Johannesburg

Dinsdag

Broken clouds. Pleasantly warm.

13°C
26°C

7 day forecasts

VVV kleur hemel blou, toe vuurrooi

2009-11-22 23:47

Aletta Otto

Kyk na die video

Middelburg. – “Die lug het skielik helderwit geword. Binne ’n paar sekondes het die voorwerp, wat gelyk het soos ’n sokkerbal met ’n stert, die hemel blou gekleur en toe vuurrooi.”

So vertel mnr. Juan Ferreira (25) van Witbank van die “vreemde vlieënde voorwerp” wat eergister omstreeks 23:00 mense in Mpumalanga, Gauteng en Limpopo se oë laat rek het.

Die gloeiende voorwerp is blykbaar die duidelikste in die Middelburg/Witbank-omgewing gesien.

Volgens mnr. Tim Cooper, direkteur van komete en meteoriete van die Sterrekundevereniging van Suidelike Afrika, was die voorwerp ’n “vuurbal”, afkomstig van ruimtemateriaal uit die asteroïedegordel in die buitenste ruim wat die aarde se atmosfeer binnegedring het.

Heelparty mense het gister die vereniging gebel om te hoor wat presies hulle gesien het.

Volgens Cooper kan dit nie ’n meteoriet genoem word nie omdat dit, sover bekend, nie die aarde getref het nie.

Cooper het gesê die voorwerp het in ’n noordwestelike rigting teen sowat 20?km/h beweeg.

“Dit is nie soseer die voorwerp wat so helder gloei nie, maar die lug wat daaromheen verbrand weens die hoë spoed waarteen die voorwerp beweeg.”

Net een of twee sulke helder bewegende voorwerpe per jaar kan van Suid-Afrika gesien word hoewel sowat 10?000 ton se voorwerpe jaarliks die aarde se atmos­feer binnedring.

Cooper skat die voorwerp was waarskynlik so groot soos ’n vuis, dalk ’n rugbybal.

Ferreira was op buurtwagpatrollie toe hy die voorwerp sien.

“Dit was iets besonders.

“Die voorwerp het konstant teen ’n helling van sowat 45 grade beweeg.”

Mnr. Gido Koegelenberg (22) en sy vriendin, me. Darelle Loots (22), van Middelburg, was op pad huis toe ná ’n werkgeselligheid net buite die dorp toe hulle die vuurbal sien.

“Ek het eers gedink dit is weerlig, maar die hele hemelruim het so helder soos daglig geword.”

Soos Ferreira, sê Koegelenberg, die lug het van helderwit na blou en toe na rooi verander.

Volgens Cooper het die Sterrekundevereniging oproepe gekry van plekke soos Kempton Park, Tzaneen, Polokwane en Hartbeespoortdam.

- Het jy 'n foto hiervan geneem? Stuur dit asseblief na mystorie@beeld.com<p>


Kyk na die video


- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


Lionel Redelinghuys 11/23/2009 7:56:13 AM
Ek was oppad om die hek te sluit toe alles skielik baie helder word. Ek kon nie sien presies wat dit was nie, want daar was wolke in die pad.

Ek het die moontlikheid van n meteor of asteroid oorweeg maar omdat ek niks kon sien nie het ek maar net by my skok gebly.
Erica Wentzel 11/23/2009 8:02:46 AM
Ek en my man was ook oppad terug na 'n funksie uit Brits toe ons ook die helder wit hemel langs ons gewaar het, ons het die rooi vuurbal so helder gesien ons het dadelik opgekyk om te sien of daar nie nog vuurballe oppad is nie. Dit is iets asemrowends gewees - ons was duidelik gelukkig om dit so mooi te sien.
Rina 11/23/2009 8:02:53 AM
Ons het ook 'n helder wit lig in Vereeniging gesien. Dit het gelyk of iemand arch welding doen maar met 'n geweldige groot welder. Die witlig het geflikker en toe helder wit geword en toe verdwyn, ons het nie 'n idee gehad wat dit veroorsaak het nie, ek neem nou aan dit is die rugbybal vormige voorwerp wat oor Vereeniging ook gegaan het, ek kan aan niks ander dink nie.
Francois 11/23/2009 8:20:08 AM
Ek was aan die suidekant van die Moot in Pretoria toe ek skielik 'n helder groen lig teen 'n inklinasie van omtrent 50 grade gesien het. Dit het teen 'n baie hoë snelheid in 'n noordelike rigting af aarde toe beweeg en sowat 5 sekondes later gelyk of dit net agter die Magaliesberge val. Dit was so helder ek dog dit het die grond getref en ontplof soos 'n wapen van massavernietiging. Ek het al 'n paar keer in die verlede na meteore gekyk (soos die Leonids) maar nog nooit iets soos hierdie gesien nie. Ek kan skaars glo hulle sê die voorwerp was nie groter as 'n rugbybal nie!
jandrey 11/23/2009 8:24:32 AM
waar is die fotos? Nie eers een op 'n sel foon nie? Hoe is dit moontlik dat julle nog nie die impak zone kon identifieseer nie. Dit is ook goed dat ons weet daar is geen waarskuwing stelsel in RSA as 'n meteoried oppad is nie.
Wilma 11/23/2009 8:24:39 AM
Ons was op my pa se 70ste verjaarsdag partytjie buite Fochville op 'n plaas teen Losberg. Ons het buite gestaan en party het die ronde voorwerp met 'n rooi streep agteraan gesien, en ander die blou en toe wit lig wat die hemelruim verhelder het.

