Johannesburg

Maandag

Afternoon clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

Egpaar op plaas aangeval: 2 dalk verbind met huisbrake

2009-11-04 00:20

Marietie Louw-Carstens

Die twee mans wat ’n boer van Limpopo glo verlede Sondag met knopkieries geslaan het kan dalk met drie huisbrake verbind word.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die twee mans se beweerde verbintenis met ander huisbrake. Die 23-jarige man en sy 29-jarige makker is albei van die Blouberg-gebied in Limpopo.

Hulle is in hegtenis geneem ná die aanval op mnr. Izak Janse van Vuuren (59) van die plaas Clamwilliam in die Swartwater-gebied.

Otto het gesê die twee mans sal vandag in die landdroshof in Mokopane (Potgietersrus) op aanklagte van poging tot moord verskyn.

Mnr. Janse van Vuuren het gister uit sy bed in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria gesê “dit gaan goed”.

Hy het eergister ’n operasie aan sy neus ondergaan nadat dit tydens die aanval tot op die been oopgekloof is. Hy is bly die polisie het die twee mans in hegtenis geneem.

Janse van Vuuren en sy vrou, Mariaan (56), is Sondagoggend oorval toe hulle van die kerk teruggekom het op die plaas.

Mnr. Janse van Vuuren is verskeie kere met knopkieries en ’n hamer oor die kop en in die gesig geslaan. Sy aanvallers het hom daarna agter op sy bakkie onder ’n seil laat lê.

Mev. Janse van Vuuren is voor in die bakkie geboender voordat die booswigte teen ’n hoë spoed in die rigting van die plaas gery het. Hulle het beheer oor die voertuig verloor en teen ’n wildheining tot stilstand gekom.

Die twee mans het daarna weggehardloop.

Boere in die gebied het ’n private helikopter en twee vastevlerkvliegtuie ingespan om die polisie te help soek na die twee vermeende aanvallers. Die een is sowat ’n uur ná die aanval in hegtenis geneem. Sy makker is later dieselfde aand vasgetrek. Die aanval op die egpaar is die derde aanval in minder as twee weke in die Waterberg-streek.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-31°C Sunny. Warm. Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 14-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-26°C A few showers. More sun than clouds. Mild. PE: 19-27°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Teller

Gauteng
First National Bank

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Bookkeeper

Western Cape - Cape Town
Calibre Brand Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

CLS 500 7-sp Touchshift
2005
R 439,990.00

AUDI

TT Coupe 2.0 TFSi S-Tronic
2008
R 339,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2009
R 165,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Bestel AL jou UNISA-handboeke!

Fantastiese Besparings

Kry al die UNISA-handboeke wat jy benodig vir jou studies afgelewer by jou voordeur!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!