Johannesburg

Donderdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

13°C
28°C

7 day forecasts

Dit gaan spook by Steve

2009-11-27 07:38

Hofmeyr vroeër vanjaar by die InniBos-fees.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marzahn Botha


Die sanger Steve Hofmeyr het die afgelope week gal gebraak oor die Voëlvryers, Koos Kombuis en wyle Johannes Kerkorrel, oftewel Ralph Rabie.
Marzahn Botha dink Hofmeyr kan nie praat voor hy nie self die leisels neem om ’n nuwe sosiale beweging te begin nie.



Einde gr. 7 het ek vir die eerste keer na ’n konsert van Steve Hofmeyr in ’n skoolsaal in Bothaville gegaan.

Met sy Amerikaanse bandana, geskeurde jeans en krakerige stem het ek gedink hy is ons grootste rockstar.

As mens kyk hoeveel rekordverkoop-albums hy al op sy kerfstok het, kan ’n mens beswaarlik hierteen stry.

Maar iewers langs die pad het Steve Hofmeyr homself te ernstig begin opneem en gebruik hy sy blog om aandag te kry.

Dit was mos nou te lank stil in die Steve-kraal en nou moet hy ou koeie uit die sloot grawe.

Soos onlangs toe hy hom weer uitgelaat het oor Dagga-Dirk Uys en Koos Kombuis se jare lange vete, waar hy noem dat Dirk Uys nooit die erkenning gekry het wat hom toekom nie.

En dat Kombuis eerder saam met Ras Dumisani moet gaan sing om sy loopbaan aan die gang te hou.

Oor Johannes Kerkorrel se liriekskrywery noem hy dat wyle Kerkorrel oftewel Ralph Rabie, ‘smartlapballades’ geskryf het en dat hulle op 50 uitvind hulle is eintlik net Eugène Marais-wannabees terwyl hul altyd gedink het hulle is Bob Dylan.

Maar ek wonder of Hofmeyr ooit in sy ganse nalatenskap, homself kan afvra of dit so substansieel is soos die Voëlvrybende s’n.

As jy my vra, het hy wragtig nie help bou aan ’n verligte intellektuele bewussyn onder ons volk nie.

Wie was die ouens

Dit was 1989 en Afrikaanse musiek is oorheers deur Bles Bridges en Rina Hugo.

Gelukkig was daar darem al ’n paar Afrikaanse sangers, Anton Goosen en David Kramer wat sosiale kommentaar op die Nasionaliste en die “Groot Krokodil” (pres. PW Botha) gelewer het.

Maar die Voëlvry-manne wat die hardste teen die regering gebraak het was Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie) en sy Gereformeerde Blues Band, Bernoldus Niemand (James Phillips) en die Swart Gevaar en André Letoit oftewel Koos Kombuis.

Saam was hierdie bende (daar was ander lede ook) verantwoordelik vir die bevryding van Afrikaanse musiek uit die kloue van kunstenaars wat net mooi liedere gesing en die liefde besing het.

Sonder hulle sou die Afrikaanse keurspel steeds uit sokkietreffers bestaan.

Hierdie drie musikante het ’n groot gevolg gehad onder jong mense wat gatvol was vir die establishment.

Studente het byvoorbeeld in hul hordes opgetrek na die Mike eet kreef-konsert wat by die Drie Gewels-hotel buite Stellenbosch gehou is.

Kerkorrel het geprotesteer met songs soos Sit dit af, BMW en Boer in beton.

Letoit met Paranoia en Oumense moenie in die water mors nie.

Niemand weer, met Hou my vas-korporaal.

Om destyds op die Voëvry-wa te gespring het was cool en bevrydend.

Maar dis nou 20 jaar later en baie mense praat met nostalgie oor hierdie sosiale beweging.

Soos in die 1960’s in Amerika het dit aanleiding gegee tot ’n oop-kop-generasie wat nie skaam was om teen die status quo te rebelleer nie.

Ná Voëlvry is die grootste protes-band in Suid-Afrika sekerlik Fokofpolisiekar.

Met liedjies soos Brand Suid-Afrika, Hemel op die platteland, As jy met vuur speel sal jy brand en Skynheilig, het hulle vir ’n nuwe soorte anargie propaganda gemaak – een teen georganiseerde godsdiens en ’n skuldgevoel.

Al wil Hofmeyr, kan sy naam sekerlik nie gekoppel word aan transformasie en die opvlam van nuwe bewegings of ’n verligte bewussyn nie.

Steve, sluk jou galbraak

Ek is bly Koos Kombuis het nie eens sy asem gemors op sulke stellings nie.

“Ag nee wat, ek het niks om te sê nie, dankie,” was al wat Kombuis kon sê.

Ja, Hofmeyr mag baie albums verkoop, maar vir iemand wat dit self nie reggekry het om ’n musiekbeweging in die land aan die gang te kry nie, braak Hofmeyr baie gal.

Sy musiek spreek vir seker nie tot jong mense wat dieper oor die lewe dink nie.

As mens Kerkorrel se Hoe ek voel-liriek met woorde soos As ek jou net kon vertel / as ek jou net kon laat sien / sou ’n skilder opdrag gee / om ’n prent vir jou te maak...vergelyk met Pampoen, Hero, Laaste lag of Agter elke man, Die Blou Bul, wonder ek wat se musiek Hofmeyr as poëties of metafories beskou.

Kerkorrel was veel nader aan Eugène Marais en Bob Dylan as wat Hofmeyr met sy goedkoop Afrikaanse simboliek soos vrot pampoene en blou bulle in sy lirieke ooit sal wees.
 
En oor gebroke verhoudings of morele integriteit, maak nie saak of dit tussen vroeë kollegas of huweliksmaats is nie, kan Hofmeyr nie veel sê nie – wie is die oneerlike party?

Halala Afrika vir Kerkorrel en sy makkers.
 

