Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
29°C

7 day forecasts

‘Dokters het my baba se kop afgeruk’

2009-11-22 23:47

"Growwe nalatigheid"

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Linda de Beer

Klerksdorp. – Die kop en arms van ’n yslike groot babaseuntjie is na bewering deur dokters en verpleegpersoneel van die plaaslike staatshospitaal afgeruk terwyl sy ma ure lank in kraam was.

Baba Lemeel Booysen se kop en arms is glo later weer aangewerk voordat sy lykie aan sy ma, Faiza (29), gewys is. 

Die “lasplekke” is duidelik op foto’s wat haar man, Donovan, geneem het.

Booysen was verlede Dinsdag lank in kraam in die Klerksdorp-hospitaal terwyl dokters en verpleegpersoneel volgens haar “in my gewoel en gewoel en getrek en getrek” het.

Sy is die vorige dag meegedeel Lemeel, wat by geboorte 4,7?kg geweeg het, is in haar dood. Sy, en glo ook van die verpleegpersoneel, het dit betwyfel omdat hulle die baba daarna nog voel beweeg het.

“Hulle het in die verloskamer vir my gesê ek moet druk, want die baba raak moeg. Hoe kon hy moeg raak as hy nie meer gelewe het nie?” het Booysen gevra.

Twee dokters en ’n verpleegsuster het in ’n stadium bo-op haar gesit en op haar maag gedruk om Lemeel te probeer uitkry, het Booysen gesê. 

Dít terwyl iemand heeltyd binne haar aan die baba gedraai en getrek het.

“Die kamer was vól. Ek dink die hele saal 7 (se personeel) was daar. Dit het soos ’n slaghuis gelyk (van die bloed) toe hulle klaar was,” het Booysen gesê.

Die vierde dokter wie se hulp ingeroep is, het glo einde ten laaste gesê Booysen moet teater toe.

Sy het die vorige dag medikasie gekry om haar in kraam te laat gaan ondanks die feit dat die baba glo “dood” was en daar ’n nota op haar lêer was dat ’n keisersnee vir 18 November geskeduleer is weens sy grootte.

Volgens Booysen het almal uit die verloskamer verdwyn toe daar besluit is sy moet teater toe. Sy het haar kop gedraai en Lemeel se koppie in ’n silwer bak op die instrumentetafel sien lê. ’n Groen doek was half daaroor gegooi.

Dokters het later glo aan mnr. Booysen gesê hy moet verstaan die “baba was net te groot” om te oorleef. Booysen, wat drie ander kinders het, ontwikkel suikerprobleme tydens swangerskappe. Sy het twee ander babas op onderskeidelik ses en vier maande verloor.

’n Maatskaplike werker wat Booysen in die hospitaal besoek het, het glo vir haar gesê sy “moet die mense vergewe” wat by die geboorte betrokke was omdat almal glo foute maak.

Mnr. Booysen het die polisie gebel. ’n Verklaring is die volgende dag by hom geneem, waarna Lemeel se lykie glo na Potchefstroom geneem is vir ’n lykskouing.

Supt. Kebaakae Metsi, provinsiale polisiewoordvoerder, was nie gister van die voorval bewus nie.

Mnr. Nico Masiu, hospitaalwoordvoerder, het nie gister op boodskappe gereageer nie. 

Booysen het gisteroggend ’n toestemmingsbrief na die hospitaal gefaks dat hy met die media oor haar geval mag praat.

Mnr. Tebogo Lekgethwane, provinsiale gesondheidswoordvoerder, het gesê die hospitaalbestuurder sou iemand vra om ’n verslag oor die voorval te skryf, maar hy het dit teen druktyd nog nie ontvang nie.

Mnr. Chris Hattingh, DA-leier en -LPW in Noordwes, het gesê hy gaan op ’n debat oor die voorval in die provinsiale wetgewer aandring. Hy wil onder meer weet wat die kwalifikasies van die betrokke dokters en verpleegpersoneel is. 

- Beeld

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Rita van der Baan sê... Aai, miskien moet daar meer sulke bevorderings van onopgeleides wees! Maak ons kans om weer die land oor te vat soveel makliker. Sy sal nog besig wees om die stof van haar pips af te vee, dan sit 'n bekwame (wit/ kleuriling/indiër) sersant haar stoel vol. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-25°C Drizzle. More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-33°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 21-29°C Sprinkles late. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Teller

Gauteng
First National Bank

IT Project Manager (Foschinidata)

Western Cape
The Foschini Group

Data Warehousing Consultant

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2007
R 159,950.00

AUDI

A3 Sportback 2.0 TDi Ambition Dsl 5-dr
2009
R 269,000.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2000
R 55,860.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!