Johannesburg

Dinsdag

Broken clouds. Pleasantly warm.

13°C
26°C

7 day forecasts

SA plaasaanvalle eis meer as dié oorlog

2009-11-12 02:12

Sarel van der Walt

Altesame 91 Britse soldate het vanjaar in die oorloggeteisterde Afganistan gesterf, terwyl minstens 111 mense in dieselfde tydperk in plaasmoorde in Suid-Afrika dood is.

Dit blyk uit statistieke van die landbou-organisasie TLU SA.

“Omdat die polisie nie amptelike statistieke bekend wil maak nie, is ons afhanklik van mediaberigte om ons syfers op datum te hou,” het mnr. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gister by navraag gesê.

Die afgelope agt jaar het 232 Britse soldate in Afganistan gesneuwel, terwyl 292 mense in net vier jaar in plaasaanvalle in Suid-Afrika dood is.

Die polisie het Agri SA se na- sionale veiligheidskomitee vandeesweek op ’n vergadering in Centurion gevra om nie die statistieke bekend te maak wat die polisie aan hulle gegee het nie.

Op dié vergadering het mnr. André Botha, voorsitter van dié veiligheidskomitee, onverantwoordelike uitsprake deur politici en senior staatsamptenare die skuld vir plaasaanvalle gegee.

Hy het gistermiddag gesê hy glo TLU SA se syfers is “konserwatief”. Botha sê huisrooftogte, kapings, verkragtings en veral veediefstal het kwaai toegeneem in landelike gebiede. Swart én wit loop deur.

Ná die moord op dr. Warwick Dorning, bekende KwaZulu-Natalse boer, vroeër vandeesweek het die ANC in dié provinsie luidens berigte gesê hy neem kennis van bekommernisse van landbougroepe oor die veiligheid van boere en ander plaasbewoners.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


