Johannesburg

Maandag

Showers late. Broken clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Leerling voor Pta-skool beroof

2009-11-27 00:33

Mev. Lee King (agter) en haar dogter, Candy, wat buite haar skool aangeval is. Foto: leon botha

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Virginia Keppler

’n Groep seuns het ’n 17-jarige meisie van Mountain View in die noorde van Pretoria gisteroggend voor haar skool met messe gedreig, geslaan, geskop en van haar selfoon beroof.

’n Bakleiery het daarna uitgebreek waartydens die seuns inwoners van die gebied met klippe bestook het.

Candy King, ’n gr.10-leerling aan die Hoërskool Hercules, en ’n vriendin het omstreeks 10:40 voor die skool gesit en vir haar ma gewag toe sy ongeveer 16 skoolseuns van ’n ander skool in die pad sien aankom het.

“Hulle het eers na ’n ander ou gestap en hom deur die gesig geklap en deursoek, maar het niks aan hom gekry nie,” het Candy vertel.

“Daarna het hulle twee ander meisies gepla en toe ek weer sien het hulle voor ons gestaan. Een seun het my in Engels gevra wat in my sak is.

“Ek het gesê daar is niks in my sak nie. Hy het gesê ek moenie jok nie en toe kyk hy in my sak en gryp my selfoon.”

Sy het onmiddellik opgespring. Die seun het ’n mes uitgepluk en teen haar keel gedruk, het Candy gesê.

“Ek het na die hand met die mes gegryp en toe my selfoon uit sy ander hand gegryp. Drie van sy vriende het nader gestap en toe begin hulle my slaan.

“Ek het die een hard geklap en toe klap hy my seker so drie of vier keer deur die gesig.”

Hulle het haar ook op haar lyf geslaan en op die grond neergegooi. “Terwyl ek op die grond gelê het, het een my in die sy geskop en toe gryp hulle weer haar foon. Ek het weer opgestaan en vir my vriendin geskreeu om weg te hardloop, maar sy het bly staan.

“Hulle het my weer omgestamp en in die ribbes geskop en toe hardloop hulle weg.”

’n Man wat Candy probeer help het, het die seuns in sy voertuig agternagesit en een seun gevang en opgelaai.

“Verskeie inwoners het uit hul erwe gekom. Die groep seuns het toe weer teruggekom en met die inwoners beginbaklei en hulle met klippe bestook.

“’n Oom het die seun in die motor geklap, waarna die seun uitgespring het en saam met sy vriende weggehardloop het,” het Candy gesê.

Mnr. Ernest King, haar pa, het gesê hy is “rooiwarm” oor wat met sy dogter gebeur het. “Ons kinders is nêrens meer veilig nie.”

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê hulle gaan probeer om die seuns so gou moontlik aan te keer. Die polisie weet aan watter skool die seuns na bewering verbonde is.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Edwin Leemans 11/27/2009 7:56:44 AM
En so duur die teistering voort. Kan die "seuns" dalk nie beter beskryf word nie, sodoende kan ander op die uitkyk wees vir hulle.

Deesdae weet ons nie meer of seuns "jeugdiges van 25 jaar" is, of slegs 12 jarige "seuntjies" is wat kattekwaad aanjaag nie.

