sal hom vang of ontvoer en met my twee kaalhande uitmekaar skeur en uiteindelik dood bliksem.En ek sal so ook tot my einde kom sodat ek hom verder in die hel ook kan donner.So jou skuim ek wag vir jou soort in groot afwagting.Tol Hurter.WELKOM

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 16-27°C Tstorms late. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-26°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. Pta: 14-29°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-27°C Tstorms early. Morning clouds. Mild. PE: 20-29°C More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Managing Accountant (AA)

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Business Analyst

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-550,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
1999
R 32,900.00

FIAT

STRADA 1.7 TD EL AC PU SC
2007
R 119,000.00

BMW

320d Start E90 Dsl AT
2007
R 289,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SALT ROCK

Single Residential - House R 10 600 000

UMHLANGA RIDGE

Single Residential - House R 10 000 000

DURBAN NORTH

Single Residential - House R 3 499 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!