Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

Onwettig ry dán nie gestraf – landdros

2010-02-09 00:56

Carina van Wyk

Die minister van vervoer het te velde getrek teen ’n landdros wat sê ’n leerlingbestuurder wat in die hof kan bewys hy het onwettig bestuur omdat hy ná talle pogings nie ’n afspraak vir sy rybewystoets kon kry nie, sal waarskynlik skotvry daarvan afkom.

Mnr. S’bu Ndebele het gister in ’n verklaring gesê adv. Daniel Thulare, hooflanddros van die Daveyton-landdroshof naby Benoni, verdedig wetteloosheid.

“Ek sê nié ‘gaan bestuur met jou leerlingrybewys nie’,” het Thulare gister aan Beeld beklemtoon.

Thulare reken iemand wat in die hof verskyn en kan bewys dit was vir hom onmoontlik om sy rybewys te kry, sal waarskynlik onskuldig bevind word.

So iemand sal moet bewys hy het die nodige stappe gedoen, soos om afsprake te probeer maak. Hy sou moes rekord hou van wanneer hy afsprake gemaak het, hoe lank hy aangehou het elke keer wanneer hy die oproepsentrum gebel het ensovoorts, het Thulare bygevoeg.

“Geen redelike mens (landdros) sal nie verstaan nie.”

Volgens Thulare moet die staat mense die nodige hulpbronne bied om hul rybewys-toetse af te lê.

Hy het gesê ’n man wat al vier keer ’n leerlingrybewys gehad het en nie ’n afspraak kon kry nie, het hom genader. “En hy is nie die enigste ou nie.”

Prof. Marinus Wiechers, oudregsdosent aan Unisa, stem nie saam met Thulare nie. Sou die hof iemand wat met net ’n leerlingrybewys bestuur het, onskuldig bevind, neem die hof aan dat die beskuldigde die rybewystoets sou geslaag het indien hy dit afgelê het, reken Wiechers.

“Die hof kan dit nie doen nie. Hy is nie ’n rybewystoetsterrein nie.”

Volgens Wiechers kan die landdros iemand wel skuldig bevind, maar ’n gesukkel om ’n afspraak te kry as versagtende omstandighede beskou en die onwettige bestuurder nie beboet nie.

Ndebele het gesê ’n leerlingbestuurder sal in die geval van ’n botsing daarvan aangekla word dat hy nie ’n rybewys het nie en ’n siviele eis kan teen hom ingestel word.

“ ’n Ongelisensieerde bestuurder bedreig nie net sy/haar eie veiligheid nie, maar ook ander padgebruikers se veiligheid.”

Mnr. Logan Maistry, Ndebele se woordvoerder, het gesê die departement is bekommerd dat Thulare se stellings die indruk kan wek dat dit aanvaarbaar is om met net ’n leerlingrybewys te bestuur.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-33°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-28°C Light rain. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

HR & ADMIN ASSISTANT

Gauteng - JHB North/Sandton
Stafforce Recruitment Services

Category Manager: Toys

Western Cape - Cape Town
Media24

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Atos 1.1 Prime GLS 5-dr MY07
2008
R 74,990.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2008
R 229,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SENDERWOOD

Single Residential - House R 10 000 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 6 150 000

CONSTANTIA

Single Residential - House R 30 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!