Johannesburg

Maandag

Showers late. Broken clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Vrou in roof by woonstel op hoewe in heup geskiet

2010-01-07 00:32

Linda de Beer

’n Vrou wat onlangs in ’n huurwoonstel op ’n kleinhoewe buite Hartbeespoort ingetrek het, is gister in die vroeë oggendure deur inbrekers in die heup geskiet.

Twee skote is op me. Christa Denicker (53) geskiet toe sy die inbrekers in die sitkamer verras het. Sy het opgestaan om ondersoek in te stel nadat ’n geraas in die kombuis haar wakker gemaak het, het supt. Lesego Me- tsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Denicker en haar man, Adriaan, het onlangs in dié woonstel op ’n kleinhoewe in Melodie ingetrek, het mnr. Romano van der Spuy, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gesê. Die eienaar van die huis wat aan die woonstel grens, het die plotwag ontbied toe sy die skote hoor.

Volgens Van der Spuy het die twee verdagtes ’n skuifdeur uit sy raam gelig om toegang tot die huis te verkry. Hulle het daarna die veiligheidshek tussen die kombuis en die sitkamer oopgebreek. Dit is vermoedelik wat Denicker wakker gemaak het.

Metsi het gesê die koeël van die ander skoot wat op Denicker geskiet is, het ’n muur getref.

Sy is per ambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Haar toestand is volgens inligting wat die GPF ontvang het ernstig, maar bestendig.

Die polisie weet in dié stadium net van ’n DVD-speler en juweliersware wat gebuit is, het Metsi gesê. Die verdagtes het vermoedelik te voet gevlug. Volgens Van der Spuy is die omgewing baie bebos en ruig.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 15-28°C Widely scattered tstorms. Morning clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Showers late. Broken clouds. Mild. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Systems Architect: Advanced STB Software

Gauteng - Johannesburg
MC²

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

SUBARU

Forester 2.5 X AWD MY09
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Spirit 5-dr
2006
R 115,990.00

CHEVROLET

Lumina 5.7 SS MY05
2005
R 189,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!