Johannesburg

Maandag

Showers late. Broken clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Geld uit jóú sak om SAUK te red

2009-11-02 22:59

Pieter du Toit

Kaapstad. – Die regering beoog ’n “televisiebelasting” wat ’n styging in persoonlike inkomstebelasting tot gevolg sal hê.

Die voorgestelde Wet op die Openbare Uitsaaiwese maak voorsiening vir ’n styging van tot 1% in inkomstebelasting – geld wat spesifiek aangewend sal word om die SAUK staande te hou.

Ten spyte van ingrypendebelastingimplikasies van dié wet het dit gister geblyk dat die tesourie nie ten volle ingelig was daaroor nie.

Die voorgenome wet is Vrydag skielik in die Staatskoerant gepubliseer – sonder dat ’n witskrif uitgereik is of die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie geweet het ’n nuwe uitsaaiwet word beoog.

Die voorgestelde wet maak voorsiening vir ’n nuwe finansieringsmodel vir die SAUK, omvorm die struktuur van die openbare uitsaaiwese, omskryf die heffing van ekstra inkomstebelasting en gee groter magte aan die minister van kommunikasie om in die SAUK in te gryp.

Dr. Mashilo Boloka, direkteur van uitsaaibeleid by die kommunikasiedepartement, het by navraag erken die fynere besonderhede van die belasting is nog nie uitgewerk nie. Dit sal wel bestaande TV-lisensieheffings vervang.

Volgens hom bepaal die wetsontwerp individue sal nie meer as 1% van hul belasbare inkomste moet opdok nie.

“Ek voorsien egter nie dat die koers so hoog sal wees nie.”

Tans beplan die kommunikasiedepartement om diegene in die laagste belastingkerf (met ’n inkomste van R54?200 tot R132?000 per jaar) met 0,2% te belas.

Dit sou beteken iemand wat R132?000 verdien, sal belasting van R264 vir die SAUK betaal.

Iemand wat meer verdien, sal op ’n glyskaal nóg meer betaal.

’n TV-lisensie kos tans R250 per jaar.

“Ons moet nog kyk hoe die belasting gaan styg namate jou belasbare inkomste toeneem.

“Dit sal in oorleg met die inkomstediens gedoen en deur die minister geproklameer word,” het Boloka gesê.

Dit is ’n persoonlike belasting, wat beteken elkeen in ’n huishouding sal moet opdok, anders as in die huidige bedeling waar slegs een lisensie per huishouding nodig is.

Volgens me. Kate Skinner, veldtogkoördineerder van die Red ons SAUK-koalisie (SOS),is die omstandighede rondom die opstelling en publikasie van die wetsontwerp “verdag”.

“Ons verstaan die tesourie het nie eens die bepalings rondom hoër inkomstebelasting goedgekeur nie.

Hulle was bewus daarvan, maar die wet is sonder hul bydraes geskryf,” het sy gister gesê.

“Geen navorsing of vergelykings met ander lande is gedoen voordat dié bepalings ingesluit is nie.”

Die tesourie wou nie gister kommentaar lewer nie.

Die wetsontwerp is in pas met ’n besluit wat die ANC in 2007op sy Polokwane-konferensiegeneem het.

Volgens die konferensiebesluit moet 60% van die SAUK se inkomste teen 2010 van die regering kom.

Dit is volgens die ANC omdat die huidige finansieringsmodel die uitsaaier kwesbaar maak vir die belange van die privatesektor en hy gevolglik nie“ontwikkelingsdoelwitte” nastreef nie.

Tans kom sowat 80% van die SAUK se inkomste uit advertensies.

Net 2% kom van die regering en die res uit lisensiegeld.

Skinner het gesê die wet is vol moontlike twispunte en diedepartement sal die proses met minstens twee maande moetverleng om behoorlik bydraes van belanghebbendes te kry.

Mnr. Niekie van den Berg,DA-LP en -kommunikasiewoordvoerder, het gesê hy is bekommerd oor die “diktatoriale aard” van die wet.

Só kan TV-taks slaan

* Laagste inkomstekerf: R54 200 tot R132 000 per jaar

* Voorgestelde belastingkoers vir dié kerf: 0,2%

* So iemand sal R264 per jaar aan SAUK-belasting betaal

* Dieselfde persoon sal teen die voorsiene maksimum koers van 1% R1 320 per jaar moet betaal.