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Paul 11/27/2009 8:44:23 AM
Baie, goeie artikel. Ek stem volkome saam...weet regtig nie wie het vir Steve laat dink hy is die enigste verligte afrikaner in die land nie...terwyl hy eintlik net 'n agterlike en skynheilige vroue verneker is!
Ate 11/27/2009 8:46:26 AM
Stem 100% saam!
Marthinus 11/27/2009 8:47:32 AM
Steve Hofmeyr is 'n baie groter has-been as wat Kerkorrel of Kombuis ooit sal wees.
U1 11/27/2009 8:56:20 AM
Ek het Koos en Kerkorrel reeds vroeg in die lewe ontdek. So ook al die ander verbode liedjies soos Imagine van John Lennon. Waar die mense iets vir jou vertel wat jou laat dink, maak Steve en sy tipe net niks seggende rympies. Al bydrae van Steve is sy afstammelinge en mense soos Joost wat hom probeer volg.
wllimpie 11/27/2009 9:00:07 AM
ag asseblief tog. van wanneer af moet 'n sanger 'n 'beweging' stig? steve is al jaaare in die bedryf en sy cd's loop soos soetkoek. hierdie klomp pille poppers en dagga rokers het vir 2 jaar op 'n dronk spree gegaan en daarna weggefade. hulle groot claim to fame is een of twee liedjies 20 jaar gelede, sederdien NIKS....
Penkop 11/27/2009 9:08:35 AM
Hierdie artikel is gebasseer op die aanname dat dit iets is om op trots te wees om 'n "verligte" Afrikaner te wees. Ek dink die skrywer mis dalk die ommeswaai in sentiment onder die Afrikaner van vandag. Die verligtes word nou grootliks geblameer vir die penarie waarin ons onself nou bevind. 'n Groot persentasie van die om en by 50% Afrikaners wat "Ja" gestem het in die referendum, sal vandag waarskynlik hulle kruisie langs die ander opsie getrek het. Hofmeyr is dalk nader aan die realiteit van die moderne Afrikaner as Kombuis, Kerkorrel en hulle mislukte ideologie.
Pieter 11/27/2009 9:11:05 AM
Goeie artikel - jy verwoord my gedagtes ten volle. Wat van 'n "Down met Steve" veldtog?? Ek sal heel eerste inskryf.
Kierietjie 11/27/2009 9:11:22 AM
@Marzahn, Ek was destyds deel van die Kerkorrel brigade, en het met vele geleenthede oorgeslaap in een van die Hillbrow woonstelle waar die politiese en musikale stryd om gehoor te word, plaasgevind het. Dit het inderdaad dapperheid geverg om van dag tot dag die nuwe insigte en boodskappe wat Ralph en sy trawante gehad het, te vervorm na iets wat 'n groter gehoor sou aanraak. Ek het onlangs in 'n ander artikel geskryf die Afrikaner verloor sy identiteit teen 'n spoed. Ralph en sy maats het dit toe al agtergekom. Hulle het vanuit die staanspoor begryp dat 'n verhoog kom met vantwoordelikheid, en het nooit daardie verantwoordelik prysgegee ter wille van vermaak. Dit was eerstens vir vryheid, met alles wat hy gehad het. Gegewe, Ralph se stem was nog aan die groei, en hy was nie ten volle ontwikkel as kunstenaar toe Voëlvry uitgereik was. Tereg Marzahn, het dit gegaan oor 'n reuse intellek onder die stem, sowel as 'n dapperheid (onder omstandighede waar die land elke paar dae aan die brand geslaan het). Dit maak van hom 'n held wat sy plek in die Suid Afrikaanse geskiedenis kan volstaan. Verskoon maar vir Steve as hy nie kan raaksien waaroor dit gegaan het. Teen die tyd dat Steve sy merk gemaak het, het mense soos Ralph en Dirk al lankal die prys betaal vir hul geveg om vryheid vir almal. Vir Ralph en Dirk was die musiek 'n kanaal; 'n metodiek om die massas te bereik. Dit was toevallig dat hulle ook 'n passie vir musiek gehad het. Ralph se liedjies was soms vals, maar altyd eerlik. Hulle was eerstens vryheidsvegters, en musiek was hul wapens. Kiriaykou
Esli 11/27/2009 9:16:18 AM
Kerkorrel en Koos Kombuis kan en kon in hulle lewens nie droom om so gewild soos Steve te wees nie. Hulle sou ook nooit so diep soos Koos Dup kon wees nie.Hulle is daar om mense te vermaak en Steve kry dit beter reg as Kerkorrel en Kombuis. In elkgeval kan mens ook nie veel se van Kerkorrel en Kombuis se morele waardes nie....
Vaalseun 11/27/2009 9:17:44 AM
Hofmeyer is 'n skaap. Die snert wat hy sing kan skaars 'lirieke' genoem word, en die patetiese 'tributes' spreek van 'n hopelose tekort aan oorspronklikheid.
Pieter 11/27/2009 9:20:20 AM
Nou ja... hoe sal mens sê... Marzahn, jy slaan die spyker op sy kop! Wel gedaan... Steve is 'n goeie sanger, gee hom dit toe, maar hierdie groot eie "beprysing" staan niemand aan nie! 100% in die kol!
MMC@Marthinus 11/27/2009 9:25:51 AM
Ek stem saam met Marthinus oor een ding, en dit is dat Stevie 'n "has-been" is. Ek was nog nooit 'n aanhanger van iemand wat ander probeer namaak soos Steve vir Neil Diamond probeer namaak nie. Steve het reeds van die toneel af verdwyn toe manne soos Andre Swartz ontpop het. Hy het net verder verdwyn toe Kurt Darren, Heinz Winkler en mense soos hulle op die toneel gekom het. Jammer Steve, bepaal jou maar by jou Blogs.
Lidia 11/27/2009 9:26:56 AM
Wanneer ek 'n cd koop is verligtheid nie een van my vereistes nie.. lol.. Dis lekker om op 'n reenerige sondagmiddag iets bietjie dieper te luister en dan ander dae ietsie ligter waarmee mens kan saam sing. As ek verlig wil word kan ek 'n boek koop, dit lees terwyl die kinders slaap, maar nie terwyl ek musiek luister nie. Meeste mense dink in elk geval verligte musiek moet klink soos iemand wat in pyn of vreeslik depressief is of iets. Maar luister bietjie na Mike & Mechanics se Word of Mouth.. niks depressiefs daaromtrent nie. Daar is 'n plek vir almal in ons mark, maar almal kan nie ewe suksesvol wees nie en om gal te braak oor ander kunstenaars gaan nie meer mense motiveer om jou cds te koop of konserte by te woon nie. Halala
Willie 11/27/2009 9:27:50 AM
Verskietende ster probeer aansien herwin. Ja Steve is en was 'n goeie kunstenaar. Ongelukkig het hy op die rug gery van Neil Diamnond, Bles, Kristofferson ens met sy huldeblyke en die het sy sukses laat styg. Sonder hierdie sangers sou Steve nie so beroemd en gewild geraak het nie. Hy moet van sy platformpie afklim en doen wat hy moet doen, skryf jou eie liedjies en sing dit self. Andersins gaan reguit politiek toe en gaan merk jou merk daar!
Hermann 11/27/2009 9:28:38 AM
Die “Groot Krokodil” het kerkorrel oorleef tenspyte van sy galbraak in "Sit dit af"
Neewat kerkorrel was 'n versteurde siel met baie bagasie. Koos weer probeer om sy versteurde idees in ons kele afdruk met gagga lirieke en powere boeke. Sasol steve is 'n self aangestelde kampvegter vir sekere Afrikaners. Beslis nie vir my nie. Ek is 'n Boer.
Renier Lombaard 11/27/2009 9:31:07 AM
Steve Hofmeyr se bydrae tot Afrikaanse musiek en kultuur is baie gering. Die feit dat hy baie geld maak (of het) wys net dat daar 'n groot mark vir die tipe musiek is onder die gewone mens in SA. Hy is 'n verwaande losbek met min sedes en is 'n verleentheid vir ons ouens van dieselfde stad en skool in Bloemfontein.
JP 11/27/2009 9:31:25 AM
Ek hoop Marzahn Botha voel nou beter noudat hy iemand anderste afgekraak het.

