Om mens-wortels te kan (h)erken

2011-12-02 23:00

David Goldblatt, beroemde Suid-Afrikaanse fotograaf, in sy huis in Johannesburg.Foto: Cornél van Heerden

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dalk trek fotograwe later op hul foto’s, want David Goldblatt herinner aan een van sy beroemde werke.

Sy gesig is meestal strak, sy gelykmatige stem swart-en-wit.

Elke antwoord word tot die noodsaaklike beperk.

Dis ’n dag ná sy 81ste verjaardag, maar selfs in sy negende dekade probeer Goldblatt dieperliggende waardes ontbloot. Of dit nou met foto’s of in die vlees is.


Verlede week het Goldblatt e-pos aan die president se kantoor gestuur: Dankie, maar nee dankie, hy wil eerder nie die Orde van Ikhamanga (silwer) ontvang nie. Dit was die dag nadat die ANC se muilbandwet deur die parlement gestoomroller is.

“Dit maak my neerslagtig om te dink mense wat ek ken en bewonder in die ANC en die SAKP het nie die moed om vir hul oortuigings op te staan nie,” verduidelik Goldblatt.

Ons eet tunaslaai om die tafel van sy huis in die buurtjie Fellside, Johannesburg, waar hy en sy vrou, Lily, al 44 jaar woon.

Goldblatt se ontevredenheid met die regering strek egter verder terug.

Dit is veral die “mislukking van onderwys” wat hom bitter maak.

“Die meeste swart jongmense kry deesdae swakker onderwys as Bantoe-onderwys,” sê hy.

“En dit word in ons misdaadstatistieke weerspieël. Natuurlik kon die agterstand nie in 10 tot 15 jaar uitgewis word nie, maar ons kon beter gevaar het.”

Omdat misdaad almal raak, fokus Goldblatt sy kamera deesdae daarop, soos hy tevore met Afrikaners, die myne en voormalige tuislande gedoen het. Hy is sedert 1963 heeltyds dokumentêre fotograaf en is in 2006 met die wêreld se voorste fotografieprys, die Hasselblad, bekroon.

Met sy misdaadprojek vat Goldblatt “eks-oortreders” terug na die toneel waar hulle oortree het en neem daar ’n swart-en-wit portret van die persoon. Die opbrengs van die verkope skenk hy aan organisasies wat misdadigers rehabiliteer.

In sy studeerkamer het Goldblatt vertel van die Saterdag ’n paar jaar gelede toe hy self in die loop van ’n pistool vasgekyk het. Die diewe het hom, sy vrou en tuinman vasgebind en in sy donkerkamer ingeboender.

“Gelukkig was daar nie geweld nie. Ek weet nie wat ek sou gedoen het as ek aan uiterste geweld blootgestel is nie. Maar ek wil nie êrens heen trek nie. Hierdie is my huis.”



Nes Suid-Afrika sy tuiste is.

Goldblatt het besef hy hoort hier toe hy in 1967 ’n Amerikaanse uitgewer vir sy boek Some Afrikaners in New York probeer kry het.

“Ek was by hierdie plek (Suid-Afrika) betrokke op ’n manier wat ek nie by ’n ander plek kon wees nie.”

Toe ’n paar van sy Afrikaner-foto’s in ’n Switserse tydskrif gepubliseer is, het die destydse Sondagkoerant Dagbreek dit “smeerfoto’s” genoem.

Die boek is ’n paar jaar gelede as Some Afrikaners Revisited heruitgegee.

“Toe die eerste boek verskyn het, was daar baie sterk reaksie van sommige Afrikaners, verligte Afrikaners, wat glad nie daarvan gehou het nie.

“Maar nadat ek die nuwe een bekendgestel het, was die mense se reaksie hartlik. Ek sou oproepe van mense kry wat sê: ‘Ek het myself gesien’, of ‘Ek het my tannie gesien.’

“Daar was een baie ongunstige reaksie, wat interessant was, van Breyten Breytenbach. Hy het Afrikaners na mening getrash soos niemand dit ooit voorheen gedoen het nie.

