Johannesburg

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

16 Desember: ‘Geen ontwrigting geduld’

2009-11-19 22:43

Alet Rademeyer

’n Sterk polisieteenwoordigheid sal rondom 16 Desember by die Voortrekkermonument in Pretoria en die Bloedrivier-gelofte­terrein heers om ontwrigting van enige aktiwiteite te voorkom.

Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die monument, het gister gesê geen ontwrigting sal meer geduld word nie.

Dit kom nadat ’n groep jeugdiges sowat ’n week gelede die program ter viering van die monument se 60ste bestaansjaar in die wiele wou ry.

Hulle het gepoog om die hoofhekke met kettings en slotte te sluit om gaste toegang tot die terrein te ontsê.

Die polisie ondersoek dié voorval tans en regstappe kan teen die oortreders volg.

Opperman het gesê daar was ook vroeër vanjaar nog twee voorvalle toe lede van ’n “regse jeugbeweging” onder meer die geskenk­winkel beset het en na-uurs met aflospersoneel en buitelandse besoekers by die Erfenissentrum ingemeng en hulle beledig het.

In Desember verlede jaar het nog ’n groep studente die ingang na die wa-laer by Bloedrivier versper, terwyl lede van Dogter van Sion by die hek ingejaag en in die proses byna iemand raak gery het.

Volgens Opperman moet die nodige voorsorgmaatreëls getref word om ’n herhaling van die voorvalle te voorkom.

’n Woordestryd woed die afgelope maand tussen Opperman en die Verkennersbeweging.

Mnr. Henk van de Graaf, president van die beweging, het gesê hulle het vroeër kapsie gemaak omdat die monument se direksie tydens die 60ste bestaansjaarvieringe “agteroor gebuig het en musikante van Soshanguve en Soweto ingesluit het.

Dít terwyl dit eerder ’n suiwer Afrikaner-fees moes wees”.

Hy het gesê die beweging het ’n prokureursbrief van Opperman gekry waarin lede prakties toegang tot die monument en sy talle geriewe verbied word, asook by Bloedrivier.

“Hierdie word gesien as ’n daad van aggressie deur Opperman na aanleiding van herhaalde meningsverskille oor voorvalle wat hy geskep of toegelaat het om plaas te vind wat volgens die beweging nie pas by die aard en kultuur van die monument nie.”

Van de Graaf het gesê dis ’n absolute skande dat juis diegene wat die belang van die monument op die hart dra en as waghond vir volksvervreemding daarvan optree, toegang verbied word.

Volgens Van de Graaf is dit tydens ’n gesprek met Opperman duidelik gestel dat die Verkenners die monument so heilig beskou dat hulle met geen optrede die waardigheid daarvan sal aantas nie – “só anders as die modeparades, popkonserte en onvanpas geklede vroue wat op die senotaaf vir foto’s poseer en wat onder die bestuur van Opperman plaasvind”.

Opperman het gesê hy sal nie skroom om ’n interdik teen mense te kry wat aktiwiteite wil ontwrig nie. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R380,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Communications Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group
R25,000-30,000 Per Month

Marketing Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Colt 2000i LWB Hi-Line
2001
R 59,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 134,990.00

CHEVROLET

Aveo 1.6 LT
2009
R 145,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HOUT BAY

Single Residential R4,650,000

KWAAIWATER

Single Residential R27,900,000

MIDFIELD ESTATE

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!