Die minister se mos: "get used to crime".
Lewis 11/27/2009 8:09:08 AM
Ek kan nie glo wit seuns sal so iets doen nie. Was hulle wit?
robard 11/27/2009 8:09:27 AM
Laat my raai: die "seuns" is nie wit nie, anders sou die berig dit eksplisiet vermeld het. As die rolle omgekeerd was het Beeld nou sweerlik in klaagliedere uitgebars en as oor hul hoofde gestrooi en by die regering begin smeek om die verraderlike, onboetvaardige witvelle nou eens en vir altyd 'n les te leer.
George 11/27/2009 8:14:57 AM
Julle mag seker ook noem van watter ras die seuns is, of hoe? Ek het natuurlik my vermoedens! Ons kan dan sekerlik ook nie 'n "Reits-4" senario verwag nie...hulle is net studente!!!
Piet 11/27/2009 8:34:31 AM
Waar was Candy se skool toesighouers gedurende hierdie tyd ? Ek weet van 'n paar manne wat maar alte graag op so iets sal wil afkom, om "bietjie in te gryp", as te ware.
aspatat 11/27/2009 9:02:42 AM
Inderdaad kan iemand nie vir die media vertel hoe hulle gelyk het nie???Of wag is julle dan weer rassiste???Sulke seuns sal ek graag wil raakloop.....
Awie 11/27/2009 9:19:18 AM
Ja, as hulle wit was, was die polisie gou op hul spoor en sou hulle al in die hof gewees het. Die media sou ook natuurlik dit aan die groot klok hang. Maar ons leef in 'n land met dubbele standaarde. Die witte is nou mos klaas en swarte die baas-gelykheid se voet!
Sarel 11/27/2009 9:38:17 AM
Ja neewat tipies....as dit wit kinders was wat n swart vrou aangerand het was die ANC en President more by daai skool om wit rassiste aan te spreek en te vervolg.Ek kan maar net aflei wat die velkleur van daai seuns was deur die klippe wat gegooi was dis mos in hulle "nature" daai. As ek ooit op so iets moet afkom sou dit met my dogter gebeur trap ek hulle met my bakkie en sal nie eers sleg voel daaroor nie!!!!!
Petro 11/27/2009 9:43:45 AM
Geweld is deesdae so natuurlik soos om koffie te drink. Ons sal moet opstaan teen hierdie kinders wat definitief nie die regte opvoeding ontvang nie. Dit is nie eers nodig om te noem of die kinders wit of swart is nie hulle tree almal dieselfde op aangesien ons nou met die ander rasse moet meng. 'n paar jaar terug sou dit nie gebeur het.
ellen 11/27/2009 10:09:53 AM
ja nee ou sarel so se ek ook die hele donnerse goverment so nou al op daai skool toegesak het dan weer hoekom het die dogters nie binne die skool terrein gesit nie ag ekskuus dit het seker met die onderwysers se tee breke ingemeng ek blameer die skool ten volle onderwysers moet `n slag vasgevat word
ja nee 11/27/2009 10:10:04 AM
Hulle kan dankbaar wees dit was nie een van ons dogters nie want die Vader weet. Dit gaan my verstand te bowe dat ons wit afrikaners hierdie goed maar net gelate kan aanvaar, daardie seuns of moet ek eerder se "gemors"kon daardie dogters verkrag het en dit loop soos water van n'eend se rug af, ek is so g@tvol vir hierdie stront waar is die joernaliste met biekie ruggraat om hierdie mense se name gat te maak net soos ons kinders se name gat gemaak word, en die regering onder druk te plaas maar nee dit is mos n'wit kind so wie de hel gee om, wel ek doen!!!!
Johan 11/27/2009 10:23:19 AM
Nou waar is die Dept van onderwys se hoës nou
Nee kyk dit is hoe dit gaan met die land van ons. Kan beeld tog net meer indiepte ingaan op die saak asb ons wil weet wie die klomp slap gatte is wat meisies kan aanrand.
jaco 11/27/2009 10:28:39 AM
Ek wil graag sien of julle hulle gesigte gaan wys, ek wil hulle sien. Ek hoop nie hierdie is die laaste berig hieroor nie. Ek wil nie weet wat in die Pa van daai kind se kop aangaan nie. Ek weet wat ek sou gedoen het, een vir een al sestien. Hierdie gevoel wat ek in my kry teenoor hulle raak elke dag al hoe erger, ek weet self nie hoeveel langer ek meer kan kalm bly nie.As ek sien hoe wittes afgemaai word, die Here moet my help.Klippe gooi, selfoone steel moord, verkragting, aanranding, steel dis al waarvoor hulle goed is, verder beteken hulle niks. Die dag kom, glo my hy kom.