“Hy het aan Michael (Stevenson, eienaar van die Kaapse galery waar die boek bekendgestel is) geskryf en gesê: ‘Tot dusver het ek geniet wat jy doen en daarvan gehou om na jou galery te kom, maar nooit weer nie. Dis tyd dat iemand Goldblatt vertel dat dit passé is om die Afrikaner te bash.’

“Wat ek vreemd vind, want ek dink nie ek het die Afrikaners gebash nie.

“Dis waar, ek het ’n ongewilde ding op daardie tydstip gedoen, want ek het na die werkersklas-Afrikaners gekyk pleks van die nouveau riche. Of die kultuurmense. Ek het nie fat cats in die sakewêreld gewys nie. En so aan.

“Maar jy weet, dit was ’n keuse – ek dink nie ek het die Afrikaanse werkersklas in die skande gesteek nie.”

Goldblatt glo die reaksie destyds was soortgelyk aan sy mede-Jode se reaksie wat vroeër nie hul wortels in die Oos-Europese ghetto’s wou erken nie. “Want hul ouers kon nie behoorlik Engels praat nie en hulle was nogal arm. En baie Afrikaners, wanneer ek hulle afgeneem het, wou nie hul wortels as bywoners erken het nie – wat van die platteland gekom het en opgef*k is in die droogte en die runderpes en so aan. Hulle was baie arm en het op hoewes buite Randfontein en Springs en sulke plekke gebly.

“Dit was nie ’n gewilde siening om Afrikaners hieraan te herinner nie. Maar met die tweede uitgawe het dit in nostalgie verander.”



Goldblatt spring op om die ketel vir koffie aan te sit. Hy dra ’n kortbroek en onderbaadjie, sy hare amper borselkop, soos hy by ’n Herman Charles Bosman-boekbekendstelling twee ­weke gelede gelyk het. Op dié boeke se voorblaaie verskyn ongepubliseerde foto’s wat hy in 1964 van die Marico-bosveld geneem het.

Hy drink sy koffie swart en kou tussendeur aan roosterbrood met avokado-smeer. Tydens ete het hy my uitgevra oor ’n kwessie waaroor hy al lank peins: Hoe het lojale Afrikaners, lojale NP-lede, lojale kerkgangers ná 1990 hulle verstandeinders totaal aangepas? Goldblatt het nog nie ’n bevredigende antwoord gekry nie.

Hoe dink hý het die Afrikaner in sy leeftyd verander?

“Wel, jy begin by ’n posisie waarvan ek nie hou nie – dié Afrikaner ken ek nie, ek ken sómmige Afrikaners. Dis hoekom ek die boek Some Afrikaners genoem het.

“Vir my is een van die wonders van die Suid-Afrikaanse situasie die aanpasbaarheid van die Afrikaners.

“Ek dink hulle het baie beter aangepas as die meeste Engelse mense. Maar nogmaals, ek praat vanuit beperkte ervaring, ek weet nie regtig nie.”

Die groot verandering in Goldblatt se leeftyd, wat fotografie betref, was die koms van digitale kameras.

Hoewel hy verkies om met ’n outydse middelformaat-kamera onder ’n swart doek te werk, gebruik hy ook ’n soortgelyke digitale kamera.

“Ek dink dit (digitale fotografie) is ongelooflik en in die algemeen ’n voordelige ding. Maar nes die uitvinding van die vulpen, die tikmasjien, die elektriese tikmasjien en die rekenaar nie regtig die skryfkuns verander het nie, dink ek nie digitale kameras gaan fotografie fundamenteel beïnvloed nie. Op die ou end is die enigste vrae: Werk dit? Is dit goed? Is dit kragtig?

“Die antwoorde op sulke vrae hang na my mening meestal af van die sensitiwiteit van die mens wat die werk gedoen het: Hoe hulle die wêreld verstaan, hoe sensitief hulle vir die omstandighede was.

“So ek dink dit stem presies met die skryfkuns ooreen. Daar is geen twyfel dat die rekenaar dit vir mense baie makliker maak om te skryf nie, maar of grootste literatuur as gevolg daarvan geskep is, betwyfel ek.”

Grootste fotografie bly dít waarna Goldblatt streef. “Goeie foto’s. Niks meer nie, niks minder nie.”

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.