Mnr. A kry net wat Mnr. A wil hê

2010-03-11 23:00

Mnr. Raymond Ackerman, uittredende voorsitter van Pick n Pay. Foto: Taryn Carr

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Ek het verlede jaar in Swit­serland van ’n berg af gespring,” sê mnr. Raymond Ackerman en talm buite sy kantoor by ’n foto van ’n groot rooi valskerm wat teen die hang van ’n sneeubedekte berg in Davos afgeteken is.

“Ek het grappenderwys vir my vrou gesê ek wou nog altyd valskermspring. Toe reël sy dat ek van ’n berg af spring wat drie keer hoër as Tafelberg is.

“Dit was opwindend én skrikwekkend. My kinders en kleinkinders was daar en hulle het gebid en dinge gesê soos: ‘Pa, ek wil jou kar hê!’ of ‘Ek wil jou dit of dat hê.’”

Hy skerts nou. Maar netnou was die luim anders. Ons het op die vooraand van sy 79ste verjaardag in sy ruim kantoor vol foto’s, toekennings en aandenkings van sy lewe as baas van Pick n Pay gesit.
 
’n Groot tros ballonne het langs sy stoel op die mat gelê. Sy ligbruin oë was weemoedig toe hy sê:

“Ek was 43 jaar hier en dit is my laaste week. Ek groet. ’n Fase het tot ’n einde gekom. Ek gee nou oor aan my seun Gareth. Ek oorhandig die voorsitterskap van Pick n Pay aan hom. Dit is dus ’n taamlik emosionele en moeilike tyd.”

Ackerman gaan nou vir ’n paar weke weg vir werk en vakansie.

“Ek wil hom tyd gee om my skoene te vul, anders sal almal na my toe kom in plaas van na hom.”

Die 52-jarige Gareth Ackerman is al in die maatskappy sedert hy baie jonk was en het ook later buite die maatskappy ondervinding opgedoen.

Wanneer Ackerman sr. terugkeer, sal dit wees as ambassadeur van Pick n Pay. Hy lýk soos ’n ouwêreldse ambassadeur in sy aantreklike geruite pak en skoene van sagte, wynrooi leer.

Aan sy lapel is ’n Pick n Pay-wapentjie soos wat ’n staatsman die vlag van die land wat hy lei naby sy hart dra.

Ackerman sr. het beslis die gesag en allure van ’n groot leier. Dit is dan ook interessant wanneer hy hom tydens die gesprek ’n keer verspreek en sê: “ ... die land te lei ... ” in plaas van “Pick n Pay te lei”.

Later, op pad uit die moderne gebouekompleks naby die perderenbaan in Kenilworth hoor ons hoe een van die vele werkers in blou oor ’n telefoon sê: “Mister A wants you.”

Miskien dra die toon waarin daardie vrou “Mister A” gesê het, ook by tot die indruk van hom as iemand wat gesag ontlok.

Ackerman sr. is van dieselfde stoffasie as ’n Harry Oppenheimer en ’n Anton Rupert. En met sy uittrede kom die era van die ou sakereuse met hul ryk idiosinkrasieë nou tot ’n einde.

Bly positief

Oor sy ambassadeurskap: “Ons het baie diep gesetelde waardes en ek is baie na aan die mense. Hulle wil hê ek moet dit doen. Ek sal voortgaan om in die maatskappy rond te beweeg en die waardes en dit waarvoor ons staan, oor te dra. En ek sal leiding en raad gee wanneer hulle dit nodig het.”

Hy wil veral die boodskap uitdra dat ons moet positief bly oor Suid-Afrika.

“Ek was nog altyd baie positief oor hierdie land ondanks al ons probleme.

“Ek was nog altyd vol vertroue. In die moeilike dae van die 1970’s en die 1980’s het ek al gesê: Dinge sal regkom, ons moet hier bly.

“En te midde van alles wat in ons land gebeur het sedert Mandela oorgeneem het, het ek vol vertroue gebly en ek voel ons gaan ons probleme te bowe kom.”

Wanneer hy uitgevra word na die oorsprong van sy klem op waardes, kom die naam van ’n ekonoom, prof. W.H. Hutt, ter sprake.

“Die heel eerste dag toe ek universiteit (Universiteit van Kaapstad) toe is, het hy ons gevra: ‘Al julle jongmense, waarom neem julle B.Com.? Ek is seker dis omdat julle vinnig wil geld maak. Ek wil julle net een ding leer en dit is dat julle nie gou sal geld maak tensy julle nie ingestel is op die soewereiniteit van die verbruiker nie.’

“Toe ek dit vir my oorlede pa vertel, het hy gesê: ‘Ek wens ek het jou nie universiteit toe gestuur nie! Hy praat absolute nonsens. Jy is in besigheid om wins te vergroot.’”

Die jong Ackerman het hom nie van stryk laat bring nie.

Sy professor se beginsel van verbruiker-soewereiniteit het ’n belangrike anker in sy sakefilosofie geword: ’n onderneming is soos ’n tafel wat op vier bene rus – administrasie, handelsware, bemarking en sosiale verantwoordelikheid; en mense.

