‘Ons kon die voet stewiger neersit’

2010-01-10 22:08

Mnre. Nelson Mandela, Jacob Zuma en Thabo Mbeki in gesprek tydens die eerste ronde veelparty-onderhandelinge. Al drie sou later president van die nuwe demokratiese Suid-Afrika word.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Talle vriende bel en wil weet wat ek te sê het oor die vraag wat Chris Louw in sy laaste rubriek in Beeld (“Vir oulaas die bliksem in”, 2 Desember) gevra het: Kon julle nie ’n beter bedeling vir die land (insluitend die Afrikaners) beding het nie?
 
Daar was in ons wit geledere diegene wat wit oorheersing wou voortsit. Ons het die mag gehad om nog baie
jare daardie heerskappy af te dwing.

Maar in die NP se geledere het diegene wat die gruwelikhede van apartheid nie langer kon duld nie, die oorhand gekry.

Ons het nie besluit om “oor te gee” nie, maar om onsself te bevry van die inkerkering wat ons oor onsself gebring het.

En ons het besef dat as ons nie ’n skikking kon bereik nie, die land aan verwoesting oorgelaat sou wees. Leiers soos oudpres. Nelson Mandela het dit ook besef. ’n Skikking is bereik.

Maar ek moet erken dat ons dit anders kon gedoen het as wat ons gedoen het.

Ons was nie so met ons rug teen die muur dat ons nie ons voet oor sekere kwessies stewiger kon neergesit het nie.

Dít sou ek gedoen het

Teen 1990 het Suid-Afrika reeds teruggekeer tot die internasionale gemeenskap. Mandela is vrygelaat. Die noodtoestand is opgehef. Politieke uitgewekenes het by die duisende begin terugkeer.

Namibië het onafhanklik geword. Die Kubaanse troepe was op hul pad uit Angola. Die Berlynse Muur het geval.

Ons het die Kernsperverdrag op 10 Julie 1991 onderteken en ses weke later die Veiligheidswaarborg-ooreenkoms met die Internasionale Atoomenergie Agentskap.

Die staatspresident het 30 lande amptelik besoek sedert 1990. Ons het verteenwoordigingskantore in Afrika, die Persiese Golf-state, die Midde-Ooste en Verre Ooste geopen of begin onderhandel om kantore te open.

In ’n bosberaad by die D’Nyala-wildtuin naby Ellisras in 1991 het die kabinet by meer as een geleentheid dae lank beraadslaag oor ’n nuwe Grondwet.

Allerlei kundiges het ure lank verskeie alternatiewe met ons behandel. Dit was vir my soos akademiese lesings.

Ons het selfs gepeins oor wykbesture in stedelike gebiede.

Ons moes nog net besin het oor hoeveel engeltjies op die punt van ’n naald kan sit.

Op ’n gegewe oomblik het FW die bespreking onderbreek en gesê: “Dit lyk vir my of kollega Pik verveeld is. Kan hy asseblief vir ons vertel wat hy in gedagte het oor hoe ons die komende onderhandelings moet aanpak?”

Ek was effens onthuts, maar het dadelik weggespring met: “Ek sou as ek die president was, Mandela gebel en genooi het om my in my kantoor te kom sien. Hy kon een raadgewer of assistent saambring en ek sou ook net een persoon aan my sy hê.

“Dan sou ek aan hom sê: U ken ons geskiedenis. Die Afrikaners is langer as 300 jaar hier. Ons het ’n oorlog teen die Engelse verloor, die grootste anti-koloniale oorlog ooit. Ons het ’n duur prys betaal.

“Maar ons erken ons het ’n onderdrukkende beleid teenoor die swart mense jare lank in stand gehou. Dit is nou verby, finaal verby.

“Ons is gewillig om die politieke mag vreedsaam aan julle oor te dra en met julle daaroor te onderhandel, maar daar is ’n paar aspekte wat nie onderhandelbaar is nie:

“Ons reg om in hierdie land te woon en te werk en ons grond te besit, ’n onafhanklike regbank, die behoud van ons taal, ons skole, ons universiteite, vryheid van assosiasie, beweging, spraak en godsdiens.

“Dit is alles deel van ons kultuur- erfenis wat nie van ons weggevat mag word nie.

“Ons instellings sal nie op grond van rassisme voortgesit word nie. Enigeen wat in Afrikaans wil skoolgaan kan na ons skole kom, maar beheer oor hierdie instellings mag nie van ons weggevat word nie.”

Ek het bygevoeg dat ons ook van rugby en braaivleis hou, wat ook deel van ons kultuur is.

Voorstel oor EU

Daar was nie uitgesproke ondersteuning van kollegas vir die kortpad wat ek aan die hand gedoen het nie. Van my kollegas het gesê die kwessies sou in ’n omvattende handves van regte verskans kon word.

Een ding moet ek egter byvoeg: Selfs as ons ’n beter bedeling kon beding het, en ek dink ons kon, sou die kernvraag bly voortbestaan het, naamlik hoe verskans jy dit waarop ooreengekom is teen latere wysiging?

Dink daaraan: As Cope nie na vore gekom het nie en die ANC 75% van die stemme in die verkiesing kon kry, dan sou hulle die Handves van Regte of enige ander skikking in sy peetjie kon stuur.

