Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

Atleet bieg oor Joost

2009-11-04 00:21

Charmaine Weavers (Gale)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Philip de Bruin

Joost van der Westhuizen het sy vrou, Amor Vittone, ook met die oud-Bok-atleet Charmaine Weavers (Gale) verkul.

Dit het gister aan die lig gekom nadat Van der Westhuizen Sondag nog gesê het sy kontak met die jong vrou in die berugte seksvideo was “die eerste en enigste keer” dat hy ontrou was aan Vittone en hy ontken het dat hy ’n verhouding met Weavers gehad het.

Weavers (46) het gister gesê sy het wel ’n verhouding met Van der Westhuizen gehad.

Sy het gesê sy is bly dat Van der Westhuizen nou in die openbaar erken het hy is die man in die seksvideo.

“Dit is net jammer dat hy so selektief ’n belydenis gedoen het. Pleks het hy eerder maar oor álles gebieg.

“Dit is vandag die eerste keer dat ek in die openbaar onder my naam oor my verhouding met Joost praat. Ek meen die dinge moet uitkom sodat die boek van die verlede toegemaak kan word vir al die mense wat betrokke is,” het Weavers gesê.

Weavers het haar verbintenis met die oud-Springbok-kaptein vroeër vanjaar in ’n onderhoud met Huisgenoot onthul sonder dat haar identiteit toe bekend gemaak is.

In dié artikel het sy destyds gesê sy en Van der Westhuizen het onder meer seks gehad terwyl Vittone swanger was.

Weavers het gister gesê haar verhouding met Van der Westhuizen het begin terwyl hy en sy eerste vrou, Marlene, nog getroud was. Hy en Marlene is in 2001 geskei en hy het kort daarna met Vittone getrou.

Toe Beeld Van der Westhuizen gister genader het oor Weavers se bewering het hy gesê: “Daar was baie sondes en ek het baie verkeerde dinge gedoen. My versoek om vergifnis in my boek strek wyer as net die video, dit sluit my algemene verlede in. Van nou af wil ek net die reguit pad stap en dinge reg doen. Charmaine Gale, Mike Bolhuis (Van der Westhuizen se private ondersoeker) en enigiemand anders kan maar openbaar maak wat hulle wil.

“Ek bely my sondes, ek vra om verskoning, ek vra om vergifnis en dit is dit.”

Vittone het gister in trane in ’n onderhoud op Jacaranda 94.2 gesê haar hart is “uitgeruk”.

Sy het ook gesê sy het haar man “elke dag” gevra of dit hy in die video was. Joost het hom in ’n “web van leuens toegespin”, het sy gesê.

Weavers het Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in 1992 verteenwoordig. Sy is destyds as een van die mooiste vroue in wêreldatletiek bestempel.


- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Pieter 11/4/2009 6:37:06 AM
Maggies, ek wens ek was beroemd, hierdie mense het baie pret, LOL! Wie gaan volgende iets skokkends onthul?
Pieter 11/4/2009 6:45:31 AM
Die Jooste sage word darem lekker uit verband geruk. Ek moet se julle weet darem hoe om geld te maak uit bekendes se elende. Charmaine Weavers is die skuldige party, sy maak asof sy nou die heilige een is en dat Joost nou alles in die openbaar moet bieg, maar sy praat in die geheim met Huisgenoot, ag kom nou man, sy het geweet Joost is getroud, nou wat maak sy dan saam met hom in die bed, ag sies man, jy maak nou van jouself 'n regte straatvrou.
Mool5man 11/4/2009 6:48:30 AM
As 'n vrou haarself op 'n skinbord aanbied vir 'n man gaan hy vat!
Gustav 11/4/2009 6:49:16 AM
Nou het hy sh!t! Hou op lieg!
Paul du Plessis 11/4/2009 6:50:21 AM
Hier is die voldonge bewys. Maak nie saak wat nie, praat maar net nooit minder as die waarheid nie. So nie vergat jy jouself.
Leon 11/4/2009 6:53:28 AM
Ag daar sal nog vrouens wees. Hierdie soort optrede is soos dwelms. Jy kannie ophou nie.
Wonder Maar... 11/4/2009 7:12:12 AM
As 'n mense jou sonde bely, moet jy dit mos op die naam noem? Jy kan nie sommer net vir alles in die algemeen wil jammer sê en hoop dit sluit die erger dinge ook in nie... Joost lieg nog steeds, vir Amor en die hele wêreld! Hy is 'n lamsak in murg en been!
Eric 11/4/2009 7:14:12 AM
Ja nee, hier kom dit. Ek het gister na Amor se praatjie geluister, en aan hoeveel mense gese het bly en hoeveel het gese waai. Wel, dis uiteindelik haar besluit maar ek dink met die klomp geraamtes wat nou uit die kas gaan klim is waai 'n beter opsie.
Gerrit 11/4/2009 7:14:59 AM
It takes two to tango, hoekom het sy nie vir Joost gesê dit kan nie werk nie hy is getroud hoekom aanhou, dan is sy ook mos verkeerd.
Jakkals 11/4/2009 7:16:59 AM
Plaas dat die 2 verdwyn van die aardbol en dinge tussen hulle hou, BASUIN die 2 smartvrate dit uit aan die hele wereld. Dit wat met julle gebeur het is nie uniek nie. Elke 2de huishouding gaan daardeur. Kom aub by.
Anton 11/4/2009 7:17:12 AM
So,...Charmaine ou Joost is nou klaar in die moeilikheid en wil sy gewete skoon kry. Wat is jou idee nou? Is jy nou die slagoffer hier? Waar moet ek jou karrakter op die skaal plaas? Ek bedoel het jy nie genoeg standaarde om vir Joost die rug te keer en terug te stuur na sy vrou nie? Die petalje sê maar baie van jou ou girl. Of is dit maar 'n geval van jy het geen respek vir die v d Westhuizens as 'n gesin nie? Ja-nee net solank jy jou "kick" daruit gekry het...mmmmm. Yes it takes two to tango but surely one of the two must have a brain!!!
Elize 11/4/2009 7:18:57 AM
Ek wil net vir charmain se, sy het geweet hy is getroud en sy vrou swanger! Sy het geen selfrespek of integriteit nie, daarom verlei sy mans soos Joost om ook weer in die nuus te kom. Ek dink dit raak nou afgesaag, dieselfde storie as met Steve, skielik het al wat vroumens is met hom in die bed gespring! Sal my nie verbaas as een voor die dag kom en se Joost is die pa van haar kind nie. Los die mense dat hulle kan aangaan met hulle lewens, daar is twee kinders wat hier onder ly.
THEA 11/4/2009 7:20:22 AM
Genade mense!! Joost het mos nou skuld herken. Los hulle asseblief uit om aan hulle huwelik te werk. Almal maak foute. Daar is kindertjies en mense se toekoms op die spel. LOS HULLE ASSEBLIEF UIT OM DINGE TE PROBEER REGMAAK.!!!!!
Tienie 11/4/2009 7:21:51 AM
Hi Charmaine. Wie sou dit nou van ou Doo Askies ek bedoel Joosie sê. Intussen verkoop sy boek soos soetkoek en hy lag al die pad. En aan Amor. Wat jy saai - sal jy maai. So kry vir jou girl.
Ralie Opperman 11/4/2009 7:23:12 AM
Die mooiste vroue atleet en ook seker die goedkoopste!!!!!!
Andre 11/4/2009 7:23:59 AM
Ek glo nie Charmaine is getroud nie anders sou nie na vore gekom het nie. Ek wonder of sy voor, tydens, of na haar beweerde verhouding met Joost getroud was. Dalk moet sy ook maar in 'n boek oor haar lewe bieg.
ProudlySA 11/4/2009 7:25:20 AM
Ek dink dit is tyd dat die publiek en die media Joost en Amor uitlos. Dinge is reeds erg genoeg en vererger net op die stadium. Almal is ook nie perfek nie, so wie is ons om te "judge"...
Karin 11/4/2009 7:26:05 AM
Hoekom kyk ons almal nie na onsself nie, elkeen het een of ander geraamte al is dit hoe gering. Los ander se probleme en kyk na jou eie.
yola 11/4/2009 7:28:19 AM
Ek wonder of enige een van hierdie mense ooit aan daai 2 klein kindertjies dink wat dalk nog in ;n gebroke huis gaan groot word, en die media kry so lekker met al die publisiteit wat hul plaas. Dis mense se lewens wat verwoes word hier !!! en kan die betrokke meisies nie nou maar stil bly en die verlede los nie, al die jare se stil bly en nou skielik ook hul se kom se terwyl hierdie man en vrou deur diep waters gaan en hul huwelik probeer red.Ek se nog as die media en mense Steve en Natasha gelos het om hul eie dinge uit te werk sou hul dalk dit kon maak en so ook met Joost. Ek dink nie dis lekker om elke dag die koerant oop te maak en jou man se dade te lees nie.... Sterkte aan Amor en Joost, mag jul krag van bo kry om hierdie situasie te oor kom.
Alani 11/4/2009 7:28:52 AM
Ek stem met jou Pieter!! Sy is net so skuldig - sy het geweet Joost is getroud!!
MEISIE 11/4/2009 7:31:43 AM
AI BESEF DIE VROUMENSE NIE HOE GOEDKOOP MAAK HULLE HULLESELF NIE. HULLE HET ALMAL GEWEET JOOST IS GETROUD EN TOG HET HULLE VERHOUDINGS MET HOM AANGEKNOOP. WATTER MAN DOEN DIT NIE. JULLE VROUENS IS DIE SONDEBOKKE NIE DIE MANS NIE. EK KEUR NIE GOED WAT DIE MANS DOEN NIE MAAR AS DAAR NIE SULKE LOS VROUENS WAS NIE HET ONS ALMAL VOORBEELDIGE MANS GEHAD. DIS TYD DAT ONS VROUENS DIE GOEDKOOP VROUENS VASVAT. DAT HULLE NOU WRAGGIES NIE 'N BIETJIE SKAAMTE HET NIE. SIES!!!!AMOR HOU WAT JY HET EN HELP HOM OM DIE REGTE PAD TE LOOP. AS JY DIT REGKRY HET JY 'N MAN DUISEND IN DIE TOEKOMS. STERKTE. JOOST RUK JOUSELF REG. DIS JOU LAASTE KANS.
PWB69 11/4/2009 7:31:46 AM
Leuens, leuens en nogmaals leuens. Ek is stom geslaan deur Joost se optrede. Siek. Joost, onthou jy verneuk nie net jou vrou nie, maar jou kinders ook. Net jammer, die jong Bulletjies en Springbokkies wat opgekyk het na hom, te jonk is om te verstaan wat die oom gedoen het. Hulle wil dan soos hy wees, soos hy rugby speel. Aan my seun: Doen aan jou vrou en kinders wat hy aan sy vrou en kinders gedoen het, en ek maak jou dood.
Jade D 11/4/2009 7:31:59 AM
Jinne maar julle klomp wil nou maar vir Joost verskonings soek... Dis natuurlik nou weer al die slegte vrouens wat hom verlei het... Die man moet leer om NEE te sê my magtig. Nee wat, hy's 'n liegbek wat elke geleentheid wat na sy kant gekom het gebruik het om te hoer en rumoer. Nevermind rehab vir die dwelms - hy moet liewer hulp kry vir sy sex addiction. Hy's siek man! Kan nie glo julle kom nog op vir so 'n absolute pateet nie!
D 11/4/2009 7:33:50 AM
Wat dink die Weavers vrou gaan sy uit die "deal" kry? Weer met haar bene in die lug lê vir Joost? Get off it Charmain, it takes two to tango. Jy het presies geweet wat jy doen, hy was immers getroud. Joost, ek stem saam met jou, laat almal nou maar sê wat hulle wil. Ignoreer hulle. Hulle sal gou sien dat hulle nie reaksie kry nie. Konsentreer op wat jy nou moet doen om jul huwelik te red. EN stuur sommer ook die media in hul maai in.
Nikki 11/4/2009 7:34:49 AM
Moet ons haar nou jammer kry of wil sy sommer net hê die land moet weet met wie sy almal slaap?
Chantelle 11/4/2009 7:35:43 AM
Sal graag wil hoor wat al hierdie mense wat so vergifnis uitdeel te sê gaan hê na die bekentenis van Charmaine. Julle gaan ook seker glo dat Joost onskuldig is totdat hy daaroor ook bieg. Joost is besig om te spartel in dryfsand - hy sak net al dieper weg! Wil voorkom of rondneuk ook verslawend is. Weet nie waar hy 'n rehabilitasie sentrum gaan kry waar hy die 3-in-1 (lieg, rondslaap en dwelms) behandeling sal kan kry nie. Arme Amore het gister haar hart oopgemaak op Jakaranda en ek wonder waar was Joost gedurende daardie tyd..... Ons kan maar net wonder, nie of daar nog stories gaan uitkom nie, maar WATTER stories nog als gaan uitkom.
Mars 11/4/2009 7:36:43 AM
Julle mense wat so klippe gooi kyk eers na jou self ek dink julle het erger geramtes in jul kaste.Charmaine en die stripper (do you live in glass houses).En die MEDIA LOS VIR JOOST EN AMOR NOU UIT,VERTEL ONS EERDER OF JULLE N LEWE VAN JUL EIE HET,WANT AL WAT JULLE KAN DOEN IS OM LEWENS TE VERVOES??????????????????
Mercia 11/4/2009 7:38:22 AM
Joost, ek hoop jy leer nou die les wat geleer moet word!!! Leuens is nerens welkom!!
GD 11/4/2009 7:43:32 AM
Charmaine is niks beter as die stripper wat Joost net gebruik het vir afpers geld nie. Charmaine het nou vir die hele SA gewys hoe commin en easy sy werklik is. Sy het saam met hom geslaap toe hy nog met sy eerste vrou was en toe nog Amor ook! Joost is nou maar eenmaal een van daai ouens wat net nie ander vrouens kan uitlos nie, so aanvaar dit nou maar net. Die man laat toe dat sy klein kop sy groot kop vertel wat om te doen. Amor los die bliksem en gaan aan met jou lewe. Die ou is besig om jou naam met n plank te slaan en jou af te trek tot op Charmaine en die stripper se vlak. Commin verby. Soos hulle se "soort soek soort" Charmaine ek hoop jy is trots op jouself, in my oe is jy niks anders as n oppertunis nie!!!
Chantelle 11/4/2009 7:44:15 AM
Ja, Gerrit it does take 2 to tango maar hier gaan dit nie of dit reg of verkeerd was van Charmaine nie, maar Joost was die getroude een van hulle twee en hy is die een wat trou gesweer het aan Amor en hy was die een wat Amor verneuk het.
BA 11/4/2009 7:45:26 AM
Daar is 'n spreekwoord wat se dat 'n jakkals van haar verander maar nie van kleur. Joost is 'n goeie voorbeeld daarvan. Joost vra nou om verfgifnis maar hy bly aanhou lieg. Hoe verwag hy om vergewe te word, wie gaan hom nou nog glo. hy erken net dit wat suid afrikaners alreeds geweet het, dit WAS hy in die video!!! Dit is 'n gemaklike manier van rkenning, naamlik erken dit wat mense weet en hou jou bek oor dit wat nog nie uitgevind is nie. Mike Bolhuis, die eertydse vriend en vertroueling, is nou skielik die vyand. Waarom, is dit omdat hy weet wat werklik aan die gang is? joost moes destyds net erken het en om vergifnis gepleit het, dan sou die "media hype" nou al oor gewees het. Hy moes geluister hat na Steve. Ek dink hierdie is maar net soos die engelsman sal se, "the tip of the iceberg". Wat het Amore verwag, gaan sy vir joost verander?
slowjo 11/4/2009 7:45:52 AM
My magtig. Joost werk hulle dam deur. Volgens die berig ontken joost dit nie maar hy wil die reguit pad loop. Hy gaan kilo's moet loop net om die reguit pad te kry, so ver het hy afgedwaal.
Karen 11/4/2009 7:47:17 AM
As Joost en Amor sou skei sal ek al die vrou dagvaar vir egbreuk! Charmaine my skat daar is niks om op trots te wees nie ek sou nie my gesig op die voorblad gepleister wou hê as ek betrokke was by egbreuk nie. Tsk Tsk tsk!
Rean 11/4/2009 7:50:10 AM
Ek sou seker ook nie kon nee se vir Charmaine Weavers nie. Dit is een pragtige vrou daardie!!
Phillip 11/4/2009 7:51:14 AM
Joost dit wat jy gedoen het reg of verkeerd is nie die probleem. Dit is die LIEG. nou weer net een keer, ha. Lieg en jy veroorsaak dan ander jou nie meer vertrou, tot my 11 en 7 jaar kinders leer en weet dit. Hou op LIEG.
DJ Krummelpap 11/4/2009 7:51:52 AM
Ek wonder wie's die skape(swape?) wat josie se boek so links en regs koop? Ek kan aan verskeie dinge dink om met daai boek se papier te doen en nie een van hulle is om die rubbish wat daarop gedruk is te lees nie... Ek stel nie belang in Joost en sy gerondslapery nie! Iemand het op 'n ander artikel kommentaar gelewer dat Amor die 'ander vrou' was wyl Joost met Marlene getroud was. Ek wonder of hy ge-eenie-meeny-miney-mo het om te kies met watter van die halfdosyn of so and vrouens hy gaan trou...
Ek is g@tvol vir allie hierdie akkies! Gee ons iets oordentliks om te lees!
TrippT 11/4/2009 7:53:03 AM
Moet nooit dink dat wat in die donker geskied nie in die lig geopenbaar sal word nie.....
Marlene 11/4/2009 7:55:23 AM
'n Man is 'n man en as hy 'n kans kry, gaan hy dwaal, die vrouens is verkeerd om saam te speel en dit toe te laat. Meeste mans is nie getrou aan hulle vrouens nie. Wat hy verkeerd doen is om so te lieg, hy kom net dieper in die moeilikheid en dit veroorsaak die vanvertrouein Amor.
Antonie 11/4/2009 7:58:21 AM
You go Joost....ek glo met my hart dat geen man sal rondloop as sy liewe ou vroutjie nie ook 'n ou aandeeltjie hierin gehad het nie.
Brentie 11/4/2009 8:01:13 AM
Hoe is dit dan dat die vroue so maklik verlei word.Hulle kan mos se 'NEE' - voetsek gaan terug na jou vrou toe.
Of is dit maar 'n geval van 'easy come,easy go'.Nee wat dit lyk vir my die vrouens
het net soveel plesier daar uitgekry en probeer nou ook so'n bietjie van Joost se
ongure publisiteit deel.
Wonder 11/4/2009 8:02:02 AM
Daar gaan nog baie uitkom. Joost kan nie eers aan sy vrou eerlik wees oor alles nie hoe gaan hy eerlik wees in die toekoms,hy dink as hy dit tien keer gedoen het almal gaan hom jammer kry.Amor dink mooi hy gaan jou nog baie seermaak.Dit is die begin van jou ysberg. Hy het nou maar berou omdat hy in 'n hoek gedruk was om te belei. Jammer ek hou niks van hom nie. Sy oe vertel alles,'n verleier
Linda 11/4/2009 8:03:13 AM
Byna alles is nou op die lappe en ek glo Amor is die een wat die seerste kry. Charmaine is die een wat haarself opgedring het aan 'n getroude man. Sy is wragtig baie laag en commin. Amor, sterkte en hoop jy sal sterk ander kant uit kom. Daar is mense wat vir jou bid.
Heidi 11/4/2009 8:05:34 AM
Ja, shame, Charmaine. You have lost all credibility and respect. What was the purpose of this "reveleation"?
suzette 11/4/2009 8:06:02 AM
CHARMAINE WAS DIT NOU NODIG OM JOU DINGE MET JOOST UITTEBLAKER, HET HY NIE NOU GENOEG PROBLEME NIE, OF IS JY SUUR OMDAT HY NOU MET AMOR GETROU HET EN NIE MET JOU NIE???? AMOR VERGEWE VIR JOOST SOOS WAT GOD HOM REEDS VERGEWE HET EN AS HY WIL WERK AAN JUL HUWELIK SAAM MET JUL KINDERS EN LAAT DIE HELE WERLLD NA DIE MAAN GAAN, DIT HET NIKS MET NIEMAND TE DOEN NIE!!!
tiens 11/4/2009 8:07:16 AM
Soos Steve gesing het " EK BLY N BUL"
Bob from Marketing 11/4/2009 8:07:54 AM
Wat 'n mens net nie sal doen om geld te maak uit 'n boek wat jy pas gepubliseer het nie. Die beste van als is, mense val daarvoor en maak die man ryk wat al die sondes gepleeg het!!
GRIETA 11/4/2009 8:09:05 AM
Charmaine, jy en al die ander vroue het maar te lekker met 'n getroude man geslaap. Dit pop maak van jou glad nie 'n ster nie eerder 'n sl....... Vee voor jou eie deur en hou op om publisiteit te soek, jou tyd is lanak verby
NATALIA 11/4/2009 8:12:02 AM
CHARMAINE IS N EGBREKER UIT DIE EERSTE WATERS UIT.SY HET IN DIE EERSTE PLEK GEWEET DIE MAN IS GETROUD EN SY MOES HOM IN SY PEETJIE IN GESTUUR HET,SO OOK AL DIE ANDER WAT BETROKKE IS IN DIE SMERIGE VERHOUDINGS.SY IS DIE EEN WAT SWAARDER GAAN DRA AAN HAAR SONDES WANT N VROU IS VERONDERSTEL OM DIE STERKERE EEN TE WEES EN NIE TE SWIG VOOR SO N VERSOEKING NIE.SY SKULD AMORE OOK N VERSKONING,AFTER ALL,IT TAKES TWO TO TANGO.SY IS NET SO SKULDIG WANT DIT KOS JOU NIE N SENT OM NEE TE SE NIE,AS ANDER DIT KAN DOEN,KON SY OOK.WYS MY N MAN WAT NIE SWIG VOOR N MOOI VROU NIE.A NEE A SY HET DIE REG GEHAD OM NEE TE SE EN SY HET NIE WAT BETEKEN SY IS NET SO SKULDIG EN SY WOU DIT SO GEHAD HET.NOU DINK SY AS SY MET DIE HELE SAK PATATS VORENDAG KOM,DIT HAAR KWYTSKELD VAN HAAR AANDEEL IN DIE SMERIGHEID.SIES,SY SAL DIT MET ENIGE ANDER VROU SE MAN OOK KAN DOEN.WONDER WAT DINK HAAR MAN NOU VAN HAAR.EN VIR AMORE WILE K NET SE JOU HART MOET MAAR STERK WEES OU SUS,JY IS NIE AL EEN WAT HIERDEUR IS NIE MAAR SEKER EEN VAN DIE WEINIGSTES WAT N GELEENTHEID GEGEE IS OM JOU GEVOELENS LIFE TE BROADCAST.STERK WEES VROU EN WERK DAARAAN,IGNOREER DIE KLOMP LOSBEKKE EN LOSLYWE WANT JY IS EN SAL NOG ALTYD,IN VERGELYKING MET HULLE MEV.VAN DER WESTHUIZEN WEES.
Lewis 11/4/2009 8:13:28 AM
Pieter, dis 'n getroude persoon se verantwoordelikheid teenoor sy God en sy eggenoot om NEE te se vir enige toenadering van enige ander persoon. Moenie nou kom Charmaine blameer nie. It takes two to tango. Ek gaan nie, as getroude persoon, net sommer so in die bed val met iemand net omdat daai iemand by my aanle nie, ai nee ai!!
Hannes 11/4/2009 8:14:35 AM
In plaas van al die verwyte wil ek net se ek dink al wat hier gaan help is gebed. Joost , Amor ons bid vir julle en mag die HERE genesing bring. Ek slaan my oe opna die berge ................
Elize 11/4/2009 8:15:01 AM
Charmaine en die stripper, julle kom skotvry van alles af alhoewel julle en Joost geweet het dit is verkeerd. Wat vir my bitter hartseer maak is dat Joost nou al die blame vat. Daar word nie vingers gewys na hulle toe nie maar net na Joost. Ek praat nie dit wat Joost gedoen het goed nie maar hier is die deler net so goed soos die steler. Die stripper het haar self nou bekeer en dit is dit en sy wil aan gaan met haar lewe, Charmaine weet ek nie wat haar verskoning is nie maar Joost is die een wat moontlik sy vrou gaan verloor hieroor, wat verloor hulle, niks. Hoekom het hulle nie net gesê Joost jy is getroud en wil niks met jou te doen hê nie in plaas daarvan om egbreek te pleeg. Vir sulke vrouens het ek niks tyd nie want ek is daardeur. Dit is vrouens met geen gewete nie, hulle dink net aan hulle self maak nie saak wie hulle seer maak nie, veral die kinders. Amor ek hoop regtig jy kan Joost vergewe en Joost ek hoop jy het 'n les hieruit geleer. Amor is so 'n mooi vrou, mooier as die stripper en Charmaine. Joost en Amor al wie julle nou hierdeur gaan bring is Onse Hemelse Vader. Sterkte.
AAWWW 11/4/2009 8:17:56 AM
ek kan nie glo julle almal verwys nou na Charmaine as die wolf hier nie. Het Joost dalk vergeet hy is getroud toe hy in Charmaine se oe kyk? Julle is floppen pateties! Joost het die hele Pretoria se vrouens se beddens rooi geverf, maar julle sal vinger wys na een van die ongelukkige vrouens wat ook maar haar storie vertel! Mans hierbo wat vinger wys...watch jul vroue...en vrouens wat vinger wys...julle wens seke dit was julle!
Jade D 11/4/2009 8:19:33 AM
... en aan al die mense wat so preek dat die media hulle moet uitlos dat hulle hul eie sake uitwerk, julle kan ook maar nie wag om die artikels te lees en bietjie kommentaar te lewer nie nè? As die media se beriggewing jou so grief klim dan van die internet af! En elk geval vra Joost hulle so mooi vir ons belangstelling deur die boek, radio onderhoude ens... hoe kan ons nou nee sê?
Ronel JHB 11/4/2009 8:38:11 AM
Ek sal nie eers my gesig in die openbaar wys as ek jy is nie. Wat se die bybel van die derde vrou? gaan lees en word wys. Jy was bewus van sy eerste en tweede huwelik maar dit het jou nie gekeer nie. As ek Amore is trek ek jou kaal uit in die hof vir al die pyn en lyding van haar en die twee kinders. ;n Hond kry sy dag maar 'n brak kry twee maar dit tel seker vir mense met 'n gewete.
annie 11/4/2009 8:43:58 AM
Charmaine en die stripper (marelize) ek kan nou ook se dat ek die duiwel in lewende lywe gesien het. hoe durf julle al die skuld op Joost wil sit dit terwyl julle geweet het dat jy getroud was. het julle gedink dat julle Amor se skoen kon volstaan??? julle is slegter as sleg. Charmaine jy is 'n has been wat nou weer a wanne be wil wees. jy is ja 'n s.....t en niks meer nie. Marelize vir jou is daar ook geen ander woord as s....t nie. almal daar buite los vir Joos en Amor uit sodat hulle kan aangaan met hulle lewe. Almal maak foute - Joost het 'n groot fout begaan, maar hy is bereid om voortaan sy lewe te verander en die reguit pad te loop. laat hom toe om dit te doen. Amor jy is 'n beter mens as die 2 vrouens. hou jou koop hoog en gaan aan met jou lewe.
Des - Boksburg 11/4/2009 8:45:58 AM
Ek is 'n groot Joost en Amor aanhanger en wil graag wel vir Joost opkom....Is dit nie snaaks hoe die mense heeltyd vir Joost "kruisig", en tog het hierdie "edele" dame, Charmaine tog so lekker 'n vinger in die pastei gehad nie. Sy het immers nie NEE gesê nie. Miskien moet sy nie haar broodjie aan altwee kante gebotter wil hê nie. Amor ons dink en bid vir julle en glo dat na al die seer die son weer aan die ander kant sal skyn.
Nelda 11/4/2009 8:49:51 AM
Charmaine - jy het so pas jou naam weggegooi. Hoe kan 'n vrou haar so goedkoop maak om te erken sy het 'n verhouding met 'n getroude man gehad - wat het jy nou daardeur bereik? Het Amor nie al genoeg seer gekry nie, moes jy nou weer die wonde kom staan en oopkrap. Kon jy nie maar liewer net jou mond gehou het nie. Sal graag jou man se kommentaar wil hoor oor hierdie hele aangeleentheid - of is jou huwelik op die rotse en is dit nie lekker om te hoor dat Amor bereid is om 110% aan haar huwelik te werk nie? AMOR ek is trots op jou! Staan by jou man - ongelukkig is daar vrouens wat nie hulle "lus" kan beheer nie, maak nie saak wie seer kry nie.
Hannelie 11/4/2009 8:51:50 AM
Charmaine ek glo jy het uitgekom om te bewys dat Joost 'n leuenaar is. Joost jy sal jou net self kan vergewe as jy alles aan jou vrou erken sodat daar nie nog verassings vir haar is nie.
David 11/4/2009 8:55:29 AM
Ja mense kruisig vir Joost, maar wat maak Charmaine en al die ander vrouens beter, nee wat in my oe is hul niks beter, inteendeel is hulle "sl3tt3".
Chantelle 11/4/2009 8:56:37 AM
Ek dink nie dat vroue wat saam met Joost in die bed gespring het nou na vore kom om hom uit te lewer nie, maar wil net vir Amor wil wys met watter 'tipe' sy opgeskeep sit. Hulle was slim genoeg om hom te gebruik en weg te stap - dalk nadat sy ware kluere deurgekom het en hulle gesien het watter tipe muis hy is. Dink dis hoog tyd dat die BUL 'n OS gemaak word! Die BULLETJIE spring gans en al te maklik oor die draad!
ANDRE 11/4/2009 8:58:06 AM
@DES - Mens kan sien jy kom vsn boksburg af..... siende dat jy n groot J en A fan is...hahaha
Grappie 11/4/2009 8:58:46 AM
Soos wat dit vir my klink moes hy 'n mielie boer geword het!!! Hierdie man kan plant!!
Anelvs 11/4/2009 9:01:32 AM
Ja so joost het opgeneek. wat het dit enigsins met die media en publiek uit te waai. Los nou maar die ou uit dat hy dit in sy eie private hoedanigheid met die mense wat hy seergemaak het uitsorteer.