RP Hattingh 11/12/2009 7:02:52 AM
Die rede hoekom die plaasmoordsyfers nie bekend gemaak word nie, is omdat dit baie meer is as wat ons dink en die regering is te slap om die nagevolge te wil dra asgv. hul onbevoegdheid.
Kaltie 11/12/2009 7:07:38 AM
Let wel, dit is net plaas moorde. Tel al die blankes wat vermoor is, en ons is geregtig op vlugteling status.
Des 11/12/2009 7:08:43 AM
Om kennis te neem is nie goed genoeg nie!
liz 11/12/2009 7:18:22 AM
Ai, dis vir my n teerpunt. Die boere wat so hard werk en kos voorsien vir SA, so vermoor word. Nie net dit nie, die wreedheid van die moorde is skokkend, dis hoekom dit nie bekend gemaak mag word nie - die buiteland mag dalk agterkom dis nie jou gewone moorde van maak dood en vat wat jy kan nie - daardie dade wys haat vir die medemens.
Willempie 11/12/2009 7:22:16 AM
Daar is 'n verskil om kennis te neem en iets daarom te doen.
Alet 11/12/2009 7:30:29 AM
Ek dink net die moordenaars weet dis bejaarde mense of dat daar nie enige hulp van naby is nie. Dit is definitief iemand wat die mense ken. Kan nie glo dat iemand so wreed kan wees nie, dit is eimand wat weet dat daar geen teenkanting gaan wees nie. En dan dink hulle gaan daarmee weg kom.
Frans 11/12/2009 7:33:04 AM
Grootste liegstorie ooit,Gaan na www.projek2010.co.za om die regte syfers te kry,Daar is meer as 1000 boere wat vermoor was in die afgelope 4 jaar.
Paul 11/12/2009 7:34:14 AM
Om 'n boer te wees in Suid Afrika is die gevaarlikste werk in die wereld. Nog meer gevaarlik as om 'n slodaat te wees.
Brentie 11/12/2009 7:37:34 AM
Dit is doodeenvoudig so, dat die ANC nie diepolitieke wilskrag het om enigiets te doen nie. Enige party wat toe laat dat ' n persoon soos Malema as sy nie-amptelike spreekbuisoptree om te se wat hulself, om tog die skynvan 'n demokratiese regering te behou, hetreeds beheer verloor.Die afskaffing van die kommando-stelsel wasmaar nog net 'n spyker in die doodskis vanlandelike beveiliging.Dit moet vir enige mens duidelik wees dat 'n regering wat 'n onbeheerste toestromingoor sy grense toelaat ook nie instaat is omsy landsburgers na behore te beskerm nie.Die grootste probleem is dat die stemkragnie in die hande le van die mense wat deurhul harde werk en direkte belastingbydraes grotenliks bydra die om die landsadministrasie finansieel aan die gang te hou nie,maar in die hande van 'n klomp lawaaimakers soos Malema.Ons dws blanke belastingbetalers moet nouvir eens vir altyd besef dat die dae waarindie blankes feitlik alleeen seggenskapuitgeoefen het oor die politieke koers van die land en hoe openbare finansies beheer enbestee moet word, vir goed verby is.
paraat 11/12/2009 7:42:00 AM
Ons is reeds in 'n oorlog. Haatvendetta!!! As ek na iemand se huis gaan, maak ek 'n afspraak, as iemand by jou huis inbreek, skiet, want hy kom om nonsense droog te maak. My vraag is net dit, hoekom is dit die meerderheid swart mans wat hierdie nare moorde en plaasmoorde op byna 'n daaglikse basis pleeg? Hoekom doen vrouens dit nie? Vrouens maak tog hierdie jong mans groot, waar gaan die dinge dan verkeerd? Wat is in die psige van 'n man wat hom dryf tot so 'n bloeddorstigheid? Die antwoord kan nie armoede wees nie, want daar is baie mense, selfs by blankes, Indiers, Bruines en Swartes wat in armoede grootword, maar nie hierdie dade pleeg nie????
Felix 11/12/2009 7:43:14 AM
Die landbougemeenskap en ander belanghebbende partye spook al jare lank om die aanslag op plaasbewoners van alle rasse onder die regering en veiligheidsdienste se aandag te kry met min of geen simpatie van hulle kant. As 'n kaartman kader (lees Malema) van die pad af getrek word omdat hy onwettig 'n blou lig gebruik om die wet te oortree, word blitsvinnig 'n beluit geneem dat hy geregtig is op BBP beskerming sodat hy sy bloulig en begeleiding kry. Nou kan hy vinniger op plekke kan kom om die vuur van haatspraak aan te blaas teen nie-swartes sodat daar verder gemoor kan word.
Piet 11/12/2009 7:49:00 AM
Hierdie is `n aanslag teen die blankes,dit word stil stil deur die ANC georganiseer.Kyk net noord van ons grense en julle sal sien wat wag vir ons,ons is al amper in dieselfde situasie.
Jewels 11/12/2009 7:49:09 AM
Kaltie dit is nou gespreek soos evangelie. Ek het altyd gese: SA is my land, hier bly ek dood of mal. Dit begin alhoe meer trek na mal. Vlugteling status word uitgemaak as onsin. Is dit werklik? Dis tyd vir almal soos ek om te heroorweeg.
francois 11/12/2009 7:58:04 AM
Laat TLU SA die fotos wys van hoe ons mense gemartelen vermoor word tydens die rooftogte, sodat die wereld, ons eie mense kan verstaan wat aangaan."Wakker Skrik", sodat ons kan begin saamstaan, om ons bestaansreg te begin verdedig.
Hannes 11/12/2009 8:02:15 AM
