Johannesburg

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Diereregtegroep vra interdik teen Zoeloe-koning

2009-11-23 00:46

Dries Liebenberg

Durban. – ’n Diereregte-organisasie het ’n aansoek om ’n interdik teen onder andere koning Goodwill Zwelithini ingedien om te keer dat jong mans tydens die jaarlikse oesfees ’n bul met hul kaal hande doodmaak.

Die aansoek is Vrydag by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien nadat Animal Rights Africa (ARA) van 16 Oktober al probeer het om met die Zoeloe-koningshuis en regeringsdepartemente daaroor in gesprek te tree.

Die organisasie People for the Ethical Treatment of Animals (Peta), een van die talle wat die ARA in die aansoek steun, het aan pres. Jacob Zuma geskryf oor dié praktyk tydens die Umkhosi wokweshwama, wat begin Desember gehou word.

“Die eerste reaksie wat ons ontvang het, was Vrydag van die premier se kantoor nadat die hofstukke bedien is,” het me. Tina Costas, die ARA se prokureur, gister gesê.

Die ARA wil keer dat ’n bul op die fees doodgemaak, beseer of mishandel word en steun onder meer op die Dierebeskermingswet.

Die slagordes word egter ook opgestel vir ’n konstitusionele stryd tydens die hofaansoek Dinsdag.

Volgens Costas beroep die ARA hom op ’n persoon se konstitusionele reg op ’n bewussyn en oortuigings, waardigheid en ’n omgewing wat nie skadelik vir iemand se welsyn en gesondheid is nie.

Einde verlede week het mnr. Nhlanhla Mtaka, ’n konsultant wat by die fees betrokke is, in ’n artikel in The Mercury geskryf dis “?’n klassieke geval van selfaangestelde kulturele chauviniste wat aan die meerderheid mense probeer voorskryf hoe hulle hul kultuur moet beoefen”.

Die ARA voer aan ’n groep van sowat 40 jong mans maak jaarliks tydens die fees ’n bul in die teenwoordigheid van die koning dood. Die bul se oë, tong en geslagsdele word na bewering uitgeruk terwyl hy steeds leef. Sand word ook in die dier se keel afgedruk om hom te laat versmoor terwyl die bul geslaan en geskop word.

Die ARA verwys na ’n webwerf oor die koningshuis waarvolgens geglo word dat die krag van die bul aan die koning oorgedra word sodat hy die Zoeloevolk kan beskerm.

Volgens die ARA beteken die beskerming van kulturele regte in die Grondwet nie dat die koning van ander landswette vrygestel word nie.

Mnr. Ndabe Sibiya, woordvoerder van die premier se kantoor, het gesê die provinsiale regering se uitvoerende raad het gehoop dat alle betrokkenes die kwessie sou kon bespreek sodat ’n besluit tot voordeel van die hele nasie bereik kon word.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


ciska 11/23/2009 7:53:59 AM
Vir jare al verwonder ek my daaraan dat 'n mens brutale wreedheid kan wegmaak onder die vaandel van tradisie. Ons het almal 'n stewige barbaarse streek, maar dis die kuns van menswees, is dit nie...om dit in toom te hou. Nou is daar groepe wat steeds wil uiting gee aan hierdie drange en dit onder 'tradisie' wil wegsteek. Net soos vir die Spanjaarde wil ek vir julle ook sê: geluk, julle het as mense nie 'n duit gegroei die afgelope 4 eeue nie.
Ronel 11/23/2009 9:15:18 AM
100% vir Ciska se woorde! Ons kan tog so maklik agter "dis ons kultuur" skuil vir ons barbaarse optrede! Kon die woorde "'n oog vir 'n oog" maar gegeld het!
Esther 11/23/2009 9:36:10 AM
Ek stem saam!! En dan wonder ons waar al die wrede moorde op ons mense vandaan kom..
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2009
R 250,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2009
R 189,990.00

AUDI

A4 1.8T
1996
R 49,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LLANDUDNO

Single Residential R30,000,000

SAFARI GARDENS

Single Residential R14,500,000

SEA POINT

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!