Dié skole kan help brûe bou

2009-11-10 22:22
Skole

Skole

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dalende leerlinggetalle dwing baie Afrikaanse skole om parallel- mediumskole te word. Dié skole kan eilande van uitnemendheid in gemeenskappe wees, berig Alet Rademeyer.


Daarby het die onlangse uitspraak in die konstitusionele hof oor die Hoërskool Ermelo se taalbeleid ’n duidelike boodskap aan die Afrikaanse gemeenskap gestuur: Sorg dat jul skole vol is of verander die taalbeleid om Engelse leerlinge in te sluit. 

Die getal Afrikaanse enkelmediumskole in die land het sedert 1994 drasties afgeneem. Waar daar in 1993 altesame 1 396 wit Afrikaanse voormalige model C-skole was, is daar vanjaar net 667 (sien grafika).

Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê die afname in die getal Afrikaans-enkelmediumskole kan aan verskeie faktore toegeskryf word.

Die SAOU se navorsing toon dat emigrasie, die ontvolking van die platteland, al hoe meer plattelandse ouers wat hul kinders na stedelike skole stuur en ’n afname in die geboortesyfer ’n groot rol speel.

Brugbouers

Klopper sê daar was aanvanklik van ouers en uit onderwysgeledere groot teenstand teen die oorskakeling na parallelmediumskole.

Deesdae is daar groter aanvaarding dat parallelmediumskole “brugbouers” en “eilande van uitnemendheid” in gemeenskappe kan wees.

Parallelmedium-onderrig is wanneer Afrikaans en Engels in afsonderlike klasse as onderrigmedium gebruik word.

Van die aanvanklike probleme wat met die oorskakeling na parallel- medium uitgewys is, is die gebrek aan bykomende hulpbronne en onderwysers en die dubbele werklading van onderwysers wat alles in Afrikaans én Engels moet doen. Skole het gevoel die onderwysdepartemente ondersteun hulle nie en dat hulle self die mas moet opkom. 

Vandag is daar steeds skole wat dié standpunt huldig en versigtig is om parallelmedium te word omdat die staat nie sy verpligting nakom nie.

Die SAOU voel so sterk daaroor dat dié multikulturele en parallelmedium-skole skole suksesvol kan wees dat hy binnekort met werksessies landwyd gaan begin om skole touwys te maak oor hóé dit gedoen kan word.

“Verskeie skole is al ’n paar jaar lank parallelmedium. Hulle moes hard werk om negatiewe persepsies af te skud en struikelblokke te oorkom. Vandag kan hulle die lesse waaruit hulle geleer het met ander skole deel,” sê Klopper.

Kwessies waaraan skole volgens Klopper moet aandag gee, is maksimale benutting van geboue, die strewe om ’n onderhandelde, gebalanseerde skikking te bereik eerder as om die debat in howe op die spits te dryf, verhoudingsbou met onderwysdistrikskantore en die plaaslike munisipaliteit, en ’n fokus op wat nodig is om standaarde en professionaliteit te behou.

Die Hoërskool Ben Viljoen

Die Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal, Limpopo, is ’n voorbeeld van ’n “baken van hoop” in dié provinsie.

Volgens mnr. André Swaters, hoof, het die skool in 1997 parallelmedium geword. 

In 1996 was daar 642 Afrikaanse leerlinge, maar die leerlingtal het begin daal. Die skool is in ’n stadium selfs 
as “rassisties” gebrandmerk ná voorvalle.

In 2003 is ’n omdraaistrategie ontwikkel en die leerlingtal het met 44% gestyg tot die huidige 744.

Volgens Swaters is sy skool die enigste oorwegend Afrikaanse skool in ’n radius van 85?km, terwyl daar 40 Engelsmediumskole is.

Hy meen die skool is suksesvol omdat daar ’n “verstandhouding” in die gemeenskap is dat die skool ook ’n reg het om Afrikaans te wees én te kan groei, terwyl hy ook ruimte vir ander leerlinge skep.

Swaters skryf die skool se prestasies toe aan sterk, geesdriftige leierskap, vertroue van Afrikaanse ouers en leerlinge in die skool, konsekwente en regverdige dissipline, netheid van die terrein en leerlinge en doeltreffende kommunikasie.