Dit het gevoel asof iemand 'spotlights' wat hemel toe wys, rondom ons aangesit het!

Hoekom weet die mense wat moet weet, niks hiervan nie?
Isla maree 11/23/2009 8:37:53 AM
Ons het op die N1 noord gery by Centurion - dit was absoluut asemrowend om dit te sien! eers het dit gelyk soos n skietende ster - en toe skielik die helderste groen lig agter al die wolke en toe die rooi vuur bal wat teen n verskriklike spoed verby vlieg!! Ek en my Man het omtrent geskrik! n vuur bal en toe skielik niks....sjoe, wat n belewenis!
Christo Johnson 11/23/2009 8:43:23 AM
Ons het 'n verjaarsdag van 'n vriendin van ons bygewoon ongeveer 10km buite Zeerust, dit het so vinnig en onverwags lig geword dat ek en almal rondom my net stil gebly het en die hemele dop gehou het. dit was regtig so vinnig verby dat geen een daardie moment regtig kon uitmaak wat gebeur het nie.
aspatat 11/23/2009 8:49:12 AM
Ek wil nou nie spoke of enige iets opjaag nie maar wil net noem dat daar al lewe op ander planete gevind is...Ek weet dat daar wel tekens van plantegroei al was op Mars ek dink so dit sê vir my daar moet nog lewe wees jammer julle wil nou nie die eend onder die dam uittrek nie maar daar is soveel snaakse goed aan die gebeur,roswell,nevada(area 51) dis baie moeilik maar gelukkig kan n ou lank redeneer oor die saak ek het niks gesien nog nooit maar enige iets is seker moontlik deesdae lekker dagi vir julle almal...
Billy Ernst 11/23/2009 8:56:51 AM
Ons het op Panbult(tusen Ermelo en Piet Retief) ook gesien hoe die lug heeltemaal blou word
ellen 11/23/2009 8:58:15 AM
dit is presies wat ons ook geniet het die ouermense soos my ma se dit is groot geluk ons was op die hoofweg van alberton oppad na elspark waar ons woon dit was `n baie mooi gesig
Eghardt Pieterse 11/23/2009 9:06:13 AM
Ons klomp universiteits vriende het vir die naweek by Buffelspoort gekamp. Ons het onder die lapa gesit en kuier toe een vriendin skielik skree dat ons moet om kyk. Dit het eers gelyk soos 'n vuurwerk of 'n "flare", maar toe dit agter die wolke uitkom het dit baie groter gelyk. Dit het toe verdwyn agter 'n koppie en die volgende oomblik het die gelyk soos vroeg oggend. die hele hemelruim het verhelder asof dit vroegoggend was, 'n helder groen blou lig. Dit was ongelooflik gewees. Gaan seker nie weer binnekort so iets sien nie.
Elna 11/23/2009 9:17:09 AM
Ons woon in Delmas en het ook die Vuurbal gesien. Ons het 'n geweldige hitte gevoel en alles was verli. Dit was onmoontlik om 'n foto te neem aangesien die lig weg was voor ons to verhaal kon kom.
Willem 11/23/2009 9:23:40 AM
Ek was naby Derdepoort grenspos en het ook die mooi blou lig gesien wat die aarde verlig het van horison tot horison.
Floris Visser 11/23/2009 9:32:36 AM
Ek het buite gestaan terwyl die honde eet. Die volgende oomblik was daar hierdie geweldige groot ster wat verskiet. Ek het my vrou geroep maar dit het te vinnig getrek, toe sy buite kom was dit reeds weg. Ek glo nie ek het al ooit so iets beleef nie. Wonderlik!
John Lodder 11/23/2009 9:42:41 AM
Ons was in Nelspruit omgewing toe ek en my broer sien hoe dit skielik lig geword het en na n paar sekondes weer donker geword het, ons het eers gewonder of iets nie ontplof het nie maar daar was geen slag na die lig nie.Dit het gelyk as of die son skielik opgekom het en toe weer gesak het,dis hoe lig dit was.
Kathleen 11/23/2009 9:58:36 AM
Ek en my man(ons woon in Ellisras) het Saterdag aand buite gesit en kuier toe die lig skielig blou-groen en toe amper spierwit geword het. Ons was albei sprakeloos. Ek het amper gedink iemand het iets in my drankie gegooi, maar toe die hele land die volgende dag begin inbel op radio oor die 'lig bal' het ek geweet my oë het darem niks makeer nie!
Sussie 11/23/2009 10:00:54 AM
