Ons soek SA se beste foto
2010-07-01 11:43
Kameras van byna R25 000 is op die spel in Beeld en Canon se kompetisie waarin ons die land se beste foto soek.
Jy kan enige foto van mense, diere, jou dorp of stad, natuurtonele, sport of WB?2010 stuur.
Dit moet net ’n uitstekende foto wees.
Stuur foto’s per e-pos na oog@beeld.com. Dit moet min of meer 1?MG groot wees.
Die e-pos móét kontakbesonderhede van die fotograaf bevat, name van mense op die foto, waar dit geneem is en ’n beskrywing van wat op die foto gebeur.
Lesers kan elke dag per SMS vir die beste foto stem.
Een leser wat stem, wen elke dag R500.
In die onderskrif by elke foto is ’n kode.
SMS die kode van wat jy dink die beste foto is (bv. F005 of F008) na 34119.
SMS’e kos R2 elk.
Geen gratis SMS’e geld nie.