Jaco 11/27/2009 10:35:52 AM
Hoerskool Hercules is nie in Mountain View maar in Daspoort, Ribbensstraat, en die volgende skole is daar naby; L Generaal Nicolaas Smit " baie naby aan “H Hercules” L Tuinrand “Afrikaans” “naby H Hercules H Tuine "Afrikaans" naby aan “H Hercules” L Tuine "Afrikaans" naby aan “H Hercules” HTS Pretoria Tuine”Afrikaans” Baie naby aan L Generaal Nicolaas Smit L Hermanstad “Afrikaans” L Booysens “Afrikaans” L Saamspan “Afrikaans” Daar is ook swart kinders in die skole maar baie min beteken nie dat die swartes geblameer kan word. Of dalk gaan daar weer so geval wees, Die “groepie seuns” trek dalk aan soos skool kinders maar eintlik is dit net n diversion.
cedb00 11/27/2009 10:39:22 AM
Ek het geen idee van watter ras die kinders is nie, maar hul optrede moet beslis gestraf word en hulle behoort uit hul skole geskors te word. En kan my net indink wat die reaksie sou wees as die slagoffer swart was en die skurke wit. Indien die skurke wel swart is, kom ons kyk wat die regering en ander regeringsorganisasies se reaksie gaan wees. My voorspelling? Doodstil!
Raai Raai, 11/27/2009 10:39:48 AM
Dit was n groep swart skoolkinders,wat n wit skoolmeisie aangerand het vir haar selfoon.net blankes wittes kan rassisties wees,dat die selfoon gevat is stem mos ooreen met die kultuur van we demand , the people has spoken,klomp lafhards as ek so na die storie kyk,sulke jong seuns moet hard ged*nner word gedissiplineer word een teen die oor een teen die teer,hulle stert vere is te lank en ons is almal skuldig ,ons keer sulke optredes af ,maar wat doen ons werklik daaraan om dit te verhoed.As ongedissiplineerde kinders gevrees word ,dan is daar regtig groot fout.Bring die rottang terug , laat die seuns weer kadette beoefen, gee hulle leiding en rigting, n seun wat getugtig word maak sy moeder hart bly.
JAKES 11/27/2009 10:40:54 AM
ja wat, mens sal nou dink dat in die nuwe suid afrika die skoolkinders bietjie meer beskaafd gaan word maar hulle maniere bly nog dieselfde. Jy kan sekeres maar net nie beskaafdheid leer nie, dis hoe hulle is en dit is hoekom die land in so gemors is. Ons almal weet natuurlik watter ras hulle was maar dit mag nie gese word nie..
U1 11/27/2009 10:46:37 AM
Dit is moeilik om presies te weet wie die "kinders" was, maar as hul ras nie genoem word nie kan ons redelik seker wees die oortreders was nie blank nie. As die voorval blanke kinders was wat 'n anderskleurige aangerand het, was dit sekerlik voorblad met kommentaar van elke leke minister. Dink maar aan die ermelo intimidasie geval. Ek hoop Beeld volg die storie op en wys hoe hofbevele uitgevoer word.
Adolf 11/27/2009 10:49:00 AM
So waar van almal se kommentaar - As die velkleur nie genoem word nie dan is dit verseker nie wit kinders nie. Die koerante is mos geneig om nie kleur by 'n storie te betrek as dit nie rasgemotiveerd is nie. Is die optrede wat hier plaasgevind het nie rasgemotiveerd nie. Soos reeds genoem, was dit blanke kinders wat dit gedoen het was dit lankal hoofopskrifte in al wat koerant was en het die poliesie en die jeugliga lankal 'n bohaai gemaak. Die ouers moet rapporteer dit was rasgemotiveerd. Dit is tog wat " HULLE " met elke storie maak, dan sal die koerante dalk ook iets daaroor skryf. Dit is siek dat ons elke dag oor ons skouers moet kyk waar ons onveilig is. Kan ons nie ook maar ekstra poliesie beskerming kry nie want ons lewens is ook elke dag in gevaar ???
Hippo 11/27/2009 10:58:05 AM
Ek wil he dat jy jou net vir n oomblik moet verbeel die beroofde meisie swart was en die klipgooiende seuns wit.