* Huidige jaarlikse koste van ’n TV-lisensie: R250

Me. Juli Kilian, sy Cope-eweknie, het dit ’n “gevaarlike tree” op die pad na ’n “belastinggefinansierde, ANC-beheerde propagandamasjien” genoem.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Suzie 11/3/2009 6:50:02 AM
Ons moet net weier om persoonlike belasting te betaal indien hulle dit of NHI inbring. Al boikot ons ons eie firmas tot hulle instem om dit nie oor te betaal aan die staat nie. As dit hulle sakke raak sal hulle stop. Dis belaglik. Ek betaal nie vir korrupsie nie
Christelle 11/3/2009 7:00:20 AM
Die wetgewing is totaal en al belaglik, waar mense in die middel en die hoe inkomste vlakke (wat gewoonlik ook DSTV het) nou betaal vir programme waaarna daar byna nooit gekyk gaan word nie, hoekom kan dit nie vasgestel wees vir elke persoon. In ons land so wil dit voorkom moet die mense wat werklik hard werk vir hulle geld, net al hoe meer belasting betaal, wat van daardie persoon wat op 'n lae inkomste skaal is? Die R 264 pm is dalk hy/sy se skoolgeld of taxigeld om by die werk te kom, daardie mense gaan net nog verder in die skuld ingehelp word omdat daar van die begin af nie behoorlike beheer was oor die finansiele bestuur nie.
Danny 11/3/2009 7:00:50 AM
Ek is permanent woonagtig in NZ, maar betaal nog belsting in SA. Indien ek as 'buitelander' belasting moet betaal op 'n TV-diens wat ek nooit gebruik nie, maak ek ten sterkste beswaar!!
Kevin 11/3/2009 7:13:56 AM
Die staat kan enige tyd my SABC 1; 2; 3 en E-TV stop daar is inelkgeval niks wat mens kan kyk nie. So hoekom moet ek daarvoor betaal. Dit wil vir my voorkom dat mense in laer salarisgroepe nie gaan betaal vir hulle tv's nie, net soos dit huidiglik is, so die mense wat nog al die jare hulle lisensies betaal gaan maar vir die laer salarisgroepe nogsteeds betaal. Dis darem maar lekker om alles verniet te kry. En kry hulle dit nie verniet nie, brand hulle inelkgeval alles af. En ek betaal ook nie vir korrupsie nie. verhaal bietjie daai geld van die korrupte amptenare se vergoedingspakette en pensioene. Los die getroue betalers uit.
Hugo 11/3/2009 7:31:22 AM
Dit dui maar weereens op die ondoeltreffendheid van die stelsel. Die vermoë ontbreek om die lisensiegelde effektief in te samel. Nou moet almal sommer betaal. Padverbruik beweeg na betaal soos jy gebruik, waarom beweeg TV lisensies nou in die teenoorgestelde rigting? Skaf alle persoonlike belasting af, maar verdubbel BTW dan betaal elkeen mos sy regmatige deel.
Derrich Smit 11/3/2009 7:34:07 AM
Dit is belaglik ons betaal op alles belasting krag gaan op kos gaan op Brandstof gaan op mens betaal al klaar 42% belasting op jou selaris as mens alles by mekaar sit kry jy minder as 50% van jou selaris wat huis toe gaan hoe kan mens so lewe waar gaan die gemors ophou wat is volgende, vat die taxie's se geld wat vir hulle gegee en gebruik dit vir Tv lisensies wat van die arm mense duidelik het die persoon wat die uitgedink het geen bruins nie.
MIKE 11/3/2009 7:39:03 AM
Dis nou tipies en dieselfde soos Eskom, hulle mors die geld op bonusse, allerhande snert en o ja moenie die die duur motors vergeet wat die direksie van SAUK gekry het en die voorportaal van hul hoofkantoor wat ten duurste oor gedoen is vir die wereldbeker nie. Wie moet weer ly daar onder? Ek en jy.. Wat n klug is dit nie,sit onbevoegde mense in die bestuurstoele en siedaar dis wat jy kry!!!!
Rika 11/3/2009 7:41:35 AM
Indien hierdie wetgewing plaasvind, beteken dit dat die agterstallige TV lisensiegeld afgeskryf gaan word? Ek is een van die min mense wat my TV lisensie gereeld betaal en my TV lisensie het nou juis verval en ek ontvang hordes dreig-sms'e van SAUK net omdat ek 'n week laat is! Wonder wie betaal daarvoor?
Dirk 11/3/2009 7:43:57 AM
