Johannesburg

Saterdag

A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm.

14°C
27°C

7 day forecasts

‘My man het die koeël vir ons gevat’

2009-11-23 00:46

Madelein, Monique en Danie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Susan Cilliers

Twee kinders het verlede Donderdagoggend tjoepstil onder ’n kombers weggekruip nadat huisrowers hul pa in die maag geskiet het.

Mnr. Danie Labuschagne (37) van Brakpan aan die Oos-Rand is enkele ure later aan inwendige bloeding dood.

“Hy het vir my gekyk asof hy wou vra ‘help my’,” het Labuschagne se dogter, Monique (12), gister vertel.

Labuschagne sou Kersdag 38 jaar oud geword het, het sy hartseer vrou, Madelein (37), vertel van haar hoërskoolliefde wat “haar alles was”.

Die rowers het hul sitkamer se skuifdeur Donderdag in die vroeë oggendure oopgedwing.

“Ek en Danie het wakker geword toe hulle in ons kamer was.

“Drie mans het met flitse op ons geskyn en gesê: ‘Get up, get up’.

“Hulle het die komberse van ons afgeruk. Toe ek en my man opstaan, het een rower hom in die maag geskiet. Danie het: ‘Eina’ geskree en geval,” het me. Labuschagne vertel.

Monique en Danie (14) het wakker geword toe hul pa geskiet is.

“Ek het gebid dat die Here sy lewe spaar,” het Danie jr. gister vertel. Monique het ná haar pa se pynkreet net “gehoop dis nie ernstig nie”, het sy vertel.

Sy is na haar boetie se kamer waar die twee doodstil teen mekaar onder ’n kombers lê en wegkruip het. Die rowers het onder meer juwele, selfone, klere en ’n skootrekenaar gesteel.

“My man het die bullet vir ons gevat. Hy het nie teëgestribbel nie en selfs aan die boewe verduidelik waar die skootrekenaar is. Ons het hulle selfs sirs genoem,” het me. Labuschagne vertel.

Sy het aan die voetenent van die bed gesit en vir haar man gesê: “Bid net my man, bid net.”

Nadat die rowers die huis geplunder het en weg is, het mnr. Labuschagne gepleit: “Maak net gou, maak net gou.” Sy familie wou hom optel en in ’n motor hospitaal toe neem, maar hy het gesê hy het te veel pyn en dat hulle hom moet neersit. Hy is in ’n ambulans hospitaal toe, waar hy net ná 04:00 Donderdagoggend dood is. “Ek het aan hom gevat en hom vertel hoe lief ek hom het,” het me. Labuschagne gister vertel.

Haar man was ’n topfiks elektrisiën wat aktief by die kerk betrokke was.

Hy was ’n marathon-atleet wat onder meer die Comrades gehardloop het. Danie jr. en sy pa het elke oggend 5 km gedraf. “Ek het my pa reeds belowe ek sal steeds elke oggend gaan draf.

“Hy wou altyd aan die Ysterman-kompetisie deelneem en ek het besluit ék gaan dit nou doen as ek 18 is.”

Danie en Monique is albei besig met eksamens.

Danie sr. “het vir die Here geleef”, het sy vrou gesê. “Hy was reguit, behulpsaam, huislik en het gehou van kamp.”

Monique het gesê haar pa “was lief” vir hulle en het hulle “gelukkig gehou”.

Kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van huisroof en moord word ondersoek, maar die misdadigers is nog soek.

Mnr. Labuschagne word Donderdag-oggend uit die Christian Family Church International in Boksburg begrawe.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-27°C Sunny. Mild. Jhb: 16-28°C Showers early. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 14-27°C A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm. Pta: 13-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Tstorms late. Morning clouds. Mild. PE: 18-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Managing Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Editor: Ackermans, APLUS

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Managing Accountant (AA)

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2009
R 146,900.00

TATA

Indigo SW 1.4 DLX Estate Dsl
2006
R 74,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2009
R 154,899.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SALT ROCK

Single Residential - House R 10 600 000

UMHLANGA RIDGE

Single Residential - House R 10 000 000

DURBAN NORTH

Single Residential - House R 3 499 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!