Mens sou kon dink die getal sal al afgeneem het want die boere raak nou dun gesaai soos hul afgemaai word maar tog neem die syfer toe skrikwekend dit help ok nie jy plaas polisie lede op die plase om die boere te beskerm nie want terwyl jy in die lande besig is stroop die poliesie lede jou huis en verkrag jou vrou en dogter!!
valentino 11/12/2009 8:07:08 AM
Ons blankes is te slapgat om saam te staan. Ons het die mag om die land lam te le. dink Eskom, Sasol ens, en die boere kan eenvoudig weier om landbou produkte op die mark te sit. Dit sal hiedie regering gou gou laat anders dink oor hoe hulle blankes behandel. MAAR NEE, ons is mos beskaafd en is beter as die massas, so ons kan nie so optree nie want dit is mos nie die regte ding nie. Kak man, ons word vinniger en vinniger uitegemoor en uitgedryf uit ons vaderland, so dit is tyd dat die kak stop en wat gedoen moet word moet gedoen word. Ons het genoeg betaal vir apartheid, en die massas kan nie meer apartheid bevraagteken nie, want hulle onderstreun DIESELDE STELSEL!!!!!
MJ 11/12/2009 8:11:30 AM
As die Afrikaansprekendes wat oorsee is iets vir die land wil doen ipv om ons gedurig te kritiseer, waarom begin julle nie `n buitelandse drukgroep om die wereld in te lig oor die moorde nie? Die tyd het aangebreek om iets vir julle land te beteken!!
erna 11/12/2009 8:18:16 AM
Julius Malema het lyfwagte gekry omdat sy lewe na bewering "in gevaar" is. Die verantwoordelike minister se reaksie was dat enig lid van die publiek wat voel sy lewe is in gevaar kan vra vir persoonlike beskerming - wonder wat sal hy doen as die boere om persoonlike beskerming aansoek doen. Hoerveel boere is vermoor en hoeveel ANC politici - so wie moet regtig beskerm word?
George 11/12/2009 8:18:37 AM
Dit sal my gladnie verbaas as dit eendag uitkom dat hierdie moorde haarvyn beplan is deur een-of-ander ANC hoe nie. Net soos dit nou onlangs uitgekom het dat ANC self agter die optogte sit nie.
Banggat keuse 11/12/2009 8:39:40 AM
Elkeen van ons maak keuses wat jou lewe beinvloed. My pa was die sesde generasie boer op 'n plaas in die Oos-Kaap. Vandag sit sy banggat kinders versprei oor 3 kontinente - almal nog lewendig. Maar soos ons een vir een aangekondig het ons loop, het die boeregemeenskap baie smalende kommentaat gelewer oor hoe sag ons is en dat Afrika nie vir sissies is nie. Nou wonder ek maar waaroor kla die mense: Afrika is nie vir sissies!
Lee 11/12/2009 8:50:19 AM
Hoeveel swart boere word doodgemaak?
Google bietjie Uhuru....
The murder of all white africans..
Mariette 11/12/2009 9:24:31 AM
Plaas aanvalle is skrik wekkend niemand is nerens meer veilig nie en ons leef elke dag asof dit ons laste is en die geboorte van 'n kind is so 'wondelike ding dan word die mens so wreed vemoor. Suid Afrika is nou 'n land wat apartheid in tru-rat toe pas en gou skree rasisme maar ons word boere en whities en allerande name genoem en dan word die ergste ons word ontwapen kan onsself nie eers meer verdedig nie en van die buurstate kan hulle sommer net oorloop en vat wat hulle wil daar is geen rekord van sy vingerafdrukke of enige iets nie. Ek stem saam met Valentino ons Afrikaners is te banggat en te ruggraaatloos om saam te staan en op testaan vir wat ons wil he Laat Gods Water oor Gods akker loop attitude is om van naar te word. As almal net vir 1 uur reg oor die land gelyktydig geen krag gebruik nie kan 'n duur boodskap aan Eskom gestuur word. As die boere ja ek weet hulle moet leef en geld verdien net vir 'n week of drie landswyd geen produkte lewer nie kan hulle hul boodskap duidelik oordra. Welgedaan aan dieaartappel boere wat reeds hul punt bewys het met die te korte en al wat hulle gevra het was 'n min van R30 per sakkie om die uitset kostes te dek toe hulle dit nie kon kry nie toe plant hulle nie aan nie en glo my die land het dit gevoel en pryse het in supermarkte opgeskiet na r60 vir 7kg hoekom kan ons nie net bietjie swaarkry en saam staan en ons punt oordra daar waar dit saak maak nie. Bring die doodstraf terug en vat korrrutes uit die regstelsel en regering veral die polisie dan sal Suid Afrika weer die land van keuse raak want misdaad gaan afneem en mense gaan veiliger voel.
Werner 11/12/2009 9:35:32 AM
Ons word uitgroei en doen niks daar aan nie ons moet soos hulle begin maak en strike dan sal ons ook vir n slag gehoor word al probleem ons nasie is nie so groot gemaak nie so dit is maar n moeilike saak.dalk moet ons ook net een keur ons maniere by die huis los en op straat gaan skree!!!!!
Davels 11/12/2009 10:14:27 AM
Ek stem saam met George. Al die plaas moorde kan voor die voete van die ANC gele word.. buurlande het nie meer visums nodig nie ,kom oor die grens en raak dan net weg in die groot land(op uitnodiging van ANC)gin wonder daar is so baie foreners hier in die land nie!Hoekom kan die weermag nie ons grense beskerm nie en sodoende ons burgers beskerming bied wat in die grondwet staan nie.Almal stroom ons land binne want dit is gaos in hulle eie lande!Grondhervormming- wat maak die mense in elk geval met die grond wat hulle kry wat hulle beloof is,plunder en brand als !