Nou verstaan ek ook die konsep van 'quick cash'. Vergryp jou aan 'n ou 1 persentjie hier en 'n ou 1 persentjie daar en siedaar. Sodoende word algemene onbevoegdheid verdoesel en die 'Piet-nie-taks' (wat nie wil werk en dus nie belasting betaal nie) kan rustig verder by die huis sit en TV kyk op die onkoste van die algemene belastingbetaler. Dit terwyl die lisensie fooie en inkomste uit advertensies vir jare lank al meer as voldoende was (en dit nogal terwyl daar heelwat 'voorheen benadeeldes' was wat in elk geval nie lisensies betaal het nie - was daar nie toe ook heelwat meer plaaslike produksies in opdrag van die SAUK nie?). Oor 5 jaar is daai ou 1 persentjie mos nou ook nie meer goed genoeg nie - ons moet darem onthou dat die kostes vir 'kwaliteit uitsendings' dramaties sou toeneem en die vorige berekeninge van 1 persent was eintlik foutief (die eintlike rede natuurlik dat al die geld vermors is soos wat dit tot dusver gedoen is). Melk maar gerus voort.....
Base 11/3/2009 7:45:24 AM
Ek het nie eens 'n antenna nie, betaal wel my TV Lisensie, maar daar is nie 'n manier dat ek die pot snot wat op SABC 1/2/3 sal kyk nie. So ek betaal klaar vir 'n diens wat ek nie wil hê nie. Nou wil jy vir my sê ek moet tien maal meer daarvoor betaal. Gan vlieg man. Dinge soos dit dryf mens tot onredelike redenasies soos belasting ontduiking...
Jaco @ Suzie 11/3/2009 7:57:59 AM
Ek stm saam jou, ek betaal my eie medies, my eie sekeriteit, die staat doen niks vir my so hoekom moet ek tax betaal as hulle skaars in 118 dae 350miljoen blaas op partytjie
Julius 11/3/2009 8:00:09 AM
Weereens "Another National Corruption" skema om sodoende meer geld te genereer sodat daar meer korrupsie gepleeg kan word. Die E-Natis "R30,00" sou ook kwansuis net n jaar lank verhaal word maar is ook nog steeds daar om aan iemand n salaris te verskaf. Het julle regtif gedink dinge sal anders wees met n nuwe president
Tina 11/3/2009 8:02:55 AM
Die groot vraag is of die geld wat so gevorder sou word, wel aangewend gaan word vir TV, of gaan die soustrein maar net nog lekker souserig raak?
Lindi 11/3/2009 8:08:52 AM
Ek het sowaar as wragtig nie eers die hele artikel gelees nie - net so vinnig "ge-scan" en dit lyk mos vir my of ons al hoe meer beweeg na 'n kommunistiese land. Ons betaal ons hele verdienste aan die staat op en hulle "re-disgtribute" dit waar hulle dit nodig het.
Chris 11/3/2009 8:11:22 AM
Dit is tipies van Afrika verleiers om te maak of alles van die verlede sleg was, wat dit soos almal wat daar was weet nie sleg was nie, nee wat: "Julle bly in Transvaal, djulle sal dênges en bataal en ons is in beheer, auk!"
D 11/3/2009 8:11:34 AM
Belaglik in die oortreffende trap. Hoekom stel die S-Y-B-C nie ’n dekodeerder in wat beteken almal wat na hul strooi wil kyk daarvoor betaal nie. Hulle kan selfs soos die selfoon maatskappye maak en ’n "pay as you go" diens beskikbaar maak. As jy betaal kan jy kyk anders is dit taboe. Hulle moet mos nou alles verander om HD en digitale TV beskikbaar te kry. Maar dis mos die maklikste manier om geld in die hande te kry, belasting, in plaas daarvan om die spul onbevoegtes in die pad te steek.
Gabbie 11/3/2009 8:17:20 AM
Kyk, as dit by skelm streke kom, is hierdie mense bo baas. In die verlede het net een persoon 'n tv lisensie in 'n huishouding betaal. Gaan dit nou beteken dat almal in 'n huishouding wat belasting betaal nou vir 'n tv lisensie moet betaal??? Dit is mos verregaande. En wat van die derduisendes wat nie belasting betaal nie, maar wat TV's het? Op watter manier gaan hulle dan betaal?
Skande 11/3/2009 8:21:06 AM
Weereens betaal 70% van die land nie vir iets terwyl die 30% wat betaal nou maar trippel moet betaal sodat die ander dit verniet kan kry. TV, Krag, Water, Medies. Wanneer gaan die idiote in die regeering wakker skrik dat 30% die die hele land kan versorg nie??
Gerhard 11/3/2009 8:30:20 AM
Wat siek is, dat elkeen wat salaris verdien bo R54k dit gaan betaal, so in `n huis waar net 1 tv is, maar 3 salaris trekkers, gaan hulle `n sh!t huis vol geld kry.
Wat maak hulle as jy nie `n tv het nie?
Gaan hulle nou actually ordentelike programme uitsaai of is dit maar net om nog partytjies en bonusse te fonds?

