Hoor werkloses se noodkreet en help

2003-10-28 19:17

Dit is tyd dat mense werklik die stem van die werkloses begin hoor en hul menswaardigheid erken, skryf Pieter van Niekerk.

Twee uit elke vyf volwasse Suid-Afrikaners het nie werk nie. Dit is ontstellend.

Werk neem 'n sentrale plek in volwassenes se lewe in.

Werkloosheid beïnvloed die werklose se welsyn en selfbeeld.

Werkloses is nie net ekonomies kwesbaar nie, maar hulle kan geestesongesteld raak. Werkloosheid bring gereeld stres mee wat in depressie kan omsit en tot aggressie en angstoestande kan lei. Alkoholmisbruik is nie uitgesluit nie.

Die groot waarde wat die samelewing op werk plaas en op die soort werk wat jy doen, dra by tot die persepsie dat die lewe sonder werk betekenisloos is.

Werkloosheid word soms met egskeiding of kanker vergelyk. Dit veroorsaak 'n gevoel van verlies, reken bedryfsielkundiges.

Wanneer mense nie meer hulself en hul gesinne kan versorg nie, kou dit aan hul trots. Kinders is skaam oor hul werklose ouer(s).

Die klem moet sterk op werkskepping geplaas word, want dit is die oplossing.

Natuurlik moet daar krities gekyk word na arbeidswetgewing wat verontregte werkers beskerm, maar nie haalbaar vir 'n ontwikkelende ekonomie is nie omdat dit werkskepping en investering ontmoedig.

Ook kwessies soos die billikheid van regstellende aksie, produktiwiteit en gebrek aan vaardighede moet aandag kry.

Ongeduldig en ongeskik

Die duisende mense wat weens wisselings in die sterkte van die rand afgedank word, asook weens die herstrukturering ('n eufemisme vir afdankings) van maatskappye om mededingend te wees, toon die kompleksiteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Vakbonde sal wat betref eise vir salarisverhogings rem moet aandraai. Sakeondernemings sal twee keer moet dink of die afdanking van werknemers die enigste en laaste opsie is.

'n Vriendin en enkelouer wat jare gelede weens disinvestering afgedank is, was ontstelder oor haar baas wat in dié tyd 'n nuwe, luukse-maatskappymotor gekry het as die feit dat sy haar werk verloor het.

Ons kan nie die gevolge van die soustrein op ons land se ekonomie en werkloosheid ontken nie. Die miljoene wat sommige regerings- en sportlui verdien, maak 'n mens klaar siek.

Die samelewing en sy strukture is klaarblyklik nie reg om al die werkloses op maatskaplike en emosionele vlak te ondersteun nie.

Instellings soos die kerk lewer 'n soort "ambulansdiens" en die onmiddellike nood word met basiese bydraes soos kospakkies, sopkombuise en ou klere verlig. Werklose kerkgangers word (hopelik) pastoraal ondersteun.

Welsynsorganisasies is egter oorlaai met ander gesinskrisisse. Terapie is duur en beperk tot enkeles - die massa word in ellende gelaat.

Wat die situasie vererger, is dat mense dikwels onsensitief, ongeduldig en soms ongeskik teenoor werkloses is wat op 'n eerbare manier werk soek.

Dink maar aan die mense wat by spesifieke punte soos nutswinkels staan en werk vra - selfs al reën dit, is hulle daar. Ons erken werkloosheid as 'n krisis, maar misken te veel werkloses se menswaardigheid. Dit vererger die noodtoestand.

Kerke en skole kan hier remediërend optree. Programme kan ingestel word waar lidmate vaardighede aanleer om met werkloses op straat te praat, maar om veral te luister, tyd vir hulle in te ruim, moeite te doen en betrokke te raak.

Begrip vir en sensitiwiteit teenoor werkloses is die eerste stap na die heling van die werklose se negatiewe gevoelens.

In die kerk kan die prediking fokus op God se medelye teenoor werkloses en God se oproep aan die gemeente om God hierin te volg. (Só hou die kerk hom met sinvolle getuienis besig, anders as hulle wat oor die argitektuur van 'n kerkgebou begaan is).

Méér as 'n beroep

Kerke en skole kan ook hul infrastruktuur beskikbaar stel waar kundiges soos sielkundiges, arbeidsterapeute en maatskaplike werkers groepsessies met werkloses hou. Werkloses kan só lewensvaardighede aanleer.

Kerke, maar veral skole, kan gaan kers opsteek by instellings wat reeds geletterdheidsprogramme vir volwassenes aanbied en só betrokke raak.

Diensorganisasies kan geld voortbring en dié dienste inisieer en subsidieer.

Die werkloses se stem móét gehoor word. Hiervoor het hulle 'n spreekbuis nodig. Kerke, nie-regeringsorganisasies en ander vrywilligers sal hande met die sakesektor, vakbonde en die staat moet vat en as vennote holistiese hulp aan werkloses moet verleen.

Sulke betrokkenheid kan hoop bring. Dit kan werkloses inspireer om op kreatiewe maniere entrepreneursvaardighede aan te leer, anders te dink oor en te kyk na hul situasie en só bemagtig te word.

Op skool kan kinders leer dat alles nie net om werk draai nie: Die lewe is méér as 'n beroep.

Diegene wat kla oor te veel werk, het 'n keuse: Hulle kan hul werk verminder deur dit met iemand anders te deel en 'n kleiner inkomste aanvaar.

Of hulle moet ophou kla, bly wees dat hulle werk het en uit dankbaarheid tyd inruim en sinvol betrokke raak by die noodroep van die werkloses. 'n Uur per week is seker nie te veel gevra nie.

Van Niekerk is 'n plattelandse predikant in die Suid-Kaap.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.