Johannesburg

Dinsdag

Broken clouds. Pleasantly warm.

13°C
26°C

7 day forecasts

Nóg ’n aanval op toeriste in Hermanus-reservaat

2009-12-23 04:22

Hermanus. – Twee Kanadese toeriste is gisteroggend in die Fernkloof-natuurreservaat hier aangeval en ernstig beseer. Dit is die vierde aanval in dié reservaat die afgelope twee maande.

Die twee toeriste, wie se name nie bekend gemaak is nie, is deur ’n onbekende aantal aanvallers met messe gesteek en glo ook met klippe bestook.

Die aanval het omstreeks 07:15 gebeur, maar die erg beseerde paartjie is eers omstreeks 10:00 op die staproete deur ’n ander groep stappers gevind.

Paramedici is ontbied en het die paartjie op die toneel gestabiliseer voordat hulle met ’n reddingshelikopter weggevat is.

Die helikopter was in die omgewing van die natuurreservaat om te help met die verwydering van die lyk van ’n onbekende man wat eergister deur stappers op ’n rotslysie in die berg gevind is.

Na verneem word, is die paartjie na die Medi-Clinic in Hermanus gebring. ’n Woordvoerder van dié hospitaal wou egter nie bevestig of hulle daar is nie.

In November is ’n Italiaanse paartjie en ’n Duitse paartjie in afsonderlike voorvalle in dié reservaat deur twee mans aangeval en met messe gedreig.

’n Groep van agt bejaarde stappers van Somerset-Wes is einde November ook in die reservaat aangeval.

Ná die aanval op die bejaardes het die Overstrand-munisipaliteit aangekondig dat sommige van die 100 wetstoepassers wat vir die feestyd aangestel is, ook by die reservaat ontplooi sal word.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


VERTEL 1/2/2010 7:07:29 PM
ONS HOOP AS HUL HUISTOE GAAN HULLE OOK VIR HULLE MENSE VERTEL WAT HIER IN SA AANGAAN
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... Zack, is jy bedônnerd om in die Nuwe Suid Afrika om naamsveranderinge te pleit? Besef jy nie wat die spul met die naam sal aanvang as daaraan verander word nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Jhb: 15-29°C Broken clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 13-26°C Broken clouds. Pleasantly warm. Pta: 15-28°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-27°C Partly cloudy. Mild. PE: 18-25°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Managing Accountant (AA)

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Business Analyst

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-550,000 Per Annum Cost To Company

Company Legal Liaison Manager

Western Cape
West Coast Personnel
R500,000-600,000 Per AnnumBased On Experience Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2008
R 109,995.00

AUDI

A6 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl
2004
R 194,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 Raider D-4D RB Dsl PU MY08
2009
R 259,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!