@Christelle: Daai belastinggeld word jaarliks bereken, nie per maand. gelukig.
Christo 11/3/2009 8:32:34 AM
Dit sal net weereens beteken dat slegs 'n handjievol mense die SAUK gaan onderhou. Soos die statistieke tans bewys het, is daar slegs 7 miljoen werkende belastingbetalende individue waarvan 25% in die middel tot hoë inkomstegroep val. Weereens word die "ryk" gemeenskap gebruik om die armstes van die armstes te subsidieer. Dus, hoe meer jy het, hoe meer word van jou weg geneem.
Gerrit 11/3/2009 8:32:55 AM
Ek dink dis belaglik om so iets te doen, daar is in elk geval niks om te kyk op Sabc 1, 2 , 3 en E tv nie, alles word herhaal, nou moet ons nog meer betaal, hoekom vat hulle nie die tv lisensie gelde weg as hulle sulke nonsens wil aanjaag, wat van die mense wat nie `n werk het nie, hy kry net als verniet en die wat werk moet net betaal, wanneer kry ons gewillige betaalers ook iets verniet of terug uit alles wat on moet betaal dis belasting op dit, belasting op dat, belasting op alles, die regering kry al die geld en ons wat hard werk om net aan die lewe te bly kry net mooi niks, nee ons moet net uit haal en wys, betaal, betaal, betaal. Gee vir ons beter diens, beter en nuwe programme, geen herhaalings en stront nie, ons wil kwaliteit vir ons geld hê want as ons vir alles moet betaal moet ons ook begin om aandele te hê in alles en ook iets uit die "DEAL" kry. Ek dink genoeg is genoeg ons word net uitgebuit in die land, want ons moet net vir almal se foute en gesteelery betaal. Gee ons beter diens, programme en meer statsies, dalk moet die SAUK die nuwe Set Top Box vir die mense wat hulle Tv lisensies betaal verniet gee aangesien ons vir alles bettal.
Ineke 11/3/2009 8:35:43 AM
As dit die geval is raak ek van my televisies ontslae. As ek nie een besit nie kan hulle nie verwag ek moet daarvoor betaal nie. Elk geval is daar net gemors op TV. Enigste tyd wat ek wel my TV aansit is wanneer ek DVD's ten duurste gekoop het of uitgeneem het. Ek kan nie onthou wanneer laas ek enigsins enige iets op TV gekyk het.
Sorry ANC Regering, ek slaan eerder my TV stel stukkend as wat ek so baie geld gaan bestee om vir gemors op TV te betaal wat ek elk geval nie kyk nie. Dis tyd dat almal saamstaan en ESKOM en die SAUK boikot. Hulle kry vet salarisse en bonusse en ons moet net betaal betaal betaal. En intussen word mense gemoor, verkrag ens. Gee eerder meer geld vir die Polisie, oops, ek het vergeet dit gaan ook nie help nie want die Polisie is vol misdadigers en korrup.
Bernard 11/3/2009 8:37:19 AM
Hulle kan dit op hul vet gevrete pense skryf, daar is nie n manier nie. BIBI TV. Geen TV, geen belasting.
Nicky 11/3/2009 8:37:50 AM
Voorstel - sluit die SAUK en vat dit van die lug af. Ek kyk dit nooit nie en wil dit nie he nie. Hoekom moet ek betaal vir iets wat ek glad nie wil he nie
MONIQUE 11/3/2009 8:40:24 AM
Dit is absoluut belaglik maar dit verbaas my glad nie. So Jannie wat nie werk nie en nie 'n inkomste verdien nie kan nou maar verniet tv kyk terwyl ons hardwerkende landsburgers maar moet pa staan vir die wat kan betaal nie. Ek stem saam dat 'n wetgewing ingebring moet word betaal vir wat jy gebruik. Kry dan 'n pay as you go sisteem in plek. Dit lyk my die regering voel 'n veer vir sy landsburgers solank as wat die CEO's van die maatskappye in weelde kan leef en ons daarvoor moet betaal. Geen wonder mense wil nie meer hier bly nie.
johann v zyl 11/3/2009 8:40:43 AM
Wat gaan aan met ons regeering vir hoe lank moet ons mense nog gestaf word vir dit wat ons oupas gedoen het en wat ook nie verkeerd was nie dit was sy oupa wat n slapgat was en toegelaat het dat hul agter gebly het. Daar is bykans geen staatsinstansie wat jy by kom en uitstap en voel jy het goeie diens ontvang nie. Weereens die slap houding van ek doen jou n guns om jou te help, maar daar is n ligpunt ook die jong mense van vandag in alle rasse groepe begin besef ons is die toekoms en tree op teen die swak dienste. Mr die President raak ontslae van die parrasiete en slapgate in jou departement dan sal dit nie vir ons hardwerkunde belasting betalers nodig wees om hierdie subsidies te betaal nie.
Thinus 11/3/2009 8:43:28 AM
Alweer moet die belasting betalers betaal vir die onbevoegde en korrupte ANC cronies wat soos gewoonlik alles opneuk so ver hulle gaan. SABC 1,2,3 en e-tv is 'n klomp stront en ek stel geensins belang om enige van daardie stasies te kyk nie, want ek ky nie gemors of programme in swart tale nie. Ek stem vir 'n belasting biokot en laat die SABC en die ANC in hulle hel in vlieg. Klomp idiote.
Jack 11/3/2009 8:47:58 AM
Dit is belaglik dat mense wat meer verdien, meer moet betaal. Gaan hulle meer TV kyk as die mense wat nie so baie verdien nie? Soos dit is, is daar maar bloedweinig om te kyk.
Skim 11/3/2009 8:49:05 AM
as ons taks onduik en in dit in n ander bank kan betaal vir die diens wat ons soek sal dit goed gaan met ons, ons dra die ANC ons is dalk min maar ons is nogsteeds "In Power"
Alta 11/3/2009 8:50:43 AM
Not 'n hel. Hierdie storie moet geboikot word so gou soos nou. Elke jaar kry ons die selfde "Festivals". Ons ken al daai goed al woord vir woord, beweging vir beweging uit ons koppe uit, en verder is daar omtrent GEEN Afrikaanse of behoorlike Engelse stories vir ons om te kyk nie. As daar 'n goeie Engelse storie is is dit net seks, dan gooi ek hom in elk geval af, so waarvoor moet ons nou daai baie geld betaal.

