Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

Vrou swem ver om 9 hondjies se lewe te red

2009-11-20 22:17

Korrespondent

Londen. – ’n Britse vrou het byna ’n kilometer ver geswem terwyl sy ’n krat met nege hondjies daarin gebalanseer het nadat haar seiljag aan die Turkse kus in die moeilikheid beland het.

Me. Laura Hughes (28) het aan die Daily Telegraph gesê die diere se veiligheid was haar grootste kommer.

Sy en mnr. John Cochrane (30), haar vriend, was verlede maand aan die seil om die Turkse kus toe stormwinde hulle van die jag gedwing het nadat die enjin gevrek het.

“Die boot was besig om vol water te raak. Ek het geweet as ons nie uitspring nie, gaan dit sink of omslaan. Ek het geen keuse gehad nie.”

Toe die twee aanvanklik besef het hulle is in gevaarwater, het hulle ’n noodsein uitgestuur waarop ’n Griekse boot gereageer het.

Volgens Hughes het die bemanning betaling van €10 000 (meer as R112 000) geëis, wat hulle nie kon bekostig nie.

Met slegs ’n lewensbaadjie om haar bo die water te hou, het Hughes haarself oorboord laat sak met die nege hondjies in ’n melkkrat.

Sy het die krat met een hand gebalanseer terwyl sy met die ander tot by ’n strandoord geswem het waar sy deur Duitse toeriste gehelp is.

“Ek het ’n paar keer water gesluk, maar is ’n redelike sterk swemmer. My ma het altyd gesê ek swem soos ’n rot met slegs my kop bo die water.”

Cochrane het met die twee groot honde – Ragga Muffin en Tiger Lily – waarvan eersgenoemde die nege kleintjies se ma is, na die wal geswem.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 19-32°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Sprinkles late. More sun than clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A8 4.2 Quattro Tiptronic MY03
2005
R 349,000.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2007
R 99,990.00

DAEWOO

Matiz 0.8 SE 5-dr
2000
R 29,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Bestel AL jou UNISA-handboeke!

Fantastiese Besparings

Kry al die UNISA-handboeke wat jy benodig vir jou studies afgelewer by jou voordeur!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!