So what as Steve doen wat hy doen. Wees net lief vir hom as mens en stop om mense te "bash".
Jakes 11/27/2009 9:31:34 AM
Miskien moes Marzahn eerder Koos Kombuis (of wie hy ookal is) se voorbeeld gevolg het en ons nie met haar stroperige liefdesverhaal verveel het nie. Ek is beslis nie 'n aanhanger van Steve nie, maar baie meer mense weet wie hy is en hy het beslis 'n groot nalatenskap - veel meer as wat Koos Gerook ooit sal hê. Steve kan darem in Afrikaans skryf en praat sonder dat dit nodig is om heeltyd te moet vloek om karakter te kan gee aan dit wat hy sê/skryf - of wat praat ek alles Koos Gerook? Johannes Kerkorrel aan die anderkant was in 'n klas van sy eie - kan geensins in dieselfde asem as die ander voëlverskrikkers genoem word nie. Dit eintlik 'n tragedie dat hy so kort geleef het, want ek glo ons het nie sy beste beleef nie. Daar moet ook net daarop gelet word dat hy en Steve twee totaal verskillende markte bedien het. Beide is in eie reg legendes.
Jan-H 11/27/2009 9:47:09 AM
"Beeld (27 Nov) wys 'n Beeld artikel/brief aan my uit dat die Voelvryers, anders as ek, darem morele reuse was. Nou weet ek julle weet niks."die gedeelte is vanaf Steve se Webwerf.Dis werklik jammer dat hy die Blou Bul liedjie moes sing!
gerhard 11/27/2009 9:47:32 AM
Daar is altyd twee kante aan / van n storie. Eerstens , Johannes Kerkorrel , en ek noem hom eerste omdat mens seker maar die belangrikste eerste onthou , was jare voor sy tyd en het opgestaan teen die " establishment". Ek dink hy was n baie intilektuele wese en miskien het hy die dag toe hy besluit het om aan te beweeg " met alle respek" , nie meer kans gesien vir hierdie gebroke wereld , en is hy , tien teen een , gelukkig dat hy nie hierdie hoef te lees nie. " Steve " of soos ek " liefdevol" na hom verwys " mof - stofsuier " , mag miskien n "helse" klomp geld gemaak het en n helse klomp aanhangers he , wat heel waarskynlik , net so krippel soos hy dink. Hy is kamtig hierdie voorstaander vir " Afrikaners " etc. etc. etc. Hoekom vat hy nie van sy " rykdom " en deel dit maar met die "wit" agtergeblewenes" wat hy so uitstekind uitgebeeld het in "agter elke man" nie. " Wonder hoe hy daai rol ingeoefen het. KOM STEVE , " PUT YOUR MONEY WHERE YOURE MOUTH IS" Beteken bietjie iets ?
Sanet 11/27/2009 9:51:37 AM
En wie is jy nou Marzahn? Agter watter bos het jy uitgespring? Klim tog af van jou high horse en kyk na statistiek, sussie. Dink gou bietjie (as jy kan, natuurlik) hoeveel keer het Kosie (yegggg!) en Kerkorrel (yegggg!) die Sun City Superbowl UITVERKOOP het?? Nul kere? AG weet jy, jy maak my so katnaar soos wat Kosie en sy gespuis my maak! Dis so mos nou so "in" om nuwe wysielose, sinnelosie liedjies op 'n kitaar te tokkel. Ja, die statistiek wys waarvan die MEESTE mense in SA hou - julle waT STeve so afkraak het net suur druiwe, dis maar al. Live with it!! Steve IS EN SAL DIE BESTE BLY!!
Nicol 11/27/2009 9:53:07 AM
Wie is Steve Hofmeyr?
Boerq 11/27/2009 10:14:08 AM
Luk my Steve soek weer aandag. Jealousy makes you nasty. Seker hoekom hy van di begin af so afgunstig was teenoor Anton Goosen. Steve kan maar net droom om metafore uit te dink vir sy lirieke soos Oom Koos gedoen het. Ek het nooit van Steve gehou nie - ek het selfs die "Wie's jou pappa" t-hemp besit. Maar oor die laaste 5 jaar het ek baie respek vir Steve gekry en sy musiek begin geniet. Hy en sy musiek het 'mature' en ek het baie daarvan gehou. Maar sy popularitiet by my het nou weereens gedaal. Hoekom moet ons volk so afkrakerig teenoor mekaar wees? Hulle is veronderstel om aan dieselfde kant te wees.