En ek dink die Charmaine girl is lekker los... hoe kry jy jouself betrokke by iemand wat getroud is EN sy vrou is swanger. I mean seriously! Charmaine soek tog ook net bietjie kollig. Sy's 'n bitter hartseer mens.
Media - get over it. Die Joost storie irreteer mense nou net.
Aggie 11/4/2009 9:03:27 AM
BOU N BRUG EN KOM OOR DIT JULLE!!!! Statestieke se 89% van Suid Afrikaanse mans het n verhouding in die huwelik, ondersoek eerder julle huwelike, en los hulle uit...daarvan is 65% kerkmense..dit was 2007. Mmmmmm dit laat n mens dink ne...volgende keer as jy in die kerk sit of in die straat loop, dink n bietjie of die ou langs jou n verhouding het met n ander vrou en of hy getroud is... Suid Afrika het die hoogste skei persentasie in die wereld...of dit nou Steve of Joost of Amor is wat Joost van Marliene af gevry het en of dit nou Charmaine is wat n skelm verhouding gehad het, op die einde van die dag vat dit nie lank of hulle is weer in n verhouding, so hoekom wil julle julle asem mors, dit gaan weer gebeur, dit gebeur elke dag. Hoe seker is julle dat jou helfde nie rond neek nie? en wat gaan julle dan doen n boek skryf en Jakaranda toe hardloop..Please grow up...get a life. solank daar mans en vrouens is sal daar sex wees, en as jou vrou dit nie wil gee nie wel hy gaan dit by n ander soek, guarantee...so al julle dames met al die verskonings om nie julle mans sex 4 keer n week te gee nie, verander julle houding, dalk kan jy nog jou man hou...so hou nou op en gaan aan met julle lewe en los die mense uit, hulle gaan nes Steve en Natasia weer rond slaap ander mense in hulle lewe kry en aanbeweeg, dan sit julle nog met julle eie huwelik om uit te sort omdat julle hulle so geoordeel het...
Chantelle 11/4/2009 9:13:19 AM
Die mense wat so wal gooi dat die tweetjies uitgelos moet word sodat hulle kan patch aan die huwelik, wat nie meer ver het om te gaan nie - onthou dat dit dieselfde paartjie is wat geld gemaak het uit die media met hul huwelik en die geboorte v d kinders.
Skimmel 11/4/2009 9:15:29 AM
Kerels, ek kan verstaan dat Joost "geswig" het voor versoeking. CharmaineWeavers is reg!
petro 11/4/2009 9:15:50 AM
Daar is net een woord vir jou jy is 'n slegte persoon, want 'n dame kan ek jou nie noem nie. jy is 'n regte Jesebel
Veronica 11/4/2009 9:24:32 AM
Ek wil graag weet hoekom vrouens met getroude mans rondloop. Sal Charmain Gale Weavers daarvan gehou het as iemand dit met haar gedoen het al was haar man gewillig. Dit vat 'n vrou met integriteit om nee te se vir 'n getroude man. Dit is geen prestasie om jouself goedkoop te hou en met 'n ander vrou se man in die bed te klim nie,ek wonder party keer of vrouens respek het vir hulle self voordat hulle sulke dinge oorweeg. En daar is miljoene sulke vroue soos die Charmain Weavers.
susan 11/4/2009 9:27:47 AM
Charmaine jy het geweet Joost is getroud-wat maak dit jou?????al hierdie mense het geen respek vir hulself nog minder vir Amor en haar kinders!!! ASB los hulle uit. Genade hulle het meer as genoeg om te probeer uitsorteer
JDA 11/4/2009 9:29:51 AM
Ai, ons boerehelde kan nie net gewoonweg val nie, hulle moet neerd#nner! Laat my net maar weer besef watter verantwoordelikheid 'n mens teenoor jou gesin het - veral die kinders. In watter lig gaan Joost se seun hom sien oor tien jaar van nou af, wanneer hy werklik eers gaan begin verstaan? Dis hoekom hy vroeer eerder als moes bely - sodat sy kinders kon sien hulle Pa het darem 'n bietjie ruggraat. En Charmaine en kie, wees bly dis SA die. In ander lande word vandag nog mans en vroue wat owerspel pleeg met klippe doodgegooi. Wonder waar hulle al die skuldloses kry om die gooiwerk te doen, maar dis 'n ander storie ...
Janet 11/4/2009 9:30:01 AM
Wys net alle helde het voete van klei. Joost het geweet sy vrou is swanger hoekom het hy in die eerste plek na ander vrouens vergryp. Hulle het mos saam besluit om nog 'n kind te hê. As 'n man nie eers dan getrou kan bly nie, is hy haar in elk geval nie werd nie. Mans is mos altyd onskuldig. Shame arme goed. Almal mans en vrouens moet bietjie weer na die beloftes wat hulle voor die Here en al hulle vriende en familie afgelê het waar gaan lees. Dan sal daar dalk minder owerspel wees.
Niets 11/4/2009 9:31:22 AM
Hoeveel bied julle my aan as ek se ek het ook saam met Joost gedoedoe? :-) [grappie - ek probeer maar net dink aan 'n manier om ekstra geldjies te maak vir Kersfees :-)
Linda G 11/4/2009 9:34:57 AM
Dit is presies wat met Steve gebeur het toe een op die lappe kom toe kom al die vrouens uit en vertel dat hulle met hom geslaap het. Maar geweet het hy is getroud. Hemel kan die vrouens nie hulle eie mans kry nie. Los die getroude mans uitman. As jy te sleg is om jou eie te soek, bly sonder een.
Stewart 11/4/2009 9:39:24 AM
Joost, don't worry about what the Kerk gemeente have to say about you and how they continuously JUDGE you. Amor new what she was in for when she lured you away from your first wife. The fact is that you are a player and the women love you. I am sure a few men too. Enjoy your life. Report to your own concience. We are now going to find out about all the people you slept with. I maintain, as long as you had fun. All the people pointing fingers at you actually wish they were the ones in bed with you. Jealous little hypocrits!
andre 11/4/2009 9:44:00 AM
Ek sou graag wou weet of die betrokke dames nou enigsins dink hulle het n aandeel gehad in die gebeure, van wannerer af verlei mans vrouens ?
Groot sport fan 11/4/2009 9:46:34 AM
Jis, Charmaine is vrek HOT!!!
As sy steeds in atletiek was het ek nou nog na hoogspring gekyk! OP 46 SY SAL N PAAR JONG MEISIES IN DIE SKANDE STEEK!
Heidi 11/4/2009 9:46:35 AM
Kan die mense tog net ophou om mense se huwelike op te breek want die vrouens wat saam met hom geslaap is was net so skuldig want enige iemand wat huisgenoot of beeld lees sal mos weet hy is getroud en sou gese het weet kom ons los dit maar hulle het dit gedoen. Dis nie net Joost wat skuldig is nie weet hy het gese hy is baie jammer oor wat hy gedoen het en wil dit uit kry want hy kan nie met die leuens leef nie al wie hy onverskoning hoef te vra is vir sy vrou kinders en God niemand kan hom oordeel nie want niemand van ons is sonder foute nie as jy nog nooit in jou lewe iets verkeerd gedoen het nie moes jy perfek wees. Los die rugby spelers en sangers in vrede dat hulle normale lewens kan ly want die media breek baie huwelike op so.
Susan 11/4/2009 9:48:45 AM
Ek dink die heel ergste is dat daar MENSE is wat Joost en Amor gedreig het om hul kinder te ontvoer.(Onskuldige klein kindertjies) Hoe LAAG daal HIERDIE mense??SKAAM JULLE!!!Ek wens Amor wil al hierdie vrouens dagvaar. Amor en Joost, STERKTE
MKotzé 11/4/2009 9:49:51 AM
Ek stem saam met PWB69, Jade D En Chantelle! Neeee wat...daar's nie hoop nie....'n man wat een keer oor die draad gespring het sal dit aan hou doen...en gewoonlik lieg hulle daaroor! Dan is die vrou altyd die slegte een? Rehab...drank...lieg...seks...dwelms? Vir seks en lieg ....neeee, dit sal nie werk nie! Jammer Amore om jou teleur te stel maar dit gaan nie werk nie! Vra my, ek was met 'n man getroud wat 'n vrou nie kan uitlos nie....na 'n 5de huwelik van hom wat misluk het, is hy maar nogsteeds doenig met die vrouens! Word wakker....hulle verander nooit! Sterkte Amore!
Rina Pretorius 11/4/2009 9:55:28 AM
Joost en Amor, kyk vorentoe en doen wat reg is. God se uitdruklik in die woord dat ons 7x70 keer per dag moet vergewe, DOEN DIT NOU. Julle sal sien dat hierdie nare ervaring ook van verbygaande aard is. Konsentreer op die toekoms en sit die verlede agter die rug. 'n mens kom oor die dood ook, so, hou nou koers julle. Laat God nou beheer oor julle lewens neem en Hy sal vir julle die regte pad aandui. Julle is twee pragtige mooi mense, moenie dat satan julle oe verdof nie. Daar is baie verleidings in die lewe maar hou jou oe toe daarvoor. Vir die ander dames met wie Joost verkeerd geloop het wil ek ook se, bekeer julle en loop die pad reg. God se koms is om die draai. Moenie dat hy julle onverhoeds en onvoorbereid vang nie. Mag God met almal van julle wees. Vergewe en vergeet. AMEN se ek hierop.
Leanne 11/4/2009 10:02:02 AM
Charmaine .... Ons kon dit geraai het...en jou maatjie Karen....het van als geweet...
Sies....jy is niks beter as die vrou in die video nie.....slaap saam n getroude man en dit nog terwyl sy vrou swanger is...Ek sal in n gat gaan kruip as ek jy is, en nie in die koerant spog nie! Vroumense soos JY! Ga....maak my siek!
Leila 11/4/2009 10:04:11 AM
En pleks Josie nou maar praat oor die girl in PE...Josie jy het nou jou jack gesien, en niemand gaan jou meer glo nie....Jy sal deksels gelukkig wees en op jou kniee moet gaan en dankie sê as Amor by jou gaan bly...want glo my...ek sou beslis nie as jy my man was nie.....Sies!
Nick 11/4/2009 10:06:54 AM
Jinne maar julle vrouens is darem maar pateties! Hoe blameer julle net hierdie vrouens! Hoef mans geen verantwoordelikheid te vat nie? "Mense in glas huis...." blah blah blah. Wie is julle!!! Sy is 'n sluwe sl@t en hy is mos 'n hero! Watse bog! Julle is 'n grap! Die meisies was nie getroud gewees met Amor nie, dis JOOST wat daardie belofte gegee het!!!!
Theunis 11/4/2009 10:19:47 AM
So hy het met die helfte van Pretoria geslaap ek dink nie regtig dit is nuuswaardig nie.