Indien dit die geval was, sou die media in histerie gegaan het. Ministers sou betrokke geraak het en die lang arm van die gereg sou geen uitgawe gespaar het, om die skuldige wit rassiste aan te keer nie.

Sjoe, gelukkig was die beroofde meisie wit, wat beteken al wat ons sal sien is n beriggie in EEN Afrikaanse koerant (niks in die Engelse koerante) en so n paar mense aan lyn, wat kommetaar sal lewe.

Bekommerd!! 11/27/2009 10:59:48 AM
Net om Jaco in te lig. Baie dankie vir al die skole wat jy op geniem het, maar ek weet nie wanneer laas was jy in daai area nie?!?! Daar het 'n swart skool oop gemaak "Daspoort School", waar die ou Willie Snyman eers was. Net om dit vir almal duidelik te maak, die "nuwe" skool is omtrent twee blokke vanaf Hoërskool Hercules. As 'n oud leerling van die skool, is ek geweldig geskok, en WOEDEND!!!!! my kinders is ook in daai area in die kleuterskool, en sal dalk eendag na daai Hoërskool wil gaan!!!! Wat moet ons doen om dit die HEEL LAASTE KEER TE MAAK?!?!?!?!?
Frits 11/27/2009 11:23:38 AM
Vir die van julle wat so aangaan dat dit die voorblaaie sou gehaal het as dit wit kinders was wat swart kinders aangerand het - Dit IS op Beeld se voorblad, met 'n groot foto by.
Kenner 11/27/2009 11:33:50 AM
Ek ken daai area, ek was selfs in daai skool. Op die volgende hoek, is daar 'n engelse skool wat meestal swart kinders het, so dis vanselfsprekend dat dit 'n klomp swart seuns was. Wat ek nie kan verstaan nie, as dit nou wit seuns was wat dit met 'n swart meisie gedoen het was dit weer die koerante vol van 'n rasistiese aanval en ons witmense het geen respek vir die swart nie!! Hierdie is maar net nog 'n voorval wat net misgekyk sal word. Beeld, ek vra asb dat julle 'n opvolg storie doen. Kom ons kyk of die polisie dieselfde "effort" sal insit! Ek twyfel, maar kom ons kyk!!
Sarel 11/27/2009 11:48:40 AM
@jaco.Ek is so bly daar is nog mense soos jy want ek is ook op breekpunt en probeer net elke dag om kalm te bly want soos jy se dit is bitter moeilik maar daai dag sal nog kom....en hulle sal sien wat nog in ons afrikaners steek ek is seker ons kan nog saamstaan ek wens net daar kan n beweging plaasvind.Jammer maar ek wil net graag ook verwys na daai storie op Beeld van die wit vrou en haar man wat toe verkrag was deur polisie manne en waarvan daar abosluut niks gekom het nie!!!!Hoe skokkend was dit die.Ek se jou wat-as dit my vrou was dan beter daai polisie stasie wyd wakker wees want hulle almal se lewens kan enige oomblik van die dag eindig!!!ek sal nie wag vir DNA toetse en uitkennings parade en sulke snert nie dan vat ek die reg in eie hande en sal die gevolge daarvan dra ook!!!!
Awie 11/27/2009 12:08:44 PM
Net so terloops aan Frits, ja dit het die voorblad gehaal van EEN Afrikaanse koerant. Die ooglopende verskil is dis EEN koerant, dit gaan heelwaarskynlik nie eers TV nuus haal nie. Nie soos Reitz nie. Die Engelse plaaslike koerant/e sal dit seker nie eers publiseer nie want hulle redaksie is oorwegend swart. As dit wit op swart was dan was dit vanaand hoofnuus op e-tv en SABC, seker ook nog oorsee.
Vlooi 11/27/2009 12:10:04 PM
Natuurlik was die liewe bloedjies nie wit gewees nie, onthou, dis nou omgekeerde rassisme, maar sê jou nou net 'n verkeerde woord, ou mattie, môre gaan ons seker weer vir ou grotte Julius hoor, hy gaan weer sy speelgoed uit sy kot gooi omdat ons dit nou waag noem dat dit swart seuns was.