Koos - as jy hierdie lees - Hello Koos, en Steve jy ook... Hello Steve.

www.boerq.blogspot.com
JP 11/27/2009 10:14:41 AM
Steve wie?
Louis Bothma 11/27/2009 10:21:43 AM
Die Voëlvry wa het omgemoer. Hoekom tel al die duisende aanhangers dit nie weer op as dit dan so 'n sukses was nie ??? Lekker om boom te rook en te filosofeer,maar nou dat die werklikheid op ons is ? Stof daardie ou liedjies af en dra dit met oorgawe op aan die nuwe regime !!!
Lee 11/27/2009 10:27:52 AM
Sies vir julle almal... Dit is duidelik julle is afrikaans. Net die afrikaner sal mekaar so sleg maak en vertrap. Ek is 100% seker julle almal het geraamtes in die kas en nog veel erger dinge gedoen. Ongelukkig is julle nie selebs nie en weet net die naaste famielie of man/vrou van julle skande. Die spreek woord sê "as jy niks goed te sê het van ander nie bly liewer stil" Maar nou ja soos die afrikaner is verstaan hulle nie eens hulle eie taal nie. As jy nie van 'n song hou nie moet dit nie luister nie, niemand dwing jou nie en moet nie 'n kaartjie koop vir 'n konsert nie. Ons lewe dan nou in die "nuwe Suid- Afrika" net julle het nie aanbeweeg nie. Jammer vir julle wat nog steeds om kyk. As jy nie sonde het sê die woord gooi die eerste klip, pas net op as hy terug kom en jy die een is wat die seerste kry. K.K, J.K En S.H. aanhanger.
ALida 11/27/2009 10:32:18 AM
Steve is dom. Steve is vervelig. Steve is alleen.
Gideon 11/27/2009 10:33:18 AM
Ek is gemaklik daarmee dat Steve vryheid van spraak gebruik om sy opinies te lug, net soos ek gemaklik is daarmee dat hierdie artikel opinies lug. Realiteit is dat die kritiek wat deur Steve op die Voelvry beweging uitgesprek word net so 'n kritiese deel van die proses wat die Voelvryers help skep het is soos die Voelvrybeweging self. As ons kritiek op die beweging en die rolspelers daar afmaak as onsin op basis van die persoon wat die stellings maak, ignoreer ons in feite een van die kernbeginsels van die Voelvrybeweging. 'n Kans om uitrukking te gee aan wat jy wil se.Die Voelvry beweging het inderdaad iets betekenisvol gedoen. Daar is egter weer vandag 'n stryd om gehoor te word in die musiekwereld. Die Voelvrybeweging het gestop voordat die besigheid van die dag klaar was. Vandag is daar weer honderde uitmuntende musikante wat nie gehoor kan word nie omdat ons radiostasies en televisiestasies weereens sensuur toepas. Die keer net ter wille van ander base. Politiek bly klaarblyklik die vyand van vryheid van uitdrukking, maar die eienaars van platemaatskappye het ook hul invloed. Miskien is dit suiwer deur 'n ooraanbod van swak vertaalde Europese treffers, of miskien is dit die groot somme geld wat spandeer word om vir daardie selfde Europese vertalings lugtyd te koop.Die stryd vandag is om musiek met betekenisvolle lirieke lugtyd te gee omdat die SUaid-Afrikaanse media en die platebase klaarblyklik besluit het dat die Afrikaner net afgedomde sokkiemusiek wil luister. DIt lyk of Steve hierdieselfde siening handhaaf, wat jammer is, aangesien hy wel op sy dag dit reggekry het om die Afrikaner na rock te laat luister en die res van ons geleer het dat Afrikaans ook kan rock.
KArin 11/27/2009 10:51:40 AM
Ek dink Renier Lombaard moet bietjie meer ingaan op Steve se bydrae tot afrikaans en kultuur. My dogter het 'n taak vir die Voortrekkers gedoen oor hom en ek kan vir jou sê, daar is baie min afrikaanse sangers (indien enige)wat dieselfde vir afrikaans en ons kultuur gedoen het.
virivolk 11/27/2009 11:04:50 AM
Nee wat, Steve jy kwl, maar die Voelvry ouens het beman
@willempie en penkop 11/27/2009 11:16:12 AM
Julle ouens is 100% korrek die skrywer van die brief wil nou weer sy en kooskombuis se daggarook mentaliteit op ons afdruk. As hulle miskien kan bereik wat steve in afrikaanse misiek bereik het kan hulle weer praat. Ten minste doen Steve iets vir sy mense.
Versigtig 11/27/2009 11:18:24 AM
Marzan jy moet eintlik versigtig wees oor wat jy te se het, onthou jy het hier met 'n hoogs inteligente man te doen wat altyd die media en publiek uitmaak as dom LOL, baie goeie artikel, hoogtyd dat iemand bietjie vir poepol Hofmeyr op sy plek sit.
Trots Afrikaans - Anti-Steve 11/27/2009 11:22:30 AM
Ek wil net sê ek stem 100% saam met die artikel - feit is dit maak nie saak hoeveel CD's die man verkoop het nie - NIKS gee hom die reg om sy mede afrikaanse kunstenaars so sleg te sê nie. Maar lyk my dis 'n strategie.... hy verdwyn uit die nuus en moet dan 'n koppie tee op iemand gooi of iemand slaan of slegsê sodat sy naam net weer in die media kan wees. Geld koop nie klas nie.
donald 11/27/2009 11:42:12 AM
soos da n mark is vir maklike girls, so is da n mark vir enige musiek van Steve tot kombuis.jy hoef nie dana te luister nie steve...wie se jou "Fans" kom kyk jou shows vir musiek?dalk try hul net hul luck! ex Steve en Joost fan
ESME VAN DER MERWE 11/27/2009 11:46:10 AM
Absoluut die waarheid... Steve is net op een manier deel van die "voelvrybeweging" ....
Alternatief op alternatief 11/27/2009 11:49:40 AM
Ek het self 'n "Eet kreef" Kerkorrel en Geref. Blues band kasset daardie tyd (1989) as geskenk gekry vir my 21ste en gereeld daarna geluister. "BMW" was my en andere se gunsteling. Maar net soos daardie "alternatiewe Afrikaanse" musiek net tot daardie tyd/era behoort, behoort "De la Rey" en ander onlangse liedjies aan 'hierdie tyd" se bevrydings liedjies. Dit spreek weer tot 'n nuwe en ook ouer generasie Afrikaners.
Ek is nie 'n groot Steve of enige ander Afrikaanse sanger aanhanger nie, behalwe vir Koos Doep en Coenie wie se lirieke uitstaan bo die res. Die Afr. doef-doef brigade deesdae staan my ook nie aan nie. Daar is wel enkele uitsonderings soos 'Kaptein"-Kurt Darren.
Maar sangers soos Koos Kombuis, Bob Dylan, Anton lieplapper Goosen val almal onder die kategorie van goeie liriekskrywers maar uiters swak sangers. Kombuis seker die vrotste.
Koos 11/27/2009 11:53:58 AM
Kyk, ou Steve is 'n kommin bliksem. Hoeveel van julle konserwatiewes het al ooit Koos Kombuis geluister?"daggarook mentaliteit" - nou praat jy snert - wie sê jy moet dagga rook as jy Koos luister?Dalk moet ou Steve dagga rook - dan hoef hy nie op Neil Diamond en Kris Kristofferson se rug te ry om geld te maak nie
Willem@KArin 11/27/2009 11:56:32 AM
Wat?! So wat van iemand soos Koos du Plessis?