En die verbruiker sit bo-op die tafel.

Benewens sy professor was sy mentors sy pa, Gustave Ackerman, Bernardo Trujillo, wat bekend gestaan het as “die pous van moderne bemarking”, die Switserse filantroop en kleinhandelaar Gottlieb Duttweiler, en die Oostenrykse denker Viktor Frankl.

Brood en petrol

Die mitologie van Raymond David Ackerman is bekend: As jong man begin hy werk by Ackermans, wat deur sy pa gestig is; Greatermans koop Ackermans en by dié groep bring Raymond Checkers op die been.

Op die ouderdom van 35 is hy in beheer van 85 Checkers-winkels en word hy ontslaan weens meningsverskille met sy base, waarna hy geld bymekaarskraap en drie Pick n Pay-winkels in die Kaap koop waaruit hy ’n sakeryk bou wat vandag meer as 70 000 mense in diens het.

’n Sakeryk wat as ’n gesinsaak bedryf word waarin Raymond Ackerman, sy vrou, Wendy, en hul kinders, Suzanne, Kathryn, Jonathan en natuurlik Gareth, almal betrokke is – hetsy as bestuurders of by die maatskappy se filantropiese projekte.

Hy praat oor die vroeë dae van Pick n Pay: “Ons het ingeklim. Dit was nogal ongelooflik: Hierdie drie klein winkeltjies teen die oormag van Checkers en OK en Woolworths en Spar. Ons het hierdie beginsels gevolg ... verbruikersoewereiniteit.

“Ons het die regering aangevat oor broodpryse. En ons het teen Anton Rupert geveg sodat ons die prys van sigarette kon sny.”

Ons praat ook oor Pick n Pay se rol as kampvegter vir goedkoper brandstof. Die handelsmerklose produkte kom ter sprake.

Dan sê hy: “Jy mag vra: ‘As julle so op waardes ingestel is, waarom het julle dan al so baie stakings en probleme ervaar?’

“Dit is waarskynlik die grootste teleurstelling van my lewe. Gegee al die werk wat ons met ons personeel doen, sou jy dink ons het die wonderlikste werkers. Ons hét.

“Wesenlik respekteer hulle Pick n Pay en waarvoor ons staan, maar die vakbonde is so sterk in hierdie land, en daar is ook ’n baie sterk swart-wit-situasie.

En al steun die werkers ons, sal hulle spring as die vakbonde sê spring. Ek kon dit nog nie te bowe kom nie.”

Die boek

Daar is al gesê omtrent elke Suid-Afrikaner weet wie Raymond Ackerman is.

“Ek het dit nie gedoen om ’n openbare figuur te word nie. Ek is eintlik ’n baie stil ou. Ek was vasbeslote om nie toe te laat dat dit op enige manier na my kop toe gaan nie. Dit het van my ’n baie private mens gemaak ten opsigte van my vriende en my gesin.”

Sondae was gesinsdag.

“Ek het baie rondgereis. Op ’n Sondag het ons dus gesorg dat ons nie ons vriende oornooi nie.

“Ek het ook in die oggende as ek my kinders skool toe neem vir hulle algemenekennis-vrae gevra omdat ek nie gedurende die week genoeg tyd saam met hulle kon deurbring nie.

“Dit (om ’n openbare figuur te wees) het van my ’n alleenmens (‘loner’) gemaak.

“Maar dit het nooit na my kop toe gegaan nie. Wat my foute ook al mag wees, dít is nie een van hulle nie.

“Ek sou nie my lewe anders wou hê nie, al was daar ook moeilike tye en laagtepunte.”

Hy praat oor 1994, toe Suid-Afrika nie geslaag het nie in sy Olimpiese Spele-bod, waarby hy nou betrokke was. In dieselfde tyd is Pick n Pay aan hewige arbeidsonrus blootgestel. En familielede het gesterf.

Frankl se filosofieë het hom gehelp.

“Sy eerste boek, Man’s Search for Meaning, het ’n geweldige invloed op my lewe gehad.

“Wat hy sê, is wanneer jy iets vind wat jy geniet om te doen, doen dit dan voluit. En as jy dít doen, vind jy sin in die lewe.”
Daardie boek lê altyd langs sy bed.

“Ek tel dit op wanneer dinge baie sleg en ernstig raak.”

Baie mense vra Ackerman waarom hy aftree wanneer die ekonomie deur een van sy moeilikste tye gaan.

“Ek het baie diep hieroor nagedink en ek wonder nou al die afgelope tien jaar oor my opvolging.

“Die raad wat ek van een van my oorsese konsultante gekry het, was: ‘In vadersnaam, Raymond, doen dit terwyl jy gesond is.
 
Moenie dit uit ’n hospitaalbed doen nie en moenie dit doen wanneer jy die emmer geskop het nie. Jy is 79. Doen dit nóú. Moenie langer wag nie.’”
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk Kenilworth

Kenilworth, Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
R6000 - R6001

Plant Cost Accountant

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
R15000 - R20000

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.