’n Tweede gedagte wat ek graag verder sou wou gevoer het, was om ooreen te kom dat die Europese Unie (EU) ’n tribunaal daarstel om klagtes van enige Suid-Afrikaner van ’n verbreking van die bepalings van die Handves van Regte te verhoor, insluitend enige pogings van regeringskant om die onafhanklikheid van die regbank in die gedrang te bring.

Die Suid-Afrikaanse regering sou gebonde wees om aan dié uitspraak gehoor te gee.

Ek het dié gedagte met twee Europese lande se ambassadeurs bespreek. Hul reaksie was dat dit aanvaarbaar voorgekom het, mits apartheid geheel en al afgeskaf sou word.

In peilingsgesprekke met ANC-lede het hulle kop geskud en gesê dit sou die land se soewereiniteit aantas.

My reaksie was dat die EU nie ’n groter bydrae gelewer het om apartheid verwyder te kry as enige ander instelling nie; dat lidmaatskap van die Verenigde Nasies of enige ander internasionale organisasie ook in ’n mate inbreuk doen op elke land se soewereiniteit.

Driekwart van ons handel was boonop met Europese lande.

Dit was egter duidelik dat die ANC nie maklik daaraan sou byt nie. Tog dink ek dit is jammer dat ons die EU nie probeer betrek het nie.

ANC ignoreer versoek

Derdens het ons saamgestem dat die voorheen benadeeldes geregtig sou wees op regstellende aksie, maar ons het nooit ingestem dat regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging op die grondslag van rassekwotas volgens demografiese getalle sou plaasvind nie – ook nie dat dit van toepassing sou wees op jong wit mense wat ná die verwydering van apartheid grootgeword het nie.

Nadat ek by ’n byeenkoms van Solidariteit in 2007 gesê het dat daar nie ’n nuwe Grondwet tot stand sou gekom het indien die ANC aan ons gesê het hoe hulle jare later regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging sou deurvoer nie, het Rapport my stelling in ’n voorbladhoofberig op 15 Julie 2007 gepubliseer met die opskrif “Die ANC het vir ons gelieg”.

Oudpres. Thabo Mbeki het ’n brief van agt bladsye, gedateer 17 Julie 2007, deur middel van ’n koerier by my woning laat aflewer waarin hy ten sterkste in krasse taal beswaar gemaak het teen my stelling.

Ek het aan hom per faks ’n antwoord van ses bladsye, gedateer 19 Julie 2007, gestuur en onder meer gesê: “You know that we could not have agreed to a process based solely on racial demographic representivity ... You also know that internationally, affirmative action is based on a time frame.”

Ek het aan die hand gedoen dat hy, FW en ek mekaar ontmoet om ons verskille te bespreek. FW het saamgestem. Mbeki het nooit daarop geantwoord nie.

In Augustus 2008 het ek FW gebel en gesê ek is diep bekommerd oor uitlatings van ANC-kant oor grondhervorming, regstellende aksie, die regbank en ander kwessies wat na my mening indruis teen die Grondwet. Dít benewens haglike openbare dienslewering en die mislukking van misdaadvoorkoming.

Ek het aan die hand gedoen dat hy ’n aantal van ons wat direk betrokke was by die onderhandelings van 1990-1994 byeenroep met die oog op ’n ontmoeting met die nuwe ANC-leierskorps om ons bekommernis met hulle te bespreek en voorstelle te maak oor hoe ons ’n bydrae sou kon lewer om dreigende krisisse op die betrokke terreine te voorkom.

FW het ingestem. Ons span sou bestaan uit Dawie de Villiers, Roelf Meyer, Leon Wessels, Chris Fismer en ekself.

Ons het in sy kantoor in Kaapstad op 29 Augustus 2008 en daarna in Chris Fismer se kantoor op 24 September 2008 vergader om ons agenda te bespreek.

FW het reeds op 3 September 2008 ’n brief aan mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gestuur waarin so ’n ontmoeting met die ANC-leierskorps versoek is.

Die brief is opgevolg met ’n navraag op 24 Oktober 2008 en weer op 11 November 2008. Verder is daar boodskappe op die telefoon van sy sekretaresse gelaat om te vra wanneer ons ’n antwoord kan verwag.

Teen Januarie 2009 het ons nog geen antwoord ontvang nie en ons het onder mekaar saamgestem dat ons in die lig van die komende verkiesing en die ANC se stilswye eenvoudig geen verdere versoeke sou rig nie.

Tot vandag toe is daar nie op FW se brief gereageer nie.

Nuwe groot trek

Die wit mense en in besonder die Afrikaners staan voor strawwe uitdagings.

Eerstens moet die onderskeid tussen “wit” en “bruin” Afrikaners verdwyn. Gelukkig is dit besig om te gebeur.

Tweedens moet die verbitterdes in ons geledere oorreed word om saam te trek in die nuwe groot trek wat op ons wag, naamlik om die land se swart regering te oortuig dat ons mekaar nodig het om ons land te laat slaag.

Dit klink vir my dít is ’n kampanje wat Breyten Breytenbach in gedagte het. As dit so is, het hy my volle ondersteuning.

En moontlik is dit ’n debat waaraan wyle Chris Louw ook sou wou deelgeneem het.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.