Ek dink is elke geval dit is effens platvloers om jou wasgoed in die openbaar te was. En Joost moet asb. nie vir SA verskoning vra nie want dit maak nie regtig saak wat hulle dink nie. Die belofte wat jy aan God gemaak het op jou troudag is baie meer belangrik. Vra eerder vir Hom om jou te vergewe.
You ain't seen nothin yet 11/4/2009 10:21:14 AM
Joost se boek moet onmiddellik onttrek word - dis duidelik dat 'n opgedateerde weergawe nodig is.
Charmain 11/4/2009 10:22:26 AM
Chairmain maak nie of sy onskuldig of 'n slagoffer is nie. Sy praat die waarheid. Ek is seker die media het haar gekontak na Joost se onthulling om te hoor of sy wil uitkom en erken dat dit sy was, en sy het. Sy het moed, sy het niks om te wen uit die situasie nie. Go Charmain!
martie 11/4/2009 10:27:36 AM
As kind van die Here is hierdie vir my een van die ergste dinge wat 'n man aan sy vrou kan doen, maar as Amor hom kan vergewe, is dit tog die regte ding om te doen. Joost het sy sonde bely en vergifnis gevra. DIt is die ENIGSTE rede wat God jou toelaat om van jou maat te skei, en dit is as jy ontrou is.
Amor, ek bid vir jou dat God jou gaan krag gee om deur hierdie hele nagmerrie te kom. Dit gaan nie maklik wees nie, maar onthou satan wil nie gelukkige huwelike sien nie.
ja ja ja 11/4/2009 10:29:12 AM
DRANK en VROUMENSE,n euwel se ek jou.Maar ou Charmaintjie kan enige tyd oor my lat kom spring.
Lizette 11/4/2009 10:29:54 AM
"The moral of the story?" Die mense het vandag geen morele waardes en beginsels nie!Nie net bekendes nie maar ook die doodgewone ou op straat.As mense net aandag gee aan die 10 gebooie sal niemand 'n vinger na 'n ander kan wys nie.Jy mag nie egbreuk pleeg nie, Jy mag nie vals getuienis gee nie, Jy mag nie begeer nie. Op die ou end woon ons almal in huise van glas. Die Liewe Vader het ons die vermoe gegee om keuses te maak, dis in ons hande om die REGTE keuses te maak. Joost, Amor - Sterkte, Mag hierdie proef tydperk julle net nader aan mekaar bring. Vra vir Gretha Wiid, dit kan weer mooi wees tussen julle. Julle en die kinders is in my gebede.
Se maar net 11/4/2009 10:30:45 AM
Charmaine, jy is goedkoop en kommin.