Steve het dalk iets gedoen vir al die jong dames wat hy geroer het - maar ek twyfel sterk dat "daar is baie min afrikaanse sangers (indien enige)wat dieselfde vir afrikaans en ons kultuur gedoen het". Maar ja - as jy van k@k soos Pampoen hou is Kurt Darren seker ook op jou CD rak
Jan 11/27/2009 11:58:58 AM
Ek was verveeld...ek moes nie hierdie artikel gelees het nie...Steve is oraait - dalk kan hy net weer bietjie sy eie lirieke skryf...
Vusi 11/27/2009 11:59:29 AM
Eh, I like this Steve guy, he is the only white guy that sounds a bit kwaito. And
@willempie en penkop it is not spelt "misiek" but "musiek". The kombuis guy is more for refined people , he is like a white Bob Marley.
Henri 11/27/2009 12:03:55 PM
Ag nee Donald, spel ten minste reg, want anders sal niemand jou opinie oor afrikaanse sangers waardeer nie. Daarna is nie dan nie, so ook is da nie daar nie, of is dit wat Steve jou geleer het voor hy jou ex was??
adriana 11/27/2009 12:06:45 PM
Vat so katvis!!!!
Maalox 11/27/2009 12:18:42 PM
Lank leef Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis, Bernoldus Niemand! Ek skaam my vir iemand soos Steve
Gideon Joubert 11/27/2009 12:24:16 PM
Steve Hofmeyer is die naaste aan 'n popster wat Afrikaans nog gekom het. Moet hom nie nou al oordeel nie vir sy liedjies nie. Sy beste kom nog. Koos Kombuis hulle moet ophou nostalgies raak oor Voëlvry - dis actually maar 'n depressing storie, ou nuus en over rated - en liewer vir ons net nog goeie liedjies skryf. Kyk na die ware groot kanonne: Neil Diamond, Bob Dylan, Neil Young, Anton Goosen. Hulle lewer nog steeds goeie, nuwe musiek.
Alet 11/27/2009 12:25:29 PM
Ek stem saam, die skrywer van die brief wil sy en kooskombuis se daggarook mentaliteit op ons afdruk! EN..ek het 'n surprise vir julle....CD VERKOPE TEL!!! Daarvan kan NIEMAND af wegkom nie, maak nie saak hoe graag julle wil nie...!!! Nee wat dankie....Koos Kombuis IS OOR DIE MUUR!!!!!!
kaput...verstok....dof!
peter 11/27/2009 12:32:19 PM
Ai tog Marzahn, kry jou feite reg! Steve het net reageer op Kombuis se 30ste biografie/selfhuldeblyk, waar hy homself voorhou as die moses van Afrikaanse intelek.
Jy's agter met jou siening en subjektief.
L 11/27/2009 12:36:00 PM
Mooi so, Marzahn. Dit steek my dwars in die krop om te besef die Afrikaner-psige word vlakker met elke generasie. Dankie tog vir die Kose, Kerkorrels en Fokof's wat hier-en-daar nog 'n maalkolk maak.
Maryna 11/27/2009 12:37:56 PM
Dit is jammer dat WIT Afrikaners mekaar so sleg kan sê en beledig...skande!
Ping 11/27/2009 12:42:06 PM
Julle wat so bohaai maak "kyk al steve se cd verkope" gaan kyk bietjie in watter klas val al hierdie aanhangers. Majority beteken NIE dis goeie kwaliteit nie...dan kyk ons sommer gou na die ANC, hulle het ook majority. lekker, nè. Steve is kommin met 'n 'K'
Self in musiek industrie 11/27/2009 12:42:21 PM
KYK MENSE, kom ons face dit nou maar, Steve is 'n ou kommin bliksem maar hy lag al die pad bank toe, en ek twyfel of sy bankbalans gaan spook by hom. Hulle noem dit die MUSIEK INDUSTRIE vir 'n rede, en al is musiek en liedjieskryf 'n kusvorm wat veronderstel is om gebasseer te wees op die uitdrukking van jouself en idiale, is dit 'n werk vir ons ouens en moet dit die rekeninge betaal! My gewaagde stelling is: dink julle regtig Steve skryf/sing hierdie songs omdat hy dit as meafories/poeties "goed" beskou? NEE! Hy sing dit omdat die grootste deel van sy mark kan identifiseer daarmee, en DIT verg ongelukkig 'n substandaard opvoeding. Dis tyd dat ons wakker skrik en besef die meerderheid van ons Afrikaners is maar kommin, en net 'n handievol het regtig die kapasiteit om die diepte in Kerkorrel, Kombuis ens. te kan waardeer. Sien, dit is alles 'n bose siklus - hoe meer mense kommin musiek koop, hoe meer kommin musiek word daar gemaak, hoe meer kommin musiek word verkoop, en so gaan dit aan. HOU OP OM VLAK IN DIE DAK AFRIKAANSE MUSIEK TE KOOP, en julle sal sien hoe die materiaal daarbuite verander. Ongelukkig het die musiek wat ons luister ook gevolge wat verder strek as net musiek - dit beinvloed ons kultuur, ons nasie, ons mens wees.
Erich 11/27/2009 12:46:30 PM
Steve staan darrem man vir sy dade en kies nie die selfmoord uitweg nie!Steve se verkope is soos 'n telbord,daar is nie 'n kommentaar koelom nie!
Anel 11/27/2009 12:46:45 PM
Vaalseun as Steve 'n skaap is jy 'n VARK! Jou bynaam "vaalseun" sê alles van jou! So ook al jul ander anti Steve mense...."GO TO HELL"!!! Jealousy makes you nasty!!En vir jou Steve ek is baie lief vir jou, jys die BESTE!!!Go Steve Go!!!
Awa- alternatief 11/27/2009 12:52:02 PM
Jy hoef nie gerook te wees om na Koos Kombuis te luister nie, maar jy sal dit slegs waardeer as jy gerook is-die man kan nie sing nie. Anton Goosen dieselfde. Jy kan net sowel na Ras Dumisani luister.
Piet 11/27/2009 12:57:26 PM
Ek dink Steve en Joosie voel aleen op hulle hoop braaksel en soek nog n paar ander om saam na die stank te ruik!
Dankie Koos vir die silswye!
Baie dankie Marzahn vir die skrywe!
Calvin 11/27/2009 1:04:10 PM
Ek praat self as jeug... Hierdie is 'n baie goeie artikel en stem 100% saam. Ek was groot gemaak op die legendariese musiek van Koos, Kerkorrel ens.