Voorts roem die skool hom op sy karakter wat op ’n onverhandelbare Christelike grondslag gebou is, terwyl daar ook ruimte vir ander geloofsoortuigings is.

Ben Viljoen blink ook op akademiese, kulturele en sportgebied uit en is volgens die onderwysdepartement een van die tien topskole in die provinsie. In die onlangse studie wat die Sunday Times oor die land se 100 topskole gedoen het, was Ben Viljoen ook onder hulle.

Op ’n vraag wat Swaters se raad is vir skole met kwynende getalle, sê hy ’n skool moet alles in sy vermoë doen om Afrikaanse leerlinge terug te wen deur te presteer.

“Dit help nie om leerlinge te wil ‘koop’ nie, omdat dit nie opvoedkundig verantwoordbaar is nie.”

Die Hoërskool Piet Potgieter

By Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane (Potgietersrus), Limpopo, gaan dit ook baie goed.

Volgens mnr. Jas Hansen, hoof, het die skool aanvanklik sowat 700 Afrikaanse leerlinge gehad, maar net ná 1999 het dit begin afneem.

Dít het gebeur omdat die skool parallelmedium geword het en ouers hul kinders uit die skool gehaal het weens die onsekerheid wat dié stelsel ingehou het.

Van die leerlinge is toe na omliggende Afrikaanse skole soos die Hoërskool Pietersburg en die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong (Naboomspruit). 

Tans is die samestelling van leerlinge in Piet Potgieter 67% Afrikaans en 33% Engels.

Volgens Hansen is die skool suksesvol omdat ouers en personeel positief bly en almal glo prestasies bring geluk en vreugde.

“Ons skool se missie is dat almal gelukkig moet wees?–?kinders, ouers en onderwysers. Ons praat nie van swart, wit en bruin leerlinge nie, maar wel van Afrikaans of Engels. In elk geval is daar in elke graad in die skool byvoorbeeld bruin of swart leerlinge wat in Afrikaans onderrig wil word.”

Volgens Hansen streef die skool daarna om ’n leeromgewing te skep waar wedersydse respek en hoë akademiese standaarde nagestreef word.

Net soos in die geval van Ben Viljoen is Piet Potgieter die enigste Afrikaanse hoërskool in ’n radius van sowat 60?km, terwyl daar maklik 30 Engelse hoërskole is.

“Piet Potgieter is die hartklop van die Afrikaner-gemeenskap in Mokopane en die middelpunt van sy kulturele, sport en sosiale aktiwiteite.”

By Piet Potgieter is die uitgangspunt dat Afrikaans én Engels sy regmatige deel moet kry.

Die Hoërskool Middelburg

Nog ’n skool wat suksesvol parallelmedium-onderrig bedryf, is die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga.

Volgens mnr. Johan Stronkhorst, hoof, was die skool van 1918 tot 1972 parallelmedium. Toe word dit net ’n Afrikaanse skool. 

In 1992 het die getalle begin afneem nadat die Hoërskool Kanonkop, nog ’n Afrikaanse skool, in Middelburg geopen is.

In 2002 het die skool na parallel- medium teruggekeer. Tans is daar 850 Afrikaanse en 150 Engelse leerlinge.

Stronkhorst glo hulle kry dinge reg omdat hul benadering een van trots en respek is.

“Voorts is ons gemeenskap positief oor die voortsetting van Afrikaans in die skool, terwyl alle partye geraadpleeg word om te verseker die multikulturele samestelling word doeltreffend bestuur.”

Stronkhorst sê die skool se uitgangspunt is om elke leerling ’n gelyke kans te gee.

Middelburg se leerlingtal het gegroei nadat dit weer parallelmedium geword het. Stronkhorst skryf dit toe aan gehalte-onderrig wat hulle aanbied en ’n deurdagte strategie wat gevolg word.

In al die navrae aan skole wat met ’n wenresep spog, is die belangrikheid van die ouergemeenskap se betrokkenheid telkens beklemtoon.

Soos Hansen dit stel: “Ouers dra inderwaarheid die skool. Hulle besef met watter probleme skole worstel en soek na oplossings.

As die ouers hul gewig agter die hoof en onderwysers ingooi, is die stryd gewonne. Saam groei ons sterker.”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.