Joost - jy is 'n liegbek.

Amor - jy is 'n smartvraat.

Marionette H 11/4/2009 10:31:30 AM
Die een persoon wat ek die meeste jammer kry deur dit alles, is Amor.
Charmaine, voel jy nou trots op jouself?! Jy is die een wat als moes gestop het, jy het geweet hy was getroud en dit het jou nie in die minste gepla nie! Wat dink jy se dit van jou as mens.
As 'n man iets op 'n skinkbord gaan kry - gaan hy dit vat.
Ek kan die bohaai oor die dwelms verstaan, maar oor die verhoudings voel ek dat dit niks met enige iemand uit te waai het nie - dit is 'n saak tussen Amor en Joost.
Amor, onthou net - dit gaan oor julle as gesin en niemand anders nie, probeer om jou af te sluit van wat die mense daar buite se. Ons almal maak foute in die lewe, hoekom nou net een persoon uitsonder en kruisig? Amor en Joost, hou julle koppe omhoog.
Fanus 11/4/2009 10:36:25 AM
Lagwekkend hoe almal vir Charmaine aanval terwyl hulle vir Joost verdedig. Albei was tog verkeerd. Lyk my hoe nonsens Joost aanjaag, hoe meer staan al die tannies vir hom op. Tog te fraai.

OK ek moet bieg, ek het ook iets met Joost aangehad. Het selfs 'n rugbybal verniet gescore uit die storie! Ek het sommer oor die algemeen gescore, nou dat ek daaraan dink.