Steve se musiek dra geen waarde rêrig nie, tensy jy besig is om rugby te kyk of te langarm :-).

Dis tyd dat AFRIKANERS op hou om die Str*nt wat musiek genoem word, elke een met dieselfde agtergrond musiek, te luister en ons ordentlik musiek begin produseer...
Lizelle 11/27/2009 1:09:13 PM
Ag PLEASE!!!!!!!!! Steve jy rock my skat!! Jul klomp is net jaloers, wys net hoeveel mense da buite is wat "judge" !! Steve is geensins alleen nie, hys derduisende fans wat hom bystaan en hom "LOVE" Love jou Steve......hoop jou onnie pas!!! (lol)
FRANS 11/27/2009 1:11:20 PM
dis altyd jammer as iemand besig is om van HERO NA ZERO te val. as Steve eerder op homself sal let, gaan daar minder gal wees. Steve is nes Casper, hulle moes opgehou het toe hulle nog gewild was - nou....
paulvs 11/27/2009 1:14:43 PM
Sekere van die bogenoemde briefskrywers het dit in hulle koppe dat Kombuis en Kerkorrel ons "bevry" het. Bevry het van wat ? Hulle het ook maar net die alternatiewe musiek gemaak vir finasieele doel eindes. Bevry..nee wat ek glo nie...die lewe was in elk geval baie beter toe gewees as nou, geen moord en doodslag nie, so hulle kon niemand bervy nie, en die wat hulle bevry het, maak nou dood en steel. Die twee here het maar net gat gekruip by die destydse ANC, en wat het daarvan vir hulle gekom...net mooi niks. Kerkorrel is dood, Kombuis dra 'n kopdoek, en kan glad nie sing nie, so vir Afrikaans beteken hy absoluut niks !!. Ek geniet eerder die musiek wat lekker luister, nie enige politieke boodskappe inhou nie, as wat ek na hulle gemors luister.
Nikki 11/27/2009 1:25:19 PM
Ek dink Steve rock. Hy kan enige tyd by my kom draai maak. ander is net jaloers, omdat hulle nie die media so kan haal soos hy en Joost nie. As dit nou ek was wat gedoen het wat hulle 2 gedoen het dan het niemand eers in my rigting gekyk nie, maar omdat hulle nou 'n Titel agter hulle name het nou moet hulle deurloop met almal. Bogger die ander mense Steve, JY is die mense!!!!!!!!!!!!!!!
Albert 11/27/2009 1:42:43 PM
Ek sal enige tyd na Kerkorrel en Koos se musiek luister. Steve sal nooit in sy lewe so goed soos hulle kan wees nie. Ja hy verkoop baie cd's maar so ook verkoop Klipdrift en ander commin goed.Hy se al die meisies by sy shows wil met hom sex he!Wys jou wat dink hy van sy aanhangers.En hulle laat hom toe om so van hulle te praat Plaas probeer steve eerder om nuwe musiek te skryf as om gal te braak oor ander kunstenaars. Hoeveel keer gaan ons nog moet lees:Steve doen Niel Diamond. En nou begin sy seun ook. Wat sal ons dan lees? Steve se seun speel Steve se Niel Diamond treffers????? Hy is dom astrand
Heidi 11/27/2009 1:49:21 PM
Steve wie??
anton 11/27/2009 1:54:56 PM
Stem volkome saam met Marzahn ! Die mense het gegin vergeet van Steve toe raak dit te stil in sy kamp . Nou moet hy van iemand snert praat en 'n bohaai opskop sodat hy weer op die "map" kan kom want deur net sy musiek sal hy maar sukkel om weer op die "map" te kom . Dalk moet hy die ander sangers uitlos en sy energie op sy liedtjies uitstort om sodoende die publiek te wys of hy 'n "has been" is of nie .
Karin 11/27/2009 2:05:45 PM
Willem, mens kyk nie net na die woorde van sekere liedjies nie. Jy moet kyk na baie meer as dit. Jy moet kyk na die kere wat hy opgestaan het vir afrikaans. Wat hy opgestaan het vir die behoud van ons monumente en standbeelde. Gaan doen bietjie navorsing oor Steve die mens en dan praat ons weer. En al die dames wat hy geroer het, weet goed vaarvoor hulle hulleself ingelaat het. Ek het geen simpatie met hulle nie.
Karin 11/27/2009 2:07:52 PM
Nikkie
Ek stem 100% saam met jou. Baie ander mense het meer en groter geraamtes in hulle kaste, maar niemand sê iets daaroor nie omdat hulle nie bekend is nie.
My punt PRESIES@Nikki 11/27/2009 2:09:21 PM
Nikki ou skarrebol, jy bewys hoe substandaard jou opvoeding is, en ook hoe kommin jul Steve aanhangers is
KH 11/27/2009 2:11:40 PM
UITSTEKENDE skrywe. Net een regstelling - hy gebruik nie sy blog om aandag te kry nie - hy PROBEER HARD en dit werk nie. Almal is moeg van sy suur gal aanvalle. Hy soek net aandag want hy besef hy is 'n "has been"
ekke 11/27/2009 2:24:19 PM
ek luister na al die ouens se musiek hulle het almal goeies en slegtes , dis net jammer die klomp mense wat hier kritiek lewer is net so lot kermgatte luister na die musiek los die mense wat dit sing uit , dos tog oor die musiek wat alles gaan en nie die persoon nie , maar nou ja ons Afrikaners kan mos nie lewe sonder om ander mense afte kraak nie , sangers asook nie sangers
Willem 11/27/2009 2:32:59 PM
@KarinLol dis snaaks hoe julle kan vergeet hoe julle hom almal uitgehaal het toe hy verklaar hy is nie 'n christen nie.Wat het Steve gedoen vir die afrikaner anders as lekker te lag bank toe as almal sy swak cd's koop?@AnelHaai siestog - verklaar jy jou liefde vir die kommin verneukende poephol hier op 'n publieke forum. Gaan skryf op sy blog - ek is seker hy sal jou wil gryp.
Maryna(2) 11/27/2009 2:33:11 PM