Alida 11/27/2009 12:36:30 PM
Geagte Meneer en Mevrou die Toeskouer. Helder oordag? 16 kriminele val 1 wit meisie aan, 1 wit oom jaag met sy bakkie agterna, 16 kriminele gooi die bure wat uitgekom het met klippe. En die ander honderd mense wat daar is staan en toekyk....
Hoekom? Want ons is mos nou al so gebreinspoel deur die aanslag, dat ons nie nie meer opstaan en terug baklei nie. Want ons is passief. Ek hoop elke toeskouer kry skaam. Het jy geweet Mr en Mev Toeskouer dat die bybel jou beveel om iemand in nood te help.
Dis nou maklik om te se, "as ek daar was" maar sou jy regtig ingegryp het? Ek vra maar net?
Jan 11/27/2009 12:45:22 PM
Mense ek is bly om te sien dit raak so baie Suid Afrikaners se harte. Ons almal bou op met frustrasie, maar daai dag sal kom wanneer ons Afrikaners sal moet saamstaan en die ongewenste elemente moet verwyder. Hier gaan dit nie oor Christenskap nie. Ek is moeg om te vergewe. Mense moet die gevolge dra van hulle aksies.
Bolla 11/27/2009 12:52:08 PM
En so duidelik se almal hulle se - en weet almal die waarheid - en wat word daaraan gedoen?? NIKS!! Ons het 'n slapgat-Afrikaner volk geword.....
tina 11/27/2009 1:17:27 PM
hoogtyd dat kinders tydens eksamentyd heeldag by die skool is. As hul nie met 'n vraestel besig is nie, studeer dan. Dis hoe baie van ons paar jaar gelede skoolgegaan het en deur ekasamens is. Dan is "geleentheid" vir sulke insidente ook sommer minder en kan die kinders se rapporte ook sommer beter lyk.
luise 11/27/2009 1:23:54 PM
So gepraat, nog iets wat ooglopend is in die hedendaagse beriggewing is die fotos wat gebruik word om berigte te illustreer. Mens sien meestal net wit mense in die fotos al kan mens aflei uit name ens dat dit swart misdaad is waaroor daar berig word. Selfs wanneer daar oor polisie optredes berig word vertoon die beeld materiaal dikwels net wit polisie, of daar nou swart en wit in die polisiediens is of nie. Die stigma moet aan die wittes kleef.
Wat die bogenoemde berig aan betref, die kinders tree op soos ons sien die polisie doen. Mag die Here ons genadig wees om te weet hoe om die situasie te verander. Net Hy kan.
koekie 11/27/2009 1:30:16 PM
call a spade a spade. dis omdat wittes laaaankal nie meer saakmaak in hierdie land nie. hulle hou nie van ons nie. dis net lippetaal. voorgee. as hulle iets verkeerd doen, is dit apartheid se skuld. ( as ek vir apartheid in die hande kry, sal ky k@k ) as ons iets verkeerd doen (volgens hulle) is dit rassisme. so voorspelbaar die agtergeblewenes tog............
pieter 11/27/2009 1:47:46 PM
Ek dink die tyd is hier dat ons wit mense ophou kla en begin saamstaan vir ons mede witmense,ek ken nie rerag daai area nie maar ek kan verseker se dat dit oraals so gaan self ook wit kinders begin nou al steel ek sal graag wil sien dat die barbare wat skuldig is tot reg gebring sal word en dat hulle gestraf sal word .
Net nog 'n ma 11/27/2009 2:10:11 PM
Ek lees nou so deur al die mense se kommentare, en ja die slotsom is waar is solidariteit of die NP, soos genoem is. As die rolle omgekeur was dan was die ANC en die res op die skool en dit was nie net in een koerant nie dit so sommer die TV nuus ook gehaal het. So ja waar is ons hoog betaalde parlements lede nou.
Milly 11/27/2009 2:14:09 PM
