Johannesburg

Maandag

Showers late. Broken clouds. Mild.

13°C
26°C

7 day forecasts

2 oudste vroue vier saam hul verjaardag

2009-11-16 22:37

Mev. Christina Khamale (112, heel links), haar dogter, me. Alina Phoko, en sr.supt. Agnes Nxamagele van die Batho-polisiekantoor, by Khamale se verjaardagkoek. Foto: Emile Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sandra Coetzee

Bloemfontein. – Twee van die oudste vroue ter wêreld bly ’n paar straatblokke van mekaar in Bloemfontein én verjaar op dieselfde dag – maar ken mekaar nie.

Op 11 November het mev. Christina Khamale 112 jaar en mev. Puleng Maleleka 108 jaar oud geword.

Khamale, wat in die Batho-gebied bly, is gister deur die Batho-polisiekantoor getrakteer met ’n verjaardagpartytjie en geskenke wat gewissel het van komberse, eetgoed en ’n Bybel tot kruideniersware.

Sr.supt. Agnes Nxamagele, stasiekommissaris van die Batho-polisiekantoor, het gesê dit is inderdaad vir die polisie ’n groot eer om ’n mens in hul gebied te hê wat dié uitsonderlike ouderdom bereik het.

“Dit is nie maklik om so ’n ouderdom te bereik nie. ’n Mens kan ook sien sy word goed versorg deur haar familie en dit is goed so,” het Nxamagele gesê.

Albei vroue word deur hul dogters versorg.

Maleleka het juis in haar dogter se huis in Bochabelo ’n uiltjie geknip toe Beeld se susterkoerant Volksblad daar opdaag.

Sy is effens sterker as Khamale, maar haar voete gee probleme en sy sukkel om daarop te trap. Albei die vroue het streng Christelike waardes.

Terwyl Khamale die jonges van vandag maan om respek vir hul meerdere en oueres te hê, skroom Maleleka nie om die jonges te berispe as hulle nie kerk toe gaan nie.

“Sy sing kerkliedere en glo ’n meisie moenie ’n langbroek dra nie, maar ’n rok. Dit is van die langbroekdraery dat dinge vandag skeefloop,” het haar dogter, mev. Anacletae Letsapo, gesê.

Maleleka sê sy het nooit gedink sy sal so oud word nie. Sy onthou nog goed die goeie ou dae toe sy heeldag gewerk het.

Sy beduie hoe sy mieliemeel gemaak en pap buite die huis in ’n pot gekook het.

Sy geniet nie meer die moderne tyd waarin sy lewe nie.

Dinge het moeilik geword. Mense loop verkeerd en baie mense is ongelukkig, sê sy.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 15-28°C Widely scattered tstorms. Morning clouds. Warm.
Dbn: 13-26°C Showers late. Broken clouds. Mild. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-26°C Sprinkles early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Company Legal Liaison Manager

Western Cape
West Coast Personnel
R500,000-600,000 Per AnnumBased On Experience Cost To Company Negotiable

Financial Accountant CA (SA)

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R650,000-700,000 Per Annum

Regional Sales Manager - Corporate

Western Cape
West Coast Personnel
R18,000-20,000 Per Month Basic Salary Plus Comm

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

SUBARU

Forester 2.5 X AWD MY09
2009
R 279,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Spirit 5-dr
2006
R 115,990.00

CHEVROLET

Lumina 5.7 SS MY05
2005
R 189,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SALT ROCK

Single Residential - House R 10 600 000

UMHLANGA RIDGE

Single Residential - House R 10 000 000

DURBAN NORTH

Single Residential - House R 3 499 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!