Ag ek is so moeg vir die soort artikels, daar is soveel erger dinge om oor histeries te raak. Dis tipies Afrikaner om mekaar af te breek, dis mos lekker!! Bly liewers stil, want mens daal baie laag as jy begin klippe gooi na ander. Mense wat in glashuise bly, moenie klipgooi nie!!!! Los tog die galbraak en raak liewer opgewonde oor verkragting, moord en wetteloosheid. (Van 100% Afrikaner...)
Pieter 11/27/2009 2:36:15 PM
Ek dink Steve het darem die dapperheid om teen enige iets wat die volk raak op te staan. Hy is 'n uitstekende kunstenaar en aantreklik. Hy kan enige tyd sy slippers onder my bed kom inskop. Hy het wel 'n paar foute gemaak maar dit gee niemand die reg om te oordeel nie.
Hunny 11/27/2009 2:38:05 PM
Dankie, @Self in musiek industrie! Vertel die mense die waarheid! Hoe meer die kommin mense die kommin musiek koop hoe meer kommin sal hulle EN die musiek word. Die likes of Steve en sy aanhangers weet nie eers hoe klink ordentlike musiek as dit hulle aan die agterent hap nie! Marzahn, jy slaan die spyker op die kop! Dis hoog tyd dat die Afrikaanse mense agterkom dat gemors in hul kele afgedruk word. Kyk na daai rubbish liedjie "Baby tjoklits"! Watse k@k is dit? Dis nie eers musiek OF lirieke nie! En die simpel ding verkoop letterlik soos tjoklits! Agge nee man! Dit wys jou net hoe die Afrikaner nog steeds nie van Bles hulle se dae af evolve het nie. As enigiets 'n sokkie beat het, verkoop dit. Vergelyk hierdie sokkie strooi met 'n liedjie soos "Sy beweeg" van Kerkorrel. Dis die mees magic song ever in Afrikaans geskryf! Luister daarna en sien in jou gedagtes hoe die man wat na die meisie kyk haar bewonder en begeer. Waar kan iets soos Baby tjoklits jou so laat voel in jou eie taal? Nee wat, die kommin musiek sal altyd verkoop, want lyk my Afrikaners sal altyd hulself hoog en verhewe ag terwyl hul kommin bly. Niks sal verander nie. Maar ek sê dankie aan Koos en Kerkorrel vir wat julle aan my nageslag gelaat het: die feit dat my Moedertaal WEL wonderlik kan klink!
Maryna(2) 11/27/2009 2:38:46 PM
Wonder of my vorige kommentaar geplaas gaan word? Maar wil net iets bysit - almal, insluitend Steve, moet ophou gal braak. Ek is glad nie 'n engeltjie nie, maar hoe slaap julle rustig as jy alewig gal braak oor ander? Maak nie saak van watter kant af mens alles bekyk nie, teen of vir Steve, altwee kante se modder gooi is common...
lezel 11/27/2009 2:44:55 PM
Ek sal nou vir julle sê ons klomp afrikaanse sangers soek net aandag en geld. Kyk vir Jurie en Clay. Dit begin soos hollywood gaan. Hulle sal enige iets doen vir 'n bietjie aandag. Elke ou se musiek smaak verskil en elke ou probeer maar 'n lewe maak in hierdie opgeneukte land van ons, maar kyk gaan soek aandag by jou ma of jou vrou of kinders. Moenie mekaar sleg sê om aandag en geld te kry nie. Al julle Suid afrikaanse sangers GROW UP PLEASE!!
h 11/27/2009 2:46:26 PM
My punt PRESIES@Nikki, het jy geweet hoe commin dit is om ander mense commin te noem, jou aanmerking bewys dat jou opvoeding onder standaard is. jealousy makes u nasty. Steve Rock en sal aanhou rock tot hy ag en tagentag is
anton 11/27/2009 2:48:12 PM
van wie praat julle, steve wie. bestaan nie in my gedagtes nie.
Johan 11/27/2009 2:49:08 PM
Liewe genade mense, word wakker kyk wat sê die telbord, Steve is werklik uitsonderlik. Steve het verseker baie meer aanhangers as julle galbrakers, of sal ek eerder sê, dit lyk nogal indien ek so tussen die lyne lees asof julle nogal JALOERS is op Steve. Weereens hoeveel cd's het die man verkoop,Nee mense julle is verseker jaloers en by dit onseker oor julle self want julle so kom dit voor het 'n gebrek aan selfvertroue. Ek dink indien jul in Steve se geselskap sou kom sal julle minderwaardig teenoor hom voel vandaar al hierdie persoonlike aanvalle teen hom. STEVE HOU SO AAN HIER IS BAIE WAT JOU ONDERSTEUN, KYK MAAR NA DIE TELBORD.
oom Jan 11/27/2009 2:49:51 PM
Lekker ou Steve, dis nou een van Suid Afrika se bestes wat n musikant ek haal my hoed af!  Goeie werk boeta Steve!
Ollie 11/27/2009 3:03:48 PM
Tien uit tien vir hierdie artikel. Steve stofsuier het altyd 'n bek vol oor die "kommin" volgelinge van hierdie legendariese ARTISTE, maar kyk na Steve se volgelinge - hy verkoop sy vertonings sekerlik uit in Boksburg. Ek sien selfs daar was onlangs 'n gratis Steve konsert in Pretoria. Die man het 'n helse illusie dat hy 'n kunstenaar is. Foeitog... Die enigste ding waarin hy uitblink, is naam weggooi en sp*ker vir die eerste span. Nee wat, gee vir my 'n Anton Goosen of Koos Kombuis CD vir die langpad, enige dag.
DERICK 11/27/2009 3:04:52 PM
Julle klomp suurgatte wat so teen Steve is, is net jaloers op hom. Hy het bereik wat julle nooit sal of kan bereik nie.
ALET 11/27/2009 3:10:23 PM
"Legendariese musiek" van Koos Kombuis..my a*s!!! Die man KANNIE sing nie PUNT!!!
Cabous 11/27/2009 3:10:24 PM
Weet wat? Hulle almal is wanna bees. Die hele flippen spul van hulle. Koos du Plessis nou daar is een van Suid Afrika se sangers wat nog diep spore sal trap vir jare wat nog kom. Oor 20 jaar sal mense vra: Steve wie? Kombuis wie? Kerkorrel?