Ek hoop die regte mense gaan die regte lawaai maak om dit gestop te kry.
Pelser 11/3/2009 8:55:00 AM
"Hulle" wil al die goue eiers verniet he^ maar terselfde tyd wil "hulle" die hen wat dit le^ doodmaak.
7x57 Mauser 11/3/2009 8:55:26 AM
Dit is maar net die begin. Julle wou mos ja gestem het so kry vir julle.
Jaco 11/3/2009 8:59:19 AM
WAAR KAN ONS GAAN STAAK OM NIE MEER TAX TE BETAAL ?
Pieter 11/3/2009 9:05:44 AM
LEKKER IN DIE NUWE SUID AFRIKA. LAAT JULLE IN JULLE EIE kierankies BRAAI JULLE KLOMP JA STEMMERS. MOET NIE NOU KERM NIE. ONS WAT NEE GESTEM HET WAS MOS VERKRAMP!!
Juan 11/3/2009 9:08:06 AM
O moet nie huil nie, o moet nie treur nie! FW het wigte & teen wigte onderhandel by Kempton Park vir jou & my! As julle gedink het die Tuis Lande was n bodemlose put, dit was n vulletjie teen dit wat kom! Die salaris trekker kan kla & grom soveel hy wil, hy het geen mag nie! Die ANC is nie agter jou stem aan nie! Sela
isak Venter 11/3/2009 9:14:29 AM
Ek kan beswaarlik glo dat dit hoegenaamd n oplossing is vir die probleem. Ek sou se die oplossing is n dekodeerder soos MNET sin en as jy wil kyk moet jy betaal. As mens kyk hoeveel mense loop met selfone rond en betaal ten duurste vir oproepe in plaas daarvan om van landlyne gebruik te maak, is daar geen rede waarom hulle nie ook R25 per maand aan n TV lisensie kan spandeer nie. Die probleem van die regering is dat hulle alle swak besluite deur hulself,swak bestuur, verliese in die staatskas, korrupsie en dies meer wil finansier met eerlike hardwerkende mense se geld.MAKLIK!
Dit spreek nie van intellegente denke nie maar eerder van kortsigtige gierigheid.
Bella 11/3/2009 9:16:23 AM
Liewe aarde! Waar gaan dit eindig? Ek besit nie eens 'n TV nie.. wat van al die mense in die townships en ander plekke wat ALMAL TV's besit? Die taxi eienaars... die mense wat nie hulle inkomste verklaar nie, nee kyk se my net waar ek moet toi-toi en ek is daar. Dit raak darem nou te belaglik. Ek het nie vir DIE regering gestem nie.....
Koffie 11/3/2009 9:21:26 AM
JA NEE. Soos met alles waaraan DIE regering raak, verval als en word gedink dat diegene wat werk 'n onuitputlike bron van geld het en net eenvoudig vir hul(die patetiese regeerders)eenvoudigheid en swak beplanning en bestuur moet aanhou betaal. Dit hoef nie genoem te word wat als al plat geval het nie, kom ons vra WAT STAAN NOG. Kom ons kyk na wat nog voorlê: 1. Astronomise krag vehogings (swak bestuur / beplanning) so om en by - afhangende hoe dit berekn word (1 - 1 is mos 0, kom ons hef belastings) 160 % en dis nie waar die verhoging stop nie, alle goedere sal persentasie gewys styg, kom ons se EFKOM-REGERING gaan eintlik so 200% + ekstra van jou sak vat - dit klink lekker op die ore van die regering. 2. 'n Nuwe entiteit om weer en meer van te verduister en nog 'n paar "FAT CATS" te genereer - DIE VOORGESTERLDE 10% VERPLIGTE PENSIOEN AFTERKKING, ongeag daarvan dat jy reeds aan 'n fonds behoort. 3. En nou die TV belasting (het mos gese 1 - 1 = 0 , kom ons hef belasting) 4. Veredere belastings volg (die regering wag nog net vir 'n nuwe "blink" idee om aan te kondig) JA NEE
Anca 11/3/2009 9:28:32 AM
Hoekom moet ons wat elke jaar ons lisensie betaal nou meer betaal? Dis nie asof die programme dit werd is nie en asof ons wat dan meer betaal meer TV kyk as die wat nie betaal nie. Dis gaan dan beteken dat in ons huishouding met 1 TV maar 3 salarisse (ek, man en kind) amper R2500.00 gaan betaal om na wat te kyk? Dis alweer die gemiddelde en wetsgehoorsame wat net nog meer onder druk geplaas word. Dit moet gestop word, so kan dit nie aangaan nie.
freddie 11/3/2009 9:28:36 AM
nee genade nou gaan dit te erg! hulle steel die SAUK bankkrot net soos die Landbank en dan bail die belasting betaler hulle uit?? Hoe op aarde werk dit mense? Die antwoord is eenvoudig...vat jou goed en trek..welcome to Africa!! Our way ot the highway...klaar!
choert 11/3/2009 9:47:36 AM
Een van die dae sal ons vir "washers" werk en na die aftrekkings sal ons net die gaatjies kry om huis toe te vat.
Gvol 11/3/2009 9:55:40 AM
En wat gaan van al die advertensie geld word? Gaan advertensie tariewe nou met 50% gesny word vir die voordeel van 'n sekere klomp. As jy 60% van die regering af kry, verloor jy jou onafhanklikheid. Dus kan dit 'n manier wees om die media te "beheer". Almal weet wat die invloed van TV is... Skielik onthou ek wat gesê is so 30 jaar t'rug..