Ek het Saterdagaand gou my hondjies gevat om 'n draai te loop, soos ek staan en vir hulle wag, verhelder die lug in 'n helder blou/wit, amper soos 'n floresent lig wat jy aan skakel, al flikkerend. Ek't my boeglam geskrik. Ek't geweet dat dit nie weerlig kon wees nie, maar toe ek vandag op die website gaan en die berig sien, het ek geweet dat dit defnitief net dit kon wees. Wat 'n belewenis. Ek was so bly om te weet dat ek nie die enigste 1 was, wat dit gesien het nie. (Kempton Park) Wens net iemand het 'n foto van die vuurbal gehad..
Bernice 11/23/2009 10:07:34 AM
Ons bly in Palapye, Botswana so 120 km van die Martins Drift grenspos af. Ons het ook die verheldering gesien en dadelik daarna die "verskietende ster". Al was dit net sekondes was dit iets om te sien!!!
Anthony 11/23/2009 10:14:35 AM
Ons het gaan visvang in Ventersdorp , Rietspruitdam toe ek dit sien , was besonders ..soos daglig
Jason 11/23/2009 10:14:51 AM
Julle het gesuip en boom gerook,dis al.
Riette Bennett 11/23/2009 10:33:18 AM
Riette uit St Lucia Kwazulu Natal - ons het n geselligheid tuis gehad en van die laaste kuiermense gaan afsien by die hek toe die hemelruim skielik eers turqouis en toe oranje oplig - ons het ook eers gedink dit is weerlig maar nêrens was n wolk in sig nie, dit was n lieflike aand in St Lucia met die hemelruim vol sterre - kliënte was in Cape Vidal op die strand op n skilpadkyktoer, en skielik kon almal mekaar se gesigte sien so helder het die hemelruim opgelig - ons voel geëerd dat ons dit ook kon aanskou
Tania 11/23/2009 10:35:44 AM
Ons was saterdag aand tuis, ons was net rustig toe daar ewe skierlik 'n helder lig die hele erf oplig. Ek het dadelik na my buurman geroep en hy het ook die lig gesien. Dit was 'n paar sekondes sigbaar en dit het weer verdwyn. Die lig het die hele donker erg opgelig, dit het soos sprei ligte in ons erg gelyk.
Lizelle Vorster 11/23/2009 10:53:54 AM
Ons het by die bure in ons kompleks gekuier in Centurion, so teen 11uur het ons gegroet en buite gestaan. Buurman het gesê kyk hier kom 'n "cracker", sy vrou het gesê dit is verskietende stêr. Die volgende oomblik was dit helderlig en toe skielik word als rooi. My man het gedink hier kom 'n atoombom! Dit was amazing om te sien, maar tog skrikkerig...
Alien69 11/23/2009 11:00:00 AM
Die einde is naby..die Aliens kom julle haal..BOE HA HA HA HA HA
Wanda Smith 11/23/2009 11:04:56 AM
Ek en my man het omstreeks 22:57 in Genl. Louis Botha gery van 'n funksie af. Ons was absoluut van ons asem beroof toe ons die groot wit vlam sien en toe daarna die hele ligruim wat opgehelder het. Ek het voorwaar gedink dat dit die einde van die wêreld was! Iets wat ek wel besef het was dat Suid Afrika 'n nood nuus stelsel moet kry, want ons was in skok en kon op geen tv kanaal iets uitvind daaroor nie! Dit was werklikwaar 'n groot gebeurtenis en ek is bly ek kon dit sien!
Anthony 11/23/2009 11:18:12 AM
He he ....gekuier ja Jason ...gerook ..nee wat. Dis ongelooflik hoe wyd verspreid almal is & tog steeds gesien , ek meen mense van Natal, Nelspruit ,Ventersdorp ....
Karina 11/23/2009 11:25:05 AM
Ons was oppad Bloemhof toe (aan die Suid-westelike kant die Bloemhof Dam) toe ons 'n helde wit lig gesien het - nes 'n verskietende stêr wat skielik al vinniger beweeg het teen 'n 45 grade inklanasie in 'n Noordelike rigting. Die wit "ster" het skielik 'n groen kleur geword en daarna 'n geel/rooi kleur waarna dit behoorlik gelyk het of dit die aarde tref.
Rene 11/23/2009 11:29:07 AM
In Hartbeespoort ook gesien terwyl ons op deck gele het. Dit was ongelooflik! Ek is so bly ek kon dit ervaar. Daglig met sterre in. Ek het vir 'n omblik gedink ek het 'n blackout gehad, want dit was nou net nag en toe skielik dag. anyway, een van die mees besonderste dinge wat ek al ooit beleef het. Dankie Liewe Jesus!
