Johannesburg

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Motor opgeblaas: Man is g’n terroris – net haastig

2009-11-24 00:59

Korrespondent

Londen. – Die polisie het ’n motor wat te na aan die Britse premierswoning geparkeer was, opgeblaas uit vrees dat dit gebruik kon word in ’n terreuraanval.

Toe mnr. Michael Raphel (28), die motor se niksvermoedende baas, later terugkeer, het hy op ’n uitgebrande wrak afgekom.

Dis al wat oorgebly het van sy Honda Civic Type R, wat sowat £18000 (byna R224000) gekos het.

Volgens die Daily Telegraph het Raphel die motor voorverlede Saterdag om 10:00 sowat 400m van 10 Downing Street onwettig op ’n dubbele geel streep geparkeer. Hy is van Oxford en het ’n vriend besoek, maar was haastig.

Toe die polisie hom van die motor sien weghardloop, het hulle dadelik gedink dit is ’n terreurpoging. Twee beheerde ontploffings is uitgevoer wat die motordeure laat afskiet en sy ruite gebreek het.

Toe Raphel sowat 16 uur later terugkeer, was die wrak omring deur teen-terreurbeamptes.

Hoewel Raphel “begrip” het vir terreurvrese, meen hy die polisie kon meer “taktvol” gewees het. “Die motor is in my naam geregistreer en hulle kon gerus probeer het om my eers te kontak.”

Hy beoog om vergoeding van die polisie te eis. ’n Versekerings­kenner meen egter omdat hy onwettig geparkeer het, is dit onwaarskynlik dat hy uitbetaal gaan word.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2009
R 250,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2009
R 189,990.00

AUDI

A4 1.8T
1996
R 49,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LLANDUDNO

Single Residential R30,000,000

SAFARI GARDENS

Single Residential R14,500,000

SEA POINT

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!