Ek hoop daar is nog Joost-onthullings, ek kan nie NET Malema nonsens lees nie! :)
Maria 11/4/2009 10:41:09 AM
Kan net 'n blou bul wees. LOL
Koos 11/4/2009 10:41:35 AM
Joost het sy eerste vrou verneuk met Amor, wat het sy gedink??? Gaan hy dit nie weer doen nie!! Kry vir jou Amor
Ben 11/4/2009 10:46:49 AM
Kom daarvan as mense godjies maak van kamtige glansmense met breine van wol. Hulle voete en goete is van klei! Hulle kry alles op 'n skinkbord, aandag en gratis wonderlikhede waarvoor gewone mense nooit eens sal kan opspaar nie, en dan begin hulle dink hulle moet ALLES kan hê wat die wêreld bied. Grillerig. Ek wens net mense wil ophou om sulkes so te aanbid, want raai wat, hulle soek net julle geld en einste die aanbidding terwyl hulle super-vals lewens lei. Hoe meer dit blink, hoe meer dit stink, ek dink!!
carel 11/4/2009 10:53:49 AM
Die mensdom is eenvoudig. Almal vergeet wat hulle in die kerk of voor God belowe het toe hulle getroud is. Bly getrou aan jou vrou en man los die hoere(mans en vrouens) uit as jy getroud is, as almal dit doen dan sal dit baie beter met ons gaan in die land en wereld.
Het 'n lewe 11/4/2009 10:57:08 AM
Mense wat vinger wys, kry 'n stokperdjie en los die mense uit!!!
PieterW 11/4/2009 11:01:45 AM
Another day... Another story... Joost - Jys 'n vroue jagter!!!! Ek hoop Amor skop jou so hard onder jou gat dat jy net plek-plek grond vat!!!! Daai varkgesiggie van jou het soveel hartseer veroorsaak!! Dis nie net Amor nie, maar daar is vele harte wat jy stukkend getrap het omdat jy nie jou broek kon aanhou nie!!! Ek is bly hierdie vrou het ook met die waarheid uitgekom... HOEVEEL ANDER SLETTE WAS DAAR NOG???
GPB 11/4/2009 11:06:08 AM
Ek het saam Joost rugby gespeel en ek kan met eerlikheid se as Gale of Weaver oor al die sportmanne moet erken waarmee sy tedoen gehad sal Beeld die koerant met die meeste bladsye op aarde wees.Sy is en was 'n jagter wat gekry het wat sy wil he.Die man het foute gemaak,soos ons almal maak.Al wat hy kan doen is voorentoe kyk en probeer opmaak.Op hierdie staduim was sy laaste game nie 'n goeie een nie maar more begin 'n nuwe een en ek hoop vir die man en almal omhom 'n beter een.Die man was met verkeerde raad bedien. Sterte vir die toekoms.
marjan 11/4/2009 11:09:22 AM
Almal praat oor ou Joost. Wat van areme ou vittone Sy is deur hel en terug ons moet ook aan haar en die kinders dink hoe kan sy weer vir Joost ooit in haar lewe vertrou ek weet hoe dit voel as iemand jou verneuk STERKTE VITTONE DINK AAN JOU
Bul gaffel cheetah 11/4/2009 11:10:48 AM
@Yster & Maria: Julle het verloor (watter span julle ookal ondersteun)- kom nou oor julle minderwaardigheidskompleks.
Lelak 11/4/2009 11:14:31 AM
Charmaine...jy is net so low class soos die res....dis geen prestasie nie...siestog arme Josie is maar met min tevrede......jy ook!
Sandra 11/4/2009 11:15:52 AM
Ja die wiel draai, die twee vrouens kry nou lekker, maar wat hulle aan Amor gedoen het, sal eendag dieselfde met julle gebeur, en dan moet hulle nie vra hoekom nie. Hoop net eendag as julle mans julle verneuk, kom dit ook uit en dan sal julle weet hoe dit voel. Vrouens soos julle behoort nie op die aardbol nie. Elke hond kry sy dag. Sterkte Amor.
DISGUSTED 11/4/2009 11:20:12 AM
Doesn't matter how much money you have IT DOESN'T BUY CLASS. I'm afraid that none of the people involved in this saga have any. TRAILER TRASH.
RON 11/4/2009 11:25:50 AM
om te dink hierdie gehoerery gaan om elke hoek en draai aan maar dat mense nou al boeke moet verkoop om te bely is iets om oor te lag, joost lag natuurlik nou al die pad bank toe, amor se gevoelens is seergemaak, charmaine wou maar net nog 'n storie vertel, soos wat al die ander ook maar gedoen het rondom steve. ai die mensdom se swakheid darem. en agter dit is altyd 'n man of 'n vrou en die "skinkbord"!
Ekke die onskuldige. 11/4/2009 11:28:35 AM
Hoe laag is die vark nie. Sulke mooie girls en hy gaan staan en trou met een. Joost jou idioot - jy moes ongetroud gebly het en nog so paar geleer paalspring het. Moet net die ou snuif gewoontetjie laat staan jong. Dit kan jou groot skade berokken.
Jessy 11/4/2009 11:31:33 AM
LOS HOM !!!!!!!
Dit is nie al die trane werd nie!!! Hoekom probeer vrouens mans verander? Het jou ma en ouma jou niks geleer nie? Mans kan NIE verander nie so moet nie probeer nie! As dit my man was - was hy weg!!!KLAAR!
George 11/4/2009 11:31:49 AM
Joost jy is regtig vergewe,doen my net een guns hou die klein jakkalsies uit wat die boorde verniel,Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou,waarom sou jy jou laat bedwelm deur n slegte vrou,my seun. waarom sou jy in die arms van n ander vrou gaan le ?Jy het tog self n vrou, jy het tog self n put met water, drink die strome uit jou eie fontein.Joost kry wysheid en vat Ammor se hand, jy skuld ons niks.Jou skuld is om aan te hou regmaak met jou geliefde.Die lewe is van korte duur en terwyl die tyd daar is vandag maak gebruik daarvan .Daar is nie een persoon wat nie struikel nie ,maar weet halwe waarhede haal jou in en leeuns se bene is kort ,jy kan nie vry wees as jy nie heeltemal teenoor Ammor bieg nie ,dan is die skimme ook begrawe.
hugs 11/4/2009 11:31:50 AM
What goes around comes around!
Anna 11/4/2009 11:33:01 AM
Ek wonder hoeveel geld kry die vrouens wat altyd so agterna sleep en skielik hulle storietjie wil vertel. Ek sou eerder net stilgebly het, want ek sou nie wou he die land moet weet dat ek ook maar net so gemors is nie. Ek het geen respek vir 'n man wat sy vrou verkul nie, maar nog minder vir die goedkoop vrouens wat hulself voor getroude mans gooi. Charmaine, jy is maar net so sleg soos hy, indien nie slegter nie!!!
Susan 11/4/2009 11:33:52 AM
Joost, as die stof gaan le het, en Amor jou gelos het, kom skop jou skoene maar onder my bed. Jy bly vir my die aantreklikste man in SA. En dan's jy nog die beste BB wat ons gehad het. Sorry Amor, maar 'n mooi man is almal se man.
Daar het jy dit! 11/4/2009 11:39:37 AM
Dwelms en poef het sy lewe verwoef!
Natasha 11/4/2009 11:45:56 AM
Weet jy Amor jy is 'n flipen mooi dame jy verdien nie dit nie maar soos wat almal sê 'n man sal nooit tevrede wees met wat hy het nie...sterkte Amor die Here is met jou.
Juanita 11/4/2009 11:49:15 AM
Hene mense, vir wat kom julle so op vir Joost. Die meeste vrouens sal nie nee se vir Joost of Steve nie. Daarom blameer ek nie vir Charmaine nie. Joost is skuldig en dis net plein slegtigheid... as ek Amor is skei ek hom dadelik..
FRIKKIE WEITZ 11/4/2009 11:52:13 AM
ag nee ek wens die koerante moet nou ophou met die joost sage. hy het mos gese hy is skuldig. in plaas van die hele storie uit verband uit ruk. gee hulle n kans om te werk aan hulle verhouding. amor en hy is deur genoeg. los hulle nou uit
Estelle 11/4/2009 11:58:00 AM
'What goes around,comes around' As Joost en Amor dit ten koste van Marlene gedoen het is dit 'pay back time' Ek dog Marlene was die oorsaak - Ek weet net sy is vandag 'n baie verligte geskeide vrou!
LOL 11/4/2009 12:01:13 PM
Jammer Charmaine, jy is ook nie 'n edele mense nie. Jy het ook jou man destyds verlaat toe jy hoor hy het kanker (testical cancer)want jy het 'n verhouding aan die gang gehad met die ou wat jou kar geborg het, terwyl jy getroud was. Glo my, ek voel niks vir Joost nie.
Poplap 11/4/2009 12:04:07 PM
Dit lyk my dit kan nog al `n betalende ding wees om so met `n celebrity te slaap - hy betaal jou nou wel nie, maar "Huisgenoot" en die koerante sal - `n nuwe tipe prostitusie?
Trud 11/4/2009 12:08:57 PM
Vergifnis kom net as jy AL jou sondes bely.Aan ald ie slim 'ouens&vrounes" wat reken as jy dit op n skinkbord kry sal jy dit vat....SIESA!!! Waar is jul waardes.As jy dit vat is jy net so n sleg donner
Me 11/4/2009 12:28:26 PM
Hoe kan julle almal aangaan oor STERKTE
AMOR - SHAME AMOR - SY HET DIT SELF GEDOEN
anoniem 11/4/2009 12:31:09 PM
Kom ek gooi gou 'n spanner in hierdie wiele. Joost is 'n baie sexy man, met die mooiste stoutste oe, en die mooiste lyf, en boon-op 'n gewese Blou Bul, en 'n ou Springbok Kaptein, watter girl sal nie graag haar skoene onder sy bed wil instoot nie. Getroud en te nie. Hy is net bliss, en that's that
Hoenner 11/4/2009 12:32:54 PM
Nee mense, die rede hoekom Joost nie verstaan nie is omdat die inligting wat julle deurgee nie in rugby terme is nie... Jy sien Joost dit werk so; As jy onkant gaan speel gaan jy gestraf word. En dit is presies wat jy gedoen en dit gaan jou die game kos. Die vraag is net hoe hard gaan jy gestraf word? `n geel kaart, rooi kaart, strafskop of straf drie? Alles hang van die skeitregter af wat in welke geval teen jou gaan blaas. Joost, as jy op Loftie speel is daar baie poppies langs die veld en jy kan hulle nie deel van jou `Game Plan` maak nie. Hierdie wedstryd is nou tussen jou en Amor met die doellyn voor julle... jy het 'n paar minute oor voor jy die game en alle eer verloor waarvoor julle so hard gewerk het.. Die bal is in JOU hande maak die regte besluite.. NOU!! Jou tyd hardloop uit mater...
Marieta 11/4/2009 12:32:58 PM
Ek wil ook 'n rondte met Joost hê asb. Ek wil hom aan sy watsenaam rond slinger dat sy verstand terug kan gaan na sy kop toe!

Of nee wag, ek wil nie aan hom vat met 'n tang nie, weet nie waar hy laas was nie.
Vanessa 11/4/2009 12:37:31 PM
Joost, net dit : JY IS 'N BRAK VAN 'N VUIL WERF!! Skynheilige twee gevreet wat nou met jou dik gedrinkte ogies op al wat foto is met jou kry my jammer gesiggie? Jy sit kommin in 'n heel nuwe klas met jou keuse van vermaak en vriende. Jy bring skande en skade oor almal naby jou! Ek hoop jou maatjie Bolhuis druk jou kop in jou derriere in en rol jou straat af!!

Sterkte Amor, vir jou en jou kinders, dit kan nie maklik wees nie!
ANNES 11/4/2009 12:43:25 PM
Amor maak soos Natasha los hom en gaan aan met jou lewe ek was ook getroud gewees vir tien jaar (10 jaar)2 maande vervreemd weer probeer sefte ou storie dit werk nie om weer opte maak nie hy gaan dit weer doen en jy verdien dit nie jy kan beter kry.soek vir jou iemand in die kerk.
Jono 11/4/2009 12:45:11 PM
Goeiste,charmain jy's beautiful! Op 46 'n regte milf! WOW! neem jul joost kwalik? haha grappie. maar regtig WOW! Baie baie mooi! Asemrowend as jy my vra.
Cornel 11/4/2009 12:45:32 PM
Eish, sorry Joost maar jy het dit op jouself gebring. Charmaine jy is net so cheap.
Noodhulp 11/4/2009 12:46:35 PM
Welkom in 'n wereld van goed en KWAAD. Kies watter PAD......
AB 11/4/2009 12:54:00 PM
Charmaine kla jy of spog jy? Jy's erger as Joost - Jy loop met oop oe in 'n seksuele verhouding met 'n getroude man! Waar is jou selfrespek? Al wat jy nou gedoen het is om vir die wereld te verkondig dat jy 'n regte loslyf is en easy is vir enige iemand wat wil! Ek voel nie eers jammer vir jou nie! Joost sal sy naam weer in ere herstel al neem dit 'n rukkie, maar 'n los vrou vly 'n los vrou! Daar is nikks wat jy kan doen om jou naam weer te herstel nie - dit is verseker. Joost alle voorspoed vir jou en Amor - hoop julle is sterk genoeg om deur hierdie fase in julle lewe te kom. Dit is jammer dat die mense altyd jag moet maak op die bekendes, dan wonder hoekom van die bekende mense kortaf is met hulle as hulle die dag in hulle vasloop! Joost & Amor voorspoed As die Here kan vergewe - wie is ons om te oordeel. Gaan op julle kniee en kyk na BO.
Louw 11/4/2009 12:54:14 PM
Toe Steve in die nuus was is hy is die vark in die verhaal uitgemaak en was als sy skuld en nou met Joost is dit Charmaine se skuld??? Wat maak Joost anders as Steve?? Beide was ontrou. Onthou almal het n keuse en hy het nes Steve gekies om dit te doen. Maak dit Joost is 'slegte straatman'? Hy het dit doelbewus stil gehou om gou n boek te skryf en geld daaruit te maak. Hoe sleg voel hy werklik? Hy gebruik dit om homself te verryk.
Micah 11/4/2009 12:54:20 PM
Kry vir jou Amor, jy het met hom rondgevoeter terwyl hy met sy eerste vrou getroud was.....die wiel draai sussie, hy draai
CHARMAINE 11/4/2009 12:59:02 PM
Joost, jy kry jouself net dieper in die moeilikheid, en dan wil ek vir jou sê jy het 'n pragtige vrou, wat meer wil 'n man dan hê. En wat Charmaine aanbetref, jy as getroude man moes van beter geweet het...
Be-indruk 11/4/2009 1:01:40 PM
Beteken dit Joost het vir Steve verbygesteek?!!
Think about this 11/4/2009 1:19:53 PM
For you Amor...
"Smooth roads never make good drivers
Smooth seas never make good sailors
Clear skies never make good pilots.
A problem and hassle free life never makes a strong person
Be strong enough to accept the challenges of life"

