Johannesburg

Woensdag

Morning clouds. Mild.

11°C
25°C

7 day forecasts

Rooftog by juwelier ‘binne 2 minute verby’

2009-11-23 00:46

Hilda Fourie

Die tweede keer in minder as ’n maand het misdadigers op die Eastern Pearl-juwelierswinkel in Menlyn Retail Park, in die ooste van Pretoria, toegeslaan.

Die drie takke van dié juwelierswinkel in Pretoria het sowat R1,5miljoen se skade gely nadat hulle vyf keer die afgelope 2½ maande besteel of beroof is, het me. Michelle Rodrigues, eienaar, eergister gesê.

Dié skade sluit nie belasting of herstelkoste, wat ná die misdade bestee moes word, in nie.

Die ander takke is by The Grove- en Woodlands Boulevard-winkelsentrum.

Rodrigues het eergisteroggend omstreeks 02:00 ’n oproep van ’n veiligheidsmaatskappy gekry dat daar by haar winkel by die Menlyn Retail Park ingebreek is.

“’n Mens kan op die videomateriaal sien hoe twee mans sowat 10 minute buite die winkel staan,” het Rodrigues oor eergister se inbraak gesê.

“Hulle het toe die een venster met ’n hamer geslaan, maar dit het nie gebreek nie.

“Die tweede venster wat hulle geslaan het, het gebreek.

“Een man het in die winkel ingekom en ’n vertoonkas met die hamer stukkend geslaan.

“Hy het silwerkettings en -armbande gesteel. Hulle het ook die Buren-horlosies wat in die vertoonvenster was, gesteel.

“Dit was binne twee minute verby.”

Dié voorval kom minder as ’n maand nadat twee groepe gewapende rowers op dié juwelierswinkel en ’n Nedbank-tak toegeslaan het. Verskeie juwelierware is tydens dié rooftog gebuit. Een rower is ná die rooftog geskiet en nog sewe is vasgetrek.

Ná die voorvalle, moet Rodrigues nou ekstra veiligheidsmaatreëls by haar winkels aanbring, wat haar R250?000 per winkel uit die sak gaan jaag.

“Ek dink nie ons winkels is spesifiek ’n teiken vir misdadigers nie, maar juwelierswinkels is beslis ’n makliker teiken vir misdadigers. Dit is maklik om van die juwele ontslae te raak,” het Rodrigues gesê.

“Daarby het die misdaad heeltemal handuit geruk.”

Dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor, het gesê ’n saak van inbraak by ’n onderneming word ondersoek.

Enigiemand met inligting rakende die voorval kan insp. Douglas Sekele, ondersoekbeampte, by 082 319 9647 bel.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Fraud Investigator

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Accounts Manager - Printing

KwaZulu Natal - Durban
Bridgena Barnard Personnel Group

SEnior C# Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2005
R 143,664.00

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr MY06
2008
R 64,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.8 Lux
1998
R 38,760.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SEA POINT

Single Residential R9,500,000

WESTCLIFF

Single Residential R11,500,000

CHAKAS ROCK

Multiple Unit R3,620,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!