Tom 11/3/2009 10:02:18 AM
Kyk lankal nie meer TV 1/2 en 3 nie, want die enigste programme wat ek wel gekyk het (NCIS, Law & Order, ens) word so laat uitgesaai dat ek dit nie kan kyk nie. Dit is nou te sê as ek die volgende dag wil wakker bly by die werk. Die soustrein se sous word al dikker. Laat al die ministers vir 'n jaar lank die helfde van hul salarisse, wat hulle nie verdien nie aan die SAUK skenk en daar sal meer as genoeg geld wees om te betaal vir die korupsie in die SAUK.
Mariana 11/3/2009 10:25:32 AM
NEE KYK, dit is nou regtig genoeg. Hoeveel moet ons middelinkomsteklas nog opdok omdat die REGERING ONBEKWAME mense indiens neem, wat net in hul poste sit en hul sakke vol prop. Ek kan nie glo dat die Regering enigsins so iets kan en sal oorweeg nie, ergste van als dan is dit ook nou nog AGTERBAKS gedoen deur nie die regte prosedures te volg nie. HOE SKELM WIL DIE REGERING EN DIE SAUK NOG WEES, HOEVEEL WIL JULLE NOG STEEL EN VAT!!! Waar is die Vorige Bestuur en Raad van die SAUK, is daar al bedrogsake gemaak, is daar al arrestasies gemaak, is daar al van hul bates terug gevat, is daar al van die HOPE GELD wat hulself so aangehelp het terug in die SAUK se koffers??? NEE, maar ONS Suid-Afrikaners moet maar opdok en betaal vir al hierdie geldvergrypers, wanneer word ons belasting nie ook gevat vir die SAL en Eskom nie... Regering en die SAUK kan maar my TV kom vat - daar is in elkgeval niks op TV om na te kyk nie - lees eerder 'n boek. O JA, TERLOOPS AS EK NIE 'N TV HET NIE EN HUL VAT 1% BELASTING VAN MY, KAN EK 'N SAAK VAN DIEFSTAL TEEN DIE STAAT/SAUK AANHANGIG MAAK? WAT IS MY REGTE AS BELASTINGBETALER DAN? HET EK REGTE? Hoop iemand sal kan antwoorde gee op bostaande vrae. Kan mos nie geld vat vir iets wat ek nie het nie dis mos nou alweer 'n ander manier van STEEL...
Johan 11/3/2009 10:26:50 AM
So nou gaan almal wat tv's het en minder as R 54000 'n jaar verdien verniet kyk en ons wat werk en ons huidige tv lisensies betaal vir hulle ook betaal. Ek wonder soms wie die dom persoon in die regering is wat al die wette skryf. Dis verseker iemand met geen opleiding en 'n baie lae IK!
Ronel 11/3/2009 10:28:02 AM
Dit is absoluut belaglik - ek kyk nie eens TV1, 2 of 3 nie. Daar is niks om te sien nie!
jaykay 11/3/2009 10:32:54 AM
Nog net 'n klein rukkie en hierdie mooi land is getransformeer tot in die grond in. S.A. word regeer op 'n eksperimentele grondslag. Alle eksperimente misluk. Armoede is nie die grootste nasionale bedreiging nie, maar onbevoegdheid. SABC is maar een voorbeeld op 'n lang lys. Hierdie narre dink die antwoord is om vir Bontlies nou 7 keer per dag te melk. Wanneer die koei protesteer en die melk verdwyn sal hulle sekerlik die nie-amptelike agenda volg, wat in elk geval net met leestekens van Bob Mugabe s'n verskil.
Marthe Lotz 11/3/2009 10:36:50 AM
So is ek reg dat ek min of meer R5400 per jaar gaan betaal vir 'n TV wat ek nie eers besit nie?
Dis meer as wat ek 'n jaar op klere spandeer!
Harry 11/3/2009 10:37:43 AM
Ons het nie eens 'n TV nie want dis net rubbish daar op hoekom moet ek dan belasting betaal vir iets wat ek nie het nie. Dit is nie regverdig om mense sonder TV's te belas nie. SA gaan reeds gebul onder onredelike belastings hoe kan ons dit ook nog bekostig. Waar moet daardie inkomste vandaan kom om die SAUK in weelde te laat partytjies hou?
Met belasting geld. Nie makilik nie.
Linndi 11/3/2009 10:40:24 AM
Dis belaglik! Al wat ek eintlik wil se is "WTF!!"
eugene botes 11/3/2009 10:40:51 AM
hoekom kan niemand ons hoor nie...ons wil nie die SAUK he' nie...hoekom verduur ons hierdie afpersing van die regering? hoe lank voor ons vir daglig moet betaal,belasting op ons velkleur...vir sonopkoms en sonsondergang-dis snert..dis afpersing en diefstal en ons doen niks want ons-as iemand kan hoor ek wil nie na julle patetiese materiaal kyk nie..ek wil nie nog n herhaling sien wat ek reeds in 1978 gesien het nie -ja 3 jaar na tv begin is - hoeveel nog BMW's kan ons land se paaie hanteer???
Mariana 11/3/2009 10:43:24 AM
7x57 Mauser & Pieter, suustog julle arme dwase nie almal het Ja gestem en maak nie saak wat wie gestem het nie, JULLE ou FOOLS betaal dieselfde, JULLE word ongelukkig nie onderskei van wie JA of wie NEE gestem het nie.