SA Boer 11/12/2009 10:27:44 AM
**Liz** Wie keer ons om nie die buiteland in te lig oor wat hier aangaan nie ?? Internationale Media huise, koerante en TV stasies se kontak besonderhede is vrylik beskikbaar op die internet. "Copy en paste" op n epos en hulle kan self hulle navorsing doen en sal so agterkom dat dit nie n klugspul is nie, jy kan selfs jou bronne vir hulle aanstuur............. Almal daar buite dink mos juis SA is die land van melk en heuning - tyd dat hulle ingelig word oor die waarheid, en dalk kan iemand ingruip ............. dalk. Ek dink dit is presies wat ek nou gaan doen !
Henri le riche 11/12/2009 10:39:34 AM
Ek is aktief besig om mense in te lig oorsee. As enige iemand wil weet hoe om dit te doen kontak my gerus. Ek is gesout en gee die anc n harde tyd want mense het nooi mooi verstaan wat in SA aan gaan nie. Deels is omdat mense nie Afrikaans verstaan nie! Mense moet hul hand van vriendskap uitsteek in Engels! Mense wil help maar kan nie as hulle ons nie verstaan nie. Add my op facebook deur my naam in te tik.
Soekie 11/12/2009 10:43:58 AM
Aan SA Boer, sê net wat ek moet doen stem met jou saam dit is tyd dat die buiteland weet. As die regering nie iets wil doen nie moet ons maar self inspring en iets doen.
Bielie 11/12/2009 10:45:03 AM
Miskien moet die boere dieselfde pad volg a Jellytot Malema en aansoek doen vir VIP protection. Almal is mos geregtig daarop as jy voel jou lewe is in gevaar. 300K vir een ou ANC maatjie per maand Eisssssh !!!
pietparra 11/12/2009 11:44:42 AM
Ek woon nou al 6 jaar in Engeland en ek mis die sonskyn.
SA BOER. die buiteland weet presies wat in SA aangaan. Maar dis nie regtig vir hulle belangrik nie. To far away from home.
Die Britte het in die apartheid ingegryp, nie om menslikheid redes of omdat hulle jammer was vir die onderdrukte swartes nie. maar om GOLDFIELDS (hulle investment) te beskerm. Hulle was bang vir Civil war WAT DAAI TYD GEDRYG HET OM DIE LAND HEELTEMAL ONSTABIEL TE TE MAAK.
Indien iets die buiteland se belegging in SA op die kort termyn dreig , sal hulle ingryp. Andersins sal hul net hul belegging na n ander land skuif. want hulle het tyd....
sorry.
Wakkerslaper 11/12/2009 12:04:35 PM
Net ietsie wat my pla, so paar dae gelede het Beeld ‘n baie soetsappige berig gepubliseer oor die sg. South Africa Sucks webwerf en hoe die skepper daarvan (Uhuru guru) vir kamtige bedrog gearresteer is, weereens deur ‘n oorweldigende polisie mag. Daar is ook melding gemaak van die inhoud van die webwerf en ek het half die idee gekry dat Beeld die indruk wou skep dat dit nonsense is. Die vrae is: wat het van die storie geword? In watter opsig is die inhoud van die webwerf nie waar nie? Hoekom is die berig weggesteek en kon lesers nie kommentaar lewer nie? Ek vra maar net…
Sons 11/12/2009 12:36:23 PM
Ek stem saam dat die ANC agter die plaasaanvalle sit. Hoekom word die misdadigers meeste van die tyd nooit vasgetrek nie?? Daar is 'n rede daarvoor! My ouma is 77 jaar oud en woon op 'n plaas. Ek moet elke dag wonder wanneer kom die oproep wat sê dat sy vermoor is. Hierdie is 'n saak wat my baie na aan die hart lê. Die ANC en polisie voel 'n veer vir blanke boere in hierdie land!! Hoe meer boere vermoor word hoe gelukkiger is hulle. Dit gaan my verstand te bowe hoe ons dit net so aanvaar, dit elke dag in die koerant lees en NIKS daaraan doen nie. Soos meeste mense hierbo wil ek ook iets daaraan doen. Asb, kan iemand leiding neem?? Stadig maar seker is die ANC besig om ons te ontwapen en hulself te bewapen. Hierdie is 'n tydbom wat wag om te ontplof.
Eleta 11/12/2009 12:49:06 PM
Op 27 Augustus 2009 het my familie ook deel van die plaasaanval/moord statistiek geword. My pa en sy vrou is daardie dag op hul plaas, aangeval en in die aanval is sy vrou doodgeskiet. My pa is 87 jaar en het nog aktief geboer. 2 weke na die aanval het my pa 'n beroerte gehad agv die trauma en skok en is nou in 'n versorgingsoord. Die polisie het hul onbekwaanheid weereens getoon met die ondersoek en die moordenaars is nog steeds op vrye voet. Wat nie besef word na so 'n aanval nie, is die effek wat dit op die familie het. Die trauma en almal se lewens verander met die klap van die skoot...
Retha 11/12/2009 1:13:03 PM
Waarvan presies moet die regerings syfers hou as hulle moet telling hou van plaasmoorde? Die vraag klink dalk snaaks, maar tel bv. een dronk plaaswerker wat 'n ander dronk plaaswerker doodmaak as 'n plaasmoord? Indien jy reken dit tel nie, wat is dan jou definisie?
pieter 11/12/2009 1:14:27 PM
