Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Klein robot help dalk lewens red

2009-11-18 22:43

Bielie van ’n buksie ... Mnr. Riaan Stopforth van die Universiteit van KwaZulu-Natal se skool vir meganiese ingenieurswese by Caesar.Foto: Dries Liebenberg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dries Liebenberg

Durban. – ’n Bonkige buksie van ’n robot is vandeesweek by die Universiteit van KwaZulu-Natal bekend gestel wat moontlik eendag kan help om die lewe van brandweermanne en reddingswerkers te red.

Caesar staan maar 27 cm hoog op sy rusperbande en is 70 cm lank en breed.

Dit is ’n akroniem vir Contractable Arms Elevating Search and Rescue Robot.

Caesar kan vir ’n uur lank met sy battery-aangedrewe 12V-motortjie trappe klim, oor onstabiele puin beweeg en hindernisse uit sy pad stoot om by klein openinge in te kom om te sien of mense vasgekeer is.

Buiten die twee rusperbande het die robot ook twee stelle arms wat met rusperbande toegerus is wat dit groter beweeglikheid gee.

Volgens mnr. Riaan Stopforth van die universiteit se skool vir meganiese ingenieurswese is sulke stedelike soek-en-reddingsrobotte vir die eerste keer ná die World Trade Centre-ramp in 2001 ingespan.

Tydens reddingswerk ná die terreuraanval het 65 reddingswerkers verdrink toe ’n deel van die puin oorstroom het terwyl hulle na oorlewendes gesoek het – en daar was geen oorlewendes nie.

Anders as die robotte wat by die World Trade Centre gebruik is, word Caesar koordloos beheer en verwar hy nie sy beheerseine met die radioseine van ander robotte of reddingspersoneel se radio’s nie.

Hy is met ’n termiese kamera toegerus sodat sy videobeelde nie deur digte rook belemmer word nie.

Danksy ’n luidspreker kan reddingswerkers ’n slagoffer raad oor noodhulp gee totdat hy of sy gered kan word.

Volgens prof. Glen Bright, hoof van die skool van meganiese ingenieurswese, het dit drie jaar geneem om Caesar teen ’n koste van R300 000 te ontwikkel.

Hulle beoog om Caesar te verfyn, maar die kommersiële beskikbaarstelling van dié prototipe sal van die aanvraag afhang.
 

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Cv sê... Ek dink nou hier aan 'n plan...wonder of moet ons nie in samewerking met SAB net 'n R1-00 verhoging op bier moet sit nie dan sal ons R Miljarde maak elke jaar uit die swart rassiste alleen  en die land sal in 'n redelike tyd uit die knyp kom.? Hulle kan mos dan nie se ons verdruk hulle nie want as jy geld het vir drank het jy geld vir basiese dienste. DIT MOET WERK!! ONS "WIT RASSISTE" IS GATVOL OM ALLEEN TE BETAAL!!! Miskien dan sommer so 50sent per bier wat ons aan ESKOM kan oorbetaal??? Komaan mense (die wat bier drink soos ek) ons sal genoeg bespaar op basiese dienste en krag om ons verhoging op bier te finansier want dan betaal almal want meer as die helfte huishoudings SUIP! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Morning clouds. Warm. PE: 22-28°C Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Bookkeeper

Western Cape - Cape Town
Calibre Brand Solutions

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Spirit AT
2006
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2007
R 105,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HILLCREST PARK

Single Residential - Cluster R 6 700 000

WOODMEAD

Multiple Unit - Cluster R 6 800 000

CANALS

Single Residential - House R 7 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!