ELZABE 11/4/2009 1:21:32 PM
ek praat nie wat Joost gedoen het goed maar is almal van julle wat nou so oordeel en julle monde uitspoel heilig hoeveel van julle het nie ook `n geraamte of twee in die kas nie. die verskil is net julle is net plain mense op straat en niemand in Suis Afrika worry oor julle geraamtes in die kas nie. mense in Suid Afrika se probleem is oordeel ander, skop n mens as hy lê hoe meer kwaad jy aan n ander kan doen of toewens hoe beter nê. kom by kyk bietjie na julle self dan praat ons weer
Realis 11/4/2009 1:23:23 PM
Al wat ek wil se - daar is 3 kante aan 'n storie - my kant, jou kant endie waarheid. Ons sal seker nioot weet wat die regte waarheid is nie!
riana 11/4/2009 1:25:59 PM
Joost, enige iemand is geregtig op 'n tweede kans, Jesus het gesê as jy nie sonde het nie tel jy die eerste klip op om te gooi, wees 'n tweede Hansie Cronje en draai terug na GOD.
Yolande 11/4/2009 1:27:21 PM
ok. Kom ons maak 'n opsomming. Joost was getroud met Marlene tot Amor op die toneel verskyn het. Toe verskyn die "seks-video" girl, en nou Charmaine. As Amor nie Joost verlei het nie, sou hy nie van Marlene geskei het nie. Sy was seker op 'n skinkbord. En as 'n man dit een keer op 'n skinkbord gekry het, wat gaan hom die 2de en 3de keer stop. Wat jy saai sal jy maai Amor? Miskien moes Amor gedink het voor sy Joost verlei het. Marlene moes deur dieselfde hel gegaan het, so Amor kry haar eie medisyne terug. Tweedens, 'n vrou wat met getroude mans deur mekaar is en weet hy is getroud, is common. Vir wat iemand anders so seer maak? Die hartseerste is dat die kinders die pyn die ergste voel. Steve lyk soos 'n amature as ek die storie so kyk. Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. In die meantime, maak Joost lekker geldjies met sy boek ...... miskien vir sy skeisaak wat hom baie gaan kos.
Carla 11/4/2009 1:29:09 PM
Amor,dit gebeur met die beste van ons - Hou net moed. Joost - tel jou kop op en gaan aan. Julle moet red wat te redde is terwille van die kinders en julle wat lief is vir mekaar. Dit gaan nie maklik wees nie maar probeer net. As julle geloof reg is sal HY julle help.
Cecile 11/4/2009 1:45:43 PM
Julle kan nou maar almal huil: 'dink aan die kindertjies, dink aan Amor, dink aan die familie, die meisies is net so skuldig..' BLA-BLA-BLA! Feit van die saak is as Joost sy ding in sy broek gehou het, was nie een van die mense hierbo betrokke nie! Moenie nou die skuld op Charmaine en al die ander pak nie - wat soek 'n getroude man in die 1ste plek by hulle? AMOR - STUUR HOM IN SY ..... IN! HY GAAN DIT WEER EN WEER EN WEER DOEN! En dan op 60, gaan hy jou anyway inruil vir 'n 20-jarige! Los die skynheilige, 2-gevreet! Jy't hom nie nodig nie!
ANITA 11/4/2009 1:45:54 PM
ek is in dieselfde bootjie as Amor. My man het net so gelieg vir my en vir sy minnares se man, wat ook sy beste vriend was. Al wat ek kan sê vir almal in buite egtelike verhoudings. Julle is selfsugtig, agterbaks, rugstekers, leunaars ens. Julle dink net aan julle self en aan niemand anders nie. Dan as alles op die lappe kom moet ons vergewe en vergeet. Dit staan mos in die bybel. alweer die maklike pad. Maar wanneer gaan julle begin dink aan die verwoesting wat julle saai?
buite lander 11/4/2009 1:54:57 PM
Ek wil graag weet wat het iemand anders se sex lewe nou einlik met die werild te doen hou die dinge vir jou self en sorteer dit tussen mekaar uit die helle werild hoe mos nie daarvan te weet nie. dit skep net verleenthei vir almal en so red mens nie n huwelik nie jy doen dit net meer skade
Sjert 11/4/2009 1:55:42 PM
Eish!! Ons smul darem te lekker aan hierdie sappige stories!! Bring nog, Beeld!!
marlize 11/4/2009 1:59:11 PM
dit is nog ooit, die beste boek bekenstellingsveldtog wat ek ooit beleef het!!! Nie net het Joost vir maande lank gelieg oor sy onderduimshede nie, maar laat hy sy vrou (wat die onskuldige party is) op die radio haar seer sit en uitmergel!!! Ag nee, ek het nou finaal my respek vir hom verloor!!! JOost, jy is belaglik! Amor, vat jou goed! Ek kan nie glo jy martel jouself so nie! HY verdien jou nie!!!
Lyn 11/4/2009 1:59:17 PM
Stop throwing stones,one would swear the rest of society are innocent. Give then space to come to terms with what has become a circus. They need time and privacy to sort out their lives, no matter who was in the wrong or involved. I wish you strength to over come this adversity Joost and Amor.
disciple 11/4/2009 2:00:23 PM
almal corner vir Joost oor wat hy gedoen het maar dis net soos wat Jesus gese het: laat die sonder sonde die eerste klippe gooi.
Susan 11/4/2009 2:04:31 PM
Ja, almal skreeu nou en stenig vir Joost. Ek praat nie goed wat hy gedoen het nie, maar hy het uiteindelik met die waarheid uitgekom. Dit moes mannemoed gekos het, want hy weet waartoe dit kan lei. Charmaine, vrouens soos julle is eintlik die varke nie die mans nie, jy het geweet hy is getroud, maar tog het jy 'n seksuele verhouding met hom gehad, dit maak jou 'n slegter mens as hy, want as jy jou rug op hom gedraai het sou niks gebeur het nie, so julle tipe vrouens moenie dink julle is die onskuldiges nie, julle is maar baie sleg, julle naam is deur die modder gesleep. Onthou net 'n mens het net een naam en as hy deur die modder gesleep is dan bly dit in die modder, so ek sal my kop in 'n gat druk as ek jy is en nie na die tydskrifte en koerante toe gehardloop het nie. Amor tel jou kop op en werk aan jou huwelik al is dit baie swaar, onthou daar is twee pragtige kindertjies om aan te dink.
ai tog! 11/4/2009 2:05:14 PM
Ongelukkig word jou derms in die publiek uitgeryg as jy jouself "verkoop". Dis Joost en Amor se eie skuld dat hulle aan die klok gehang word want hulle verkoop hulself nog steeds. As dit nie in tydskrifte, koerante en boeke is nie is dit oor al wat radio stasie is. Dis 'n tragiese storie ja, maar so is daar duisende ander daar buite wat dielselfde storie kan vertel. Ongelukkig is daar so baie mans EN vrouens wat rondloop omdat hulle kan, wil en sal en niks en niemand gaan hulle sommer verander nie. As 'n persoon so is is normes, waardes en Christenskap die absolute laaste ding waaraan hulle dink. Die beste is om maar te aanvaar dat Joos die streep het, net soos onse ou Steve, en wees dankbaar dat jy nie met so 'n persoon getroud is nie
Leanne 11/4/2009 2:08:27 PM
Nick...Joost is net so skuldig maar n vrou wat rondslaap saam met n getroude man, wat se vrou boonop swanger is, is slegter as sleg! Geen selfrespek...maar dis iets wat
charmaine nooit sal hê nie...
Dremafreytal 11/4/2009 2:14:02 PM
Hahaha! Ek lag so lekker as ek al hierdie kommentaar lees. Al wat ek kan se, is dat ek geweet het dat ou Josie skuldig is. Ek het nog nooit van sy "kom m*er my gesiggie" gehou nie. Hoë bome vang al die wind. Al is dit Amor s'n. Siestog shame. Ek voel nie eers jammer vir hom nie!
Jo 11/4/2009 2:20:56 PM
laat ons leer uit hierdie foute van Joost en q, moet nooit lieg nie en loop die reguit pad, en as jy 'n fout gemaak het herken dit en staak dit dan onmiddelik. almal maak foute, dit is hoe jy die foute hanteer wat die resultaat gaan verander.
Martin 11/4/2009 2:28:33 PM
Charmaine is hot, ek sal ook seker my vru verneuk het met haar, los die spul nou uit en kom ons konsentreer meer op die missing link aka Kuluis Malema.
Ben 11/4/2009 2:31:16 PM
Amor jy het self deel aan dit wat het jy vergeet. Hy was mos getroud.Wie ken hom beter as jy self mos saam geeet.
michelle 11/4/2009 2:37:09 PM
Dit sal Joost leer. Hierdie girls is skuldig, maar nie skuldig soos hy nie. Die verskil is, HY is getroud so hy moet die lyding neem en nee se. As 'n getroude man dit bied, wie is hulle om nee te se. Hy is bored en volg in Steve Hofmeyr se spore. Hulle dink hulle is godjies, en geregtig om die tipe dinge te doen. Sies man, ek raak nie eers met 'n paal aan so man nie
L 11/4/2009 2:40:03 PM
AMOR EN JOOST EEN KEER 'N RONDLOPER ALTYD 'N RONDLOPER. MANNE WAT IN DIE HUWELIK RONDLOOP SAL NOOIT REGKOM NIE. JOOST MOET BAIE MOET DOEN OM JULLE HUWELIK TE RED - HY SAL MOET BERGE MOET VERSIT OM DIE HUWELIK TE LAAT WERK - JOU HUWELIK IS GEBASEER OP VERTROUE EN RESPEK VIR MEKAAR. AS DIT WEG IS IS DAAR NIKS OOR NIE. JAMMER DAT JOU KINDERS MOET LEI ONDER DIE HUWELIK - JY MOET JOU KEUSE MOOI MAAK WANT AS JY VERKEERD BESLUIT OOR JOU HUWELIK IS DIT VIR DIE RES VAN JOU LEWE - GEEN OMDRAAI NIE, WANT JY SAL NIE DIESELFDE VOEL OOR JOU MAN NIE. CHARMAIN IS NET SOOS JOU MAN - SY VAL OOK IN DIESELFDE GAT MET HAAR GAT. SY IS N SLEGTE KARAKTER - SY HET GEWEET JY IS SWANGER. WEET JY WAT MOET JY DOEN SOOS WAT EK GEMAAK HET, DIESELFDE HET MY OORGEKOM - MY MAN HET MY VERNEUK TOE EK 5 MAANDE SWANGER WAS - EK HET HOM GESKEI - JOOST VERDIEN JOU NIE EENDAG NIE - EK DINK JOOST HET NET EENVOUDIG TE VER GEGAAN - GEEN VROU VERDIEN 'N MAN WAT HAAR VERNEUK TERWYL SY SWANGER IS NIE. JY SAL WEER GELUK VIND IN DIE LEWE MET JOU KINDERS AAN JOU SY. NET AS JY 70 x 7 VERGEWE EN JULLE BEGIN 100% VAN VOORAF.
Debbie 11/4/2009 2:42:19 PM
Mense moet hulle feite regkry.
Amor het nie vir Joost van Marlene afgevat nie. Joost was nie meer saam Marlene toe hy en Amor begin uitgaan het nie.