Baie Hartseer
Evo 11/12/2009 1:16:00 PM
Ons voorvaders draai in hul grafte as hulle moet weet wat aangaan in die land . Wit , Bruin , Indier en Swart mense het gebou aan hierdie land , dit is n feit WAT NIE WEG GEWENS KAN WORD NIE . Dit is n klein handjie vol wreedlustige barbare watn hele land hostage hou . Laat ons almal saam staan en die Mo*&^re uit haal uit die gemeenskap . Hou op praat en laat ons saam staan en die wortel van die kwaad uitroei is nie net wit mense wat vermoor word nie dit is Suid Afrikane wat vermoor word , hierdie land se mense het nog altyd saam gestaan oor alle kleur grense ons kan dit doen . Ons soek Leiers wat kan leiding gee , nie mense wat net wil skep nie , dit is wat ons nou het ............
MJ 11/12/2009 1:26:34 PM
As ons as `n nasie ons nonsense laat staan, ek dink aan die Broeders , Teazers ens. en op ons knieë gaan sal alles regkom, maar ek dink daar is nog nie genoeg moord gepleeg om dit te regverdig nie?
dw 11/12/2009 1:28:15 PM
Die ANC wil die plaasmoorde toesmeer. As dit uikom hoeveel wit mense vermoor word kan dit as rassistiese moorde gebrandmerk word. Dit gaan mos nie nou pas met die ON-rassistiese ANC party se beleid nie. Hulle skerm net vir hulle self.
stouterd 11/12/2009 1:28:52 PM
JONG, WAT JY SAAI SAL JY MAAI
Minki de Melker 11/12/2009 1:32:43 PM
Die ergste van alles is dat hierdie nuus nie eers op die meeste SA dagblaaie verskyn nie, wat nog te sê op CNN. Maar die Reitz-video haal CNN hoofopskrifte.....
Jan 11/12/2009 1:39:19 PM
Die probleem is leierskap. Ek sal enige goeie leier, wat vir die blankes se reg opstaan, volg.Ek sal self strate toe gaan en toi-toi, baklei ook as dit moet. Ek sal selfs van my swaar verdiende geld gee om so 'n organisasie te help befonds. Maar ek sê weereens, ons het nie so 'n leier nie!
Rina Pretorius 11/12/2009 1:41:51 PM
Ons leef in 'n baie moeilike tyd nou. Wat my baie hartseer maak is dat die klomp bli@#$%ms nie die guts het om een vir een te kom aanval nie want hulle is te damn bang. Nee, hulle kom (jong mense) in groepe van 2-what ever en kom val ou mense aan wat hulle self nie regtig kan verdedig nie. Swakkelinge, dit is wat ek hulle noem om onskuldige mense wreed aan te val. Maar corner hulle 'n bietjie, dan moet hulle hulle broeke was agterna. Nee ons sit met 'n klomp gemors lafaards wat 'n mens van agter bekruip. Nee ou maat ek dink ook dit baie beslis tyd dat ons moet saamstaan teen al die rubish wat ons mooi land omverwerp. Kom ons kry hulle uit mense, ons kan as ons wil.
Adriaan 11/12/2009 1:44:18 PM
As ek dink aan plaasaanvalle wil my hart sommer breek. My niggie en nefie het op 'n plaas buite Ermelo gebly. Hulle bure op die buurplaas is destyds vermoor. Ek weier om name te noem, maar die bejaarde paartjie was wonderlike liefdevolle mense. Ek kan nie verstaan hoekom dit so wreed moes wees nie. Haar naels was in die vloerlyste. Die muurpapier was afgekrap met haar naels. Hulle het haar oe uitgekrap en haar gelos vir die dood! Hoekom? Die man is geskiet. Mag die boosdoeners vir ewig in die hel brand!
Peter@Eleta 11/12/2009 1:51:45 PM
Jammer om te hoor van jou trauma.Ek is seker dat almal wat rol speel met die pleeg en die voorkoming van sulke terreur baie deeglik besef die trauma, dit is soos water op 'n eend se rug. Sulke mense moet eers self sulke trauma beleef om 'n reaksie te toon.
People 11/12/2009 1:58:33 PM
My Bestuurder het die rooftogte en moorde probeer regverdig deur te sê dat die ANC nou "repossess" vir alles wat die blanke van hulle gesteel het sedert Jan van Riebeeck se tyd. Ek het hom geantwoord dat hulle alles vroëer gekry het met hand-outs en nou nie wil betaal soos elkeen in die land nie.
Ronel 11/12/2009 3:29:56 PM
Ek is baie bekommerd!Nie net oor die plaasmoorde nie, maar ook ons wat in die stede aangeval word in ons eie huise. Almal se hulle is g%tvol, daar word boere vergaderings gehou, maar niks gebeur nie. Ek dink ons is almal gebrein wash. Hoekom gaan niemand oor tot dade nie... want as hulle dit doen word hulle deur hul eie mense uitgelewer. Kyk maar net wat het van die ouens van die Boeremag geword? Hulle is deur hul eie mense verraai en oorhandig. Ek is moeg daarvoor om te hoor van alle mans wat om my is dat hulle gatvol is en nie kan wag vir die dag.... Maar wanneer kom daardie dag. As ons wel 'n leier kry, wat is die kanse dat hy ook uitgelewer sal word aan die vyand deur sy eie ruggraatlose volgers!
EENDRAG MAAK MAG 11/12/2009 3:54:40 PM
