Manyi geniet dit om te plunder

2011-03-09 23:00

Die antwoord, meneer die minister, is eenvoudig, want mnr. Manyi doen vandag nog presies dieselfde – hy plunder.

Ja, in die sogenaamde strydjare het Jimmy Manyi geplunder.

In ’n onderhoud met The Sunday Independent het Manyi vertel van sy rol in die “struggle”:

“We looted. It was nice to loot! We would stop a truck carrying milk and say, ‘If we loot this truck, who loses, you or the white man?’ We enjoyed this spree – until the Hippos came.”

Hy het dus nie gestry vir iets nie, maar teen, soos hy dit stel: “the white man”. Hy het dit geniet om te plunder en hy vertel dit met trots.

Sy rol in die vryheidstryd was nie dié van ’n vryheidsvegter nie, maar dié van ’n plunderaar. Hy erken nie dat dit ’n fout was in sy jeugdige voortvarendheid nie, hy is in sy noppies met wat hy gedoen het.

Vandag doen Jimmy Manyi nog presies dieselfde – hierdie keer plunder hy egter nie meer melkwaens nie, maar wel werkgeleenthede van bruin, Indiër- en wit Suid-Afrikaners.

Manyi se uitlatings is belaai met ’n rasbeheptheid en spreek van ’n doelbewuste negatiewe gevoel teenoor elkeen wat nie swart is nie.

Die wêreld deur die oë van Manyi is ’n wêreld waarin kleur die hoofrol speel. Manyi maak geen geheim van die bril waardeur hy kyk nie. Hy het dit duidelik gestel toe die nuusagentskap Sapa hom op 19 November 2009 soos volg aangehaal het:
“In South Africa you are naive if something happens out of (the context of) racism. It is the lens through which we all see. It is a given.”

Solidariteit het ’n lys van Manyi se mees opspraakwekkende rassestellings saamgestel om sy rasbeheptheid te illustreer:

  • In ’n artikel wat op 19 Augustus 2007 in Business Report verskyn het, word Manyi soos volg aangehaal: “If whites thought Zimbabweans were militant, wait until they witnessed the militancy of South African workers. If the workplace did not become more equitable and the black majority continued to be margin­- ­al­­ised Zimbabwe could look like a Sunday picnic in comparison.”
  • In ’n artikel wat op 6 September 2007 op Independent Online verskyn het, het Manyi ook teen sekere swart Suid-Afrikaners uitgevaar en gesê: “Black economic empowerment partners are ‘house niggers’ who defend the malpractices of their (white) partners.”
  • In dieselfde artikel word daar ook teen wit direkteure te velde getrek toe Manyi gesê het hulle is “ambassadors of unfair discrimination”.
  • In 2007 het wit vroue ook deurgeloop en luidens ’n artikel wat op 18 Julie 2007 in Business Report verskyn het, word hy soos volg aangehaal: “White women should not be­nefit from affirmative action and should not continue to be in the de­finition of the previously disadvan­taged.”
  • Op 4 September 2007 het hy verder oor die kwessie van wit vroue se verteenwoordiging uitgevaar en hierdie keer teen sogenaamde wit sake­ondernemings. Luidens die artikel wat in Fin24 verskyn het, het hy gesê: “White business is trying to conceal their un-transformed employment profile by employing more white women into management positions. White women have benefited enough.”
  • Volgens Manyi is die kwessie van vaardigheidstekorte ’n mite. Hy is op 7 September 2009 deur die nuusagentskap Sapa soos volg aangehaal: “Quite clearly, we have come to accept that there is no willpower to appoint black people to positions of au­thority.”
  • Volgens Beeld van 12 Mei stippel Manyi sy ideologie van verteenwoordiging soos volg uit teenoor die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe: “Absolute verteenwoordiging is die enigste maatstaf vir gelyke indiensneming.” Hierdie ideologie is onderliggend aan heelwat ander uitsprake van Manyi.
  • Op 20 Februarie verlede jaar het Manyi by die Durbanse Kamer van Handel aanmerkings teenoor Indiërs gemaak en is opgeneem toe hy sy mening uitgespreek het oor die aantal Indiërs in topposisies in Suid-Afrika teenoor die vlak van verteenwoordiging wat hulle eintlik moet hê. Hy het na berig word gesê: “Indians should be having only 3%. They are sitting at 5,9%. I call it the power of bargaining. Indians have bargained their way to the top.”
  • Skaars ’n maand later, in Maart verlede jaar, verskyn Jimmy Manyi op die kykNET-program Robinson regstreeks in sy hoedanigheid as direkteur-generaal van arbeid. Hiertydens sê hy onder meer: “This over-concentration of Coloureds in the Western Cape is not working for them. They should spread in the rest of the country. There is a requirement of Coloureds in Limpopo, there is a requirement of Coloureds every­where else in the country. So they must stop this over-concentration situation because they are in over-supply where they are.”
  • Hermann is uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit.

Mnr. Jimmy Manyi, hoofwoordvoerder van die regering.
Foto: Deaan Vivier


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.