Frans Roelofse 11/23/2009 11:30:38 AM
"Cooper het gesê die voorwerp het in ’n noordwestelike rigting teen sowat 20?km/h beweeg." “Dit is nie soseer die voorwerp wat so helder gloei nie, maar die lug wat daaromheen verbrand weens die hoë spoed waarteen die voorwerp beweeg.” Wat is die eintlike antwoord nou want indien daar nie 'n tikfout is nie, het Cooper half 'n dubbele opinie daar. 20Km/h is 5.6 m.s. Volgens my is dit nie rerig vinnnig nie. So groot soos 'n vuis of rugby bal toe dit die aarde tref?
corne 11/23/2009 11:38:28 AM
Lekker bol ek julle almal - dit was ek wat met n lighter gespeel het!! n ma se lighter!!
KATE 11/23/2009 11:39:18 AM
Ons het buite gestaan en vleisbraai so kwart voor 11 (Kempton Park) toe ons eers die witlig sien wat ons gedink het dit is weerlig maar skielik net daarna die oranje rooi vuur wat alles verlig het fantasties mooi is daar nie iemand wat ons meer kan inlig oor wat dit werklik was nie van die mense beweer dit het iewers in Botswana geval
Brenda van Wyk 11/23/2009 11:39:27 AM
Ons woon op 'n plaas tussen Middelburg en Loskopdam en was oorweldig deur wat ons aanskou het. Die hemelruim was verlig met 'n verblindende wit lig. Na dit kon ons die stert van die voorwerp sien wat lyk of dit 'n brandende kolom met definitiewe stukke afval binne-in is. Ek wil graag vir Mr. Cooper vra of hy self hierdie skouspel gade geslaan het? Indien nie, waarop grond hy sy verduideliking dat die voorwerp so groot soos 'n vuis is??? Dit is nie 'n logiese verduideliking vir iets met soveel intensiteit nie. Is daar nie 'n KENNER wat vir ons 'n meer konkrete verduideliking het nie? Of moet ons maar ons eie gevolgtrekkings maak?!
Wouter 11/23/2009 11:45:56 AM
ja dit was amazing om te sien hoe dit die wolke verhelder.
Nanette 11/23/2009 11:52:02 AM
Dit was stunning!!! Ons het by vriende gekuier in hatfield en was oppad huis toe. Ons het buite gestaan en gesels en skielik was daar hierdie "ontploffing" en toe word die hemel helder blou soos asof dit dag is.
Ons is bly ons kon dit beleef!
Drini 11/23/2009 11:58:35 AM
Ons het net buitekant Thabazimbi op 'n wildsplaas gekuier en ek het buite langs die vuur gesit en die ander was by die lapa. Ek het na die sterre gekyk en gewonder waar is al die wolke heen. Skielik het ek hierdie lig gesien wat beweeg en al groter word, daar was 'n neon groen streep agter die "bal" en toe flikker dit helder en toe is dit helder daglig! Kon nie glo wat ek sien! Gedink "Independence day" is op ons. Toe ek terug loop na die lapa om te vertel het iemand gese: "Moet net nie se die weer is weer besig om op te steek nie". Ek het maar eers later vertel wat ek gesien het. Ongelooflik!!
René Van Gass 11/23/2009 12:04:34 PM
Ek het in ons sitkamer gesit (in Nelspruit) toe ek sien dat dit geleidelik baie lig word buite en toe weer donker. Ek kon dit nie verstaan nie, want daar was ni donderweer nie en 'n groot deel buite is verlig. Ek kon ons hele tuin duidelik verlig sien - dit het net 'n paar sekondes geduur.
Ek sou graag buite wou wees!
Lettie van der Merwe 11/23/2009 12:10:43 PM
Ons was op 'n plaas in Thabazimbi na by Makoppa ons het langs die vuur gesit en gesels toe die hele hemelruim helder verlig word dit was in die ooste oomblike later het die ronde wit bal verdwyn dit was so helder jy kon die blou lug sien en die bome en bosse om die kamp.
Nadine Laubscher 11/23/2009 12:13:31 PM
Ons, 4 vriendinne, het dit in Heanertsburg gesien en ons mans het dit in Nylstroom gesien tussen 22:35 en 22:45. In Heanertsburg was dit nie so duidelik nie - die lig het net baie helder geword - maar in Nylstroom kon hulle duidelik die ligbal en die stert sien.
Ivor 11/23/2009 12:15:36 PM