Saamstaan ,saam aksie neem ,dink net as al die slagoffers van misdaad, rowe ,verkragtings ,moorde en dan nog die ou soldate saamstaan en aktief begin wys ons gaan hierdie onreg nie meer duld of verdra nie ,mense dan eers beweeg ons in die regte rigting ,hoeveel bejaardes,jong mense,middeljariges ,mans vrouens kinders moet nog die prys van onreg betaal ,voordat almal gaan besef ,jy kan nie staatmaak op die SAPD ,die Huidige Weermag nie ,ons is oorgelewer aan ons eie lot ,ons moet saam staan of ons gaan stelselmatig geilimineer word,dit is mos ooglopend dat daar aksie is teen ons , tyd word ryp vir opstaan en aksie neem SAAMSTAAN wie verstaan dit nie ?
chrispot 11/12/2009 3:55:19 PM
Almal maak gereed om 2010 se sokker te benut. Die sakewereld,kerke en selfs die prostitute. Dis tyd dat ook Afrikaners dit as 'n geleentheid sien en begin beplan hoe om ons probleme aan die groter wereldgehoor bekend te maak. Daar gaan duisende joernaliste en TV spanne vlg jaar in SA wees. Ons moet die feite aan hulle deurgee en selfs ter plaatse besoeke na misdaadtonele organiseer.
MARIUS 11/12/2009 4:58:26 PM
Net soos Suid Afrika sonder n skoot weggegee is,so sal al die blankes vermoor word sonder om terug te skiet,so bly net stil en vat dit.
Blankes is so bang vir konflik dat hulle kan doodgaan en dit is ook wat hulle doen.Praat ,Praat Praat en sterf dit is al.
MJ 11/12/2009 6:35:12 PM
Ek het volle vertroue in Pres. Zuma dat hy verandering gaan bring ten goede, maar sy voorganger het dinge te ver laat versleg. Stuur emails aan Larry King van CNN of Christiane Amapour en moenie wag vir 2010 nie, doen dit nou. Moenie skeldtaal gebruik nie, noem net die feite, dit spreek vanself. As jy al iemand verloor het deur misdadigers rus die verantwoordelikheid nog groter op jou dat hul dood nie tevergeefs was nie.STAAN OP OM GETEL TE WORD!
Louis 11/12/2009 8:01:49 PM
Dis nou tyd dat hierdie gemors gestop moet word. Ons wit mense het 'n verantwoordelikheid om 'n verskil te maak in ons eie toekoms. Ons en moet alle tekens van ongeregtigheid saam uitwys of en dit saam vasvat. As ons maak of ons nie sien wat aangaan nie, dan is ons net so sleg soos die wat moor en steel en verkrag. Kom nou, ons kan!
Wayne 11/12/2009 9:02:09 PM
Mnr die redakteur van Beeld (ek dink dit is Mr Tim du Plessis). Baie dankie dat u die berig onder die lesers se aandag bring. Ek stem saam met die talle mense wat die stelling inneem dat die plaas moorde nie in die media se "spotlight" is nie...hoekom weet ek nie. Maar waarom stel julle nie die voorbeeld nie. Na elke plaasmoord moet dit op die voorblad van julle koerant wees, met die syfer wat daagliks meer en meer word, dit moet teen elke lamp paal in die strate wees, eerste artikelop julle webwerf, Riaan Cruywagen moet sy nuus bullitin daarmee sfskop , al hierdie informasie moet deur gegee word aan die AP (Associated Press), die wereld se outste en grootste nuus organisasie, en as hulle dit weet en nie die beule blaas nie is hulle maar net so treurig soos die res van ons wat met ons hande gevou sit en niks doen nie. Die wit suid Afrikaaner is 'n bedrygde spesie, ons moet dit besef, en as ons nie gaan saam staan nie gaan ons wragies hierdie stryd verloor...11 teen 1...ek hou nie van daai sommetjie nie.
AS Julius Malema voorberei word deur die ANC om eendag oor te neem, wat dan, hierdie moeilike tye sal voel soos Utopia.
Praetor 11/12/2009 10:32:11 PM
Alle moorde waarookal gepleeg is tragies en hartseer en moet veroordeel word. Waarom gaan alles vir julle net oor plaasaanvalle? As 292 mense in plaasaanvalle dood is oor die laaste 4 jaar beteken dit dit verteenwoordig 0,4% van alle moorde oor die tydperk. Ons kan dan sekerlik aanvaar dat 99,6% vd die moorde dan in dorpe en stede plaasgevind het. As julle die internasionale media in 2010 na moortonele vat, maak dan net seker dat dit ook moordtonele insluit wat nie net op plase is nie, maar ook in Roodepoort, Mamelodi, Heidedal, Chatsworth, die Kaapse Vlakte, ens.
@ MJ en ander wat buitelanders kritiseer! 11/13/2009 1:14:20 AM
MJ jou gat! het jy al gevoel hoe dit voel om 'n geweer teen jou kop te he?? ons het! Het iemand al jou 4jarige kind aan sy bene opgetel en teen 'n muur geslaan omdat hy bang was en nie kon ophou huil nie??ons weet! Hou op om mense soos ons te kritiseer, ons kinders wat deur al daardie gemors moes gaan en vir die res van hul lewens geskend is, se lewens en toekoms is belangriker as enige aardse goed en 'n sogenoemde vadersland! Ons het self besef hoe kort die lewe is! Ek gaan nie toelaat dat my kinders weer deur so iets gaan nie, of 'n klomp diere my vrou slaan en betas nie! Jy het internet, gebruik eerder jou tyd om self ook iets te doen as wat jy kla oor ander mense se besluite waaroor jy niks weet! Plaasmoorde is erg! dit is barbaars, niemand in SA is meer veilig nie!
Cornel 11/13/2009 6:05:28 AM
Ek weet nie wat om te doen nie. Ek het die berig na soveel Britse nuus stasies en koerante gestuur wat ek kan. Want om dit in SA te wys beteken niks. Self al berig hulle hieroor oorsee, sal dit dalk nie 'n verskil maak nie.