Dis mense soos julle wat GEEN ruggraat het om eers vir julself op te staan nie. So bly eerder stil, want al die hardwerkende mense hier kry net so swaar. Jul politieke opinies van amper 17 jaar terug is nou al holrug gery kom by of kom daar oor.
Johan 11/3/2009 10:43:28 AM
Volgende jaar is daar dalk nog ‘n 1% by om vir die wat verniet kan kyk maar nie ‘n tv het nie, ‘n tv te koop, solank hulle net stem!!
Hennie 11/3/2009 10:43:36 AM
So wat gebeur wanneer jy en jou vrou saambly en julle het net 1 tv, maar julle word albei belas vir 'n tv lisensie. Ons bly lankal nie meer in Suid Afrika nie, dis nou die Communist State of Azania!
anti tv 11/3/2009 10:53:26 AM
Ons het nie eens tv nie.Hoekom moet ons nou betaal vir die spul wat in elke geval meer as ons verdien en nie belasting betaal nie. Korupsie,korupsie dis al wat dit is.
Talitha 11/3/2009 10:55:07 AM
Dit is tyd dat al die geld wat so “gesteel en vermors” word wan die betrokke verantwoordelike persone verhaal word, terug betaal word waar dit hoort en betaal vir jou eie gelag. Kom aan Mnr Gordan. Sit vir ‘n slag jou voet neer en sê aan hierdie persone (nie die 25% belastingbetalers): “Haal uit en wys boetie en sussie. Jy het dit onwederegtelik gevat, nou wil ek dit terug hê met rente.”
Machiel 11/3/2009 11:04:53 AM
Die ouditeur generaal se verslag vir die tydperk September 2007 tot Junie 2009 wys dat daar meer as R624 000 000 se ongemagtigde uitgawes deur onbevoegde idiote by die SAUK aangegaan is. R11.3m daarvan is aan n privaat reisagentskap betaal. Hoekom is hierdie skelms nog nie vervolg nie?? Meer geld gaan net meer bedrog tot gevolg hê. Die wat voorstel dat ons ons belasting geld moet terughou moet weer dink. Daar kom wetgewing wat SARS gaan toelaat om belasting wat jy skuld direk uit jou bankrekening te onttrek. Hulle het ons by die kort hare beet. Die wet van Gauteng is: K-- en betaal daai deng!!
Mariana 11/3/2009 11:24:20 AM
VRAGIE VIR BEELD REDAKSIE... Is dit nie dalk moontlik dat ons skrywes en griewe wat almal hier pos asseblief aan die ANC, DA, IVP en al die ander politieke instansies gestuur kan word nie. SOLIDARITEIT help manne dat ons kan opstaan teen hierdie belaglikhede, reël 'n TOI TOI of beter skep 'n Bankrekening/Trust waarin ons, ons werkgewers kan dwing om ons belasting in te betaal en al ons munisipalegelde, en dan hoor wat die Regering en COSATU dan te sê gaan hê, waar gaan hulle dan geld kry om te steel. Talitha Stem - Mnr Gordan, hou op praat en maak voorbeelde van die mense wat almal en die Regering so Besteel. Vat terug die buitensporige BONUSSE wat al hierdie mense heel duidelik nie verdien nie, hierdie goue handdrukke om van patetiese diewe ontslae te raak, lyk my nie die ouens daar bo en binne dink baie mooi met die lae IK's nie. Ons almal verdien ook net soveel...
7x57 Mauser @ Mariana 11/3/2009 12:42:35 PM
Jy kan nou lekker trots wees omdat jy ja gestem het vir korrupsie, moord, verkragting en kommunisme. Dis sulke slim liberaliste soos jy wat eintlik moet betaal.Gaan huil eerder op jou maaitjie FW se skouer dalk sal hy jou huishouding se ekstra 1% betaal.
Marelé 11/3/2009 12:57:06 PM
Ek dink dis onregverdig dat die mense wat wel getrou hulle TV lisensie betaal ook oor dieselfde kam geskeer word as die nie-betalers. Dalk moet hulle ook verder kyk. Wat het die SAUK se ondergang veroorsaak? Dis nie noodwendig net lisensies wat nie betaal is nie, maar persone in hulle administrasie wat geld nie oordeelkundig bestee het nie sowel as buitensporige salarisse wat betaal word aan mense wat nie die werk kan doen nie.
Magriet 11/3/2009 1:10:41 PM