ja jandrey want DIT WAS NIE 'N METEORIET NIE. Miskien is dit hoekom hulle dalk nie vir ons gewaarsku het nie? Derduisende sulke voorwerpe dring ons atmosfeer binne ELKE UUR. Wil jy rerig weet elke keer as daar so iets oppad is? Maak seker van jou feite voor dat jy kritiek lewer, want duidelik weet jy niks van hierdie onderwerp/voorwerp af nie. Tot later.
Pikkewyn 11/23/2009 12:20:07 PM
Ek het dit nie gesien nie....
Diane 11/23/2009 12:28:59 PM
Ek en vier jongmense was in twee karre op pad na my huis toe na 'n musiekvertoning toe ons sien hoe die hemel verlig. Ons het eers gedink dis 'n fakkel maar besef 'n fakkel sou baie vinniger uitgebrand het. Dit was ongelooflik om dit te sien, maar my eerste indruk daarvan was dat die lig 'n ligte groen kleur was met 'n rooi bal met 'n 'stert' vooraan. Miskien het Springs se ongelooflike vuil lug iets daarmee te doen gehad! Dit was nogtans awesome en die jongmense was oortuig dat hulle pas 'n VVV gesien het!
Pieite 11/23/2009 12:39:30 PM
Ek het dit ok nie gesien nie
Poppie 11/23/2009 12:45:20 PM
Ek ook nie......
EISH 11/23/2009 12:45:27 PM
Smaak my julle was almal by dieselfde party, Pikkewyn ek het ook niks gesien nie...... ons was blykbaar nie genooi na die party nie...
Renier De Beer 11/23/2009 12:46:16 PM
ek en my friend was besig om te ry ons het by n stop straat gestop an ons linker kant was da die laarskool se rugby veld ons het ers gedog dit was donerweer...ons ok gedink dit kan nie wees nie....dit was vir omtrent 5sek heltemal lig dit was so blou pers deur die wolke dit was erg om weer....Renier De Beer van Louis Trichardt...
Huh?? 11/23/2009 12:54:18 PM
Wat gesien???
Marlize Lottering 11/23/2009 1:05:58 PM
Ons was onderweg vanaf die Devon Boerevereeining Eindjaarfunksie net buite Devon toe ons skielik sien hoe die hele aarde vir kilometers om ons verlig word. Dit het vanuit die Witbank / Middelburg omgewing afgekom. Ek het dadelik afgekyk om te sien hoe laat dit was en die horlosie het gestaan op 22h55. Dit was regtig 'n belwenis om hierdie groot masiewe vuurbal te sien neerduik op die aarde en net toe dit lyk of dit die aarde gaan tref is alles in 'n oogwink verby.
V-towner 11/23/2009 1:13:27 PM
Ons was by 'n batchelors by Kareekloof (net anderkant Meyerton). Ons sit nog so rondom die vuur toe word dit so helder soos daglig. Het gedink iemand skiet 'n "flare"...
Lady Ice 11/23/2009 1:16:53 PM
Mense van Potgietersrus het dit ook gesien en het gedink iemand bom Mahwelereng net buite ons dorp. Hul sê als was spierwit en helder en die voorwerp het 'n vuurstert agterna gehad en toe was dit weg. Mense van Alldays sê hul het drie minute na hul die vuurbal gesien het, 'n ligte skudding beleef, so die ding moes iewers geval het.
Laspos@ Pikkewyn 11/23/2009 1:20:50 PM
Ek het dit ook nie gesien nie, maar wel jare terug op my ou Noord-Kaap dorp toe ek op die grasperk gaan le het na die grassnyery. Die piering-ding met sy staalkleur en duiwelsstert het bo-oor die dorp beweeg teen n redelike spoed wat n zzzinggeluid gemaak het, maar ek was met n spoed in die huis in. Hulle is hier hoor!!! Ja, Ivor, duidelik was dit nie n meteoriet nie.
Die 6 Musketeers 11/23/2009 1:21:41 PM
Ons het om die kamp vuur gesit toe een van ons vriende 'n verskiettende sterretjie gesien het, maar dit was nie soos een gewees nie, ons het net eweskielik 'n wit / blou bal tipe vormrige voorwerp in die lug gewaar. Dit was asof dit vir 3 sekondes deur die lug afgepyl en 'n wit / rooi ontploffing gemaak het en toe was als net donker. Dit was regtig amazing gewees!!!! Niemand wou ons glo die Sondag oggend toe ons die storie vertel het nie, dankie tog vir al die ander ooggetuies.
Karien 11/23/2009 1:26:43 PM
Ons het buite gesit en kuier in Pretoria, toe ons skielik sien dat die hemel soos daglig word. Jy kon alles sien vir 'n oomblik en toe is dit weer donker. Ons het geweet dat dit nie die weerlig kon wees aangesien daar geen dreuning of reënwolke was nie. Dit was asemrowend. Ek sal ook graag die vuurbal wou sien.
