Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

Doodgeskiet toe rowers foon langs bed wil vat

2009-10-26 02:12

Linda de Beer

’n Jong inligtingstegnoloog van Krugersdorp is Vrydag tromp-op in die maag geskiet toe hy vermoedelik wakker geword het terwyl gewapende rowers sy selfoon langs sy bed gesteel het.

Mnr. Charl Smuts (25) is sowat ’n uur later by sy aankoms by die Brits Medi-Clinic dood verklaar.

Die skietvoorval het op ’n kleinhoewe buite Brits gebeur waar Smuts en me. Lizanne Nienaber, sy meisie, by vriende gekuier het wat Vrydag trou.

Insp. Wilmarie van der Merwe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voordeur van die hoewehuis is omstreeks 01:40 deur minstens drie gewapende rowers oopgebreek.

Smuts het vermoedelik wakker geword en opgespring toe die rowers langs sy bed was om sy selfoon en beursie te vat. Mev. Laetitia Smuts, sy ma, het gesê hy was ’n ligte slaper.

Hy is in die maag geskiet, waarna die rowers gevlug het.

Mev. Smuts het gesê ’n lykskouing sal gehou word om die oorsaak van haar seun se dood te bepaal.

“Charl se vriende het hom geken as die gentle giant. Hy het altyd tyd gehad vir almal. Hy het nooit onderskeid getref tussen wit, swart, pienk of pers nie. As jy sy vriend was, was dit lewenslank,” het mev. Smuts gesê.

Nienaber kuier uit Londen – waar sy vir twee jaar werk – in Suid-Afrika. Sy en Smuts het by ’n vriendin gekuier toe hy doodgeskiet is.

Smuts laat ook sy pa, George, en suster, Nicolene (23), agter.

Hy het in sy ouerhuis in Krugersdorp gebly en in Lonehill gewerk.

Sy begrafnisdiens is voorlopig gereël vir Vrydag 11:00 uit die NG kerk Rant-en-Dal in Krugersdorp.

Niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 19-32°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Sprinkles late. More sun than clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2009
R 299,995.00

SEAT

Leon 2.0 FSi 5-dr
2008
R 159,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Bestel AL jou UNISA-handboeke!

Fantastiese Besparings

Kry al die UNISA-handboeke wat jy benodig vir jou studies afgelewer by jou voordeur!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!