Julle almal moet bietjie bykom!!! Wit, Swart, Pienk of Pers almal doen crime. Trek as julle nie gelukkig is nie!! Wat keer julle? Kom tog net by!!! Hou op Tjank
Sons 11/27/2009 2:19:28 PM
Ja nee, ek stem saam almal hier bo. As dit wit kinders was wat 'n swart kind aangeval het was die hel los. Dit sou op elke koerant se voorblad gewees het, en oorsese verslaggewers sou ingevlieg word om 'n onderhoud met die slagoffer te voer. Dit sou in al wat 'n oorsese koerant is gewees het. Mens sou nooit die einde daarvan gehoor het nie... (Vat nou maar die Reitz-geval... al tog so holrug gery!!)
koekie 11/27/2009 3:42:51 PM
ek wil net vir milly se dis sy wat dalk moet bykom. is jy n brood of wat? dit help nie jy volg die volstruismentaliteit nie ou ding. is ons tronke ewe vol wit swart pienk of pers? ons almal ken die antwoord daarop ne. dit help nie om onrealisties te wees nie. maar siestog, almal kannie ewe slim wees nie.
Sons 11/27/2009 3:52:50 PM
Ag kom jy tog net by MILLY, doen ons almal 'n guns en trek jy sommer!!
Vicky 11/27/2009 3:54:21 PM
Dis aaklig wat met die meisie gebeurhet en ja, daar sal seker niks van kom nie vir al die redes wat alreeds hier genoem is. Maar ek moet saam met Tina ste! Ek voel ook dat kinders bedag by die skool hoort. Ons betaal ten duurste vir ons kinders om skoolopleing te kry en dan word hulle elke oggend 10 uur huis toe gestuur na eksames. Hoe de hel moet ouers wat werk dit ook nog regkry? En gee die skole dalk afslag vir die ure wat hulle nou nie ons kinders hoef te onderrig nie? natuurlik nie! Almal wat moontlik kan volg deesdae die voorbeeld van ons parlement en staatswerkers, doen so min as moontlik werk vir soveel as moontlike betaling
Selma 11/27/2009 3:58:05 PM
As dit nou wit Afrikaanse seuns was wat n aanval geloots het, het die Engelse koerante berig dat die seuns met Afrikaanse aksente was wat die aanvalswerk gepleeg het.
piet 11/27/2009 4:19:27 PM
Nou wat keer 'n paar mense met bietjie invloed om van hierdie geval 'n Reitz-geval te maak ? Kommaan mense, staan bietjie vir 'n slag saam ! Hoekom laat ons toe dat 'n blonde blou oog nooi so behandel word ?
Trud 11/27/2009 4:43:33 PM
Nou is ek sommer die bl*ksem in. Gatvol vir al die geweld. Ek het ook n paar skoolkinders wat elke dag my honde kom terg en dan teen my grensmure slaan. Een van die dae gaan ek n hond uitlaat en dan gaan dit net snot en trane wees.
bekkie 11/27/2009 5:02:23 PM
Praat met die inwooners wat met klippe bestook is. Ek dink dit is die begin van die haat wat die ANCYL saai. Ons moet begin oplet dat daar is n ingebore haat in die inheemse bevolking en ons kan die "Rainbow Nation" bou maar die dag kom dat ons wittes gaan aan geval word, net soos in Kenya/Congo. Ons het n Generaal nodig...

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 15-28°C Widely scattered tstorms. Morning clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Showers late. Broken clouds. Mild. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Facilities Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Senior C# Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Senior .Net Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

SUBARU

Forester 2.5 X AWD MY09
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Spirit 5-dr
2006
R 115,990.00

CHEVROLET

Lumina 5.7 SS MY05
2005
R 189,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!