johann 11/23/2009 1:34:08 PM
ons was vier pelle besig om te kuier en toe met eens skiet die bal in die lug verby... dit was beslis asemrowend... gelyk asof dit so ongeveer 50 km weg van ons geval het uit pretoria. bly ek was wakker om dit te beleef het!
petro 11/23/2009 1:34:48 PM
dink maar aan die moontlikheid van buitelewe mense . . .
Pieter 11/23/2009 1:39:52 PM
As 'n meteoriet die aarde se atmosfeer binnedring kan dit onmoontlik nie teen 'n snelheid van slegs 20km/uur beweeg nie. Cooper het seker bedoel 20km/sek., ofte wel 72000km/uur? In elk geval, ek glo vas dit was 'n meteoriet en iemand gaan dalk so gelukkig wees om dit te kry waar dit (as dit) die aarde getref het.
japsnoet 11/23/2009 1:40:16 PM
Swadini, Hoedspruit - het 'n helder wit lig gesien ongeveer 22:30.
Jakkals 11/23/2009 1:58:38 PM
Ons was 8 studente wat gekuier het by Thuli Wilderness kamp teen die Limpopo tussen Pontdrif en Platjan. Skielik daglig 11 uur in die aand, 2 minute later hoor/voel impak, rimpeling deur grond. So dit moes naby gewees het, wat dit ookal was.
Nadia 11/23/2009 2:01:56 PM
buitelewe? ja, ok. ufo so groooooot soos 'n rugbybal???
Elmeri 11/23/2009 2:26:14 PM
Ek kan nie glo mense soos, Alien69 en Jason so 'n bespotting kan maak van die Here se werke nie... Julle moet dalk bietjie wakker word en om julle kyk na al God se wonderwerke...
Thinus Kotze 11/23/2009 2:28:52 PM
Ek was by 'n troue by Silver Star Casino aan die Wesrand. Ons het buit op 'n balkon gestaan en rook toe die spektakel hom voor ons afspeel. Ek het inteendeel gedink dis 'n metioried of iets.
Adri 11/23/2009 2:33:24 PM
Ons het dit ook in die omgewing van Lephalale/Ellisras (tussen Lephalale en Marken) in Limpopo gesien waar ons buite op ‘n plaas gekuier en vleis gebraai het. Dit was ‘n ongelooflike ervaring! Ons het ongelukkig nie ‘n foto daarvan geneem nie – dit was te vinnig oor en ons was in ‘n toestand van skok en verbasing - het nie eers met mekaar gepraat nie totdat dit verby was.
christoff 11/23/2009 2:47:57 PM
Het die ook die helder lig gesien, Thabazimbi omgewing. Het te vinnig gebeur vir foto's. 'n Ongelooflike ervaring.
Janine 11/23/2009 3:06:05 PM
Julle wat so lekker sarkasties is, is maar net jaloers dat julle dit nie gesien het nie. Ons was 'n groepie vriende wat dit gesien het in die Centurion omgewing. Ook die bal met die stert en pienk en groen lig. Ons almal was biejtie paranois daarna, ek het gedink dit is Armagedon.
Marinda 11/23/2009 3:14:03 PM
Saterdag aand omstreeks 10h00 is ons gesin en my suster se gesin oppad terug huis toe van die plaas af in Piet Retief, so 5km van Piet Retief af het my suster en haar dogter die rooi bal bokant die dorp sien hang eers het sy gedink dit moet 'n "flair" wees maar 'n flair sal afsak en die rooi bal het op beweeg. Dit het 'n rooiskynsel veroorsaak soos wat 'n flair sou maak. Het ongelukkig nie foto's geneem nie. Sy was baie opgewonde oor die verskynsel.
Rina 11/23/2009 3:14:03 PM
Julle wat dit nie gesien het nie, so sorry to disapoint you my dear, but if you snooze you loose.
Belinda & Adriaan 11/23/2009 3:24:57 PM
Ons bly in Witbank. Ons het by die verkeerslig in Witbank by die Mercedes garage gestaan en in die rigting van Game se kant het ons 'n streep in die lug gesien wat eers rooi was en toe raak die streep wit na die wit streep wat dit gemaak het,het dit net wit geword buite soos dag en jy kon slefs die wolke in die lug gesien het al kon jy nie toe dit donker is nie en dis weg dit was 'n kwesie van 'n paar sekondes gewees.Ons dink dis 'n groot belewenis om so iets te kon sien. Ja, daar gaan mense wees wat dink 'n mens praat 'n groot klom snert maar ek wonder wat sou daai mense gesê het as hulle dit self beleef het? Dit was 'n wondelike gevoel om die volgende dag op Jacaranda te hoor van die naglike gebeure en jy weet jy het dit beleef!
