Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

Mediese afval agter spreekkamer verbrand

2009-11-16 22:37

Mnr. Johan Meyer by ’n boks vol mediese afval. Foto: Buks Viljoen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Buks Viljoen

“Ek is net ’n junior dokter. Ek weet nie wat om met die goed te doen nie.”

Dit was gister die verskoning van dr. Chantal Reddiar omdat sy mediese afval, waaronder gebruikte spuite en naalde, agter haar spreekkamer in die Nelspruit-middestad verbrand.

By Beeld se besoek aan die spreekkamer is ’n boks met bykans 100 spuite steeds met hul naalde aan in die verbrande hoop afval gekry.

Mnr. Johan Meyer, bestuurder van ’n ysterwarewinkel in dieselfde kompleks waar Reddiar se spreekkamer is, sê hy het Saterdag op die grillerige affêre afgekom.

“Ek het aanvanklik gedink hulle het vleis gebraai. Ek was nogal knorrig omdat hulle van ons bakstene gebruik het om ’n vierkantige brandstapel te maak.

“Toe kap hulle nog van ons houtpalette stukkend, maak ’n vuur daarmee en gooi die mediese afval daarin.”

Mnr. Pierre van Brakel, assistentbestuurder van gesondheid van die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, was gister saam met Beeld op die toneel.

Reddiar sê die praktyk behoort glo aan haar pa, dr. D.S. Reddiar, maar hy is tans met siekteverlof.

Sy sê sy het nie geweet wat om met die afval te doen nie en het toe opdrag aan ’n werker gegee om dit te verbrand. “Ek het die provinsiale hospitaal gebel om die afval te kom haal, maar hulle het geweier.”

Van die bakstene wat gebruik is om die brandstapel te maak, kon nie van die plaveisel gelig word nie omdat dit weens die gesmelte plastiek vasgesmelt het.

Van Brakel het ook die spreekkamer geïnspekteer. “Hulle het glad nie ’n spuitnaald vernietig nie en gooi dit eenvoudig in ’n asblik.”

Van Brakel sê ingevolge wetgewing moet spuitnaalde reeds in die spreekkamer vernietig word voordat dit weggegooi word.

Hy sê alle mediese afval moet direk van ’n spreekkamer na ’n verbrandingsaanleg geneem word.

Kontrakteurs wat spesialiseer in die vernietiging van mediese afval mag ook aangestel word om die afval te vernietig.

“Dit mag nooit deur die normale vullisverwyderingsprosedures van stadsrade hanteer word nie.”

Van Brakel het hulle ’n mondelinge waarskuwing gegee.

Hy sê egter gesondheidsinspekteurs sal die spreekkamer vandag weer besoek.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 19-32°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Sprinkles late. More sun than clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

NATIONAL MARKETING MANAGER

Gauteng - JHB North/Sandton
Terence Bowker
R65,000 - R75,000 p/m

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R200,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2009
R 299,995.00

SEAT

Leon 2.0 FSi 5-dr
2008
R 159,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Bestel AL jou UNISA-handboeke!

Fantastiese Besparings

Kry al die UNISA-handboeke wat jy benodig vir jou studies afgelewer by jou voordeur!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!