Mens ken jou mos aan jou vriende

2012-02-22 22:14

Mnr. Martin Bosma spreek Voortrekkers vandeesweek in Centurion toe. Hy is die voorsitter van die interparlementêre kommissie van die Nederlandse Taalunie en besoek Afrikaanse organisasies. Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Is die besoek van mnr. Martin Bosma, lid van die verregse Nederlandse party Partij voor de Vrijheid (PVV), ’n geleentheid of verleentheid vir Afrikaans, vra prof. Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Bosma se besoek aan Suid-Afrika is nie sonder belang vir Afrikaans nie.

Hy is ondervoorsitter van die tweede kamer, die belangrikste wetgewende gesag in Nederland.

Belangriker nog vir Afrikaans is dat hy die voorsitter is van die invloed­ryke interparlementêre kommissie van die Nederlandse Taalunie (NTU).

Die NTU behartig die Nederlandse taalbelange van Nederland en Vlaandere en Suriname en het tewens Afrikaans ook in die taalnetwerk omarm.

Verskeie politieke partye is in die NTU se bestuur verteenwoordig – sowel uit Nederland as uit Vlaandere.

Die Suid-Afrikaanse regering het in Oktober verlede jaar skoorvoetend ’n ooreenkoms met die Taalunie in belang van Afrikaans onderteken.

Navrae by die departement van kuns en kultuur het tot dusver weinig opgelewer en die departement is langtand om plaaslik oor die uitlewing van die ooreenkoms te onderhandel.

Die Akademie en ander organisasies sou graag die vrugte van die Taalunie-ooreenkoms wou sien.

Dit is onteenseglik so dat Afrikaans wel Nederlandse taalwortels het en dat steun vanuit die Lae Lande, veral van ’n liggaam soos die NTU, waar Bosma die leiding neem, nie onwelkom is nie.

Die keersy van Bosma se besoek is dat hy uit ’n politieke tuiste kom wat in Suid-Afrika nie aanvaarbaar is nie.

Hy is lid van die Partij voor de Vrijheid (PVV) onder leiding van die omstrede mnr. Geert Wilders. Die PVV skroom nie om hom uit te laat oor ’n verskeidenheid sake wat allesbehalwe in die Suid-Afrika van vandag tot geregverdigde politiek behoort.

Mnr. Mark Rutte, Nederlandse premier, moes onlangs bontstaan oor die PVV se voorstel dat Nederlanders die geleentheid moet kry om vreemdelinglandgenote – veral Pole – by aanmeldingspunte (nie die polisie nie) aan te kla as diegene hulle wangedra.

11 ambassadeurs uit Oos-Europese lande het die premier ernstig aangespreek oor die PVV se voorstelle wat neerkom op diskriminasie. Die Nederlandse premier het gesê dat dit bloot ’n partypolitieke aangeleentheid is en dat dit nie om landsbeleid gaan nie.

Hy het gerieflikerwys verswyg dat dit gaan oor ’n party by wie se grasie hy regeer – ’n party wat Nederland se grense vir vreemdelingimmigrasie wil sluit en wat ’n sterk anti-Moslem-beleid voer en Moslem-vroue wil belet om gesigbedekkende kopdoeke te dra.

Is Bosma se besoek ’n geleentheid of ’n verleentheid? Natuurlik is ’n mens dankbaar vir internasionale steun van die Nederlandse Taalunie as liggaam vir Afrikaans.

Die vraag is of Bosma weet wie Afrikaans praat. Is hy goed op die hoogte van die feite – onder meer oor die gegewe dat meer mense met ’n donkerder huidskleur Afrikaans praat as dié van wit afkoms?

In sy aanvanklike agitasie in die Nederlandse parlement het dit gelyk asof hy eerder gepleit het vir Afrikaans as die taal van die Afrikaners as vir Afrikaans as die taal van almal wat Afrikaans praat.

Bosma moet sorg dat hy tydens sy kort besoek aan Suid-Afrika hom goed laat voorlig oor die stand van sake.

Afrikaans kan doen met voorvegters vir die taal in die Lae Lande, maar laat dit asseblief ingeligte voorvegters wees.

Hy moet gesels met almal wat Afrikaans praat, ook die Moslem-sprekers van Afrikaans in die Kaap.

Daar is ’n verskeidenheid Afrikaanssprekers wat nie sal saamstem met Bosma se politieke sentimente nie, maar waar dit oor Afrikaans gaan, kan hulle ooreenkom.

In ’n gesprek vandeesweek met hom, is sterk klem gelê op Afrikaans as ’n inklusiewe gemeenskap – Afrikaans is nie gelyk aan Afrikaners nie, is die boodskap wat aan hom deurgegee is.

’n Genuanseerde blik op Afrikaans in Nederlandse en Vlaamse politieke kringe kan baie vir Afrikaans beteken.

’n Eensydige blik daarenteen op Afrikaans as die taal van net ’n sektor van die bevolking kan vir almal wat Afrikaans praat ’n verleentheid word en koring wees op die meul van die ANC wat, so lyk dit altans, maar al te graag aktief en passief punte teen Afrikaans sal wil aanteken.

’n Mens kan nie anders nie as om bogenoemde standpunte van die PVV oor Moslems en immigrante as rassisties te verwerp.

Aan jou vriende word jy geken, is die ou gesegde wat hier van toepassing kan wees en Afrikaans sal skade ly.

As voorsitter van die interparlementêre kommissie van die Taalunie moet Bosma hom asseblief hou by die essensie van sy pleidooi: Die verdediging van Afrikaans vir almal wat die taal praat en die opname van Afrikaans binne die groter taalverband van Nederland, Vlaandere en Suriname. Dat hy daarby die mening huldig dat Afrikaans ’n vindingryke en pragtige taal is, kan ’n mens waardeer.

Dat hy hom by sy eerste besoek aan Suid-Afrika in sy eie taal verstaanbaar kan maak, het hom oorweldig en verbaas.

Bosma is op ’n private besoek aan Suid-Afrika, maar hy sluit nie sy oë vir die verval van ons stede en dorpe nie. Dit is duidelik dat hy nie ’n vriend van die ANC-regering is nie – hy beskou dit as sy taak om tot in die hoogste Nederlandse regeringskringe die gegriefdheid van baie Suid-Afrikaners oor pleknaamveranderings, die verwaarlosing van ons stede en dorpe en die verengelsing van universiteite te vertolk.

Hy lewer ’n sterk pleidooi vir die bestaan en handhawing van twee Afrikaanstalige universiteite. Daarmee kan nie van hom verskil word nie.

Dit gaan om morele steun.

Of pleidooie in die Nederlandse parlement oor die sake enigsins iets aan ANC-beleid sal verander, is te betwyfel.

Tog het hy die Nederlandse minister van buitelandse sake oorgehaal om Nederland se ambassadeur in Suid-Afrika te versoek om die stand van sake rondom Afrikaans in Suid-Afrika te ondersoek en verteenwoordigers van die sprekers van Afrikaans te raadpleeg en aan hom, wat die minister is, verslag te doen.

’n Eerste gesprek van die aard het reeds in Pretoria gebeur. As die regte objektiewe inligting oor Afrikaans op ambassadeursvlak oorgedra word, al is dit dan onder aansporing van die PVV, dan het die party tog vir Afrikaans ’n geleentheid geskep.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.