Hannie 11/23/2009 4:23:02 PM
so vyf voor elf was alles helder lig op die plaas waar ons woon naby Maasstroom so 60 km van Alldays af na die helder lig ñ geweldige ontploffing soveel so dat my huis se ruite geraas soos wanneer die weer swaar is my buurman se huis se muur het gekraak ons het groot geskrik en gekyk of ons iewers rook sien dit was ñ geweldige ontploffing.Ons het nie die bal in die lug gesien nie net die helder lig en toe die ontploffing.
eiende 11/23/2009 4:36:06 PM
die einde is naby;die Here Jesus het gese ons sal aan die tekens van die Hemel sien,en daar gebeur so baie tekens,is jul gereed om jul verloser te ontmoed
Adolfie 11/23/2009 4:56:04 PM
Ek bly in Pretoria, ek en my meisie was in die kar, ons was oppad Witbank toe want my meisie wou hê ek moet haar op 'n plek soen wat stink. Net so buite Witbank het ek toe ook die lig gesien. Dit was asemrowend.
maritze 11/23/2009 6:13:31 PM
Ons het by die ATKV oord by Drakensville in die Drakensberge gekamp en dit gesien.
Mike & Liz 11/23/2009 6:28:51 PM
Was 8 studente in Botswana teen Limpopo rivier tussen Pontdrift en Platjan. Teen 11uur het die donker omgewing skielik lig geword soos daglig. 2minute later het daar 'n baie harde skoot geluid afgegan en 'n sterk skokgolf het ons getref. Regtig 'n ongelooflike belewenis, maar het groot geskrik!
Dries van Heerden 11/23/2009 7:31:35 PM
Ja mens kan sien.....brandewyn het nie brieke nie....laat jou snaakse dinge sien...LOL.!!!!!!!!
zane 11/23/2009 8:11:05 PM
Ons het op die N1, net voor hy by die N14 aansluit, gery van Johannesburg af terug na Pretoria toe. Ons het skaars genoem van hoe mooi Centurion se liggies op die horison gele het, toe die hemelruim voor ons oplig in 'n ligte turkoois-groen kleur, binne 2 sekondes het daar 'n gloeiende bal met 'n 45 grade helling die atmosfeer binne gedring. Die bal het 'n lang stert gevorm en het van die lig groen kleur na geel en toe rooi verander soos hy op die horison verdwyn het. Ek en natuurlik al die ander voertuie op die snelweg het remme aangeslaan van skrik, want die asteroide het so naby gelyk, amper asof dit hier voor ons op die pad sou neerslaan.
Baie mooi!!
Willem Spinner 11/23/2009 8:40:58 PM
Ai mense ek wil nie n storie "spin" nie maar ek het dit oor kempton gesien gaan ek was op pad huis toe.Ek het aan my verloofde gese dat ek glo dit moes naby geval het want dit het laag gelyk. Omdat ons so naby aan die Lughawe was het ons gedink dit was n vliegtuig wat ontplof het en besig was om te val en het probeer om dit te volg!! Ja HAHA big joke ek het net my petrol gemors! Maar is darm bly ek kon dit sien!!!!!!
Chris 11/23/2009 10:22:16 PM
Ons het op Bulgerivier (tussen Vaalwater en Ellisras) ook gesien hoe die lug heeltemaal blou word.
dolfie 11/24/2009 2:13:10 AM
Hoe is dit moontlik dat in al di provinsies die selfde ding gesien is wil julle almal ons vertel dat ons 100de sateliete het maar nie een kon die vuurbal afneem nie.Alles werk met sateliete, iemand probeer iets vir die mense wat wel dit gesien het weg te steek en julle idiote wat nie weet waarvan julle praat nie om sulke onosel aanmerkings te maak, weet jy wat kan gebeur as die ding jou huis tref. ek glo almal is geregtig om te weet wat dit was.Die man wat gesê het die ding is so groot soos 'n vuis of rugby bal het nie 'n idee waarvan hy praat nie. 'n Rugbybal kan nie sewe provinsies en nog tot in botswana verlig nie, en ook nie daglig oor Suid-Afrika maak nie. Probeer weer en doen die keer jou huiswerk.
Madeleine 11/24/2009 7:18:39 AM
Ek verwys na Jason se kommentaar dat die mense wat die skouspel aanskou het gerook en gedrink was.