Charmaine, van jou het ek dit nie verwag nie.
Elaine 11/4/2009 2:43:43 PM
Al die mense wat so vinger wys, wie kan werklik? Julle is reg, Joost hou op met lieg, miskien moet hy 'n boek skryf met al die vroue wat hulle op hom afgesmeer het name plekke en elke details! Ek stem glad nie saam met wat hy gedoen het nie, sy vrou is stukkend. En al die onskuldige wat hul self aan die "sterre" beskikbaar stel, miskien moet julle jul lywe vir jul self hou. Dink net hoeveel ander huwelike sal verwoes word as Joost werklik die HELE WAARHEID vertel. Voor en tydens Amor. LOS HULLE UIT!
Liefde 11/4/2009 2:44:50 PM
Ons almal maak foute, ek en my vrou is al 23 jaar getroud en ons albei het foute gemaak, vandag is ons huwelik baie sterker en ons het weer mekaar se vertoue terug gewen deur die jare. Dit was nie maklik nie maar moenie toelaat dat die mense en Satan julle laat skei nie. Gereeld kerk toe gaan en `n verhouding met Jesus maak dat julle baie sterker anderkant gaan uitkom, wys die mense dat enige persoon kan aan sy huwelik werk, julle is nou in `n posisie wat vir die wêreld kan wys dit wat julle voor die kansel bely het teenooer mekaar kan uitwerk. Ek vra julle baie mooi vra God om julle huwelik weer die regte rigting in te stuur en julle kan dit maak werk altwee van julle. Myne werk en ek kyk vandag na nege kinders wat ouers weggegooi het, maar leer hulle om te kan vergewe en te vergeet. My liefde en groete in Jesus se naam vir julle.
Betsie 11/4/2009 2:51:59 PM
Ag nee man ouens en vrouens, hoe dan nou, lees julle nie jul bybel nie en waar is julle geloof. As ek na al die raad en afkraak luister en die gal wat julle braak oor iemand anders wil ek nie weet waar gaan ons wêreld eindig nie. Staan dit dan nie duidelik in die skrif dat dit wat God saamgevoeg het niemand kan skei nie. Sies vir julle almal. Plaas dat julla almal op julle knieë gaan en bid dat die sondes van ons wêreldlinge vergewe moet word. Ek wil net vir Joost en Amor sê dat ek al die artikels lees en ek bid elke dag vir julle vir versoening want wie is ons as mens om te oordeel. Gaan julle twee saam op julle knieë en bid vir vergifnis en gaan aan met julle lewe. Niks in die lewe is onversoenbaar nie......!!!!!!!
Ellie Lloyd 11/4/2009 2:55:42 PM
Ag tog, hier gaan ons alweer met die glashuise en klippe gooi. Liewe aarde mense, dit is regtig nou al so afgesaag. Wees bietjie meer oorspronklik en realisties. En ja, het so amper 'n klein bietjie simpatie met Amor. Het sy nou vir een oomblik gedink sy is so spesiaal dat Joost nie aan haar sou doen wat hy aan sy eerste vrou gedoen het nie. Die wiel draai, Poplap, jy moes 2 keer gedink het voordat jy destyds met 'n getroude man rondgefoeter het. As sy twee kinders hom nie eers van sy rondslapery kon genees nie, wat sal? Glo my, hierdie tipe mans verander nooit. Hulle dink hulle is "God's gift to woman-kind". Was vir 17 jaar met so 'n man getroud. Is nou al 24 jaar van hom ontslae en glo my, hy het nou op 64-jarige ouderdom en 2 huwelike later, nog steeds nie sy streke laat staan nie. Goeie raad ook - hou op om julle vuil wasgoed in die openbaar te was. Dit is tyd dat julle nou julle beheptheid met publisiteit en aandag verruil vir net goeie ouers vir julle kinders te wees. After-all, dit is wat julle veronderstel is om te doen.
Waarheid 11/4/2009 2:57:31 PM
Ons almal is sondaars, nie net Joost en Charmaine en Amor nie. Ek en jy ook. Maar daar is genade - as jy TERUGDRAAI van jou sonde en die vergifnis aanvaar wat Christus aan die kruis beredder het, is daar hoop. Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi - en dis niemand op aarde nie. If we repent and trust in Him we will have our sins washed away. Repent and keep on repenting - don't go back to your vomit like a dog.
Gwen Winkler Van Eck 11/4/2009 3:00:32 PM
Geen een van ons is as regters oor mens aan gestel nie... Altwee partye is ewe skuldig Joost was verkeerd om toe te gaan aan verbode vrugte en ja Charmain jy het geweet hy is getroud hoekom het jy nie hom sex geweier nie? Nee toe kon jy nie wag om in die bed te kom saam met Joost nie, ek sal my kop in skande sak as ek jy is want nou dat hy klaar so diep in die moeilikheid is jou stukkie sappige nuus ook te kom vertel want hoe kan jy nou die glans lig mis jy is lyk my nou die onskuldige vroutjie in die verhaal... weet jy julle almal moet net groot word was dit my of enige ander vrou se man wat dit gedoen het dan het dit nie eers die dorp koerant gehaal nie maar nee nou dat die arme man ñ bekende is nou moet al sy sonde aan die klok gehang word. Los hom en Amor uit om hulle probleme deur te werk en te besluit wat die beste sal wees vir hulle. Dit is nie een van ons se besluit nie...
rieki 11/4/2009 3:14:17 PM
AMOR, dis JOU VOORREG om jou man te vergewe, ons is deur dieselfde ding,die mense in die dorp wil sooooo bitter graag sien dat ons net skei, maar WIE ly daaronder, nie HULLE die skinderbekke nie, net jy, Joost en die kinders en julle familie - as jy voel dis in jou krag om hom te vergewe en hy wys berou en is bereid om te verander moenie dat enige negatiwiteit van die publiek jou afsit nie, ek weet jy is in twee geskeur en wonder watter kant toe moet jy kies, en soos jy tereg sê jou hele mat is onder jou uitgeruk, maar dis jou besluit alleen - STERKTE
LOL 11/4/2009 3:32:17 PM
Charmaine jy is net so cheap soos die res van hulle wat met getroudes rond gaan. Ek sal my dood skaam as ek jy is. Wil jy ook nou ietsie uit die deal maak. PATETIES!!!
Justice 11/4/2009 3:35:21 PM
SY en SY en SY en SY en SY... was maar al te uitlokkend, gewillig en loop onskuldig weg, selfs die lae lafaard prostituut. Joost, al die agting vir jou bekentenis. Jy's `n yster. Ons mans weet... Sterkte.
UNA 11/4/2009 3:36:27 PM
WAT SE SOORT PERSOON IS JY, CHARMAINE WEAVERS OM MET 'N GETROUDE MAN ROND TE SLAAP EN DIT NOGMALS WANNEER JY WEET HY'S GETROUD EN HET 'N KIND OP PAD.EN NIE EENS TE PRAAT VAN AL DIE ANDER VROUENS, DAAR IS NET EEN NAAM VIR JULLE #$%@#$!! JY IS 'N GROOT TELEURSTELLING!! NIE EERS TE PRAAT VAN JOOST!!
Jack22 11/4/2009 3:57:37 PM
Bogger al die komentaar. Waar kan ek vir Charmaine kontak. Miskien kan ons ook 'n skandaal of twee maak.Sy is en was nog altyd HOT!!!
Tyrone 11/4/2009 4:36:59 PM
Hierdie span laat Advokaat Barbie na sneeuwitjie lyk.

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Gert sê... "Kill the Boer", Kom begin by my asb. sn@tkop Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SALES OPERATIONS MANAGER

Western Cape - Cape Town
Media24

SQL Tech Team Leader

Western Cape - Cape Town
Media24

Debtors Manager (AA)

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R420,000-470,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EAGLE CANYON GOLF ESTATE

Single Residential - House R 16 900 000

HELDERKRUIN

Single Residential - House R 8 400 000

STONE RIDGE COUNTRY ESTATE

Single Residential - House R 2 960 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!