Elke 2de akteur op Egoli bv. nou dink hulle kan sing. Nou is dit nioe meer cool nie en nou begin die bestaande skrywers maar boeke skryf oor hulle skandes en gemors. Ek meen WDH? Gelukkig hou ek nie van een van die genoemdes se musiek nie. Koos du Plessis is 'n leggende, die hele flippen spul kan maar sy musiek gerus luister en as hulle "comprehend" dalk iets beter skryf of sing. Dit is my 5 cent.
Karlien Delport 11/27/2009 3:11:29 PM
Jis, ek gaan net more op Steve se blog kyk wat hy van JOU gese het Marzahn! Goeie werk meisie! Maar jy is reg, nou't hy weer gewen met al die aandag. Publicity, is publicity...
Shaun 11/27/2009 3:17:19 PM
Marzahn weet duidelik nie waarvan sy praat nie. Steve is n legend. hy het in die verlede en bly steeds om Afrikaans en Afrikaanse musiek hoog te hou. Hou op iemand afkraak as jy niks goeds te se het nie bly eerder stil.
wllimpie 11/27/2009 3:28:50 PM
al die ouens wat so galbraak oor Steve is net kwaad oor hy hulle girls ge'steve' het en die suurgat girls omdat hy hulle mooi maatjies ge'steve' het en nie vir hulle nie.
Moenie als glo wat jy lees 11/27/2009 3:50:49 PM
Marzahn Botha dink natuurlik omdat sy 'n vrou is sal Steve haar nie Blikzm nie. Sy't kan bly wees, want ek's seker sy weet goed wat gebeur met joernaliste wat hul slim hou en hul persoonlike opinies wil lig.
L B 11/27/2009 3:52:13 PM
Dit neem 'n groot kommin persoon om 'n kleintjie raak te sien! Hoekom breek julle altyd die Afrikaners af?? Soos hierbo reeds genoem, Steve is die enigste S A kunstenaar wat soveel vir AFRIKAANS doen en voor stry! Boonop kan hy ROCK IN AFRIKAANS! Los hom uit, Steve, jy IS die beste, WYS hulle daar is nog baie, baie oorspronklike goeie musiek en lirieke in jou!!!!!
Stiena 11/27/2009 4:13:52 PM
Steve jy rock! Al die mense wat so negatief is, is net jaloers. Gaan aan met jou goeie musiek daar is baie mense wat daarvan hou en dankie dat jy die enigste een is wat opkom vir AFRIKAANS. Mal oor jou!!!!!!!!!!!!!!!
SAS 11/27/2009 4:28:40 PM
Ek lag maar net vir die Steve "fanboys" En dit maak my bekommerd dat die sommige Afrikaners kan luister na sulke oppervlakkige snert. Dit is seker ook dieselfde lot wat pal elke aand voor die TV inskuif om na 7de laan te kyk. O ja, en die mense wat na Koos Kombuis en kie verwys as "Daggarokers" etc. is ook seker dieselfde klomp wat elke naweek hulself desmoers suip. Wel, ek reken jy moet gesuip wees om die breindood musiek te kan luister.
Fran 11/27/2009 4:45:08 PM
Ten minste weet ek dat Steve 'n normale Afrikaans sprekende man is. Koos, Kerkorrel en daai mense is net plain weird. Dit sluit julle takhare wat lelike sakkerige klere aantrek in. Julle is weird, weird, weird. Ek kan julle nie imagine christene wees nie. Julle is weird.
Koos 11/27/2009 4:59:21 PM
Klink vir my die verligtes was toe al die tyd in die donker gewees. Ek meen hoekom meng musiek en politiek? Kom ons kyk na die SA waarvoor die verligtes baklei het. 30000 kundiges verlaat elke jaar die land, 65% van alle blankes wil emigreer, misdaad, korrupsie oral en toenemend onder die polisie wat deesdae verkragters is, en dan wonderlike slim planne soos staatstoelae per kind, inmenging in sport ag ek kan die heel dag aangaan. So eintlik was die verligtes moes eintlik  dom?

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Data Warehousing Consultant

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Retail Store Manager

Western Cape
Crabtree & Evelyn
R 10 000 p/m to R 12 000 p/m

HR & ADMIN ASSISTANT

Gauteng - JHB North/Sandton
Stafforce Recruitment Services

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2005
R 219,899.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl DSG
2009
R 314,699.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 SWB 1.9 TDi MPV Dsl
2008
R 269,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CENTURION GOLF ESTATE

Single Residential - House R 6 200 000

UMHLANGA

Single Residential - House R 10 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 9 625 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!