Arbeidsaamheid’

2012-02-10 21:51

Absa se uitvoerende adjunkhoof kom sit op ’n bankie in die maatskappy se museum.

Langs Von Zeuner word spaarvarkies van 1 700 tot 1 850 uitgestal en agter hom Siamese porseleinmunte. Anderkant ’n skeiding kan jy lees van Suid-Afrika se grootste bankrooftogte.

Von Zeuner (50) kan net sowel hier uitgestal word.

As voorbeeld van die bankman, ’n spesiale soort werknemer wat aan die uitsterf is.

Von Zeuner het ná sy diensplig in Volkskas se Goodwood-tak as klerk begin werk. Sedertdien het hy hom van tak tot tak en streek tot streek opgewerk. Tot op die boonste verdieping van Absa se Westoring, 32 jaar later.

Die maatskappy het pas aangekondig dat Von Zeuner aan die einde van die jaar sal uittree.

Daarna sal hy steeds 60% van sy tyd aan Absa afstaan as nie-uitvoerende direkteur, maar ook buite-direkteurskappe kan aanvaar.

“Ek het eintlik nog altyd gesê dat ek graag sal wil aftree as ek 50 is. Maar nooit regtig aftree in terme van om niks te gaan doen nie,” sê Von Zeuner.

As kind het hy eintlik onderwys toe gemik, soos sy broer Derek, wat hoof van die Hoërskool Vredenburg is. (Hul oudste broer werk by die departement van gesondheid in die Wes-Kaap.)

“Kyk, ek was maar lui op skool,” sê Von Zeuner van sy dae aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville. Hy praat stadig en oorwoë.

“Ek bedoel, ek was definitief nie die modelstudent nie. Ek het ook ’n paar ekstra jare by my universiteitstudie bygesit. Ek dink ek het tot my ma se verouderingsproses bygedra in daai geval.

“Ek het buitemuurs gestudeer (aan die Universiteit van Stellenbosch) en in die buitemuurse klas het ’n ou van die bank vir my ’n werk aangebied.

“Ek onthou my pa veral was baie daarteen gekant, want hy het gesê: As jy eers ’n salaris verdien, gaan jy nêrens uitkom nie, jy sal nooit ’n graad kry nie, ensovoorts.”

Von Zeuner se tong flits tussen sy tande, asof hy wil lag.

“Nou ja, ek het maar vasgebyt en nou wil ek amper sê: Die res is geskiedenis.”

Von Zeuner was bestuurder van ’n paar Volkskas-takke in die Wes-Kaap en het onder meer die Atlantis-tak geopen. Tussen 1991 en 1995 was hy Stellenbosch se takbestuurder.

“Beyers Truter en Jan Boland Coetzee was van die boere met wie ons daar doen gehad het. En in daai sta­dium het ek van landbou níks geweet nie en om onder daai manne se hande deur te geloop het, was fantasties.

“Intussen moes ons seker al tien keer getrek het en die aandenkings van veral Stellenbosch sal áltyd spe­siaal bly.

“Jy kan nou dink: van die kleinste tot die grootste bottel wyn en ek pas dit soos goud op. So die res van die huis word getrek en dan trek ek daai goed self.”

Om as gebore Bellvilliet die Kaap te verlaat, “was soos dood”, sê Von Zeuner.

Hy vou sy arms nogmaals oor sy geel gestreepte das en bors.

“Maar weet jy, ek dink as ’n ou uit die Kaap uit is, waardeer jy dit net soveel meer as jy die slag daar kan kom,” sê hy.

Die gesin Von Zeuner breek graag weg na hul vakansiehuis op Jongensfontein, naby Stilbaai, of sy plaas buite Bloemfontein, en het ’n vaste afspraak om jaarliks saam ’n spesiale vakansie te hou.

Net die vier van hulle: Von Zeuner, sy vrou, Joanne, hul dogter, Lizahn (23), wat amper as veearts kwalifiseer, en Renier (21), ’n Tukkie wat politieke wetenskap studeer en steeds by hulle in Woodhill, Pretoria, woon.

Verlede jaar het die gesin die Masai Mara-reservaat in Kenia besoek en onlangs het hulle ’n draai in Londolozi langs die Krugerwildtuin gemaak.