Nie alle belasting betalers het tv's nie en hoekom moet dit nou weer net 'n paar mense wees wat moet gaan betaal? Die regering kan liewer 'n belasting op die verkoop van nuwe tv's bysit en die betrokke instansie kan dit oorbetaal. As jy byvoorbeeld kan bekostig om 'n R20 000 tv te koop kan jy sekerlik ook bekostig om jou deel te betaal. Gaan kyk maar wie is die persone wat hierdie tv's koop.
rudy 11/3/2009 1:15:16 PM
Dink lyk meer soos daai BRAAI TAX JOKE. Is julle seker hierdie is nie 'N april fools joke nie. Miskien moet die ryker man meer betaal omdat sy televisie groter is...en dus 'n groter sein nodig het. Dis belaglik.
Johan 11/3/2009 1:50:15 PM
Hoekom stel die regering nie net n belasting in wat se 10% vir al ons kurptes in die regering van die dag.Oral is dit net dieselfde ons moet maar net betaal vir al die onbevoegdes in die land.Dit raak tyd dat ons ook nou moet begin staak en nie belasting betaal nie en kyk wie gaan dan iets daaraan doen.Solank die anc aan bevind is sal niks verander nie Hierdie is maar net nog n foefie voor die volgende munisipale verkiessing.Maak die sauk n private onderneming en dan sal ons sien wat gaan gebeur. die sauk moet gebruik maak van n dekodeerder dan sal hulle probleme op gelos wees of niemand sal belang stel om na hulle gemors te kyk nie.
Pieter 11/3/2009 1:55:56 PM
Ek besit gladnie 'n TV stel nie. Hoe kan van my verwag word om die kostes van sowat 4 huidige TV lisensies op te dok?
Belastingbetaler 11/3/2009 2:40:15 PM
Geagte Mnr Gordon: Dit is tyd vir voet neersit en nie die 25% van die SA bevolking wat belasting betaal, nog verder in die grond indruk nie. Dus staan jou man en sê: Genoeg van julle het nou gesteel en wederegtelik geneem wat jou nie toekom nie. Tyd dat jy terug betaal . Skep ‘n trust en al hierdie bedrae word daarin betaal. So kan die SAUK, ESKOM ens gefonds word. Hoe dink jy moet die ouer garde wat hul hele lewe lank belasting betaal, al die korupsie helo betaal? Kry almal van ons in die land 20 – 50% salaries verhooging? Nee Meneer. Ek het die laaste 3 jaar nie eers ‘n 2% verhoging (en dit in die privaatsektor ) ontvang nie. Hoe verwag julle dat die persone met pensioen moet gaan en plek maak vir die jonger garde met al hierdie prysverhoogings. Ons verdien nie almal ‘n paar miljoen so wat per jaar nie.
Elizabeth 11/3/2009 3:07:42 PM
Dus die hardwerkendes gaan weer(steeds) betaal vir die klomp wat roof tv op die oomblik kyk en wat ook nie enigsins belasting betaal nie. Dis mos somemr nonsens - ons KYK nooit eers na SABC1/2of 3 nie
Jakkals 11/3/2009 3:15:49 PM
Ek kyk nie TV nie en ek besit ook nie TV nie en ek wil ook nie eens een verniet he nie want ek het 'n rekenaar. En ek weier verseker om te betaal vir die klomp stront wat uitgesaai word.
Nou wonder ek hoeveel gaan die ministers en malemas vir hulle tv lisensies betaal?

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 15-28°C Widely scattered tstorms. Morning clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Showers late. Broken clouds. Mild. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Regional Sales Manager - Corporate

Western Cape
West Coast Personnel
R18,000-20,000 Per Month Basic Salary Plus Comm

Facilities Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Senior C# Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

SUBARU

Forester 2.5 X AWD MY09
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Spirit 5-dr
2006
R 115,990.00

CHEVROLET

Lumina 5.7 SS MY05
2005
R 189,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CAMPS BAY

Single Residential - House R 12 950 000

PLETTENBERG BAY

Single Residential - House R 12 500 000

WATERKLOOF

Single Residential - House R 18 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!