Soos dit vir my lyk is al manier om reg in eie hande te neem, want SA het nie meer 'n regstelsel nie. Vir die aanvallers is dit 'n grap. Ek weet net, as my familie seer gemaak word is dit my einde ook, want ek sal dit uit hul koppe haal tot ek ook dood is.

Die armsalige goed besef nie hulle is besig om hulself ook te vernietig nie. As daar nie meer boere is nie, is daar nie meer kos nie. Die ANC beklei wie die meeste kan kry van wat die boere opbou. Stupid goed. Hierdie is 'n regering van haat en vergelding. Niks anders nie. Wat kom is seker onvermydelik.
boer007 11/13/2009 10:49:12 AM
Hallo aan almal ek wil net noem ek was self nog nie in so n situasie van aanranding,verkragting nie so ek weet nie hoe dit voel nie...Ek het onlangs my hele hart vir die Here gegee maar wat ek sal doen as iemand aan my meisie raak weet ek nie kan net probeer dink hoe erg dit moet wees wat n vrou en kinders het...Ek weet eerlikwaar nie wat ek gaan doen nie al wat ek wel kan noem is dat as iemand aan my ouers my broer of my meisie gaan raak gaan ek dit nie daar laat nie jammer om te sê maar ek dink ek sal dan tronk toe gaan vir een of ander moord.
MJ 11/13/2009 12:51:46 PM
@ MJ en ander wat buitelanders kritiseer :Reeds my punt. As jy terwyl jy in SA was en die Here se aangesig gesoek het vir jou en jou gesin sou dit jou by kennis van Hom gebring het --nie by Broederkerke--dan sou jy as `n voorsorg elke oggend en elke aand Here Jesus se bloed oor jou en jou gesin gespreek het en sou julle veilg gewees het. Ons Hemelse Vader het vooraf bepaal waar elkeen gaan bly en Hy het bepaal jy gaan in Sa bly, sou Hy so wreed wees om jou sonder versorging hier los te laat?As bogenoemde jou gewone taalgebruik is , is ek bly jy het immigreer.Tough luck vir die land wat jou geërf het.
Lot 11/13/2009 1:48:00 PM
Ag MJ weet jy hoe gatvol is die mensdom vir jou godsdienstige praatjies. As dit goedgaan Loof die Here maar sleg dan moet ons weer verskuilde boodskap verstaan.Vertel ons wat die boodskap is as n 80jarige verkrag word. Vat bietjie jou godsdiens uit die prentjie en kyk hoeveel oorloe sal eindig.
Stouterd 11/13/2009 2:03:06 PM
ALLELUJA, GOED GESE MJ.....
MARIUS 11/13/2009 2:10:27 PM
@MJ ek weet nie watter geloof jy aanhang nie,dit is beslis nie die christelike een nie.Waar kom jy aan jou "spreek die Here se bloed oor jou" en jy sal veilig wees??Dit is opperse nonsens!Hoe verklaar jy dat amper al die dissipels en Jesus self vermoor is,wat van al die christene wat deur die eeue wreed vermoor is?Wat van die christene in Suid -Afrika wat vermoor is,of wil jy eintlik sê hulle het vergeet om "Jesus se bloed te spreek".Die waarheid is dat enige iets ,ter enige tyd, met enige christen en nie-christen kan gebeur,jou verhouding met die Here moet reg wees,verder het jy of ek geen waarborg teen die dood nie of dit nou siekte,moord of ongeluk is.Die Here het nog nooit bepaal waar ek of jy moet bly nie,slegs dat waar jy ook al bly JHB , PTA of NZ jy Hom moet aanbid en n goddelike lewe lei.Ons land verval omdat die individu eenvoudig God nie gehoorsaam nie,ongelukkig het ander mense se sonde ook n invloed op jou en my lewens.Wanneer ons die regering kritiseer moet dit wees omdat hulle God se orde verwerp.Mj jy slaan die bal heeltemal mis-God se koningryk is nie op die aarde nie,dit is in jou hart en hierna,die wêreld behoort aan Satan en is God se vyand.Probeer liewer om so veel as moontlik mense na God se geestelike koningryk te bring eerder as om van die wêreld n beter plek te probeer maak,dan sal die wêreld in elk geval n meer aangename plek wees om in te woon.
Groete
MJ 11/13/2009 2:35:35 PM
LOT; Jou naam pas jou.Ek hou ook nie van godsdiens nie, ek praat van geloof en `n verhouding.
MJ 11/13/2009 4:53:36 PM
Marius, Gaan lees sommer die hele boek in Handelinge, jy sal een of ander tyd afkom op die gedeelte waarin gesê word dat ons Hemelse Vader die TYE en PLEK bepaal het wanneer ons gaan lewe en waar ons gaan bly--dan leer jy sommer die Bybel ook.