“Hulle het my regtig die geleentheid gegee om my uit te leef in my beroep. Ek werk maar hard en ek werk lang ure en reis baie,” sê Von Zeuner oor sy gesin.

“Toe die kinders klein was, het die ander kinders op skool gedink dat my motorbestuurder eintlik hulle pa is, want hulle het my nooit gesien nie.”

Absa loop dikwels deur omdat die bank die groep se Afrikaanse wortels sou verraai. Von Zeuner se vertrek word dan as ’n verskraling van Afrikaners se invloed beskou. Hy verskil.

“As daar een ding is waarop ek trots is, is dit Afrikaans. Elke jaar wanneer ek na die KKNK gaan, is dit baie spesiaal en ek is baie trots op die feit dat ons ook nog goed na Afrikaans kyk.

“Is daar meer om te doen? Natuurlik.

“Is daar goed waaroor mense daar buite dalk sensitief kan wees? Natuurlik, en ek neem kennis daarvan.

“Maar as ek vandag moet terugkyk en vra: is Absa eerlik daaromtrent dat ons alle taalgroepe effektief ondersteun?, dan voel ek baie gemaklik daarmee.”

Twee jaar gelede het Von Zeuner ook deurgeloop toe ’n SMS rugbaar geword het wat hy aan SA Rugby se president, Oregan Hoskins, gestuur het. Groepe soos AfriForum het gemeen dit wys dat Von Zeuner – en dus Absa – kwotas in rugby sou ondersteun. “Ek voel sterk oor my beginsels, ek voel sterk oor Christenskap en ek is baie gemaklik met myself. Jy sal nooit almal tevrede kan stel nie.

“Dis soms maar ironies dat die sensasionele die feite kan oorskadu en ek het dit nou al baie in my loopbaan ervaar. ’n Mens moet vrede maak daarmee,” sê hy.

Dis veral ironies dat die herrie oor rugby gegaan het, want Von Zeuner is sportmal.

“As jy nou vir my sê ek moet môre met Absa na die o.9-rugby op De Doorns gaan kyk, is dit regtig nie vir my ’n probleem nie, ek sal dit doen. Enige, enige sport.”

Sy diensplig het hy met krieket en rugby omgespeel.

Watter posisie?

“Met hierdie liggaamsbou kan dit net die voorry wees!” sê Von Zeuner met ’n lag toe ons foto’s neem.

Hier, tussen reekse van al die rande en sente wat Suid-Afrika al ooit gebruik het, is dit eerder mense wat Von Zeuner dryf.

“As ’n kliënt jou bel en sê jy het 20 jaar gelede vertroue in hom gehad toe jy sy huisverband goedgekeur het of ’n studielening vir sy kind gedoen het, dan staan jy terug en sê: Joe, jy kon ’n bydrae maak in iemand se lewe, jy kon help dat iemand op dreef kom in terme van sy finan­siële aspirasies, jy’t saam met hom ’n besigheid begin deur grootliks sy visie te deel, ensovoorts.

“Dis regtig ongelooflik stimulerend en baie lekker.”

By die Volkskas-uitstalling neem ons ’n laaste foto langs dié eertydse bank se embleem.

“Arbeidsaamheid” staan onder die silwer ploeg gegiet.

Yvonne Morris, Von Zeuner se sekretaresse van 12 jaar, loer om die hoek. Tyd verstreke, sy volgende vergadering het al begin.

“Sy ken die bank beter as ek!” onderspeel Von Zeuner weer sy rol.

Nes toe hy vroeër gesê het: “Jy rig eintlik niks uit nie, man.

“Jy moet net die regte mense rondom jou kry, die regte ondersteuningstelsel hê, die regte ouens in die bestuursposte en hulle ’n oor gee, maar hulle laat die goed gebeur. Ek is irrelevant in daai proses.”

En dan verdwyn hierdie Absa-instelling by die museum uit, terug na jaarstate, mensebestuur en strategie toe.
 

Mnr. Louis von Zeuner tree aan die einde van die jaar af as Absa se uitvoerende adjunkhoof, ná 32 jaar in die groep se diens. Foto: Lerato Maduna


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Internal Auditor

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R500000

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.