Jason jy is duidelik common, hou jou eenvoudige praatjies vir n kolom waar dit van toepassing is. Wat die hart van vol is loop die mond van oor.
Pieter 11/24/2009 7:53:28 AM
Was ook buite omstreeks 23:00 en het die hemelruim sien verlig sonder dat daar enige wolke was,met die WEDERKOMS sal GOD die VERSKYNSEL met miljoene kere vergroot en dan wonder ek wie van die ongelowiges en spotters eerste gaan wegkruip. EER GOD VIR SY GROOTHEID.Ek weet my Here leef en Hy wys dit vir ons in tekens.
Chantel 11/24/2009 8:09:28 AM
Ons was oppad terug na Thabazimbi toe van die waterberge se kan toe en toe 11 uur se kant kon ons ieweskielik alles sien helder daglig toe verdwyn dit en word rooi en weer swart. Mense in Ellisras (Lephalale) se hulle kon die Meteoroid sien, en dat hy Botswana se kant toe gegaan het.
Connie 11/24/2009 10:21:23 AM
Wens soooooo ek kon die ook SIEN!
Liesel 11/24/2009 6:03:07 PM
Dit was ongelooflike ja... Maar, miskien was dit Christopher wat vir Wicus van der Merwe kom haal het, sodat ons 'n District 10 kan kry... (giggle)
Meriet Pattison 11/24/2009 8:41:24 PM
Ek het dit ook gesien die VVVW tussen Fouriesburg en Bethlehem oppad terug van Ficksburg Kersiefees. Dit was masief, ek glo nie iemand was gereed om n foto te neem nie, alles het in elkgeval so vinnig gebeur, en jy skrik jou boeglam, dink nie eers aan n selfoon of kamera. Dis net daardie brandende ding wat alles verlig wat hier voor jou verby trek, massief, maar ek wil net vandag vir die mensdom se, skrik wakker, net so vinnig as die die voorwerp uit die lug gekom het, so vinnig gaan die koms van ons Hemelse Vader ook wees, wees gereed.......
Theunis Siener Cronje 11/25/2009 8:13:07 AM
Miljoene het reeds die eerde oor mellenia getref. 70% Van ons aard oppervlak word deur water beslaan en dus is ons 30% van die tyd bewus van so iets. Dan is die helfte van die 30% miskien in die donker van die nag. Wat die een so uniek maak, is dat dit een van die eerste Meteoriette is, wat ons herhinner aan sy ouboet wat in 2012 kom kuier.
Andrea Stadler 11/25/2009 9:33:53 AM
Ek het ook die meteor gesien vanuit Protea Park Westonaria BAIE DUIDELIK! Eers was dit n groenerige blouerige kleur en het al hoe rooier geword en toe n wit lig gemaak en verdwyn! AMAIZING SIGHT!
Roelofie 11/25/2009 6:55:37 PM
'n vliende meteorite? Julle mense is gerook. 'n meteorite is net iets what op the grond le.
Jaco vd Merwe 11/25/2009 8:03:58 PM
Ons was in die Vrystaat (Bethlehem) Ons het gestaan en kyk na hoe helder die sterre was en die volgende oomblik het die donker nag verhelder in 'n helder oranje. Daar het 'n vuurbal deur die lug getrek met 'n punt agterna. Dit het amper gelyk of hy agter die horison geval het. So het dit gelyk, want ons het nie geweet wat dit was nie. Dit alles het in ongeveer twee sekondes gebeur. Dit was 'n spesiale ervaring!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... Zack, is jy bedônnerd om in die Nuwe Suid Afrika om naamsveranderinge te pleit? Besef jy nie wat die spul met die naam sal aanvang as daaraan verander word nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Jhb: 15-29°C Broken clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 13-26°C Broken clouds. Pleasantly warm. Pta: 15-28°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-27°C Partly cloudy. Mild. PE: 18-25°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Managing Accountant (AA)

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.3 AC 5-dr
2005
R 59,900.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 AC
2008
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Comfortline 5-dr
2005
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 32 000 000

LONEHILL

Single Residential - House R 5 200 000

RIVONIA

Multiple Unit - Cluster R 4 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!