Die Egiptare moes destyds die bloed v `n eersgebore lam op die die kosyn smeer sodat as die engel vd dood kom hy sal 'Pass over". (maw hulle kon vroeër doodgaan as wat God bepaal het vir hulle!)) Here Jesus is volgens die Bybel ons Perfekte Eersgebore Lam . As jy `n verhouding met Hom het en jy begeer meer sal die kosbare Heilige Gees vir jou verder leer!
Ek hang geen geloof aan nie.
Kobus Griesel 11/15/2009 5:09:15 AM
Volgende jaar gaan die wereld se oe op RSA wees, vir meer as net die wereldbeker.
Alle Suid Afrikaners wat keelvol is vir die onaanvaarbare misdaadvlakke en veral plaasmoorde, moet saamstaan en betogings reel.
Ons moet voor elke stadion staan met plakkate wat hierdie statistieke aan die wereld verkondig, sodat die lamsakkige, vrot ANC regering aan die kaak gestel kan word.
Kan Afriforum nie asb so iets reel en ko-ordineer nie, vra net vir fondse vir die maak van plakkate ens. Ek gee eerste....Ek stel voor ons staan langs roetes na stadions met wit kruise wat die getalle vermoorde plaasboere en mense in RSA sedert 1994 verteenwoordig...
Joe 11/16/2009 7:42:31 PM
Vra jouself af hoekom die syfers geheim gehou moet word? Hoekom?? Dis reg, want daar is GROOT fout en hulle wil nie hê ons moet dit weet nie, wat weet verseker, as ek en jy more moet uitvind wat is die PRESIESE stand van volksmoord op ons mense, dan breek die oorlog oormore uit, dit kan ek jou waarborg. So met die polisie se stilswye word ons mense uitgemoor en die res van ons vreet maar ons gras soos die skape wat ons is. Waar daar rook is, is vuur, mense. GROOT vuur...
Praetor 12/1/2009 1:38:25 AM
@Kobus Griesel re "veral plaasmoorde". Waarom net konsentreer op plaasmoorde wat 0,4% van alle moorde uitmaak in SA? Ek dink ons moet eerder ook stadsmoorde, dorpsmoorde, plakkerskampmoorde, swart woongebiedmoorde en ja ook plaasmoorde insluit by ons veldtog. So bring ons die wereld se aandag op 100% vd moorde in SA en nie net 0,4% nie...
Praetor 12/1/2009 1:40:42 AM
@Joe. "Volksmoord op ons mense". Ek aanvaar jy verwys na al 18,723 Suid-Afrikaners wat die afgelope jaar vermoor is?
Praetor 12/1/2009 11:10:39 AM
@Marius. Suid-Afrika is sonder 'n skoot aan sy regmatige eienaars teruggegee. Hierdie land hoort sekerlik tog aan al 100% vd SA bevolking, of hoe? Nie net die 10% blankes nie. Die apartheidsregime was net so onwettige regime soos menige ander Afrika regerings was en steeds is. Hoe verskil Verwoerd en sy voorgangers en opvolgers van Bob Mugabe en Idi Amin wat met geweld regeer het en hulle lande se mense se regte met geweld vertrap het? Die bloed het gevloei en terwyl die regeeerders die room vd land afgeskep het en die skottelgoedwater vir 90% vd bevolking gegee het. As die regeerder wit is is dit honkiedorrie, maar as die regeerder swart is dan is dit 'n tipiese Afrika regering? Verwoerd en sy vriende het 'n gemors vd land gemaak en nou sit ons met die gebakte bere.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... Zack, is jy bedônnerd om in die Nuwe Suid Afrika om naamsveranderinge te pleit? Besef jy nie wat die spul met die naam sal aanvang as daaraan verander word nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-26°C Sunny. Mild. Jhb: 15-29°C Broken clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 13-26°C Broken clouds. Pleasantly warm. Pta: 15-28°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 21-27°C Partly cloudy. Mild. PE: 18-25°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Senior .Net Developer

Gauteng - Johannesburg
Hire Resolve

Product Manager

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.3 AC 5-dr
2005
R 59,900.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 AC
2008
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Comfortline 5-dr
2005
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SALT ROCK

Single Residential - House R 10 600 000

UMHLANGA RIDGE

Single Residential - House R 10 000 000

DURBAN NORTH

Single Residential - House R 3 499 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!